Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byBaldric Hutchinson Modified over 6 years ago
1
Lied 151: 1 Skenk ons, Here, u beskerming en ontferming.
Sien in liefde op ons neer. Seën ons as ons hier vergader, tot U nader. Laat ons saam wees tot u eer.
2
Bring ons, Here, tot bekering deur u lering,
Lied 151:2 Bring ons, Here, tot bekering deur u lering, gee ons insig deur u Gees. Maak ons harte oop, o Vader, trek ons nader. Laat u Woord ons lewe wees.
3
Lied 152: 1 Verhoogde Heiland, bind ons saam
waar in u Naam ons hier vergader. Leer ons, geheilig deur u Gees, ootmoedig wees waar ons U nader.
4
Ons glo u Woord en bring U eer; maak ons al meer Uself deelagtig.
Lied 152:1 (vervolg) Ons glo u Woord en bring U eer; maak ons al meer Uself deelagtig. Dan bly ons steeds, deur U verlig, op U gerig, u dood gedagtig.
5
Ons is hier saam vergader
Lied 153: 1 O Jesus, kom tog nader en gee aan ons u seën. Ons is hier saam vergader en almal in U één.
6
Verlig ons deur u lering, Ons volg U deur bekering -
Lied 153:2 Verlig ons deur u lering, ons vind dit in u Woord. Ons volg U deur bekering - ons wat aan U behoort.
7
U is ons vriend en koning, in eerbied buig ons neer.
Lied 153:3 U is ons vriend en koning, in eerbied buig ons neer. En kom ons in u woning sal ons U ewig eer.
8
Lied 154: 1 Kom nou tesaam, laat ons vergader,
één as sy Kerk, één in sy Naam; in Christus Naam kom ons hier nader - kom ons as sy gemeente saam.
9
Lied 154:1 (vervolg) Hy gee sy Gees, só laat Hy dit wees: Hy seën wat ons bou en bind ons deur sy trou.
10
Hier is die Heer by ons teenwoordig, Hy skep die ruimte vir sy werk.
Lied 154:2 Hier is die Heer by ons teenwoordig, Hy skep die ruimte vir sy werk. Is Hy dan self só hier teenwoordig, word ons verenig in sy Kerk. Hy staan ons by en maak ons ook vry om ware mens te wees - geheilig deur sy Gees.
11
Sing vir die Heer jul lofgesange, laat ons met helder stem Hom loof.
Lied 154:3 Sing vir die Heer jul lofgesange, laat ons met helder stem Hom loof. Laat klink sy lof, sing onbevange en laat geen muur die klanke doof. Kom sing met vuur, laat lofsange duur, vul alles hier met klank: Laat ons die Here dank.
12
Lied 155: 1 Verhef ons harte tot U, Heer, en laat u liefde ons regeer.
Wil deur u Gees steeds by ons bly en ons in alle waarheid lei.
13
Raak U ons aan om U te loof, versterk ons liefde en geloof,
Lied 155:2 Raak U ons aan om U te loof, versterk ons liefde en geloof, skenk ons meer vreugde in u wet en meer volharding in gebed.
14
Gee dat, gehoorsaam en getrou, ons altyd op u Woord sal bou.
Lied 155:3 Gee dat, gehoorsaam en getrou, ons altyd op u Woord sal bou. O heilige Drie-enigheid, aan U die lof in ewigheid!
15
o Christenskare, rondom sy altare. Hy is ons God die Ewige, die Ware!
Lied 156: 1 Loof, loof die Here! Bring Hom dank en ere, o Christenskare, rondom sy altare. Hy is ons God die Ewige, die Ware!
16
U is die Here, U is onse Vader.
Lied 156:2 U is die Here, U is onse Vader. In Jesus Naam is ons nou hier vergader. Één deur u Gees, kom ons vrymoedig nader. Loof, loof die Here!
17
Hoor ons gebede, dat ons in u vrede op al ons weë elke dag kan wandel
Lied 156:3 Hoor ons gebede, dat ons in u vrede op al ons weë elke dag kan wandel en altyddeur na u gebooie handel. Loof, loof die Here!
18
God van weldade, Skenker van genade,
Lied 156:4 God van weldade, Skenker van genade, U, hoog verhewe, U bestraal ons lewe; ons is gedurig deur u guns omgewe. Loof, loof die Here!
19
Lied 157: 1 Here Jesus, ons is saam, op u roepstem hier vergader;
saam verenig in u Naam kan ons tot die Vader nader. Hoor die dank- en smeekgebede, Heer, van u gemeentelede.
20
Maak ons harte deur u Gees vir die heil'ge woord ontvanklik.
Lied 157:2 Maak ons harte deur u Gees vir die heil'ge woord ontvanklik. Laat ons daagliks onbevrees op u heil bou, diep afhanklik. Heer, laat ons geloofsvertroue eenmaal oorgaan in aanskoue.
21
Lied 158: 1 Bring my na u woning, Here, laat my daar voor U verskyn
waar ek lofsing U ter ere, waar u guns oor my kan skyn. Laat my in u glansend lig neerbuig voor u aangesig.
22
Lam van God, U bring 'n offer, met u bloed maak U my vry
Lied 158:2 Lam van God, U bring 'n offer, met u bloed maak U my vry dat ek dank aan U kan uiter, my alleen aan U kan wy. Sien my as u priester aan as ek, Here, voor U staan.
23
laat u woorde my steeds dring dat ek met my blye klanke
Lied 158:3 Here, heilig U my denke, laat u woorde my steeds dring dat ek met my blye klanke singend aan U hulde bring. Sang en lied is my geskenk as ek, Here, U gedenk.
24
Lied 159: 1 God is hier teenwoordig; laat ons biddend nader,
hier waar ons voor Hom vergader. God is hier teenwoordig.
25
buig in stilte, Hom ter ere! Wie Hom roem, wie Hom noem
Lied 159:1 (vervolg) Heilig is die Here; buig in stilte, Hom ter ere! Wie Hom roem, wie Hom noem Heer en Hemelvader, kom nou almal nader!
26
God is hier teenwoordig. Here, gee ons vrede,
Lied 159:2 God is hier teenwoordig. Here, gee ons vrede, wees genadig, wil vergewe. Ons is swak en sondig, maar ons lied verkondig: U's die bron van alle lewe. U is Heer, U regeer. Lei ons al ons dae na u welbehae.
27
almal buig voor Hom wat lewe! Engele sing: Heilig, heilig is die Here,
Lied 159:3 God is in sy tempel; hemelpoorte bewe, almal buig voor Hom wat lewe! Engele sing: Heilig, heilig is die Here, in die allerhoogste sfere! Uit die stof klink ons lof: Here, God van vrede, hoor ook ons gebede.
28
Lied 160 (I) Inkoms en uitgang, (II) aanvang en einde,
(III) soos U bepaal, Heer - (IV) wees nou hier teenwoordig.
29
middelpunt van ál ons hoop. Leidsman van ons lewensloop.
Lied 161: 1 Halleluja! Heer, U is ons lewe, middelpunt van ál ons hoop. U's die doelwit van ons hoogste strewe, Leidsman van ons lewensloop.
30
ons Verlosser, Bystand, so barmhartig. Vader, Seun en Heil'ge Gees!
Lied 161:1 (vervolg) Heer, U is ons Skepper, God, almagtig; ons Verlosser, Bystand, so barmhartig. U wat is, en was, sal wees - Vader, Seun en Heil'ge Gees!
31
Heer, en daarom kom ons saam. Gemeente: U self het ons geroep,
Lied 162: 1 1. Voorsanger: U self het ons geroep, Heer, en daarom kom ons saam. Gemeente: U self het ons geroep,
32
Voorsanger:Verenig as u liggaam, Gemeente: Verenig as u liggaam,
Lied 162:1 (vervolg) Voorsanger:Verenig as u liggaam, loof ons u Naam. Gemeente: Verenig as u liggaam,
33
(Laat ons verseker weet,
Lied 162:2 (Rig U tog ons gedagtes en lei ons deur u Gees.) Rig U tog ons gedagtes en lei ons deur u Gees. (Laat ons verseker weet, Heer, U sal hier wees.) Laat ons verseker weet, Heer, U sal hier wees.
34
Lied 162:3 (Kom open so ons harte en spreek tot elke oor.) Kom open so ons harte en spreek tot elke oor. (Laat ons van al u dade, u liefde, hoor.) Laat ons van al u dade, u liefde, hoor.
35
Soos 'n wildsbok wat smag na water, U alleen is my hartsverlange
Lied 163 Soos 'n wildsbok wat smag na water, smag my siel na U, o Heer. U alleen is my hartsverlange en ek bring aan U die eer.
36
U alleen is my bron van krag; U alleen is my hartsverlange
Lied 163 (vervolg) U alleen is my bron van krag; in U teenwoordigheid wil ek nou wag. U alleen is my hartsverlange en ek bring aan U die eer.
37
Lied 164: 1 Ons is almal hier tesaam, vergader in sy Naam,
verheerlik Hom. Tot die dood was Hy getrou en daardeur is ons nou sy eiendom.
38
Kom ons leef soos wat Hy vra Loof Hom, Christus, die Heer.
Lied 164:1 (vervolg) Kom ons leef soos wat Hy vra en leer om te verdra en liefde na te streef. Loof Hom, Christus, die Heer.
39
Ons is almal hier tesaam, verenig in sy Naam, verheerlik Hom.
Lied 164:2 Ons is almal hier tesaam, verenig in sy Naam, verheerlik Hom. Met ons hart en mond en hand, ons kragte en verstand kom loof ons Hom.
40
Hou ons lewend deur u Gees, Jesus Christus, die Heer.
Lied 164:2 (vervolg) Hou ons lewend deur u Gees, laat ons u kinders wees en U bo alles eer. Jesus Christus, die Heer.
41
Lied 165: 1 O wat 'n vreugde in ons
harte, om na u kerk, o Heer, te gaan, want hier kom almal wat u volk is, in u teenwoordigheid tesaam. Ons sing u lof, o Koning, Heer! Ons buig in eerbied voor U neer.
42
Dit is 'n opdrag van U, Here, dat almal hier u Naam moet prys.
Lied 165:2 Dit is 'n opdrag van U, Here, dat almal hier u Naam moet prys. Net deur u Woord en Gees, o Here, word ons die regte pad gewys. Ons sing u lof, o Koning, Heer! Ons buig in eerbied voor U neer.
43
teenwoordig hier by ons; ons is hier saam in Jesus Naam. Kom
Lied 166: 1 Kom, Heil'ge Gees, wees U self teenwoordig hier by ons; ons is hier saam in Jesus Naam. Kom (Kom van die Vader!)
44
Kom, Heil'ge Gees, wees U self teenwoordig hier by ons;
Lied 166:2 Kom, Heil'ge Gees, wees U self teenwoordig hier by ons; ons is hier saam in Jesus Naam. Kom (Kom, Gees van Christus!)
45
Kom, Heil'ge Gees, wees U self teenwoordig hier by ons;
Lied 166:3 Kom, Heil'ge Gees, wees U self teenwoordig hier by ons; ons is hier saam in Jesus Naam. Kom (Kom in ons harte, kom!)
46
Lied 167: 1 Jesus, bron van al my vreugde; Jesus, lig van my geloof,
U is vol genade, waarheid U, my Heiland, Heer en Hoof.
47
As gestuurde van die Vader
Lied 167:1 (vervolg) Ja, ek is u eiendom; U, die Seun, U het gekom. As gestuurde van die Vader is U self die weg na Hom.
48
Jesus, bron van alle lewe, Jesus, U wat lof verdien;
Lied 167:2 Jesus, bron van alle lewe, Jesus, U wat lof verdien; U, die bron van alle waarheid, U laat my die Vader sien. Ek is by die Vader tuis waar my hart vol vreugde ruis. U wat één is met die Vader het die weg na Hom kom wys.
49
Lied 168: 1 Heilige Jesus, Heer van die here,
U is verhoog tot die hemeltroon. Ons bring U ere, Christus, die Here! Met heerlikheid is U gekroon.
50
Mooi is die aarde,dit het groot waarde,
Lied 168:2 Mooi is die aarde,dit het groot waarde, maar is gering voor u grootheid, Heer. U is ons lewe, U is ons vrede. U Gees moet ons hier lei en leer.
51
U is die Alfa, en die Omega. U kom en elkeen sal U kan sien.
Lied 168:3 U is die Alfa, en die Omega. U kom en elkeen sal U kan sien. U is die Eerste. U is die Laaste. Die ganse skepping sal U dien.
52
Lied 169: 1 U is die Alfa, en die Omega.
U kom en elkeen sal U kan sien. U is die Eerste. U is die Laaste. Die ganse skepping sal U dien.
53
Lied 169:1 (vervolg) Heilig, heilig, heilig, liefderyk, genadig u troon is steeds met lig en lof omring!
54
U wat in liefde God regverdig is.
Lied 169:2 Heilig, heilig, heilig, Heerser vir ewig; groot is u Naam U die Vader, Seun en Gees. Grote God, ons eer U, met u hele skepping. U wat in liefde God regverdig is.
55
want U buig U tot ons neer! U wás en ís en sál vir ewig wees.
Lied 169:3 Heilig, heilig, heilig, Heer, so weldadig, groot is u guns, want U buig U tot ons neer! magtig en genadig. U wás en ís en sál vir ewig wees.
56
our song shall rise to thee;
169:1 Holy, holy, holy! Lord God Almighty! Early in the morning our song shall rise to thee;
57
169b:1 (cont.) Holy, holy, holy! Merciful and mighty, God in three persons, blessed Trinity!
58
All the saints adore thee, casting down their golden crowns
169b:2 Holy, holy, holy! All the saints adore thee, casting down their golden crowns around the glassy sea; cherubim and seraphim falling down before thee. Who wer't and ar't and ever more shalt be.
59
Though the darkness hide thee, though the eye made blind by sin thy
Holy, holy, holy! Though the darkness hide thee, though the eye made blind by sin thy glory may not see, only thou art holy, there is none beside thee, perfect in power, in love, and purity.
60
All thy works shall praise thy name, in earth and sky and sea;
169b:4 Holy, holy, holy! Lord God Almighty! All thy works shall praise thy name, in earth and sky and sea; merciful and mighty, God in tree persons, blessed Trinity!
61
My hart is bly en roep dit uit:
Lied 170: 1 Heilig, heilig, heilig, my hart, o Heer, aanbid U. My hart is bly en roep dit uit: U is heilig, Heer.
62
Lied 171: 1 Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer.
Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer.
63
Lied 171:1 (vervolg) Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring.
64
Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Wie kan Hom op aarde ooit na waarde eer? Nogtans sal ek jubel, sing ek weer en weer: heilig is die Heer!
65
Lied 172: 1 Heilig, heilig, heilig, God almagtige Heer.
God almagtig Heer.
66
Die aarde getuig van u heerlikheid.
Lied 172:1 (vervolg) Die aarde getuig van u heerlikheid. U is heilig, Heer.
67
Lied 173: 1 (I) Heilig, heilig, heilig, (II) heilig, heilig, heilig.
(III) Hosanna, hosanna, hosanna, (IV) hosanna, hosanna, hosanna.
68
Sanctus, sanctus, sanctus, sanctus, sanctus, sanctus.
Lied 173:2 Sanctus, sanctus, sanctus, sanctus, sanctus, sanctus. Hosanna, hosanna, hosanna, hosanna, hosanna, hosanna..
69
U vul heel die aarde met u heerlikheid.
Lied 174: 1 Heilig, heilig, heilig, Here, Heilig, heilig, heilig, Here, God van mag. U vul heel die aarde met u heerlikheid.
70
wat kom in die Heer se Naam,
Lied 174:1 (vervolg) Hosanna, Seun van Dawid, geseënd is Hy wat kom, wat kom in die Heer se Naam, hosanna in die hoogste.
71
glansryke heerlikheid!
Lied 175 Majesteit, glansryke heerlikheid! Ons wil Jesus, die koning, hulde bewys!
72
Van waar ons woon,tot by sy troon, Kom ons loof, kom ons besing
L 175 (vervolg) Majesteit, hemelse heerlikheid! Van waar ons woon,tot by sy troon, wil ons Hom prys. Kom ons loof, kom ons besing die Naam van Jesus!
73
Kom ons loof, kom ons aanbid Hy het gesterf, ons heil verwerf,
L 175 (vervolg) Kom ons loof, kom ons aanbid die Here ons God! Majesteit, heilige heerlikheid! Hy het gesterf, ons heil verwerf, Hy het oorwin!
74
daarom sing ons: Halleluja!
Lied 176 Halleluja! U is Koning. Ons aanbid U in u woning. U's die Alfa en Omega, daarom sing ons: Halleluja!
75
Lied 177 Jesus,gróót bo almal: sterke Verlosser,
magtige Heer en Heiland, Immanuel - God is met ons - reddende Here, lewende Woord.
76
Lied 178 (A) Dona nobis pacem,pacem, dona nobis pacem.
Dona nobis pacem,dona nobis pacem.
77
Lied 179: 1 (A) Vader in die hemel, (B) U beheer ons lewe,
(C) ons aanbid U. 2. (A) Jesus Christus, Redder, 3. (A) Heil'ge Gees, ons Trooster,
78
Lied 180 Eer aan die Vader en die Seun en die Heilige Gees,
soos dit was aan die begin,toe en so ook nou, en van ewigheid tot ewigheid. Amen.
79
Gee ons ware vrede, Jesus Heer. Dona nobis pacem, Domine.
Lied 181 Gee ons ware vrede, Jesus Heer. Dona nobis pacem, Domine.
80
U swakke kind, deur skuld gebind,
Lied 182: 1 Ons wil, o Heer, U loof en eer vir liefde en genade. U swakke kind, deur skuld gebind, verlos U van die kwade.
81
Ons kniel en buig, aanbid en juig, verlostes, hier vergader.
Ons is verbly, van skuld bevry, verbind aan U, ons Vader.
82
Gelowig steun ons op u Seun, want ons het niks verdien nie.
Ons Heiland het, om ons te red, nie eens die dood ontsien nie.
83
Lied 183: 1 Verbly jul in die Here, die God van Israel.
Sing altyddeur sy ere, gehoorsaam sy bevel.
84
Hy stel die see se grense,
L 183:1 (vervolg) Hy stel die see se grense, laat die seisoene kom. Sy guns is oor die mense o almal, buig voor Hom!
85
Hy het jul self versamel uit elke taal en ras.
Verbly jul in die Here, dié wat verlore was. Hy het jul self versamel uit elke taal en ras. Jul wat deur God gered is, kniel almal nou voor Hom. Erken dat liefde wet is en roep: "Die Here kom!"
86
Lofsing die Koning, die Skepper,
Lied 184a: 1 Lofsing die Here, die Ewige, sing tot sy ere! Lofsing die Koning, die Skepper, die Vader, die Here!
87
groot is sy heilige Naam!
L 184a:1 (vervolg) Loof almal saam - groot is sy heilige Naam! Loof Hom, die Heer van die here!
88
Lofsing die Here wat kunstig u liggaam berei het, Hy is die sterke
L 184a:2 Lofsing die Here wat kunstig u liggaam berei het, Hy is die sterke wat altyd nog by u gebly het; wat in gevaar, hoe groot, hoe dreigend, hoe swaar, oor u sy vleuels gesprei het!
89
dis Hy wat u kroon met sy seën! Hy skenk die lewe,
L 184a:3 Lofsing die Here, dis Hy wat u kroon met sy seën! Hy skenk die lewe, die wasdom, die sonlig, die reën! O sterfling, weet: Hy wat Almagtige heet, het ons in liefde bejeën.
90
ja, almal kom loof nou die Here! Alles wat asem het,
L 184a:4 Lofsing die Here, ja, almal kom loof nou die Here! Alles wat asem het, hier tot in tydlose sfere! Hy is die Lig; ons oog bly op Hom gerig: Hy is die Heer van die here!
91
for he is thy health and salvation;
184b:1 Praise to the Lord, the Almighty, the King of creation! O my soul, praise him, for he is thy health and salvation;
92
now to his temple draw near, joining in glad adoration.
184b:1 (cont.) all ye who hear, now to his temple draw near, joining in glad adoration.
93
so wondrously reigneth, shieldeth thee gently from harm,
184b:2 Praise to the Lord, who o'er all things so wondrously reigneth, shieldeth thee gently from harm, or when fainting sustaineth; hast thou not seen, how thy heart's wishes have been granted in what he ordaineth?
94
who doth prosper thy work and defend thee;
184b:3 Praise to the Lord, who doth prosper thy work and defend thee; surely his goodness and mercy shall daily attend thee; ponder anew what the Almighty can do who with his love doth befriend thee.
95
O let all that is in me adore him! All that hath life and breath
Praise to the Lord! O let all that is in me adore him! All that hath life and breath come now with praises before him! Let the Amen sound from his people again; gladly for aye we adore him!
96
Lied 185 (A) Kom alle volke en loof nou die Heer
(B) jubel oor Hy jul regverdig regeer. (C) Loof Hom volke, kom loof die Heer.
97
Lied 186: 1 Ons kom loof U as ons Vader - ons, wat nou u kinders is.
Ons mag U in Christus nader, wat ons voorspraak by U is.
98
Juis vir ons, deur skuld gebonde en bedorwe van natuur,
L 186:1 (vervolg) Juis vir ons, deur skuld gebonde en bedorwe van natuur, is u Seun as borg gestuur. Vrygespreek van al ons sonde, kan niks ons van U meer skei - in u liefde sal ons bly!
99
As ons selfs ons aardse vader innig liefhet en waardeer,
hoeveel meer, o Hemelvader, moet ons U nie dien en eer? Ons wil dankbaar tot U nader -
100
liefde en geregtigheid. Dat ons U mag ken as Vader
L 186:2 (vervolg) U so groot in majesteit, liefde en geregtigheid. Dat ons U mag ken as Vader en ons self aan U mag wy - dit maak ons vir ewig bly!
101
Lied 187 (A) Loof, loof die Here, (B) bring Hom dank en ere!
(C) Loof Hom, loof Hom, loof (D) Hom, die Heer.
102
met hart en mond en hande; loof Hom wat wonders doen
Lied 188a: 1 Kom, dank nou almal God met hart en mond en hande; loof Hom wat wonders doen tot in die verste lande.
103
Van vroeg, van kindsbeen af,
L 188a:1 (vervolg) Van vroeg, van kindsbeen af, het Hy ons trou bewaar en tot vandag toe nog geseën en gespaar.
104
van struikeling bewaar.
L 188a:2 O God, so ryk en goed, gee ons solank ons lewe altyd 'n blye hart; as dit u wil is: vrede. Laat u genade ons beveilig teen gevaar, in donker ure ons van struikeling bewaar.
105
Lof, eer sing ons voor God,
L 188a:3 Lof, eer sing ons voor God, die bron van alle lewe - die Vader, Seun en Gees, almagtig en verhewe. Drie-enig God, ons roem u krag en majesteit. O Heer, ons wil U noem: ons God in ewigheid!
106
188b: 1 Now thank we all our God with heart and hands and voices,
who wondrous things hath done, in whom this world rejoices;
107
who, from our mothers' arms hath bless'd us on our way
188b:1 (cont.) who, from our mothers' arms hath bless'd us on our way with countless gifts of love, and still is ours today.
108
O may this bounteous God through all our life be near us,
with ever joyful hearts and blessed peace to cheer us; and keep us in his grace, and guide us when perplexed, and free us from all ills in this world and the next.
109
All praise and thanks to God the Father now be given,
the Son, and him who reigns with them in highest heaven, the one eternal God, whom heav'n and earth adore; for thus it was, is now, and shall be ever more.
110
Lied 189 Halleluja!
111
Lied 190a: 1 Grote God, aan U die eer! Heerlik is waar U regeer;
hemels is u majesteit; heilig u geregtigheid. U wat alles onderhou, U is ewig en getrou.
112
Voordat ek kon kies, kon vra, het u Seun my vloek gedra.
L 190a:2 In genade, groot en ryk, bou U, Heer, u koninkryk. Voordat ek kon kies, kon vra, het u Seun my vloek gedra. Ek kon vind: U't my gekry voor ek nog my skuld bely.
113
dat ons sien, geen goed of kwaad word aan toeval oorgelaat:
U, oor alles God en Hoof, open oë van geloof dat ons sien, geen goed of kwaad word aan toeval oorgelaat: Bokant ons begrip, verstand, hou U al wat is in stand.
114
190b: 1 Holy God, we praise your name; Lord of all, we bow before you.
Saints on earth your rule acclaim; all in heaven above adore you. Infinite your vast domain; everlasting is your reign.
115
Hark, the glad celestial hymn angel choirs above are raising;
cherubim and seraphim, in unceasing chorus praising, fill the heavens with sweet accord: "Holy, holy, holy Lord!"
116
joins your sacred name to hallow; prophets swell the glad refrain,
190b:3 Lo, the apostolic train joins your sacred name to hallow; prophets swell the glad refrain, and the white-robed martyrs follow; and from morn to set of sun, through the church your song goes on.
117
Holy Spirit, three we name you, though in essence only one;
190b:4 Holy Father, holy Son, Holy Spirit, three we name you, though in essence only one; undivided God, we claim you, and, adoring bend the knee while we own the mystery.
118
Lied 191: 1 Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer.
U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat ewig sal regeer.
119
Om u troon bring eng'le eer: "Heilig, heilig, heilig, Heer".
Hier op aarde word 'n lied deur die eeue aangebied: Die getuies van u Naam, jubel in hul lofsang saam.
120
Vader, ewig, goed en groot, hoor ons lof uit elke oord.
Seun van God in ewigheid, ons is tot u diens bereid. Heil'ge Gees, Vertrooster, Heer, ons, u kerk, wil U steeds eer.
121
Lied 192: 1 Grote God, u skepperhand word verheerlik deur u werke;
son én sterre, see en land, prys U, Ewige en Sterkte, U wat is, U was altyd, U sal wees in ewigheid.
122
Heiliges daar voor u troon sing voor U vol vreug en vrede.
Ons in wie u Gees reeds woon, wy aan U ons dankgebede. Eng'le, mense, almal saam, Heer, aanbid en roem u Naam.
123
Sien u volk in liefde aan; laat ons nie ons stryd verloor nie;
help ons Satansmag weerstaan - laat sy lis ons nie bekoor nie. U, van alles, heer, die bron, laat die nuwe aarde kom!
124
Sing: Heilig! Heilig! Heilig Heer!
Lied 193: 1 Bring lof en dank, gee God die eer, o volke, almal saam! Sing: Heilig! Heilig! Heilig Heer! Hoogheilig is sy Naam!
125
U is lankmoedig, het geduld. U deel die boodskap mee:
U delg ons sonde en ons skuld, U werp dit in die see.
126
Gee vrede, Heer, waak oor u kerk Maak ons voorspoedig in ons werk
L 193:3 Gee vrede, Heer, waak oor u kerk met vaderlike hand. Maak ons voorspoedig in ons werk en seën u volk en land.
127
Wanneer ons kragte eendag swig, Dan sal ons, Heer, u aangesig,
sal U ons hande hou. Dan sal ons, Heer, u aangesig, u heerlikheid aanskou.
128
Lied 194: 1 Ons bring aan U die lof en ere,
ons prys u grote Naam, o Here, vir al die goedheid uit u hand. Ons dank U vir ons hele lewe waarin U ons met guns omgewe, met liefde ver bo ons verstand.
129
Ons bring aan U die lof en ere, ons prys u grote Naam, o Here,
dat ons mag deel hê aan u Ryk. Dit is ons hoogste doel en strewe om U te eer ons hele lewe - maak ons aan Jesus meer gelyk.
130
Ons bring aan U die lof en ere, ons prys u grote Naam, o Here,
U wat oor alles triomfeer. U vul ons hart met lofgesange, u Gees skenk ons 'n sterk verlange na volle vreugde by U, Heer.
131
Voor U, wat met majesteit gekroon is, buig ons in aanbidding neer.
Lied 195: 1 U, o God, wat ewig op die troon is, aan U al die lof en eer. Voor U, wat met majesteit gekroon is, buig ons in aanbidding neer.
132
U is Heer, U heers oor alle magte, U regeer oor duisende geslagte.
L 195:1 (vervolg) U is Heer, U heers oor alle magte, U regeer oor duisende geslagte. U kom toe die heerlikheid tot in alle ewigheid.
133
Christus, voor U kniel die hele aarde, want die hemel buig hul neer.
U, die Lam, is alle eerbied waardig; U kom toe die dank en eer. Deur u offer waarborg U die lewe; deur u bloed word al ons skuld vergewe. Ons sal aan U eer bewys - U vir ewig loof en prys.
134
Lied 196: 1 O kon ek jubel, Hemelvader, met duisend stemme, tot u eer
hoe sou ek juigend tot U nader en U my danklied bring, o Heer! Ek sou u roem en lof vermeld, u wonderdade, ongeteld!
135
O kon ek U besing na waarde tot waar die son sy baan beskryf
L 196:2 O kon ek U besing na waarde tot waar die son sy baan beskryf en sterre, ver bokant die aarde, geruisloos meld u heerlikheid! O kon ek tog die lof besing wat ek so graag aan U wil bring!
136
Laat alles wat op aarde lewe, die berge, bosse, see en meer,
my onvolkome lof en bede in stilte aanvul, tot u eer! Saam sal ons oor u goedheid juig; aan U ons dankbaarheid betuig.
137
My swakke dank- en smeekgebede wil dit genadig, Heer, aanvaar.
Eens neem ek, swerwer in die hede, my plek in by die eng'leskaar. Dan jubel ek, verlos, o Heer, met duisend stemme tot u eer!
138
ons bring U ons lofgesange.
Lied 197: 1 Wonderbare Koning, Heerser oor u skepping, ons bring U ons lofgesange. Deur u goedheid, Vader,
139
U's ons diepste hartsverlange. Laat die lied wat ons bied,
L 197:1 (vervolg) kan ons tot U nader - U's ons diepste hartsverlange. Laat die lied wat ons bied, opstyg na u woning, wonderbare Koning!
140
Daar's geen einde aan sy werke.
L 197:2 Loof Hom, hemelboë! Loof Hom, berge en dale! Daar's geen einde aan sy werke. Loof, my siel, die Here! Bring Hom dank en ere!
141
Hy is die onmeetlik' sterke.
L 197:2 (vervolg) Hy is die onmeetlik' sterke. Hef omhoog hart en oog! Wie kan ooit op aarde, Heer, U prys na waarde?
142
volmaak sy skeppingswerke; die groot heelal is sy gebied.
Lied 198: 1 God is my lied, sy almag ken geen perke Heer is sy Naam, volmaak sy skeppingswerke; die groot heelal is sy gebied.
143
ek sien u goedheid oral, troue Vader,
Niks is van my, dis alles u genade; ek sien u goedheid oral, troue Vader, u lof sal op my lippe bly.
144
sal ons geen onheil vrees nie, nie - aan Hom my lof, aan Hom my lied.
Waar God gebied, sal ons geen onheil vrees nie, want niemand kan soos Hy 'n redder wees nie - aan Hom my lof, aan Hom my lied.
145
Lied 199: 1 Loof die Here uit die hemel,
loof Hom deur wie ons bestaan; loof Hom eng'le, hemelwesens, loof Hom son en prys Hom maan. Kom en loof Hom, kom en prys Hom, kom en loof die Heer se Naam!
146
L 199:2 Loof die Here alle volke, loof Hom alles wat bestaan; loof Hom weerlig, sneeu en wolke, loof Hom meer en oseaan. Kom en loof Hom, kom en prys Hom, kom en loof die Heer se Naam!
147
L 199:3 Loof Hom konings, alle vorste, almal wat op aard' regeer; loof Hom kinders, mans en vroue, loof Hom almal, buig jul neer. Kom en loof Hom, kom en prys Hom, Roem sy Naam, kom loof die Heer!
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.