Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

@FXit.

Similar presentations


Presentation on theme: "@FXit."— Presentation transcript:

1 @FXit

2 Temalys: COPE MET MEKAAR
Openingsles [almal] Cope met mekaar Kommunikasielyne Wat hoor jy (Grepe hieruit as voorbeeld) Kommunikasiestyle KK&K: Kommunikasiekwaliteit & Konflik Kommunikasievlakke Hoe diep twiet jy Ouergedrag Hoe om in dié tyd ouers groot te maak Ouergesag Hoe ver kan jy gaan Behoefte aan ander Alleen of eensaam Die regte vriende Vriende kan jou maak of breek Geestelike eenheid Groepsdruk Swem of float Geslagsgedrag ’n Pot is anders as ‘n deksel Enkellopendes Potte sonder deksels Romantiese liefde Dit fladder in my Liefdesvriende Met hoeveel oë kyk jy Verhoudings-etiek Trou se spoed gebreek Verhoudingstrou Sterker as die dood Binne-verhoudings Vind jou vorm Ken-verhoudings Weet jy of ken jy Waarde-vorming Wat sien jy Waardes bepaal gedrag Resiproke reaksies Sleutelwaardes Soek die sleutel

3 Inhoud en hantering van die CD pakket
COPE MET MEKAAR bevat die volgende: Leiersgids met riglyne vir elke aanbieding (pdf) Gespreksgids: uitdeelstukke vir elke bespreking (pdf) Les-programme (21) vir graad 7 tot 11/12 (PowerPoint) Motiveringskursus vir aanbieders (PowerPoint) Hierdie aanbieding is ’n voorbeeld van slegs vyf skyfies van die INLEIDING van les 1. DOEL VAN INLEIDING: Wek belangstelling in ‘n saak, beginsel of (probleem)area in die tiener-leefwêreld. Die NOTAS onderaan die skyfies gee riglyne vir die bespreking. Vrae aan die groep is in bold. Die R> gee ‘n aanduiding van die aantal kere wat die regs-pyltjie gebruik word vir die skyfie om volledig te ontvou. In die meeste gevalle is slegs een R> nodig, aangesien outomatiese animasie met ’n 2-sekonde tyd-stelling die res van die elemente oopmaak. 3

4 Slideshow: Staan op die volgende skyfie en druk shift F5.
COPE MET MEKAAR, les-program 1: KOMMUNIKASIELYNE Hierdie les volg op die Jaaropeningsles (vir die groot groep) waarin die reeks-tema, COPE MET MEKAAR, bekendgestel is. Wat hoor jy? KOMMUNIKASIE is die hoofletterwoord in verhoudings. In dié les word die kommu-nikasielyne met God, die natuur en ander mense as hoor-verhoudings aangedui. In die INLEIDING word die hoor-verhouding met God aangespreek. Deur die grafiese uitbeelding van 2 Tim 3:16 word die oorsprong en essensie van die Woord uitgelig: God het sy Seun gestuur as die Woord wat onder mense kom leef het. Nadat dié Woord deur baie mense verwerp is en sy Seun vermoor is, stuur Hy sy Gees om sy kinders aan Jesus se woorde te herinner [Joh 14:25]. Sy Gees het mense toe gehelp om hierdie woorde op skrif te stel sodat dié wat dit glo, gered kan word [2 Tim 3:15]. Lees nou die notas onderaan die skyfies. Slideshow: Staan op die volgende skyfie en druk shift F5. 4

5 Wat jy TEMA-skyfie Aanvanklik is net die eerste element op die skerm: die twee grafiese beelde saam met “HOOR”. Bespreking na voltooiing van die skyfie: Wat sien jy hier – of wat “hoor” jy? Die interpretasie van die voorstelling kan baie wyd wees – die gedagte is juis dat elkeen sy eie afleidings maak. Die dame se oog sit waar ander ouens se ore gewoonlik is. Dit mag wees dat sy met haar oë luister – sy “hoor” deur waarneming – wat ‘n gawe beginsel kan wees in effektiewe kommunikasie. In die ander beeld wil dit voorkom asof drie ouens hulle bes probeer om iets hoorbaar aan die vierde ou te kommunikeer, terwyl hy geen reaksie of emosie toon nie. Dit kan moontlik dui op willekeurige of onwillekeurige “doofheid” vir dit wat vir ander belangrik is. Party mense hoor nie, omdat hulle nie wil hoor nie, terwyl ander regtig sukkel om te verstaan wat aan hulle gekommunikeer word.

6 Onthou jy nog: Ons praat met mekaar oor hoe om te
ONTHOU JY NOG (hersiening) Dis ‘n terugverwysing na die JAAROPENINGSLES in die groot groep, terwyl die tema van die reeks ook weer ter sprake kom. Terselfdertyd sluit dit aan by die tema van hierdie les en die konsep van die vorige skyfie. Kommunikasie het, simplisties gestel – te doen met PRAAT en HOOR. Dié twee is interafhanklik: As iemand nie praat nie, kan die ander een nie hoor nie. In hierdie lesreeks gaan die beginsels van effektiewe kommunikasie prakties aangespreek word.

7 -verhoudings 4 x R> HOOR-VERHOUDINGS [Elk van die drie verhoudings R> oop: Verhouding met 1God, 2mense en die 3skepping.] Bespreking ná die opskrif [“Hoor-verhoudings”]: By watter drie hoor-verhoudings is èlke mens betrokke – elkeen; nie net Christene nie? Elke mens is betrokke by die verhouding tot God, die skepping of natuur en ander mense. Al is jy ‘n Boeddhis of selfs ‘n ateïs, bly jy in hierdie verhoudings. Geen mens kan hom van God losmaak nie – hy bly soek na God, al soek baie mense op verkeerde plekke en kry dan verkeerde of vals gode. “God het hulle (al die nasies) gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind” [Han 17:27].

8 Hoe jy vir en onder ons kom woon. is se stem In die begin
was die Woord daar... En die Woord was self God. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. [4 x R>] HOE HOOR JY VIR GOD [Die drie vrae R> oop, asook die laaste element ná die bespreking.] Hoe hoor jy vir God? Gee geleentheid vir reaksie op die vraag voordat die res van die skyfie ontvou. [Wie] is God se stem? [Die onvoltooide frase onder-aan.] Dis nodig om seker te maak dat elkeen die boodskap reg verstaan deur terugvoering uit die groep te kry. Daarna volg die laaste R>, wat die frase voltooi: Jesus is God se stem. Nee, meer as dit: As Woord van God is Hy ook self God. Van die begin af was Hy daar. is se stem

9 Every Scripture is God-breathed [Amplified NT]
Die Woord het mens geword Die Woord het later geword [dis neergeskryf]. 2 Tim 3:16 DEUR GOD GEÏNSPIREER Bespreking na voltooiing van die skyfie: Waarom hou die meeste mense nie van die Bybel nie – hou hulle nie van God nie of werk die Bybel nie vir hulle nie? Dis ’n kopkrapper met baie moontlike antwoorde. Die aanbieder luister slegs en ontlok deelname, sonder om te korrigeer. Hulle gaan tydens die groepsbesprekings self ontdek of hulle op die regte spoor is. Die uitbeelding van 2 Tim 3:16 lig die oorsprong en essensie van die Woord uit: God het sy Seun gestuur as die Woord wat onder mense kom leef het. Nadat dié Woord deur baie mense verwerp is en sy Seun vermoor is, stuur Hy sy Gees om sy kinders aan Jesus se woorde te herinner. [Joh 14:26: Wanneer die Vader in my Naam die Heilige Gees stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.] Sy Gees het mense toe gehelp om hierdie woorde op skrif te stel sodat dié wat dit glo, gered kan word. [2 Tim 3:15: Jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.]


Download ppt "@FXit."

Similar presentations


Ads by Google