Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Bitterbessie dagbreek

Similar presentations


Presentation on theme: "Bitterbessie dagbreek"— Presentation transcript:

1 Bitterbessie dagbreek
Ingrid Jonker Bundel: Rook en Oker Die grootste deel van die bundel bevat intense liefdesgedigte waarin gesoek word na ‘n minnaar wat sy verloor het

2 Die bitterbessie is die vrug van die vuurdoringbos
Bessies is geel, oranje of rooi, en gee die bos sy naam, bv “rooivuurdoring”

3 Die gedig Voorgelees deur Ingrid Jonker

4 Bitterbessie dagbreek
Titel = Metafoor Bitterbessie is ‘n rooi bessie met ‘n bitter smaak Bessie: Vleeslike of erotiese, die erotiese liefde wat bitter word Bessie is dus rooi en dui op die bitterheid van die verhouding Die spreker rou want sy het die slegste daarvan af gekom en dit is die tydperk na die verhouding negatief uitgedraai het “Dagbreek” dui weer op ‘n nuwe begin, maar die titel wat met “Bitterbessie” begin, dui dat sy ‘n bitter begin het Die titel is dus ironies omdat die die woord “dagbreek” nie vreugde bring nie, maar bitterheid. Juis daaroor skep dit dadelik ‘n simpatieke gevoel by die leser vir die spreker en haar pyn. Die Titel

5 Inhoud Twee belangrike gedagtes
Die gedig handel oor persoonlike leed wat deur die ontnugtering van ‘n verbreekte liefdesverhouding veroorsaak is Personal sorrow as a result of being disillusioned by a broken romantic relationship Al wat oorbly, is die lëe herinneringe, die eensaamheid, verbittering en die eggo van die geliefde se koggelende leuentaal All that remains are empty memories, lonliness, bitterness and the echo of her beloved’s mocking lies

6 Bitterbessie dagbreek / bitterbessie son ‘n spieël het gebreek / tussen my en hom
Die titel word herhaal en word verder uitgebrei in r2. Sonsopkoms en geliefdes = negatief (“What light through yonder window breaks?” Ridderlike gedigte – dagbreek beteken minnaars is nie meer saam nie) Die bekende beeld van ongelukkigheid kom voor as ‘n spieël wat gebreek is.  Dit bring jare se ongeluk. Dit beklemtoon die verbreekte verhouding tussen die spreker en die geliefde. Skerp skerwe sny en maak seer. 'n Spieël weerkaats ook en so word die spreker se hartseer en ongeluk terug weerkaats. Die gebruik van die persoonlike voornaamwoord “my” dra by tot die subjektiewe, persoonlike aard van die gedig.  Die gebruik ook van die “my” en “hom” in plaas van “ons”, dui op die skeiding tussen die twee partye. Strofe 1

7 Soek ek na die grootpad / om daarlangs te draf oral draai die paadjies / van sy woorde af
Strofe 2 In die sprokieswêreld is die Bos ‘n plek van chaos, worsteling, verdriet – die held moet daardeur kom om die wêreld te verbeter Die spreker soek angstig na die orde in haar lewe (grootpad = metafoor). Sy wil vooruit gaan en die negatief agter haar plaas, maar sy word die heeltyd aan hom herinner en kan nie (die paadjies van sy woorde = metafoor)! Sy leuens verwar haar, want hy het haar daarmee om die bos gelei. Sy kan dus nie genesing vind nie en is vasgevang in haar verdriet

8 Dennebos herinnering / dennebos vergeet het ek ook verdwaal / trap ek in my leed
Strofe 3 Die dennebos is negatief, chaoties, ‘n plek van verstikking en psigiese worsteling met haarself en as sy daar kan uitkom, sal sy anders en beter wees. Die Bos van herinnering moet dus ‘n Bos van vergeet word Die spreker se verdwaalde gedagtes is veroorsaak deur die leuens van haar geliefde, daarom raak sy telkens verlore (verdwaal sy), want sy is die een wat seergemaak is – hy het haar afgesê Sy is nou op dwaalpaadjies wat herhalende pyn (“leed”)veroorsaak.

9 Papegaai-bont eggo / kierang kierang my totdat ek bedroë / weer die koggel kry
Strofe 4 “Papegaai bont eggo” dui op die veelkleurige papegaai wat woorde slegs kan herhaal en nie nuwe sin kan maak nie “Papegaai-bont eggo” = sintese, die bont (kleurvol/mooi) word normalweg gesien en die eggo word gehoor ‘n Eggo is slegs die terugkaatsing van klankgolwe en nie die reaksie van iemand met jou praat nie – sy kan slegs hulle liefdeswoorde aan mekaar onthou en dit koggel (mocks and teases) haar Daarom word die spreker gekierang (gekul of gefop), want dit is haar eie woorde wat terugkom Die woorde “eggo”; “kierang” en “koggel” verwys ook in betekenis terug na strofe 2 waar sy mislei is

10 Eggo is geen antwoord / antwoord hy alom bitterbessie dagbreek / bitterbessie son
Strofe 5 Sy het geen antwoord op haar vrae en haar soeke gevind nie; daar was slegs eggo’s/herinneringe Die gedig word afgesluit met die aanvangsreëls.  Dit beklemtoon dat sy vergeefs probeer het om tot haar geliefde deur te dring en die skrikwekkende gedagte: Hoe pak ek die lewe nou sonder hom aan? Dit suggereer ook dat daar vir haar tyd verby gegaan het sonder om emosionele vordering te maak.

11 Net vir pret! Bitterbessie dagbreek Chris Chameleon


Download ppt "Bitterbessie dagbreek"

Similar presentations


Ads by Google