Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Psalm 19.

Similar presentations


Presentation on theme: "Psalm 19."— Presentation transcript:

1 Psalm 19

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Die rabbi en sy seun Die wonderlike storie word vertel van die kind van ’n Joodse rabbi wat die gebruik gehad het om in die woud te gaan rondloop. In die begin het die rabbi dit toegelaat, maar na ’n tyd was hy besorg daaroor, want die woud was regtig gevaarlik en hy het nie geweet wat daar vir sy kind lê en loer nie. Hy het besluit om die saak met sy kind te bespreek en een dag het hy hom een kant toe geneem en gesê: “Jy weet, ek sien dat jy elke dag in die woud inloop. Waarom gaan jy daarheen?” Die seun het aan sy pa gesê: “Ek gaan daarheen om God te vind.” “Dis ’n baie goeie ding om te doen,” het die rabbi saggies geantwoord. “Ek is bly jy soek na God. Maar, my kind, weet jy nie dat God orals dieselfde is nie?” “Ja” het die seun geantwoord, “maar ek is nie.”

4 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

5 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

6 “I take this to be the greatest poem in the Psalter and one of the greatest lyrics in the world”-
C. S. Lewis “I take this to be the greatest poem in the Psalter and one of the greatest lyrics in the world”- C. S. Lewis Vooraf: Psalm 19 is ’n skeppingspsalm soos Pss 29, 33, 65, 74, 104, 136, 147 en Teenoor die Kanaäniete se godsdiens waarin natuurprosesse, en daarmee saam die skepping, in die middelpunt gestaan het, verkondig die Psalms vir God as Skepper. Vir die Jode was reën en vrugbaarheid gawes van God, en die hemelliggame soos die maan en son nie gode nie, maar maaksels van die een ware God. Daarom het hulle die Skepper en nie die skepsels nie, besing. Die son wat as ’n bruidegom voorgestel word (vers 6), verkondig ook nie sy eie eer nie, maar dié van God. In Babilonië en Egipte is die son as ’n god vereer, maar volgens die Bybel is dit in diens van God (Gen. 1:14–15). Dit moet Hom eer en tot Sy eer getuig. In dié deel van die Psalm word God se almag en heerskappy dus sterk beklemtoon. In die eerste deel (19:2-7) openbaar die natuur die majesteit en glorie van God. In die gedeelte word die hemel, dag en nag asook die son gepersonifiseer, maar nie vergoddelik nie. So praat hulle woordeloos, maar verseker met mekaar en verkondig hulle God se mag en majesteit oor die ganse heelal (vers 4-5). Die woordlose getuienis van die hemelliggame bring die komplekse vraag van die sg. natuurlike teologie na vore. Kan ons genoegsame kennis van God kry, nét uit die natuur? Is die algemene openbaring m.a.w. genoegsaam? Paulus verwys wel na hierdie psalm wanneer hy verduidelik dat almal van die Here weet omdat Sy bestaan en mag deur die natuur geopenbaar word (Rom 1:19-20). Dis egter ’n vraag of ons die Skepping se woordlose getuienis kan hoor (vers 3-4). Is dit nie in die woorde van Kraus ’n paradoksale “inaudible noise” nie? Is dit nie so dat dit van jou voorveronderstellings afhang of jy in die skepping vir God herken en of dit vir jou net materie en energie is nie? Die koppeling van die dele van die Psalm wat oor die wet handel aan dié oor die skepping se getuienis, wil die probleem oplos. Waar ons nie altyd die skepping se verklaring oor God kan hoor nie, openbaar God Hom duidelik en klinkklaar deur die wet. Ons kan sien die Psalm, wat nou ’n eenheid is, was eers twee aparte Psalms deur die feit dat daar in die eerste deel met אל (“God”) en in die laaste tweede dele met יהוה (“Here of JHWH”) na God verwys word. Ons het dus beide die getuienis van die skepping en die wet nodig om God te ken (algemene en besondere openbarings). In die tweede deel van die Psalm (19:8-12) kom die wet aan die woord wat die wil van God bekendmaak. Ses name word hier gebruik om op die wet en al die gestaltes daarvan te dui: woord, onderwysing, bevele, gebod, eise en bepalings. Verder word agt positiewe beskrywings gebruik om die waarde van die wet te beklemtoon naamlik: volmaak, betroubaar, helder, goed, reg, regverdig, kosbaarder as goud en soeter as heuning. Die deel spel ook uit wat God aan ons skenk as ons volgens Sy wet leef; te wete: lewe, wysheid, blydskap en insig. Die wet word dus nie as ’n sware las beskryf nie, maar as ’n gawe van God wat lewe, wysheid, blydskap en insig gee. Die wet gee wat geen Playstation3 of ontwerpersklere kan gee nie – ’n lewe wat deur God beloon word (vers 12). Daarom luister die gelowige daarna (vers 12). In die Bybel kom die gedagte van beloning vir die toegewyde dienaar van God (12) meermale na vore (Ps 58:12; Spr. 22:4). Die vrome ontvang bv. ’n lang en gelukkige lewe (Pss 21:5; 91:16; 133:3). Dié beloning is egter eerder ’n geskenk uit die hand van die Here as iets waarop ’n mens aanspraak kan maak. In die laaste deel (19:13-15) word op die individuele gelowige se verhouding met God gefokus. As dit nie vir gelowiges se kennis van God se mag was danksy die natuur nie, sou gelowiges nie geweet het dat hulle swak en nietig is nie. Hulle sou nie eens hulle eie dwalings kon raaksien nie (vers 13)! Hulle sou ook niks van God se wil af geweet het nie. Hulle sou doen net wat hulle wou. Nou weet ons egter dat ons maklik teen God sondig. Daarom erken hy dat hy gesondig het; pleit hy dat God hom tog nie sal straf vir sondes wat hy onwetend gedoen het nie; vra hy dat God hom van opsetlike sondes sal weerhou sodat hy onberispelik kan wees; en spreek hy die wens uit dat wat hy sê en wat hy dink vir God aanneemlik sal wees. Ons bly aangewese op God se genade. Hy alleen kan ons help, beskerm en verlos (vers 15c). Samevatting: die natuur en die wet (Skrif) roep ons op om gehoorsaam aan God te leef.

7 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

8 “We should look not only to the scriptures and the church to know God, but to creation as well.”
George McDonald Die eerste deel van Psalm 19 (vers 1-7) slaan jou asem weg! Die Skotse prediker George McDonald skryf hierdie belangrike ding: “We should look not only to the scriptures and the church to know God, but to creation as well.” Uit die skepping kan ’n mens net tot een gevolgtrekking kom - dat God dit gedoen het. Maar oor die hoe kan ons net spekuleer. Maar as ons spekuleer oor die hoe, moet nooit in die proses verloor wat George Washington Carver voorstel nie.

9 “The capacity for awe.””
Toe hulle vir hierdie beroemde navorser en wetenskaplike van Tuskegee Instituut in Alabama gevra het wat die een ononderhandelbare ding is vir die wetenskap in die tyd wat voorlê, het hy geantwoord: “The capacity for awe.” Wat ’n vreemde ding vir wetenskaplike om te sê. “Awe” (ontsag) is wat ons eindige verstand oop maak vir die oneindige intelligensie van God. “Awe” is dit wat ons help om God se grootheid in die hele aarde, ja, in die son en die maan raak te sien. Wat is die son, ’n bal van waterstof en helium wat geskeduleer is om vir nog 6.4 biljoen jaar te brand, anders as, soos wat ’n rabbi verduidelik het, dat die son God se skaduwee is? Awesome!!

10 Wie het jou van God vertel?
Familie oomblik: Vra die kinders: Wie het jou al iets van God vertel? Hulle antwoorde sal waarskynlik wees: hul ouers, onderwysers, familie, kerk, vriende. Wys dan vir hulle ’n blom, klip, ‘n blaar of foto van die Melkweg, ens. Wys hulle daarop dat Psalm 19 vir ons sê dat die son, maan en sterre getuienis lewer oor God se grootheid. Vra vir hulle wat jy van God kan leer van ’n blom, klip, boom, ster. Laat hulle jou vertel wat by hulle opkom. God se skoonheid, grootte, ens. Alles wat deur God gemaak is, is goed en reflekteer Sy grootheid op een of ander manier.

11 Vertel van ’n tyd wat jy bewus was van God se teenwoordigheid en Sy grootheid
Vra nou vir almal: Vertel van ’n tyd wat jy bewus was van God se teenwoordigheid, van Sy grootheid.

12 Luister na ander en die tye
(Psalm 19:13-15) Die Fliek Contact handel oor die debat tussen geloof en wetenskap. Moontlike toneel: Teen die einde waar Ellie voor die Kongres getuig oor haar ruimtereis tot waar sy hande vat met Palmer Joss, die predikant, as hulle in die motor klim. In die toneel getuig Ellie: “I had an experience I can't prove. I can't even explain it, but everything that I know as a human being, everything that I am tells me that it was real. I was part of something wonderful, something that changed me forever, a vision of the universe that tells us undeniably how tiny and insignificant, and how rare and precious we all are. A vision that tells us we belong to something that's greater than ourselves. That we're not -- that none of us are alone. I wish I could share that. I wish that everyone, if even for one moment, could feel that awe, and humility, and hope.” Ander briljante toneel klink “verbatim” so: Ellie Arroway vra: “So what's more likely: that an all-powerful, mysterious God created the universe and then decided not to give any proof of his existence, or that he simply doesn't exist at all and that we created him so that we wouldn't have to feel so small and alone?” Palmer Joss:, “I don't know. I couldn't imagine living in a world where God didn't exist. You know, I wouldn't want to.” Ellie :”How do you know you're not deluding yourself?” And with a huff, she declares, “For me, I need proof.” Palmer pauses, and responds, “Proof. Did you love your father?” Surprised by the personal question, Ellie gasps, “What?” Palmer repeats, “Your dad, did you love him?” Ellie quickly replies, “Yes, very much.” Looking intensely into her eyes, Palmer says, “Prove it.” Ons stel onsself oop om God van onverwagte kante af te hoor

13 Hoe kan jy God bewys? Hoe kan jy liefde bewys?

14 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

15 Hoekom God die mens gemaak het
Lank, lank gelede was die aarde woes en leeg. En God het gedink dat dit darem nie goed lyk nie. Hy het in 5 dae die aarde gemaak en gesê dit is goed. Toe neem Hy Sy engele op ’n toer van die aarde. Eers wys Hy hulle die berge. Hulle reaksie was een van verstomming: “Hulle getuig net hoe groot U is!” Toe neem Hy hulle na die groen bome en die engele sê: “Hulle is soos vingers wat na U sal wys!” Na elke verdere item van die skepping bring dit die engele in groter verwondering. Na die God-begeleide toer verby was, roep Gabriël spontaan uit: “Here, dis absoluut volmaak!” Die engele bars in lof uit en sing tot eer van God dat die aarde skoon bewe van die lof klanke. Na die lofsang, daal daar ’n stilte op die aarde neer. Die hand van ’n junior engeltjie gaan stadig op. Die skare engele se aandag is op hom gevestig terwyl die Here vir hom vra: “Ja?” “Jammer, Majesteit, ek dink iets skort met U aarde.” Gabriël tree dadelik op: “Ek dink jy moet onmiddellik vir God om verskoning vra.” “Nee, Gabriel, laat die engeltjie praat – vertel ons wat skort.” het God gekeer. Hakkelrig begin die bewende engeltjie praat: “Stemme…korrt..hhieer… wat nes ons ….in die hemel …U kan loof.” Toe maak God die mens.

16

17

18

19

20 Flam 85 Ons God is ’n wonder God Hy heers uit die hemel hoog Met wysheid liefde en met mag Ons God is ‘n wonder God

21 1. Hy het die hemel en aarde gemaak Ons God is ’n wonder God Hy het vir jou spesiaal aangeraak Ons God is ’n wonder God Hy’t vir die mens gesterf aan ’n kruis Ons God is ’n wonder God Sy Heilige Gees sal die pad vir ons wys Ons God is ’n wonder God

22 Ons God is ’n wonder God Hy heers uit die hemel hoog Met wysheid liefde en met mag Ons God is ’n wonder God

23 2. Hy het die mag van die Bose oorwin Ons God is ’n wonder God Hy gee die mens weer ’n nuwe begin Ons God is ’n wonder God Jesus kom weer om sy kinders te kry Ons God is ’n wonder God Om in die hemel by Hom te gaan bly Ons God is ’n wonder God

24 Ons God is ’n wonder God Hy heers uit die hemel hoog Met wysheid liefde en met mag Ons God is ’n wonder God

25 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

26 Geloofsekerheid is nie sekerheid van jou geloof nie, maar sekerheid van God, wat altyd dieselfde sal bly en jou nie in die steek sal laat nie Ons is sukkelaars wat God nodig het. Ons kan nie sonder Hom nie. Daarom is geloofsekerheid nie sekerheid van jou geloof nie (want ons gaan vir God in die steek laat nie), maar sekerheid van God, wat altyd dieselfde bly en ons nooit in die steek laat nie.

27 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

28 Sonde maak seer ! In vers onderskei die Psalmdigter tussen opsetlike en onwetende sondes. Ons kan baie keer verkeerdelik dink dis beter dat ons nie weet wat reg en verkeerd is nie, want dan sal al ons sondes onwetend wees wat volgens die psalm nie so erg is soos die opsetlike sondes nie. Om te illustreer dat alle sondes vir jou sleg is, opsetlik en onwetend, doen met kinders die volgende aktiwiteit: Bou voor in die kerk ’n voetpad wat kronkel van die een kant na die ander kant. Die pad moet so erg kronkel dat dit baie langer sal vat om in die kronkel paadjie te loop tot by die eindpunt as wanneer jy reguit oor die ruimte kon loop van die beginpunt tot die eindpunt. Die kronkels moet egter nie so nou opmekaar kronkel dat jy van kronkel tot kronkel kan spring en so die area wat nie die pad uitmaak kan mis nie. Gooi nou ’n paar drukspykers in die area tussen die toue wat nie deel uitmaak van die paadjie nie (maar maak seker niemand kan sien daar lê drukspykers nie, dalk moet jy Hessian of iets oor dit gooi.) Plaas aan die eindpunt ’n groot sjokolade of iets. Laat twee kinders vorentoe kom en verduidelik hulle dat die een wat eerste by die eindpunt kom, die prys kan kry. Vir die een vertel jy van die drukspykers en die ander een nie. (MOENIE HULLE LAAT HARDLOOP NIE!) Vra vir hulle hoe ’n mens die vinnigste by die eindpunt kan kom? Die een wat nie weet van die drukspykers nie, sal tien teen een sê hy/sy sal sommer reguit hardloop oor die area en die ander een sal sê hy/sy sal in die paadjie hardloop. Wys vir almal die drukspykers en verduidelik dat dit soos sonde is. Sonde maak jou seer of jy weet dis verkeerd of nie. Selfs die een wat geweet het, kon ’n kans gevat het en ook oor die area gehardloop het en dan sou hy/sy net so seergekry het soos die een wat nie geweet het nie. Sonde maak mense seer. Punt!

29 Jy het God nodig ! Nav Psalm 19:8-12 vertel Bertolt Brecht hierdie storie in sy Stories of Mr Keuner: Iemand het vir Mnr. Keuner gevra of God bestaan. Mnr. Keuner het geantwoord: “Ek stel voor jy moet dit oorweeg of jou gedrag sal verander afhangende van jou antwoord op die vraag. As dit nie gaan verander nie, vergeet dat jy ooit die vraag gevra het. As dit sál verander, dan kan ek jou ten minste tot by die punt bring waar ek vir jou kan sê dat jy reeds besluit het: Jy het ’n God nodig!”

30 Luister-produkte Ontmoetings Coenie Burger Bestel by: 0860 BMEDIA
Uitsonderlike Bybelstudie-pakket oor die wil en plan van God met elke gelowige Leierspakket: R150.40 Handboek Deelnemersgids Dubbel-DVD Deelnemerspakket: R139.72 8 x Deelnemersgidse Bestel by: 0860 BMEDIA


Download ppt "Psalm 19."

Similar presentations


Ads by Google