Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Markus 5:21-43 Powerpoint Agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Markus 5:21-43 Powerpoint Agtergrond"— Presentation transcript:

1 Markus 5:21-43 Powerpoint Agtergrond
Ons fokusteks bevat die woorde… “41Hy vat toe die kindjie se hand en sê vir haar: “Talita, koem!” Dit beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op! 42Dadelik het die dogtertjie opgestaan en begin loop...” Jesus genees ’n kind, ’n dogtertjie, wie se ouers al opgegee het met wat Jesus kan doen. Hieronder word die verhaal vertel van die siek kind op die foto... Getting help in the nick of time Two-year-old Abdul lies inert on the lap of his distraught mother, Aisha, shortly after arriving at the Gondoma Community Health Centre in Bo District, southern Sierra Leone. Abdul had been sick for four days when his mother realised she should bring him to the clinic. “He had diarrhoea and he kept getting weaker,” she says. “He lost his appetite and stopped playing. Whatever he ate, he threw up. I just didn’t know what to do. He is my only child.” Around the world, the dehydration caused by severe diarrhoea kills more than 1.3 million children under five each year. But Abdul is lucky - Aisha brought him to the clinic just in time. A few minutes after this photo was taken, he was able to receive treatment to help him rehydrate, and begin the process of recovery. Kopiereg laat ons nie toe om die foto te knip nie vandaar die samestelling. Die foto is die besitting van DFID- The UK department for International development. This photo was taken on May 21, 2011 in Bo, Southern, SL, using a Nikon D80. Kopiereg (Creative Commons) bepaal: You are free: to Share — to copy, distribute and transmit the work under the following conditions: Attribution — You must attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). Noncommercial — You may not use this work for commercial purposes. No Derivative Works — You may not alter, transform, or build upon this work. Die oorspronklike is beskikbaar by

2 Alternatiewelik kan ‘n foto van hierdie skildery as agtergrond gebruik word.
Edvard MunchThe Sick Child 1907 Edvard Munch-The Sick Child 1907-Acquired by the city of Dresden in 1928, it was displayed in the Gemäldegalerie. A decade later, the Nazis declared that Munch’s art was ‘degenerate’ and, in November 1938, all his works in German public collections were collected in Berlin for auction. The Norwegian dealer Harald Holst Halvorsen secured as many as possible, including The Sick Child, and returned them safely to Oslo. Thomas Olsen bought the painting in 1939 and gave it to the Tate. Norway fell to the Germans in Looking back, Olsen explained that his gift was stimulated by ‘my knowledge, from talks with Munch, that he felt the need of recognition in Western Europe, especially so after the advent of Hitler.’ By BoFransson This photo was taken on May 22, 2012. Copyright: Creative Commons You are free: to Share — to copy, distribute and transmit the work to Remix — to adapt the work Under the following conditions: Attribution — You must attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). Noncommercial — You may not use this work for commercial purposes. Share Alike — If you alter, transform, or build upon this work, you may distribute the resulting work only under the same or similar license to this one.

3 Markus 5:21-48

4 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede VONKK 72 Wees Stil, Want Die Heilige Is Hier of Flam 26. Ek Staan Voor U (Reën) Votum Ps 30:2-5 2Ek wil u lof verkondig, Here, want U het my gered en my vyande nie laat bly wees oor my nie. 3Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. 4Here, U het my gered van die doderyk, my aan die lewe gehou toe ek al op pad was na die dood toe. 5Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam! Seëngroet Lofsang Psalm 30 of VONKK 41 God Is Liefde! Laat Ons Lofsing of Flam 112. (a) My Hande Hef Ek Op Na U (b) Ek Roem U Naam Wil van God 2 Korintiërs 8:7-15 7Aangesien julle alles in oorvloed het: geloof, die gawe om julle woord te doen, kennis van God, onbeperkte ywer en ons liefde vir julle, wees dan ook in hierdie liefdeswerk oorvloedig. 8Ek gee nie ’n opdrag nie, maar ek wys julle op die ywer van ander om daardeur die opregtheid van julle liefde te toets. 9Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word. 10Nou wil ek julle net raad gee om julle te help. Julle was verlede jaar nie alleen die eerste wat iets gedoen het nie, julle was ook die eerste wat gewillig was om iets te doen. 11Maak die werk nou ook klaar. Die ywer om uit julle beskikbare middele die insameling af te handel, moet net so groot wees as die gewilligheid waarmee julle dit begin het. 12As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. 13Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, 14moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig. 15Daar staan ook geskrywe: “Dié met baie, het nie te veel gehad nie, en dié met ’n bietjie, nie te min nie.” Toewyding Lied 308 Neem my lewe, laat dit Heer of Flam 288. Hy Is Die Een Genadeverkondiging Klaagliedere 3:23-33 21Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: 22deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23dit is elke môre nuut. U trou is groot. 24Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. 25Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; 26dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here; 27dit is goed vir ’n mens om sy las in sy jeug te dra. 28Laat hy in sy eensaamheid geduldig bly as God hom die las opgelê het, 29laat hy hom diep verootmoedig —miskien is daar hoop— 30laat hy sy wang draai vir wie hom slaan, laat hy maar oorvloedig smaad ondervind. 31Die Here verstoot ’n mens nie vir altyd nie; 32as Hy beproewing oor ’n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: 33dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring. VONKK 14 Hy Het Self Ons Sondes

5 God praat met ons en ons luister
Gebed Lied 257 O Heer, maak oop my hart se poort Skriflesing Markus 5:21-43

6 Markus 5:21-43 Fokusteks: Markus 5:21-43
Die dogtertjie van Jaïrus. Die vrou met bloedvloeiing (Matt 9:18–26; Luk 8:40–56) 21Jesus het daarna met die skuit teruggevaar oorkant toe en toe Hy nog daar by die see was, het ’n groot menigte om Hom saamgedrom. 22Een van die raadslede van die sinagoge, ’n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy knieë voor Hom 23en smeek Hom dringend: “My dogtertjie lê op haar uiterste. Kom lê tog u hande op haar, sodat sy kan gesond word en lewe.” 24Hy het saam met hom gegaan. ’n Groot menigte het agter Hom aan gegaan en hulle het van alle kante af teen Hom gedruk. 25Daar was ook ’n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het. 26Sy het baie gely onder die behandeling van talle dokters en het alles wat sy gehad het, daaraan bestee. Sy het egter geen baat daarby gevind nie; haar toestand het eerder vererger. 27Sy het van Jesus gehoor en in die gedrang nader gekom en van agter af aan sy klere geraak, 28want sy het gedink: as ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word. 29En dadelik het die bron van haar bloedvloeiing opgedroog, en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy van haar kwaal ontslae was. 30Jesus het ook self onmiddellik geweet dat daar van Hom krag uitgegaan het. Hy het Hom in die gedrang omgedraai en gevra: “Wie het aan my klere geraak?” 31Sy dissipels het Hom geantwoord: “U sien tog dat die mense van alle kante af teen U druk, en dan vra U nog: Wie het aan My geraak?” 32Hy het rondom Hom gekyk om te sien wie dit gedoen het. 33Die vrou het geskrik en gestaan en bewe, want sy het besef wat met haar gebeur het. Sy het toe voor Hom op haar knieë kom val en vir Hom haar hele geskiedenis vertel. 34Daarna sê Hy vir haar: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede. Wees vir goed van jou kwaal genees!” 35Terwyl Jesus nog met die vrou praat, kom daar mense van die raadslid van die sinagoge se huis af en sê vir hom: “U dogter het gesterwe. Waarom val u nog ons Leermeester lastig?” 36Jesus het egter met die een oor gehoor wat daar gesê word, en Hy sê toe vir die raadslid van die sinagoge: “Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo!” 37Jesus het niemand behalwe Petrus, Jakobus en Johannes die broer van Jakobus toegelaat om verder saam met Hom te gaan nie. 38Hy kom toe by die huis van die raadslid van die sinagoge aan en sien die hele gedoente van mense wat verskriklik huil en te kere gaan. 39Hy het ingegaan en vir hulle gesê: “Wat raas en huil julle so? Die kindjie het nie gesterwe nie, sy slaap net.” 40Hulle het Hom uitgelag. Hy het almal beveel om uit te gaan. Hy het net die pa en die ma van die kindjie en die drie dissipels wat by Hom was, saamgeneem en in die kamer ingegaan waar die kindjie was. 41Hy vat toe die kindjie se hand en sê vir haar: “Talita, koem!” Dit beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op! 42Dadelik het die dogtertjie opgestaan en begin loop; sy was al twaalf jaar oud. Die mense was stom van verbasing. 43Hy het hulle toe streng opdrag gegee om niemand anders daarvan te laat hoor nie en gesê hulle moet vir haar iets te ete gee.

7 Familie-oomblik Familie-oomblik
Die twee verhale wys hoe geloof prakties werk. Vertel die verhale met die klem op hulle vertroue op Jesus, ten spyte van wat ander mense sou kon sê of doen aan hulle. Jaïrus, ‘n vername Jood, leier van die sinagoge van die Jode, waag dit om Jesus te vra om sy dogter te genees, al plaas dit sy werk in gevaar. Hy is bereid om sy werk te verloor, sodat sy dogter kan lewe. En hy hou aan glo toe Jesus dit van hom vra. Die vrou, iemand waarmee ander mense niks te doene wou hê omdat sy so siek was, waag dit om Jesus uit te soek en aan te raak om genees te word. Sy laat haar nie afsit deur wat ander van haar sal sê nie, en vertrou dat Jesus haar kan genees. En Hy doen dit. Aanvullend/ alternatiewelik kan 'n animasie video van You Tube oor Jaïrus se dogtertjie se genesing afgelaai word met 'n FLV converter. Die storie word in Engels vertel en die video is net oor die 8 minute lank.

8 Fred Smith Preekriglyn
Fred Smith is 'n invloedryke sakeman wat Christenleiers reeds vir dekades mentor. Hy word ernstig siek in Semi-bewusteloos beland hy in die hospitaal. Sy familie het nie verwag dat hy sou leef nie. In sy siektetoestand mompel Fred kort-kort: "Ek begeer om huis toe te gaan. Ek wil tuis wees." Dit lei tot 'n emosionele familiegesprek waartydens die familie besluit om Fred se wense te respekteer en hom toe te laat om te sterf. Hulle vra dat die masjiene ontkoppel word, wetende dat Fred nie lank sou neem om te sterf nie. Vir die volgende 36 uur waak hulle langs sy bed, sing, bid, lees uit die Bybel voor, en groet vir Fred. Sy toestand gaan inderdaad agteruit, sy longe begin versaak, en sy asemhaal verswak radikaal. Teen middernag op die tweede dag sit sy dogter, Brenda, en bid tot God om antwoorde. Waarom ly haar pa so? Wanneer gaan hy dan huis toe? Fred gaan aan die hoes. Hy word wonderbaarlik wakker. Brenda begin met hom gesels, troos hom, en verseker hom dat die familie hom dit gun om huis toe te gaan. Alles gaan rustig wees, borduur sy voort. Fred sal sy bewussyn verloor en sagkens oor die grens van hier na daar gaan. Fred se oë rek groot. Hy kry sy asem terug. Huis toe? Hy wil glad nie na sy ewige huis toe gaan nie, sê Fred. "Ek wil Parkchesterweg toe gaan!" Brenda is verstom, weet aanvanklik nie wat om te sê nie. Dan vlieg sy op, gaan roep die verpleegsuster, wat die dokter bel. Gou-gou is die masjiene weer gekoppel en volstoom aan die werk. So waar as vet: Fred staan uit sy siekbed op en gaan huis toe. Die Here het hom aangeraak en vir hom genesing gegee.

9 2 Genesings Twee genesings
Ons preekteks bevat twee genesingsverhale wat ineengestrengel is. Die verhaal begin met die raadslid van die sinagoge wat by Jesus om hulp aanklop omdat sy dogter sterwend is. As hoorder van die verhaal word ons getref deur die man se nood: “My dogtertjie lê op haar uiterste” (23). Elkeen wat al ’n siek kind gehad het, sal weet wat hierdie situasie aan ’n ouer kan doen. Die siekte is akuut en vereis Jesus se onmiddellike aandag. Ons lees ook van sy geloof: “Kom lê tog u hande op haar sodat sy kan gesond word en lewe”. Daarom is ons bly om te lees dat Jesus sy versoek toestaan en saam met hom gaan. Maar hierdie kind is nie die enigste sieke nie. “Daar was ook ’n vrou” (25) wat al 12 jaar lank siek is. Alhoewel haar siekte ook besonder erg is, is haar toestand chronies van aard en nie lewensbedreigend nie. Die feit dat Jesus eers aan haar tyd afstaan, het tot gevolg dat die siek dogtertjie intussen sterf. Omdat ons die einde van die verhaal ken, is dit vir ons nie so ’n groot probleem nie. Ek kan my voorstel dat die pa van die kind dalk anders daaroor gevoel het! Ons haal die twee verhale eers uitmekaar.

10 Die vrou wat aan bloedvloeiing
gely het Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het Ons weet min van die arme vrou, net dat sy baie lank chronies siek was. Dat sy al die mediese moontlikhede vir genesing uitgeput het – trouens, die Bybel sê dat sy “baie gely” het onder die behandeling van talle dokters. Sy het verskillende dokters besoek, in die hoop dat iemand haar kan help. In die proses het sy alles wat sy besit het, daaraan bestee. Maar haar toestand het net vererger. Die realiteit van haar lewe was dus baie hartseer: Uiteindelik was sy nie net siek nie, maar arm ook. Sy was sosiaal waarskynlik uitgestoot – as gevolg van haar bloedvloeiing was sy permanent onrein, en dus in die sinagoge, in die tempel en in die algemene sosiale omgang onwelkom (Lev 12; Eseg 18:6). Hierdie arme mens vestig haar laaste hoop op Jesus. Sy glo dat as sy net aan sy klere kan raak, sal sy genees word. Dit doen Jesus dan ook. Hy ontferm Hom oor haar. Hy laat haar ook nie net saggies weggaan na haar genesing nie. Jesus laat nie so ’n onpersoonlike ontmoeting met Hom as die Messias toe nie. As Jesus omdraai en na die vrou begin soek, val sy op haar knieë voor hom neer en vertel Hom haar hele geskiedenis. Dit moes vir haar ’n wonderlike en bevrydende oomblik gewees het – al die jare se lyding kon sy voor Jesus uitstort. Haar hele lewe verander en Jesus gee haar die belofte van vrede, asook dat sy volkome genees is (34). Jesus doen hier niks minder nie as om haar lewe vir haar terug te gee. In dié gesprek spreek Jesus hierdie merkwaardige woorde: “Jou geloof het jou gered.”

11 Die rol van geloof Die rol van geloof
Geloof – die geloof van die persoon wat genees word – speel dikwels ’n groot rol in die wondergenesings. Maar daar is geen bloudruk van ’n “perfekte geloof” wat die minimum standaard sou haal sodat Jesus dan daarop reageer deur ’n wonderwerk te doen nie! Hierdie vrou het, om die waarheid te sê, ’n ietwat twyfelagtige geloof, naamlik dat daar magiese krag uit Jesus se klere na haar sal oorvloei. Sekerlik nie ’n geloofsheld nie! Dit geld ook van die pa van die siek kind waarvan Markus 9:24 ons vertel. Hy is nie eers seker of hy wel glo nie, daarom roep hy: “Ek glo . . . Help my in my ongeloof.” Daar is geen sprake van ’n perfekte geloof by die ontvangers van God se genade nie. Net maar ’n fokus op Jesus, dat Hy Hom op een of ander manier oor hulle sal ontferm. Jesus ontferm Hom dan oor hierdie vrou en genees haar. Hy ontferm Hom ook oor die siek kind in Markus 9.

12 Wat bring genesing? Wat veroorsaak genesing?
Jy kan hier met reg vra: Wat is die eintlike oorsaak van die genesing? Is dit die vrou se geloof, of Jesus se krag (ten spyte van haar ietwat verdagte geloof). Van Ruler sê hiervan dat ’n mens die twee nie so teen mekaar durf afspeel nie. Dit is duidelik dat albei hier ’n rol speel, sowel die vrou se misplaaste maar opregte geloof, as die feit dat Jesus om Godswil haar wil aanraak. Natuurlik is dit God se krag wat hier deur Jesus werk. Maar ons word deur God se krag in Jesus Christus aangeraak wanneer ons ons deur die geloof in afhanklikheid voor God stel. Wanneer ons, by wyse van spreke, moeite doen om aan die soom van Jesus se kleed te raak. Aan diegene wat in geloof en afhanklikheid na Jesus toe kom, sê Hy: “Jou geloof het jou gered.” Aan diegene wat nie na Jesus toe kom nie, sê Jesus dit nooit! Die sleutel is dus geloof wat ons na Jesus toe rig, wat ons na Hom toe bring, wat maak dat ons Hom volg, dat ons sy dissipels word. Daarom is geloof belangrik, trouens – onontbeerlik. Oor die inhoud van die geloof kan ons lank redeneer. Uit hierdie verhaal is dit egter duidelik dat daar mense is wat dalk op punte anders as ons glo, maar waarvan die geloof tog nog op Jesus Christus gerig is. Ook hulle geloof is aanneembaar by Jesus, omdat die fokus daarvan op Hom gerig is.

13 Jaïrus se kind Jaïrus se kind
Wat vir die vrou ’n wonderlike ervaring moes wees, was vir Jaïrus waarskynlik louter hel. En terwyl hy seker ongeduldig maar beleefd wag dat Jesus klaar luister na die arme vrou se hele lewensgeskiedenis, sterf sy kind. Hy wat Jaïrus is, het ook in Jesus geglo. Selfs al was hy ’n raadslid van die sinagoge, wend hy hom tot Jesus. Soos reeds genoem, verklaar hy sy geloof in vers 23 duidelik: “Kom lê tog u hande op haar, sodat sy kan gesond word en lewe.” Hy glo dus dat Jesus die mag het om haar gesond te maak en haar lewe ook volledig vir haar terug te gee, soos wat Hy vir die vrou gedoen het. Maar nou het Jesus so lank gedraai dat dit te laat geword het. Sy kind is dood. Sy huismense, wat die boodskap bring, sê vir hom dat hy Jesus nie langer moet lastig val nie. Hulle glo duidelik nie dat Jesus nou meer iets kan doen nie. Wat het in Jaïrus se hart aangegaan? Ons weet nie. Die Bybel sê niks. Ook hier is nie sprake van onwrikbare wonderwerkende geloof by hom nie. Nee, die krag in hierdie situasie kom ook van Jesus af. Dit is Jesus wat hom troos en bemoedig met die woorde: “Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo” (36). As Jesus die kindjie dan besoek, vat hy net vir Petrus, Jakobus en Johannes en die kind se ouers saam. Wanneer Hy by die huis kom, met die boodskap dat die kindjie net slaap, lag die mense Hom uit. As eerste reaksie kan ons besonder negatief oordeel oor hierdie gelag. Maar dit is ten diepste die reaksie van verdriet, van verlore hoop. Hierdie mense weet wat die dood is. Hulle weet wanneer iemand dood is. En in ’n pynlike situasie waar ’n kind nou net dood is, het hulle nie tyd vir speletjies nie. Ons kan gerus ’n bietjie simpatie met hulle hê – hulle ken die dood, maar nie vir Jesus nie. Later sal hulle egter ook weet: By Hom is daar lewe en hoop – in lewe en dood! Jesus wek die dogtertjie uit die dood op met die bekende woorde: “Talita, koem!” By al die veronderstelde trane van vreugde en blydskap, sê die Bybel ook dat die mense stom was van verbasing. Daar was nou geen plek meer vir ’n siniese lag nie. Net maar plek vir stille dankbaarheid en respek vir Jesus.

14 Vrae met of sonder antwoorde Vrae met of sonder antwoorde
Daar is geen antwoord op die vraag waarom Jesus eers Jaïrus se dogtertjie laat sterf het terwyl Hy tyd bestee het aan die siek vrou nie. Daar is baie vrae – veral rondom swaarkry en lyding – waarop daar geen goeie antwoorde is nie. Maar daar is vir ons troos in Jesus se woorde aan Jaïrus: “Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo!” As ons self die draaiboek vir hierdie verhaal geskryf het, sou ons waarskynlik dat Jesus eers gou die akute probleem van die siek kind hanteer het. Daarna kon Hy rustig aandag gegee het aan die chroniese probleem van die vrou, wie se lewe nie in gevaar was nie. Maar ons skryf nie die draaiboek nie. Nie van hierdie verhaal nie en ook nie van ons eie lewensverhaal nie – alhoewel ons medewerkers daaraan is. Die draaiboek van ons eie lewensverhaal maak dikwels ook onverstaanbare draaie sodat ons maar net saam met Jaïrus kan wonder waarom God dan nie aandag gee aan ons dringende smeekbedes nie. Of saam met die vrou twaalf jaar lank gebuk gaan onder erger wordende lyding met skynbaar geen einde nie. Jesus verduidelik nie sy optrede aan Jaïrus nie. Hy verduidelik dit ook nie aan ons nie. Maar Hy bemoedig Jaïrus – en ons – met die woorde: “Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo!” Vir ons is dit goed om te weet dat die Een wat so sê, die Koning is. Ons Koning. En dat geloof en geduld baie naby mekaar lê. Die Bybel noem dit “volhard in die geloof”. Jesus sê in hierdie verhaal: “Bly maar net glo.”

15 Bly glo Bly glo Ja, ons word genooi om te bly glo in die Een wat ons lewe in sy hande hou. Of ons lewe, genees word, uit 'n ernstige siekbed opstaan en huis toe terugkeer, of nie. God is ons troos. In lewe en in sterwe.

16 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffers
Slotlied Lied 574 'n Skare stroom van oral saam of VONKK 123 Wees Stil En Weet Seën Respons VONKK 123 Wees Stil En Weet Refrein: “Wees stil en weet: Jou God is in beheer. Niks kan sy liefde vir sy kinders keer.” (Of enige van die ander verse se refrein) of Lied 494 Gelukkig is die mens laaste deel van die refrein: “God wil en kan en sal vir ons 'n toevlug wees .”

17 Volgende erediens: Markus 6:1-13 Volgende erediens Markus 6:1-13

18


Download ppt "Markus 5:21-43 Powerpoint Agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google