Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Tema Lewe met die insig van die Lig Matteus 2:1-12.

Similar presentations


Presentation on theme: "Tema Lewe met die insig van die Lig Matteus 2:1-12."— Presentation transcript:

1 Tema Lewe met die insig van die Lig Matteus 2:1-12

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Lied 345 Kom alle getroues Votum Die volk wat in donkerte geleef het, Het ‘n groot lig gesien, Oor dié wat in die donker land was, Het ‘n lig geskyn. (Jes 9:1) Seëngroet Genade en vrede vir julle! Lofsang Lied 374 ‘n Ster het in die ooste Lied 376 Wyses het u ster gesien Gebed Liedere God praat met ons en ons luister God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 God praat met ons en ons luister
Familie-oomblik Opsie 1 Sluit aan by die verhaal van die wyse manne wat vir Jesus geskenke gegee het. Herinner die kinders dat ons met Kersfees Jesus se verjaarsdag gevier het. Omdat Jesus homself vir ons gegee het, gee ons met Kersfees vir mekaar geskenke. Maar ons kan ook vir Jesus ‘n geskenk gee – onsself, Wanneer ons ons lewens vir hom gee en leef om sy wil te doen en hom te eer. Laat die kinders vorentoe kom en smeer hul handjies met “body glitter” om hulle te herinner dat hulle self ‘n geskenk is wat hulle vir Jesus gee. (As jy nie “body glitter” kan kry nie, probeer Nivea Body Shimmer Lotion of enige poeier/grimering met ‘n “shimmer”-effek. Jy behoort dit baie goedkoop te kry by enige winkel.) Laat die gemeente Lied 349 Kom, kinders, begin met ‘n vrolike stem sing terwyl die kinders vorentoe kom. Opsie 2 Sluit aan by die preek se “eureka-ervaring”. Verduidelik vir die kinders van “stereogramme” – prente wat sommer na ‘n klomp gemorsde verf lyk. Wanneer jy egter jou oë uit fokus laat gaan, amper ágter die prent kyk, sien jy ewe skielik ‘n drie-dimensionele prent! ‘n Stereogram van ‘n kersfees-engel: Kyk hier vir ‘n komp verskillende opsies om van te kies, o.a. nog Kersfees-prente: Maak jou eie stereogram hier: God praat met ons en ons luister

4 Powerpoint-agtergrond
Die agtergrond (hierdie helder ster se weerkaatsing word gedramatiseer mbv verskillende filters) is ‘n foto van jonnyfixedgear (nie regte naam) geneem op 14 Augustus 2009 met ‘n Nikon D6. Die oorspronklike beeld is geknip en verwerk met Picasa 3 en die PICNIK funksie en is beskikbaar by Copyright: You are free to Share — to copy, distribute and transmit the work to Remix — to adapt the work Under the following conditions: Attribution — You must attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). Noncommercial — You may not use this work for commercial purposes. Share Alike — If you alter, transform, or build upon this work, you may distribute the resulting work only under the same or similar license to this one. Powerpoint-agtergrond

5 Matteus 2:1-12 Fokusteks: Matteus 2:1-12 Besoek uit die ooste
2 Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom 2en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.” 3Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. 4Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. 5Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur ’n profeet geskrywe: 6En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal ’n leier voortkom wat vir my volk Israel ’n herder sal wees.” c 7Daarna het Herodes die sterrekykers in die geheim ontbied en noukeurig by hulle vasgestel wanneer die ster verskyn het. 8Hy het hulle na Betlehem toe gestuur met die woorde: “Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom kry, laat my weet, sodat ek ook aan Hom hulde kan gaan bewys.” 9Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. 10Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. 11Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. 12En omdat God hulle in ’n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met ’n ander pad na hulle land toe teruggegaan. c Vgl. Miga 5:1 Matteus 2:1-12

6 Preekriglyn "Eureka!" Só het die antieke Griekse geleerde, Archimedes, oor en oor geroep terwyl hy kaal in die straat af genael het. Archimedes het pas vantevore in die bad geklim, en skielik opgelet dat die wateroppervlak styg. Hoe gereeld hy gebad het, weet ons nie, maar dié spesifieke dag kliek hy die volume van die water wat verplaas word, is gelyk aan die volume van sy liggaam in die water. Verder kliek hy dat die volume van ongelyke voorwerpe sodoende presies gemeet kan word. Dit was voorheen 'n onoplosbare probleem. Sedertdien staan dit as die Archimedes-beginsel bekend. Vandaar Archimedes se "Eureka!" "Ek het die lig gesien!" Só opgewonde, dat hy kaal deur die strate van Sirakuse genael het. Archimedes se insig het gelei tot die oplossing van 'n probleem wat deur Hiero van Sirakuse geformuleer is, naamlik hoe om die suiwerheid van 'n goudvoorwerp te bepaal. Hiero het suiwer goud aan sy goudsmid voorsien om 'n kroon te maak. Hy het die goudsmid egter daarvan verdink dat hy 'n gedeelte van die goud met 'n gelyke gewig silwer vervang het. Voorwerpe kon teen daardie tyd akkuraat geweeg word, maar met Archimedes se ontdekking kon die volume van 'n voorwerp met die gewig daarvan verbind word, om so die digtheid daarvan te bepaal. Die digtheid van goud gemeng met silwer verskil van dié van goud alleen. Probleem opgelos. Goudsmid uitgevang! (Bron: Wikipedia) "Eureka!" "Ek het die lig gesien!" Eureka!

7 “A-ha-moment” Om lig te sien
Ons ken almal 'n "A-ha" moment waar jy skielik die lig sien. Vandag is die eerste Sondag in dié tyd van die kerkjaar wat ons epifanie noem. Epifanie is 'n Griekse woord wat openbaring, manifestering, of verskyning beteken. Ons dink na Advent en Kerstyd aan die verskyning van Jesus Christus in die wêreld. Epifanie het egter ook 'n tweede betekenis, naamlik die skielike insig wanneer jy iets verstaan. Jy kliek skielik iets, en dit verander jou lewe. "A-ha!" Ons praat hier van 'n geloof-eureka. Aan die een kant verskyn God se openbaring (eerste betekenis van epifanie), maar aan die ander kant kliek ons dit, snap ons die betekenis van God se openbaring. "Eureka!" Die lig gaan vir jou aan. Jy sien die ewige lig in die lig wat van Christus uitstraal. Verhale van lig sien Die kerk se geskiedenis wemel van die verhale van mense wat die lig in Christus gesien het. 'n Bekende voorbeeld is Martin Luther wat uit die Romeinebrief ontdek het ons word geregverdig deur die vrye guns van God Dink aan Paulus wat die lig op die pad na Damaskus gesien het. Hy het Jesus ontmoet, en in 'n oogwink verander van 'n vervolger na 'n apostel in diens van die lewende Here. “A-ha-moment”

8 Sterrekykers… Die sterrekykers sien die lig
Ons teks vertel van die sterrekykers uit die ooste wat in Jerusalem opdaag en vra: Waar is die pasgebore Koning van die Jode? "Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys." Die sterlig was reeds vir die sterrekykers 'n eureka-moment, reeds in die sterlig sien hulle die Lig. Wie was hierdie sterrekykers? Hulle was volgelinge wat deur Zoroaster begin is, wat bekend staan aan - hou vas - Zoroastrianisme. Die Jode het reeds tydens die ballingskap in Babilonië met hierdie beweging kennis gemaak. Zoroaster het in die 6de eeu v.C. opgegroei in wat vandag bekend staan as Iran. Op 15 het hy 'n heidense priester geword, en vyf jaar later 'n pelgrimsreisiger wat gefokus het op intense geestelike nadenke en 'n soeke na waarheid. Op dertig het hy 'n openbaring ontvang dat die enigste ware God Ahura Mazda is. Zoroaster word sodoende die stigter van 'n monoteïstiese godsdiens, d.w.s. 'n godsdiens wat glo dat daar net een God is. Volgens Zoroaster is die ware God in stryd met 'n vyandige gees. Mense het 'n vrye keuse om goed of kwaad te kies. Watter kant mense kies, sal uiteindelik bepaal watter kant - die goeie God of die vyandige gees - wen. Maar diegene wat die goeie kies, sal die hemel beërwe, en die wat die slegte kies sal in die hel gestort word. Zoroastrianisme het soos 'n veldbrand deur die destydse ooste versprei. Koning Kores, wat toestemming verleen het dat die Jode terugkeer na hul land, se seun Darius was 'n Zoroaster. Dié godsdiens het dus geweldige invloed in die Persiese Ryk uitgeoefen. Met die aanstap van die eeue het Zoroastrianisme egter gekwyn, sodat daar net 'n paar volgelinge oor was teen die tyd dat Jesus gebore is. Die wyse manne of sterrekykers van Matteus 2 was professionele Persiese priesters, bekend vir hulle goeie kennis van die sterrekunde, en bewaarders van die geskrifte van Zoroastrianisme. Die Grieke het hulle sterrekunde by die Zoroasters geleer. Griekse filosowe soos Plato en Plini verwys met waardering na hulle, en vermeld hul vermoë om tekens te ontsyfer en die toekoms te voorspel. (Rodney Stark, The triumph of Christianity, p 11vv) Hierdie sterrekykers het ernstig op God gefokus en was geleerdes van formaat. Ten spyte van hul soeke na God, het hulle nog nie 'n geestelike "a-ha"-moment ervaar nie. Hulle geestelike eureka kom eers wanneer hulle die teken van die nuutgebore Koning van die Jode in die sterre sien, en die reis na die stal aanpak. Zoroaster se pelgrimstogte en worsteling met geestelike waarheid, en sy strewe na die dien van die enige en ware God, oor 600 jaar voortgesit deur sy formidabele volgelinge, vind vervulling wanneer die drie sterrekykers by die krip in Betlehem buig en hulle goud, wierook en mirre voor die Baba neerlê. In Christus sien hulle die lig. Zoroaster se soektog kom by die ware God uit, deur die weg wat die Vader in die mensgeworde Jesus berei het. Sterrekykers…

9 God se wegwysers God se wegwysers na die Lig
Die wyse waarop die sterrekykers by Christus uitkom, belig die karakter en aard van God se werk in die wêreld. Die sterrekykers staar na die sterre om wysheid te kom. Daar, op die plek waar hulle soek, kry hulle 'n wegwyser, 'n roete-aanwyser, 'n bordjie langs die pad, wat die weg na Christus wys. Vir voormalige Zoroasters moet die mooiste verse in die Bybel die volgende wees: En kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaanen die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. (2-9-10) God betree die wêreld van die Zoroasters en wys vir hulle die pad. God raak die plek van hulle soeke aan, en skenk hulle 'n Eureka-moment in Christus. Dit beteken dat ons mense se worsteling om God te vind altyd ernstig moet neem. God is gereed om mense te die weg na die Weg te wys op die plekke waar hulle soek. Die antieke wêreld van die Jode, die ou Nabye Ooste, en later die Grieke, en nog later die Romeine was 'n wêreld behep met offerandes. Offers was die manier waarop mens God se guns verkry het. God stuur God se Seun as offer vir ons sonde. Jesus Christus se offer word die wegwyser vir miljoene om God deur Jesus te vind. Die bekende missioloog Lamin Sanneh, self 'n bekeerling uit Islam, toon uitvoerig in sy navorsing aan hoe die Christelike geloof soos 'n veldbrand deur Afrika versprei het spesifiek waar Bybelvertalers die tradisionele kulturele naam vir God oorgeneem het in die Bybelvertaling. Waarom is dit so? Sanneh sê God het die sendelinge en Bybelvertalers vooruitgegaan. God het in die tradisionele kulturele gewerk en God self bekend gemaak lank voor die getuies oor Christus opgedaag het. Toe die boodskappers kom, en die ware God verkondig, het die plaaslike mense Hom herken. Hulle was gereed daarvoor. Christene uit alle kulture van die wêreld vertel verhale hoedat hulle pad met God gekruis het in hul soeke na die waarheid. God laat God vind op grond van God se openbaring. God se wegwysers

10 Om voor die LIG te buig Die gawe om die Lig te sien
Paulus, Luther, die sterrekykers, mense van alle kleure en geure, ontdek dat ons God ontdek omdat God God self gee en tot by ons kom. God doen dit deur die baba wat in Bethlehem gebore is en deur sy moeder in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê is. God skenk die eureka-moment. Ons vind God nie omdat ons so bekwaam is nie. Ons kan nie self die pad na God oopbreek nie. Ons het wegwysers nodig. God gee dit. Dit is 'n gawe om die Lig te sien, te herken, en voor die Lig te buig. Om voor die Lig te buig Nie alle mense wat die Lig sien, herken die Lig, of buig daarvoor nie. Die boodskap dat die Koning gebore is, bereik die sterrekykers, en deur hulle ook vir Herodes, die mense van sy paleis en die elite van Jerusalem. By Herodes en sy kring skep die boodskap van Lig afguns en vrees. Hy beraam sluwe planne om die nuwe Koning uit die weg te ruim. Die sterrekykers herken die Lig, kniel, en bewys hulde. Hulle gee geskenke as eerbetoon. Daardie geskenke, die goud, wierook en mirre, verteenwoordig hulle lewens. Dit bevestig hul eureka-moment. Om voor die LIG te buig

11 “A-ha”- 2012 "A-ha"-momente in die nuwe jaar
Dit is die tyd van epifanie. Ons sien met geloofsoë die verskyning van die goedheid van die Here 2,000 jaar gelede. Ons kliek waaroor dit gaan. Nou moet ons daaruit lewe. Elkeen van ons moet spesifiek op hierdie stadium van ons lewe Christus opnuut weer raaksien, met nuwe begrip oor die roete wat die Here vir ons wys, nuut uitgedaag om hulde aan Christus te bring en fasette van ons lewe, ons talente en ons vermoëns vir Christus te gee. Watter wegwysers gee die Here in jou lewe en jou wêreld vir jou oor die koers wat Hy wil hê jy moet inslaan? Waarheen wys die bordjie langs jou lewenspad? 'n Paar toepassingsmoontlikhede: Een: In die moderne Westerse kultuur is baie gelowiges nog vasgevang in 'n verstikkende rasionalisme. Ons wil alles verstaan. Sien is glo. Wat ons nie kan kleinkry nie, staan ons nie aan nie. Baie mense verloor hulle geloof hieroor. Daar is te min wat konkreet bewys kan word. Watter sterre wat koers vir rasionaliste aanwys, sal ons na Christus en na aanbidding en verwondering oor die goedheid van God lei? Dalk 'n beter en dieper lees van die evangelies in die komende jaar? Sal die sterretekens dalk 'n paar goeie boeke wees met gelowige navorsing oor die bediening van die historiese Jesus? Sou NT Wright se nuwe "Simply Jesus" 'n baken kan wees wat na toewyding en geloof lei? Twee: Ons kultuur prys selfsug en gierigheid aan. "Dis tog so mooi as mense die waarde van geld besef en goed doen vir hulleself." Hoe daag die Here jou vanjaar uit om goud, wierook en mirre op Jesus, en die voortgaande bediening van Jesus in die wêreld te spandeer? Hoe daag die prys wat God betaal het om God se goedheid in die vleesgeworde Jesus in hierdie wêreld te laat verskyn, jou uit om te belê - met geld, tyd en talente - in wat God belangrik ag in hierdie wêreld? Drie: Elkeen van ons moet God dank vir die eureka-momente rondom geloof wat ons reeds in ons lewens beleef het. Ons kon Christus as Verlosser van die wêreld sien, herken en toeëien. Tog is daar nog plekke en terreine in jou lewe waar die Gees klop en besig is om "a-ha" te bewerkstellig. Iemand vertel nou die dag van 'n deurbraak in sy huwelikslewe. Daar was 'n "a-ha" in sy verhouding met sy vrou en drie seuns wat hulle gesinslewe verdiep het - omdat hy verander het. Wat is God besig om vir jou te sê, en hou sou jy jouself kon oopstel daarvoor? Vier: Die Westerse kultuur en kerk is vasgevang in verstikkende indiwidualisme. Die toepassing van die teksgedeelte kan nie net met indiwidue en hul privaat geloofslewe te doen hê nie. Dit is ook bedoel vir gemeentes, oftewel geloofsgemeenskappe. Wat is God besig om vir ons as gemeente te leer? Hoe kan hierdie gemeente, in hierdie konkrete jaar wat voorlê, vanuit God se ontluikende eureka-momente leef? Vyf: Eureka-momente, die sien van die Lig, verg 'n risiko. Die sterrekykers moes op 'n reis vertrek waarvan hulle die uiteinde en die sukses nie vooraf kon bepaal nie. Paulus het in die stof geval, verblind, en moes baie agterlaat. Luther het Europa omgekeer, maar dit kon op verskeie momente sy lewe kos. Daar is altyd 'n risiko. Selfs Archimedes - op 'n ligter noot - het sy waardigheid ingeboet toe hy straat af is. Dit is wat Eureka-momente so wonderlik vars, lewensveranderend en uitdagend maak. Daarom moet die gemeente die jaar begin met die gebed dat God die krag en dapperheid sal gee om vanuit die verrassende verskyning van sy goedheid en lig te lewe. “A-ha”- 2012

12 God stuur ons om te leef Oordenking
Gee tyd vir stilte dat mense nadink oor die jaar wat verby is. Laat hulle dink wat die “a-ha” oomblikke van 2011 was en watter lig dit op 2012 laat val. Jy kan gerus foto’s wys van gebuere van die jaar – nuusgebeure en gebeure in jul gemeente. Kyk by vir ‘n paar kragtige foto’s uit 2011. Reël ‘n paar mense van verskillende ouderdomme, geslag en kleur, om die gemeente in gebed voor te gaan. Iemand sê dankie vir die afgelope jaar. Dink dan aan spesifieke sake waarvoor daar gebid moet word: die gemeente, die land, kinders en onderwysers, ens. en laat mense vir die spesifieke sake intree. Dankoffer Slotlied Lied 372 Hoe glansryk blink die Môrester Seën Respons Lied 367 Ere aan God Hou vir die volgende twee weke as gesin Huisgodsdiens rondom die volgende twee temas: Huisgodsdiensmateriaal - 1 Januarie Rus Vertel vir mekaar wat vir julle die hoogtepunt van Kersfees was vanjaar. Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat. Hoor Lees Matt 2:1-12 (julle kan dit gerus uit ‘n eenvoudiger vertaling lees). ­Gesels oor die teks.  Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan - wat sê dit vir julle? Dis vreemd dat die Jode, wat juis die Messias verwag het, nie die teken van sy koms kon raaksien nie!  Vertel vir mekaar hoe dit kan gebeur dat Christene vandag nog nie Jesus se teenwoordigheid raaksien nie.  Hoe kan ons so leef dat ons altyd Jesus se teenwoordigheid in ons lewe raaksien? Leef Gaan een-een deur die hele familie en laat elkeen sê wat hulle in die ander waardeer.  As julle kan, verwys na hoe familielede in spesifieke situasies opgetree het die afgelope jaar en bevestig positiewe optrede soos liefde, vergifnis, dapperheid, integriteit, ens. Gaan deur jul gebedslys - is van jul gebede al beantwoord?  Sê dan dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid  saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys. God stuur ons om te leef

13 Volgende erediens: Handelinge 19:1-7

14


Download ppt "Tema Lewe met die insig van die Lig Matteus 2:1-12."

Similar presentations


Ads by Google