Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byLeopold Jan Verlinden Modified over 6 years ago
1
2. Siekte / Lyding 16 Maart 2014 “So much in a relationship changes when a partner is seriously ill, helpless yet blameless, and indefatigably needy.” ― Diane Ackerman Lees saam: Lukas 8: In die teks lees ons die volgende: “Op pad het die mense om Jesus saamgedrom. Onder hulle was 'n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het. Sy het alles wat sy gehad het aan dokters uitgegee, maar niemand kon haar gesond maak nie.” Skryf al die emosies, gevoelens en denke neer wat julle dink hierdie vrou mee geworstel het oor hierdie lang tydperk van siekte. Hoe sou jy dit hanteer het as jy in haar skoene was? Hoe moet ons siekte of lyding verstaan? Wat is die sin en doel daarvan? Hoewel ons behoefte het aan een of ander rasionele verklaring of verstaansraamwerk, kry ons slegs gedeeltelike antwoorde, of selfs meer vraagtekens as antwoorde.
2
Vrae oor siekte Is siekte en lyding as gevolg van straf op sonde?
In Deut. 7:12 – 15 lees ons dat die Here die volk van siektes sal bewaar as hulle hul hou by Sy bepalings en voorskrifte. Dit is dan ook duidelik dat die dissipels glo siekte en straf is noodwendig die gevolg van sonde, as hulle in Joh. 9:2 vir Jesus vra wie dan nou gesondig het, die blinde man of sy ouers? Wat van God se beloftes in die Bybel? Sê die Here dan nie in byvoorbeeld Ps. 121:5 dat Hy die gelowige sal beskerm en bewaar van alle gevare nie? Is God dan nie almagtig nie (Eks 6:2)? Is Hy nie regverdig nie (Deut. 32:4)? Is Hy nie liefde nie (1 Joh 4:8)? Wat van gebedsverhoring en geloofsgenesing? Dat mense deur afhanklike en gelowige gebede tot genesing kan kom het in die Bybelse tyd plaasgevind, sowel as vandag. Genesing vind egter nie in alle gevalle plaas nie (gelowige gebede ten spyt). Is dit moontlik vir ons om dit te verstaan? Siekte en lyding trek nie ’n streep deur genesing nie, genesing is veel omvattender as die blote afwesigheid van siekte en lyding.
3
Hoe kan ek ander ondersteun
Pasop vir selfbejammering wat maklik kan oorgaan in moedeloosheid en depressie. Probeer blymoedigheid handhaaf te midde van moeilike omstandighede. Wysheid is nodig om maar net jou oor, hart en positiwiteit aan te bied. Moenie klaerig en foutvinderig wees nie. Moenie die sieke met jou eie pyn verdriet en probleme bemoei nie. Vra gereeld of daar iets is waarvoor die sieke lus is. As daar beterskap is, maak ’n ophef daarvan. Bou daagliks aan die pasiënt se selfbeeld en kweek die besef dat hy/sy waarde het. Sien ook om na jouself. Maak tyd vir afleiding en om self ook te ontspan. Soek self ook vertroosting en bemoediging, veral waar die siekbed baie traumaties mag wees. Sorg vir eie geestelike versterking anders kan die pad te steil raak. Bid vir begrip en fyn aanvoeling.
4
Vrae en Notas Met verwysing na die verhaal van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het kan ons die gevolgtrekkings maak dat Jesus se genesing nooit net eendimensioneel is nie. Selfs waar Hy dus oënskynlik net fisies genees (die vrou se bloedvloeiing) het Hy nie net die liggaamlike in die oog nie, maar ook die gees en siel (jou geloof het jou gered ) Dit gaan dus vir Jesus eerder om ’n holistiese genesing. Hoe help die verhaal jou hierdie waarheid te snap? Ons wêreld is stukkend en sonde het die volmaakte verhoudings tussen mens en God, tussen mense met mekaar en mense met hulself kom vernietig. Philip Yancey skryf oor siekte en lyding die volgende: “Where is God when it hurts? He is in us – not in the things that hurt – helping to transform bad into good. We can safely say that God can bring good out of evil; we cannot say that God brings about the evil in hopes of producing good.” Ons glo dat God nie die outeur van ons lyding is nie, maar dat Hy ons eerder bystaan te midde daarvan. Wat is jou gedagtes/gevoelens oor hierdie aanhaling? Vertel van ’n geleentheid waar jy God se liefde en teenwoordigheid ervaar het ten tye van siekte/lyding.
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.