Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Jeremia 18:1-11 PowerPoint agtergrond Titel: Indian Pottery

Similar presentations


Presentation on theme: "Jeremia 18:1-11 PowerPoint agtergrond Titel: Indian Pottery"— Presentation transcript:

1 Jeremia 18:1-11 PowerPoint agtergrond Titel: Indian Pottery
The art of handling of clay called Pottery was one of the earliest skills known to the Indians. From time immemorial, lumps of clay were hand -moulded to form toys and deities of worship. The advent of the Potter's wheel gave man the task of making beautifully shaped pots for his personal use. The movement of the wheel and the pressure exerted by the hands on the clay gives new shapes and forms. Die foto is die eiendom van Hrishikesh Karambelkar, geneem op 23 Januarie 2010 met ‘n Canon EOS 450D. Kopiereg word gereël deur Creative Commons wat plasing en redigering toelaat. Picasa 3 is gebruik vir redigering. Dit is beskikbaar by Jeremia 18:1-11

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Lied 271 Heil’ge Jesus, wat my lewe of Flam 189 Vul my hart, o Heer of VONKK 102 Mag Die Woorde Van My Mond (Psalm 19:15) Votum (Psalm 139: ) By kan jy ‘n pragtige video en musikale verwerking van Ps. 139 koop Seëngroet Lofsang Ps. 16 Krog beryming of Flam 105 Hy’s die Een wat ek liefhet Apostoliese Geloofsbelydenis God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 God praat met ons en ons luister
Epiklese lied Lied 528 Leer my u wil, Heer of Flam 275 vers 4 Kom praat met my Skriflesing Jeremia 18:1-11 By is ’n video van iemand wat potte maak terwyl “Change my heart o God” speel. Gebruik ’n gratis FLV-converter om dit af te laai. God praat met ons en ons luister

4 Familie-oomblik Familie-oomblik
Die gedagte van die pottebakker wat die klei vorm kan lekker prakties in die diens toegepas word deur aan die kinders klei te gee (wat jyself gemaak het) om te vorm. Die prediker kan self die toepassings maak. Onder is ’n goedkoop manier om jou eie klei te maak. Klei resep 2 koppies meel 1 koppie growwe sout 1 eetlepel kookolie 1 koppie water en kleursel – voedselkleursel is net die ding 2 teelepels kremetart (dit laat jou klei langer hou) Roer die meel, sout en kremetart deurmekaar. Gooi die kleursel en die olie by die koppie water, gooi dit by die meelmengsel en roer totdat dit glad is. Nou knie en bewerk jy dit met jou hande. Die klei kan in ’n plastieksak toegedraai en in die yskas gebêre word om oor en oor te gebruik. Jy kan dit ook bak, net soos die pottebakker se klei. Kinders kan dit wat hulle binne die diens gemaak het by die huis gaan bak. Familie-oomblik

5 Jeremia 18:1-11 Fokusteks: Jeremia 18:1-11
Soos klei in die pottebakker se hand 18 Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat. 3Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. 4Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê. 5Toe kom die woord van die Here tot my: 6Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel. 7Een oomblik kondig Ek aan dat Ek ’n nasie, ’n koninkryk sal afbreek, sal uitroei, sal vernietig. 8Maar wanneer dié nasie hom bekeer van sy boosheid waaroor Ek hom wou straf, sien Ek af van die straf wat Ek oor hom wou bring, 9en die volgende oomblik kondig Ek aan dat Ek die nasie en die koninkryk sal bou en sal vestig. 10Maar wanneer hy doen wat verkeerd is in my oë en ongehoorsaam is aan My, sien Ek af van die goeie wat Ek aan hom wou doen. 11Maar sê nou vir die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem: So sê die Here: Ek berei vir julle ’n ramp voor, Ek is besig om ’n besluit oor julle te neem. Elkeen moet hom van sy verkeerde lewe bekeer. Maak julle lewe en julle dade reg. 12Maar hulle sal sê: “Dit help nie. Ons wil lewe soos ons wil, elkeen wil sy eie koppige, slegte lewe lei.” 13Daarom, so sê die Here: Vra tog onder die nasies of iemand al van so iets gehoor het! Israel het ’n afstootlike ding gedoen. 14Is die kranse van die Libanon ooit sonder sneeu, droog sy koue bergstrome wat uit ver plekke kom, ooit op? 15Tog het my volk My vergeet en wierookoffers gebring vir gode wat nie bestaan nie, gode wat my volk laat struikel het op sy pad, op die pad wat hy van ouds af loop; hy het op ompaaie begin loop, op ongebaande weë. 16Hy het hierdie land iets gemaak wat mense met afgryse vervul, iets waaroor hulle altyd van verbasing sal fluit. Elkeen wat daar verbykom, sal van verbasing die kop skud. 17Soos die oostewind sal Ek my volk voor die vyand uit verdryf; die dag as die ramp hulle tref, sal ek my rug na hulle toe draai en hulle nie raaksien nie. Jeremia 18:1-11

6 Preekriglyn 'n Predikant vertel hoe hy met klei probeer werk het: "Onlangs het ek probeer om ’n kleipot te maak. Dit was ’n gemors. ’n Dame van die gemeente het dit goed bedoel dat die pastoriepaar op ’n Maandag vir geestelike ontspanning moes leer potte maak. Die klei het egter so vinnig op die wiel in die rondte gedraai dat elke klein verkeerde beweging ’n vreeslike gevolg op die vormende pot gehad het. Eers was die een kant hoër as die ander. Ek vorm toe maar weer die klei in ’n bolletjie en begin weer. Toe maak ek die kante eers te dik en toe te dun. Einde ten laaste, toe ek uiteindelik ’n ronde voorwerp voor my het, glip my duim en vorm ’n keep in die potjie. Op die ou einde het ek opgegee en kamma gesê dat dit ’n asbakkie is. "Toe kyk ek maar hoe die dame wat ons genooi het die klei op die wiel laat vorm aanneem. Eers rond. Dan word die kante opgebuig en omvorm in ’n blomme vaas. Dit het fantasties en maklik gelyk, maar ek het van beter geweet. Klei kan soepel wees om gevorm te word. Dit beteken egter nie dat ek sonder ’n klomp talent en oefening net dit waaraan ek dink kan maak nie."

7 Klei het ʼn wil van sy eie
Jeremia het ’n pottebakker wat aan die werk was dopgehou en hierin 'n praktiese voorbeeld van God se werk met sy mense gesien. Soms word die pot op die wiel beskadig en soms gaan mense wat geskape is om goed te doen, van die regte weë af en doen lelike dinge. Die klei kan jy terug rol in ’n bol en weer begin, maar mense is meer uitdagend. In die kort rukkie wat ek met die klei gewerk het, het dit kompleet vir my gevoel of die klei ’n wil van sy eie het. Dit is presies die probleem met mense: ons het ’n wil van ons eie. So, alhoewel ons maklik gevorm kan word, bly ons nie noodwendig so nie. Klei het ʼn wil van sy eie

8 Mense kan kies Mense kan kies
Dink vir ’n oomblik terug aan die skeppingsverhaal in Genesis 2. Daar het God die mens uit klei gevorm en sy gees in hierdie kleipot se neus geblaas. Dit het lewendig word. Dit is net hier waar mense verskil van ’n gewone kleipot. Potte word in ’n oond gebak en dan is hulle “geset”. ’n Mooi vaas sal daar staan en mooi lyk met elke blom wat daarin geplaas word. Maar in ons is daar die moontlikheid om te kies ingeblaas. Ons kan voortdurend verander en gevorm word. Soms praat ons van mense wat geset is in hulle weë, maar selfs ons gewoontes lei ons op ’n pad na verandering. Dit mag nie die verandering wees wat ons op hoop nie, maar die een ding waarop ons kan reken is verandering. Wanneer mense onveranderlik is, is hulle dood. Ons sukses as ’n spesie is juis ons vermoë om aan te pas. Ons kan in uiterstes van klimate leef, gereedskap maak, stories vertel en kennis deel op maniere wat ons lewe voortdurend verander. Mense kan kies

9 Verkeerde keuses Verkeerde keuses
Ongelukkig gebruik ons soms ons aanpasbaarheid en Godgegewe vryheid op destruktiewe maniere. Dit het by Jeremia gelei tot angstigheid. Hy het gesien dat Israel op die verkeerde pad is. Hulle het boosaardig en onregverdig opgetree. Die armes is onderdruk en God se gebooie vergeet. Hulle was soos gebreekte potte wat nie kan water hou nie, nie soos die mooi potte wat God in Genesis geskep het nie. Verkeerde keuses

10 God kan weer met ons begin
Kan God weer met ons oor begin en weer skep? Dit is ’n belangrike vraag, een wat ons almal vra, veral wanneer ons menslike boosheid, onverskilligheid en ongevoeligheid sien. Kan ons minder selfsugtig raak, wegdraai van hebsug, oorlog en vooroordeel? Kan ons ons verslawing, ongevoeligheid en angstigheid oorkom? Soms lyk dit of ons slegte gewoontes en gedrag vasgelê is, asof die menslike pot reeds uit die oond kom waar dit klaar hard gebak en gevorm is. Jeremia was ernstig en reguit. Alhoewel hy goed gesê het wat hard was om te hoor, het hy volledig daarin geglo dat verandering moontlik is. Sy boodskap in hoofstuk 18 is dat God nog nie met Juda klaar was nie. Dit kan goeie of slegte nuus wees. As jy wil verander, is dit die hoopvolste iets wat jy kan hoor. As jy gemaklik is met hoe sake staan, selfs miskien as jy voordeel trek uit bose dinge, dan moet jy oppas. Dante het gewaarsku: "Hel is die waarheid, te laat gesien." God kan weer met ons begin

11 Kies om nuut gevorm te word
Jeremia stel dit duidelik dat die volk Israel en ons almal wat daarna gekom het, steeds is soos klei in God se hande. Hy waarsku teen ’n ramp as hulle nie verander nie. As die mense egter hulle weë verander, sal God nie die beplande oordeel van Juda laat gebeur nie. Daar is ’n keuse wat gemaak moet word. Soos dit staan in Deuteronomium 30:19: “Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe.” Kies of jy vormbaar soos klei in God se hande gaan wees en of jy klaar geset is in jou weë. Treffend die antwoord wat Jeremia in vers 12 verwag: "Maar hulle sal sê: 'Dit help nie ons wil lewe soos ons wil, elkeen wil sy eie koppige, slegte lewe lei'." Hierdie standpunt som die moeilike situasie op. Die eerste probleem is menslike hooploosheid. Mense sê verandering is nie vir my moontlik nie – ek was al vir terapie – en dit het niks gehelp nie. Ek het elke dieet probeer – dit het nie gewerk nie. Die probleme van die wêreld is te groot – wat kan ek daaraan doen? Ander mense kan moontlik verander – maar nie ek nie. Ek is ’n spesiale geval. Ek kan enige iets opmors. Die algemene gemoed in die wêreld is tans so negatief dat ons skepties is oor hoopvolle mense. Kies om nuut gevorm te word

12 God is nog nie klaar met jou nie
God is nog nie met jou klaar nie As jy weet dat jy wonderbaarlik deur God gemaak is, sal jy die negatiewe houdings kan afskud na vryheid en hoop. As jy glo dat God jou geskape het en jou in jou moederskoot aanmekaar geweef het, weet jy dat jy van die regte materiaal gemaak is en dat jy jouself op die weg van oorvloedige lewe kan plaas. Daar is geen plek of situasie waar God nie teenwoordig is nie. Jeremia se boodskap aan Israel was dat hulle soos klei in die hand van die pottebakker is. So is hulle en ons in God se hand. Die pad na hoop is om te glo dat God nog nie met jou klaar is nie. Jy kan steeds soos sagte nat klei gevorm word. God se kreatiewe Gees is altyd aan die werk in jou hele lewe. God is nog nie klaar met jou nie

13 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Toewyding
Gee geleentheid vir stil gebed, waarin mense hulleself opnuut aan God toewy Lied 308 Neem my lewe, laat dit Heer of Flam 172 Meer en Meer of Vonkk 55 Jesus, toe U mens geword het Voorbidding Dankoffer Slotsang Lied 309 My lewe bly aan U gewy [Dit sal moontlik nodig wees om, t.w.v. die melodie, Lied 308 en 309 om te ruil] of Flam 294 Neem my lewe Seën Trinitariese seën Respons Lied 313 of Vonkk 88 Amen God stuur ons om te leef

14 Volgende erediens Jeremia 4:11-12; 22-28
Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preek: Elbert de Kock Familie-oomblik en Prosesbestuur: Chris van Wyk

15


Download ppt "Jeremia 18:1-11 PowerPoint agtergrond Titel: Indian Pottery"

Similar presentations


Ads by Google