Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

A myth about ancient map makers is that they’d adorn the distant uncharted areas with “Here Be Dragons” But in truth, only one such map has ever been found.

Similar presentations


Presentation on theme: "A myth about ancient map makers is that they’d adorn the distant uncharted areas with “Here Be Dragons” But in truth, only one such map has ever been found."— Presentation transcript:

1

2 A myth about ancient map makers is that they’d adorn the distant uncharted areas with “Here Be Dragons” But in truth, only one such map has ever been found – and that one bears the Latin equivalent, “hic sunt dracones”. The Lenox Globe dates from about 1503 AD, and places its dragon sanctuary just off the east coast of Asia.

3 Here Be Dragons "Hier is drake" verwys na die gesegde wat volgens oorlewering (according to legend) op onbekende gebiede van Middeleeuse kaarte geskryf is Die menslike tendens (tendency) is om die onbekede (unknown/unfamiliar) as gevaarlik te sien Dikwels is drake, seeslange en ander mitologiese wesens ook op die kaarte geteken Hedendaags beteken die gesegde dat iets gevaarlik is

4 pa se kodewoord draf ek in ‘n oogwink kaf
Om iets kaf te draf: om iets te oorwin In ‘n oogwink: vinnig pa se kodewoord draf ek in ‘n oogwink kaf Die pa probeer om toegang (access) tot sy rekenaar te beperk (limit) Sy geheime kodewoord is nie vir die seun ‘n uitdaging (challenge) nie. Dit is maklik vir hom om dit te ontsyfer Digitale inboorlinge vs digitale immigrante – die verskil tussen die seun en sy pa se geslagte Digital natives vs digital immigrants

5 my muis surf dwingend compellingly
Met die muis kry hy toegang tot ‘n groot verskeidenheid inligting – besoek verskillende webblaaie Hy voel aangedryf (dwingend) om op die rekenaar in te gaan en nuwe dinge te ontdek

6 Op nuwe ruimtes af Die seun is ‘n ontdekkingsreisiger (explorer) deur middel van die rekenaar in die moderne kuberwêreld (cyberworld), net soos die vroeë ontdekkingsreisigers in hulle seilskepe die antieke wêreld ontdek het Beide is nuwe ruimtes / domeine

7 los my, pa, laat my gaan inligting is my religie en Google Earth my kaart
Die seun beveel/eis van sy pa om hom vryheid te gee, om hom nie te keer nie. Hy dring daarop aan Hy smag na inligting asof dit ‘n godsdiens is Inligting is die nuwe Godsdiens – sy lewe sentreer daarom Met die internet kan ‘n mens nuwe wêrelde ontdek; antieke en onakkurate seevaarderskaarte is oorgeneem deur die ongelooflike detail van Google Earth

8 dagga lê die strate vol en onnies vroetel ook maar graag
Die pa is bekommerd oor die gevare wat die kuberwêreld inhou, maar die seun argumenteer dat die fisiese wêreld ook gevare en booshede en versoekings inhou Dagga – dwelmverslawing Onnies wat vroetel – seksoortreders/pedofiele

9 ons wéét, pa punktuasie: aksentteken ons keyboards is wyser as jy dink
Hy probeer sy pa oortuig dat sy generasie nie dom is wanneer dit kom by die kuberwêreld nie ‘wyser’: hulle is nie noodwending wys in terme van ondervinding nie, maar eerder wêreldwys (street smart) Jongmense weet waartoe hulle rekenaars in staat is. Hulle weet dat rekenaars baie slim is en dat die geleenthede wat dit offer eindeloos is.

10 laat ons gaan, laat ons reis na kletsvriende in Pole, na hekse in Parys
Herhaling: die seun beklemtoon sy eis om vryheid met geen beperkings nie Deur sy rekenaar wil hy die wêreld deurreis en aanlyn met mense in ander lande praat, al is hulle nie goed vir hom nie Hekse: beklemtoon weer die bose (evil) gevaar

11 Waar anders, pa, sal ons geslag ons vlae plant?

12 Waar anders, pa, sal ons geslag ons vlae plant? ons kleims afsteek?
Al die plekke op die Aarde is reeds ontdek en deur die ontdekkingsreisigers in besit geneem deur hulle landsvlae daar te plant. Die jeug moet hulle eie ‘kuberlande’ eis en kleims afsteek, met ander woorde nuwe plekke en dinge ontdek en hulle eie maak deur op die Internet rond te reis

13 los my, pa, laat my gaan Herhaling: die seun beklemtoon sy eis om vryheid, om die kuberruim (cyberspace) in te gaan Hierdie sin staan alleen – ‘n verdere aanduiding van beklemtoning

14 maar hou oop jou hart Die kind vra die ouer vir sy ondersteuning as iets verkeerd sou gaan, of as hy ‘n fout sal maak. Hy hoop dat sy pa hom nie sal verwerp nie

15 Eendag gaan daar ‘n virus wees ‘n wurm of ‘n Trojaanse perd
Hy weet dat wanneer hy op sy soektogte is, is die kanse groot dat sy rekenaar met rekenaarvirusse besmet kan word Virusse verteenwoordig ook gevaar/die bose/ versoeking

16 Wat meer gaan doen as komperkraak
Nie net gaan die virusse sy rekenaar binnedring en data uitwis nie, maar dit sal hom ook persoonlike skade berokken (damage him personally) Internetgevare kan ‘n invloed op sy morele waardes hê, soos pornografie wat sy denke kan verdraai

17 dan, pa, dan sal my bréin met jou wil praat sal jy daar wees, pa
dan, pa, dan sal my bréin met jou wil praat sal jy daar wees, pa? as ek moet vlug? As hy besef hy is in die moeilikheid sal hy ‘n logiese gesprek met sy pa wil voer – met iemand wat hom liefhet en antwoorde kan gee wat die rekenaar nie kan gee nie. ‘Vlug’ – dui aan dat hy wil wegkom van iets gevaarliks wat groter en sterker as hy is

18 Van ‘n pedofiel of sluipdief in die nag
Die Internet het vir pedofiele ‘n enorme bron vir slagoffers geword. Hulle lok hulle slagoffers nader op verskillende platforms Sluipdiewe: mense pleeg ook bedrog op die internet: phishing vir bankbesonderhede, identiteitsdiefstal ensovoorts Die nag: moontlik wanneer die seun tyd het vir sy ontdekkingsreise, maar die bose word ook met die nag geassosieer in digkuns en prosa

19 Sal jou oor dan oop wees, pa ‘n USB vir my gemoed?
‘n USB-uitlaat word gebruik om verskillende rekenaars en elektroniese apparate te koppel. Verskillende elektroniese apparate kan dus kommunikeer met mekaar en USB-uitlate kan ook gebruik word om krag te verskaf aan sulke apparate Die seun vra dus of sy pa kommunikasie tussen hulle sal toelaat, luister na dit wat hom bekommer, skakel met hom, en moontlik krag gee. Let op die ooreenkoms tussen r.17 en r.24

20 of gaan jy stug ‘n vuurwal gooi
Vuurwalle verhoed die oordrag van inligting van die Internet tot jou rekenaar Metafories: die seun hoop sy pa sal hom nie verhinder om vrylik te praat met hom nie, en dat hy sal luister na sy seun en nie weier om hom te help nie Stug – reserved, difficult to deal with, stern, unresponsive. Onbehulpsaam, onbetrokke

21 En my kuberstorm self laat veg?
Hy is bang sy pa gaan hom nie ondersteun wanneer hy hom die nodigste het nie, omdat sy pa duidelik daarteen gekant is dat hy die Internet vrylik moet verken

22


Download ppt "A myth about ancient map makers is that they’d adorn the distant uncharted areas with “Here Be Dragons” But in truth, only one such map has ever been found."

Similar presentations


Ads by Google