Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Daarom gebruik ons nie die volledige luister-siklus nie.

Similar presentations


Presentation on theme: "Daarom gebruik ons nie die volledige luister-siklus nie."— Presentation transcript:

1 Daarom gebruik ons nie die volledige luister-siklus nie.
Hierdie teks is ook gebruik op 8 Oktober 2006, vir die 17de Sondag in Koninkrykstyd. Die PowerPoint is nog beskikbaar by Vir diegene wat toe nie die teks gebruik het nie, verwys ons daarna terug. Vir mense wat die teks weer wil preek, stel ons voor dat die klem hierdie keer val op lofsang en aanbidding. Die teks verwys na die beurtsang in die hemel en ons stel voor dat die diens ook baie van sang maak. Daarom gebruik ons nie die volledige luister-siklus nie. Hierdie teks is ook gebruik op 8 Oktober 2006, vir die 17de Sondag in Koninkrykstyd. Die PowerPoint is nog beskikbaar by: . Vir diegene wat toe nie die teks gebruik het nie, verwys ons daarna terug. Vir mense wat die teks weer wil preek, stel ons voor dat die klem val op lofsang en aanbidding. Die teks verwys na die beurtsang in die hemel en ons stel voor dat die diens ook baie van sang maak. Ons gebruik daarom nie die volledige luister-siklus nie.

2 Openbaring 5:11-14

3 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

4 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

5 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

6 Jesus, die oorwinningslam
Plasing in Openbaring Hoofstuk 4 en 5 van Openbaring gee 'n uitgebreide visioen van God op sy hemelse troon. In hoofstuk 4 is die fokus op die hemelse menigte wat God aanbid, terwyl dit in hoofstuk 5 verskuif na die Lam wat waardig is om die boekrol oop te maak wat God in die vorige hoofstuk vasgehou het. Die volgende is net om julle geheue te verfris na aanleiding van die kommentaar laasjaar op Open 5:1-11. Die hoofstuk begin met 'n beskrywing van God wat 'n boekrol vashou. Die boekrol ('n ongeveer tien meter lange papirusrolle) wat die hele heilsgeskiedenis bevat, is met sewe seëls geseël, sodat niemand daaraan kan peuter nie. In die Romeinse wêreld het elke getuie sy seël op die tou wat die rol vasbind aangebring om te keer dat 'n ongemagtigde persoon dit sou oopmaak. Die heilsgeskiedenis is dus sowel afgesluit (vol geskryf) as verseker (verseël). Dit moet net oopgemaak en gelees word om in vervulling te gaan. Dit was gebruiklik om 'n opsomming in fyn skrif van 'n dokument aan die buitekant te skryf sodat dit vinnig gelees kon word sonder om die hele dokument af te rol. Die volgende hoofstukke van Openbaring gee dan ook so 'n opsomming of transkripsie van die inhoud van die boekrol. Maar eers is daar 'n probleem in die hemel. Niemand is naamlik waardig om die boekrol oop te maak nie. Al kom 'n sterk engel wat hard genoeg skree sodat die hele hemel en aarde dit kan hoor, meld niemand aan nie (vers 3-4). Gevolglik is Johannes die eerste ou wat in die hemel histeries huil (vers 4). Hy word egter getroos met die belofte dat die Leeu van Juda – die beloofde Messias - dit sou kon doen. Dis dan dat Jesus verskyn. Hy word egter nie as 'n leeu uitgebeeld nie, maar as 'n Lam wat geslag is. Deur sy dood het Jesus die verlossings prys van oorwinning betaal (vgl. Joh. 1:29; 1 Kor. 5:7). Hy het uit die dood opgestaan soos een wat geslag is. Soos God in die plek van Isak ’n plaasvervangende lam voorsien het (Gen 22:12–14), het Hy Jesus in ons plek voorsien. Jesus is ’n geslagte Lam (Jes. 53:7), wat op sy plaasvervanging dui, maar ook die oorwinnings lam, met sy sewe horings en sewe oë (5:6). Die lam het sewe oë (alsiende = alwetend) en horings (horings dui op 'n dier se gesag daarom is 'n voltal van 7 = almag). Openbaring 5: 'n Hemelse beurtsang Wanneer die Lam die boekrol neem, breek die hemelse inwoners in beurtsang uit. Eers sing die kerk (die 24 engele) en die skepping (die vier wesens) (vers 8-10), dan die engele (vers 11-12), gevolge deur die ganse skepping[1] (vers 13 - alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is) voordat die kerk (die ouderlinge) die beurtsang afsluit (vers 14). Die ouderlinge was die eerstes om met die betuiging van lof te begin (4:8; 5:8), en dit is gepas dat hulle dit ook afsluit. Die menigte engele sing hier oor die verlossing wat die Lam verdien het (5:11). Hulle loflied, wat die aanbreek van Jesus se Messiaanse konings heerskappy besing, bevat sewe elemente (wat op volmaaktheid dui) naamlik mag, rykdom, wysheid en sterkte, eer, heerlikheid en lof. Die eerste vier elemente is hoedanighede wat die Lam besit, en die laaste drie word deur die bewoners van hemel en aarde aan Hom toegebring. Hulle sing dus ’n nuwe lied soos wat altyd gekomponeer en gesing is na ’n groot verlossings daad wat ’n nuwe wêreld tydperk laat aanbreek (Ps. 33:3; 40:4). Ons lees in hoofstuk 5 dat Jesus, die Lam, die enigste Een is wat waardig is om die boekrol oor die toekomstige gebeure te ontsluit. Dit is Hy wat die rol in sy hand het, en nie Satan nie. Jesus Christus is in beheer en Hy is die enigste Een wat die gebeure van die eindtyd kan ontsluit, juis omdat Hy as Lam van God geslag is, en dus die Verlosser is. [1] Die skepping word vierdelig beskryf: hemel, aarde, onder die aarde en in die see. Dit dui dus op die hele skepping.

7 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

8 “Heaven is revealed to earth as the homeland of music.”
Christina Rosetti

9 Egte lewe is om God te loof
en om God te loof, is om te lewe! Egte lewe is om God te loof en om God te loof, is om te lewe!

10 “… we disturb and finally destroy life itself…”
Claus Westerman Soos Claus Westerman gesê het: as ons enigiets of enigiemand anders as God loof, beteken dit “we disturb and finally destroy life itself.” Daarom weet dit: die woorde waarmee ons God loof, vorm die wêreld waarin ons elke dag lewe.

11 “… I’m coming back to the heart of worship, and it’s all about You, Jesus…”
Matt Redman Matt Redman is een van die beste gospelsangers in die wêreld en hy het al diep geestelike liedere geskryf. Een van die liedere is getiteld “Heart of Worship”. Die liedjie het sy ontstaan te danke aan sy predikant wat op ’n keer die hele gemeente laat vas het van sang, totdat almal geleer het om die Here ook op ander maniere te loof! Toe die “liedere-vas” verby was, het Redman sy gemeente se “praise and worship” gelei met hierdie woorde: “I'm coming back to the heart of worship. And it's all about You … it’s all about You, Jesus”. Lof is God se kinders wat van God leer, Hom waarneem en persoonlik ervaar en dit dan vir Hom terug reflekteer- it’s all about You! Jy kan gerus die lied vir mense speel[1] om na te luister óf indien die gemeente dit ken, kan julle dit sing. [1] Daar is verskillende weergawes van die lied beskikbaar. Vir my is die mooiste een op Michael W. Smith se CD Worship – daar is ook ’n hele paar ander pragtige liedere op daardie CD. Die CD Heart of Worship: Worship in Spirit and Truth het ook ’n mooi weergawe van die lied. Albei CD’s is by die meeste geestelike musiekwinkels beskikbaar.

12 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

13 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

14 “Die klank van trompette in die môre. die musiek. die lof kore vir God
Die volgende legende van die duiwel [1] word vertel. Hy was ’n engel wat, nadat hy ’n onsuksesvolle rebellie teen God geloods het, permanent uit die hemel geskop is. Terwyl hy nog besig is om te herstel van sy val, staan hy ’n onderhoud toe op een van daardie Oprah-soort geselsprogramme. Hy word toe gevra wat hy die meeste mis van sy vorige lewe in die hemel. Daar was ’n oomblik se hartseer stilte voor die duiwel geantwoord het: “Die klank van trompette in die môre...die musiek...die lof kore vir God...”. [1] So ver ons weet is dit nie ’n ware verhaal nie :-)

15 “Worship as quickening the conscience by the holiness of God, feeding the mind with the truth of God, purging the imagination by the beauty of God, opening the heart to the love of God, and devoting the will to the purpose of God.” William Temple, Aartsbiskop van Kantelberg Ons is gemaak om te loof, ja, om God te loof. Daarom het William Temple, die beroemde biskop van Canterbury, dit as volg verduidelik: “Worship as quickening the conscience by the holiness of God, feeding the mind with the truth of God, purging the imagination by the beauty of God, opening the heart to the love of God, and devoting the will to the purpose of God.”

16 “Die Here word op die troon geplaas deur die lofprysing van Sy kinders”
Geen wonder die rabbi’s uit die antieke tye het altyd die vraag “Waar is die Here?” as volg geantwoord: “Die Here word op die troon geplaas deur die lofprysing van Sy kinders!” Ons lof bevestig dat Jesus die Here is, dat Hy op die troon sit. Ons lofprysing herinner ons daaraan wie die Koning is en help ons om Hom te vier!

17 - ’n Lied oor God se magtige dade
-’n Lied oor Wie God is - ’n Lied oor God se magtige dade - ’n Lied oor God se aanvaardende liefde - ’n Dank- en loflied Daarom gee Openbaring 4/5 vir ons “a practice to live by” waarmee ons God kan loof. Eerstens is dit ’n lied oor God se karakter: Wie Hy is. Tweedens is dit ’n lied oor God se magtige dade; derdens ’n lied oor God se aanvaardende liefde wat deur die kruis gesimboliseer word en laastens, ’n dank en loflied Dit sal goed wees as ’n gemeente in hierdie diens iets hiervan sal beleef deur lof en aanbiddingsliedere.

18 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

19 1. Fokus op Wie God is Karaktereienskappe: Openbaring 4:8; Openbaring 5:12 Wat is dit wat ons alreeds van God weet? Genadig, barmhartig, liefdevol, alomteenwoordig, alsiende, almagtig, goed. ( Lees Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 1) Hy is waardig... Sing liedere wat fokus op wie God is.

20

21

22

23 2. Fokus op dit wat God gedoen het
Dade: Openbaring 4:11 Wat is die dinge wat God doen(en gedoen het) in die wêreld en in ons lewe? Sing liedere wat fokus op dit wat God doen en gedoen het

24

25

26

27 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

28 3. Fokus op God se aanvaardende liefde
Aanvaarding: Open 5:9,10 Op watter wyse reflekteer ons behandeling van ander mense en onsself die Lam-Leeu se aanvarende, onvoorwaardelike liefde? Sing liedere wat fokus op God se aanvaardende liefde (en hoe ons mekaar onvoorwaardelik liefhet)

29 daar is vrede waar Sy liefde
Ons aanvaar jou met die liefde van ons Heer: daar is vrede waar Sy liefde ons regeer. Mag dan hul wat sien dat jy die Here dien ook begeer om van Sy liefde meer te leer. Die bladmusiek is beskikbaar in die Jeugsangbundel 1 (Die rooiboekie)

30 4. Fokus op lof en dank Dank en lof: Open 5:13
Op watter maniere kan ons God aanbid- individueel en saam ? Sing liedere van lof en dank

31

32

33 Lofprysing is nie die paar liedere wat ons op Sondae sing nie, maar ’n 24/7 leefstyl wat sê God is #1! Lofprysing is nie ’n paar liedere wat ons op Sondae sing nie, maar is ’n 24/7 leefstyl wat sê God is no 1!

34

35

36

37 Jesus, die sterke Leeu van Juda Jesus, die vlekkelose Lam
Jesus, oorwinnaar oor die dood Jesus, U is oneindig groot

38 U’s vir ewig, U’s vir altyd Word verhoog deur al die
Leeu van Juda U’s vir ewig, U’s vir altyd en ek weet U’s ook vir my Word verheerlik, Word verhoog deur al die lof wat juig in my

39 hierdie passie binne my Jesus, dit gaan alles net oor U
Leeu van Juda Kom verander, kom vernuwe hierdie passie binne my Jesus, dit gaan alles net oor U

40 Jesus, die sterke Leeu van Juda Jesus, die vlekkelose Lam
Jesus, oorwinnaar oor die dood Jesus, U is oneindig groot

41 U’s vir ewig, U’s vir altyd word verhoog deur al die
Leeu van Juda U’s vir ewig, U’s vir altyd en ek weet U’s ook vir my Word verheerlik, word verhoog deur al die lof wat juig in my

42 hierdie passie binne my Jesus, dit gaan alles net oor U
Leeu van Juda Kom verander, kom vernuwe hierdie passie binne my Jesus, dit gaan alles net oor U

43 Jesus x 4 (al harder!!!) Jesus, U is oneindig groot want…
Leeu van Juda Jesus x 4 (al harder!!!) Jesus, U is oneindig groot want…

44 U’s vir ewig, U’s vir altyd word verhoog deur al die
Leeu van Juda U’s vir ewig, U’s vir altyd en ek weet U’s ook vir my Word verheerlik, word verhoog deur al die lof wat juig in my

45 hierdie passie binne my Jesus, dit gaan alles net oor U
Leeu van Juda Kom verander, kom vernuwe hierdie passie binne my Jesus, dit gaan alles net oor U


Download ppt "Daarom gebruik ons nie die volledige luister-siklus nie."

Similar presentations


Ads by Google