Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Dood vir die sonde, maar lewend vir God

Similar presentations


Presentation on theme: "Dood vir die sonde, maar lewend vir God"— Presentation transcript:

1 Dood vir die sonde, maar lewend vir God
Romeine 6:1-11 Dood vir die sonde, maar lewend vir God 6 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? 2Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? 3Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ’n nuwe lewe kan lei. 5Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. 6Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. 7Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde. 8Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. 9Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie. 10Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. 11Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

4 Familie-oomblik Wys vir die kinders ’n muisval - ’n moderne een wat nie die muis seermaak nie, maar dit net vang sodat jy die muis iewers weer in die veld kan vrylaat. Verduidelik dan dat die ou soort muisval anders was, dit maak dood. Vra vir hulle of hulle weet hoe die nuwe een werk? Wys vir hulle waar die lokaas gesit word en maak die valletjie gereed. Gebruik dan ’n potlood om die valletjie te aktiveer. Laat hulle sien hoe die potlood, nes die muis, vasgevang word in die valletjie. Wys vir hulle dat ons soms soos muise is wat gevang word in die val van sonde - ons doen slegte goed aan ander en onsself en dan voel ons ook vasgevang. Vra vir hulle of daar enige manier is wat ’n muis self uit die valletjie kan kom. Nee! Net so kan ons ook nie uit die val van die sonde self ontsnap. Jesus het ons gehelp om daaruit te kom. Maak die muisval versigtig oop en haal die potlood uit. Paulus vertel ons dat ons geloof in Jesus ons vrygemaak het van die val van die sonde om as vry mense te lewe.

5 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

6 Romeine 6:1-11 In dié hoofstuk hanteer Paulus die vraagstuk van sonde in gelowiges se lewens. Spesifiek wil hy op die moontlike misverstaan van sy uitsprake in die vorige hoofstuk dat “hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword” (5:20), reageer. Paulus wou naamlik in hoofstuk 5 beklemtoon dat niks by God swaarder weeg as Sy genade nie. Sy beklemtoning van die genade van God kon egter verkeerdelik sommige Christene laat glo het dat hulle maar kon – en selfs moes – aanhou sondig. In hoofstuk 6 hervat Paulus daarom sy stryd gesprek met sy denkbeeldige opponent deur daarop te wys dat dit dwaas – en selfs onlogies - sou wees om aan te hou met sondig. Hy wil duidelik ’n logiese argument daarstel soos wat die uitdrukking “of weet julle nie” (vers 3) en “ons weet tog” (vers 6), “ons weet” (vers 9), “julle weet tog” (vers 16) duidelik maak. Paulus argumenteer eers dat Christus ons van ons vorige eienaar – die sonde - bevry het (6:1–11), en dan dat Jesus ons roep om onsself nou in diens van God te stel (6:12–20), voordat hy op die resultate (vrugte) van die twee verskillende lewenswyses (of te wel “verslawings”) wys (6:21–23). Paulus se argument In vers 1 tot 2 stel Paulus die argument dat om aan te hou met sondig, goed is, want dit vermeerder God se genade, waarna hy dit ten sterkste afwys as ’n geldige argument. Gelowiges mag beslis nie aanhou om te sondig nie. Die feit dat God met genade op sonde reageer, beteken nie dat sonde ’n goeie ding is omdat dit genade na voorskyn bring nie. Paulus staaf sy uitspraak met ’n teenvraag: Christene is dood vir die sonde. Hoe kan hulle dan nog daarin voortlewe? In vers 3 tot 11 gee Paulus sy eerste motivering waarom Christene nie ’n lewe in die sonde kan en mag voer nie, maar vir God moet lewe. Christene is vir hom as gedooptes radikaal nuwe mense. Hulle het gesterf vir die sonde (vers 3-7) en leef nou vir God (vers 8-10). Om in Christus Jesus gedoop te word, dui hier op ’n absolute verbondenheid met Christus. Christene is in Sy dood gedoop (vers 3) wat beteken dat net so seker as wat Hy gesterf het, is Christene saam met Hom begrawe. Dis egter nie al nie - hulle is egter ook met Hom opgewek, sodat hulle nou ’n nuwe lewe kan lei (vers 4). In hulle kruisiging saam met Christus, is hul sondige bestaan beëindig en is hulle bevry van hul slawerny aan sonde. Deel 2 (volgens die RCL, maar ek sou vers 15 die begin van deel twee maak) Verse 12–14 is ’n oproep deur Paulus dat aangesien Christene nuwe mense is, hulle die sonde nie langer oor hulle moet laat regeer nie, maar eerder vir God moet lewe. Sonde is doodgewoon nie meer Christene se baas nie. Die redding deur Jesus Christus bring ’n radikale verandering – ’n Christen is nie meer werktuig (wat selfs vertaal kan word as ’n wapen) in diens van die sonde nie, maar ’n werktuig in diens van God (vers 13). In vers 15 herhaal Paulus weer die oorspronklike vraag van vers 1–2. Hy stel egter nou die vraag vanuit die perspektief van die wet: Sal die Christen nou aanhou sondig omdat hy nie meer onder die wet met sy streng vereistes staan nie, maar onder die heerskappy van die genade? Weer eens is sy antwoord ’n besliste nee. Ons mag nie wetteloos lewe nie. In vers 16 tot 20 gee Paulus ’n motivering waarom Christene met alle sonde moet breek. Hulle staan in ’n nuwe diens met ’n nuwe dienskontrak en ’n nuwe eienaar. Hulle dien nie meer die sonde nie, maar vir God. Volgens Paulus is mense óf slawe van die sonde (vers 16–18), of slawe van God wat Sy wil doen (vers 16-17). Christene is egter nou bevry van die sonde om slawe van God te wees wat Sy wil doen (vers 17–18) deurdat hulle al hulle vermoëns (elke deel van julle liggame) moet gebruik om God se wil te doen deur heilig te lewe (vers 19) In vers 21 tot 23 gee Paulus ’n derde motivering deur die uiteinde van ’n lewe in die sonde met dié van ’n lewe vir God met mekaar te vergelyk. Hoe lyk die toekoms van mense wat onderskeidelik vir of God of die sonde dien? Die vrug (of die uiteinde) van dié dinge waaroor die gelowiges nou skaam kry (dit wil sê hulle vroeëre sondige optredes), is die dood. Aan die ander kant is die vrug van die heiliging van hulle lewe: die ewige lewe. [1] [1] Bronne geraadpleeg Dunn, J. D. G Romans 1-8. Word Biblical Commentary. Jewett, R Romans: A commentary. Hermeneia Moo, D Romans NICNT

7 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

8 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

9 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

10 Sodat ons ook so ’n nuwe lewe kan lei…
Romeine 6:4 Sodat... ons ook so ’n nuwe lewe kan lei (Romeine 6:4).

11 “Man is not an end but a beginning
“Man is not an end but a beginning. We are at the beginning of the second week. We are the children of the Eighth Day.” In Thornton Wilder se boek, The Eighth Day, is daar ’n toneel wat afspeel op Oujaarsdag 1899, net voor die nuwe eeu se geboorte. ’n Groep mense sit rondom ’n koolstoof in ’n dorpswinkel. Daar is aan Dr Gillis, die gemeenskap se wyse, gevra, “What will the new century be like?” Hy antwoord: “The creation has not yet come to an end. The Bible says that God created man on the sixth day and rested, but each of those days was a million years long. That day of rest must have been a short one. Man is not an end but a beginning. We are at the beginning of the second week. We are the children of the Eighth Day.” Ons is kinders van die agste dag. “Man is not an end, but a beginning… We are at the beginning of the second week of Creation.” Sedert daardie sewende dag werk God deur mense en daarom het Jesus gekom om ons te herskep sodat ons as beeld van God-mense nuut kan lewe - inderdaad kinders van die Agste dag...

12 1. God se genade is nie ‘n verskoning om aan te hou sondig nie
Daar is ’n paar geloofswaarhede wat in hierdie Romeine gedeelte na vore kom. 1. Gods genade is geen verskoning om aan te hou sondig nie.

13 Ons bly nie meer in Frankryk nie
Anders maak ’n mens God se genade goedkoop! Kinders van die Agste dag besef dit. Hier is ’n ongelooflike goeie voorbeeld van ’n Nuwe Testament teoloog, NT Wright, om verduidelik dat ons die grens oorgesteek het na die nuwe lewe (“kinders van die agste dag”) en die land van die sonde en dood verlaat (vertaal self as jy wil): “New Testament scholar N.T. Wright points out that Paul’s question “Should we continue in sin?” is best understood as being similar to the question “Should we remain in France?” Now don’t misunderstand — he’s not frying the French. He’s simply saying that if we don’t want to remain in France, then we don’t have to speak French anymore. And if we don’t want to continue in sin, then we aren’t forced to sin anymore. So can we live lives of absolutely moral perfection? Well, not likely. Still, the paradox is that while it is impossible to be sinless, it is possible not to sin. Your grandmother, for example, is an ex-pat from France and she’s learned to speak English. Will she live her life never again lapsing into French? Not likely. But it is possible for her to speak only English. Possible. She’s been freed from the need to speak French. She doesn’t live in France. She keeps herself in the company of people who eschew French and speak English. She doesn’t go to naughty French-speaking places, she doesn’t read French magazines, she scrupulously avoids anything that may hurt her English. She considers herself a new person, with a new identity and a new country. She wants to speak English. She’ll lapse into French every once in a while. And we forgive her. The point is this: Christ has evacuated us from the world of sin and death, so we are no longer “enslaved to sin” (6:6). It’s as though we’ve been airlifted out of France, so now we don’t have to begin every day with “Bonjour.” Because of the death and resurrection of Jesus Christ, we are free to speak a new language and enjoy a whole new quality of life. We have been freed from our fatal fixations and our sinful orientations, and we can now walk in newness of life.”

14 2. Jy moet ’n veranderde mens wees, orals waar jy gaan.
2. Mense wat tot die Christelike lewe verbind is, verbind hulleself tot ’n ander manier van lewe op elke afdeling van ’n mens se lewe. Jy moet ’n veranderde mens wees, orals waar jy gaan.

15 Daar is ’n fassinerende storie van Emma Calve, Franse soprano, wat bekend was in Brussels, Parys, Londen en New York. Terwyl sy in Venesië was, ontvang sy verskriklike nuus en besluit om selfmoord te pleeg. Maar sy word gestop deur die lied van ’n gondolier. Sy het hierdie diep behoefte gevoel om net nog een keer te sing voordat sy ’n einde maak aan haar lewe. Sy het ’n gondel gehuur en terwyl sy deur die kanale van Venesië vaar, sing sy al die liedere wat sy ken – as’t ware haar laaste “optrede”- al die musiek wat in haar broei terwyl sy sukkel met haar intense emosies van hartseer. Toe sy klaar gesing het, word sy bewus van ’n klomp gondels wat om haar gondel saamgekoek het. Sy was verbaas! Sy het onder ’n kombers weggekruip terwyl haar gondelier haar terugneem na haar hotel toe! Die volgende môre - haar laaste dag op aarde - word daar blomme saam met hierdie nota by haar hotelkamer afgelaai:

16 “The bearer of Fire Divine”
“From Paul and Jeanne, who love each other greatly, to whom you have given an unforgettable night! May the blessing of God be upon you, who are the bearer of the Fire Divine.” Emma Calve het bly lewe! Sy het haar rede vir lewe ontdek: “The bearer of Fire Divine.” Is dit nie die mooiste beskrywing van ons beeld van God wat in ons leef nie; ons is die “bearer” van “Fire Divine”?

17 Hoe sal mense weet dat jy gedoop is?
Jou doop, sê Paulus, herinner jou aan die feit dat jy dood is vir die ou lewe en opgestaan het in ’n nuwe lewe! Sarah Jo Sarchet is ’n Presbiteriaanse predikant in Chicago. Onlangs het ’n 10-jarige seun by haar studeerkamer ingestap. Hy wou met haar praat: “Ek wil gedoop word. Ons het in die Sondagskool geleer van Jesus se doop en toe die groepleier vir ons vra wie al gedoop is, het al die kinders hulle hande opgesteek. Ek wil ook gedoop word.” Sy het met deernis in haar stem gevra: “Cameron, wil jy regtig gedoop word omdat al die ander kinders gedoop is?” “Nee, ek wil gedoop word omdat dit vir my sê ek behoort aan God.” Sy was diep geraak deur sy begrip van alles: “Kom ons doen dit Sondag?” Sy glimlag het in bekommernis verander: “Moet ek voor die hele gemeente gedoop word? Kan ek nie net ’n vriend vra om my in die rivier te doop nie?” Sy het hierna uitgevra en sy antwoord was: “Wel Jesus is deur sy neef in die rivier gedoop!” Sy is hierdeur onkant gevang: “Jy het ’n punt beet. Maar as ’n vriend jou doop, hoe sal die gemeente daarvan weet?” Sy het besef sy kan nou vir hom iets leer en het gegryp na haar kerkorde wat op die hoogste rak gestaan het. Maar voor sy haar hand op die boek kon plaas, het hy gereageer: “I guess by my new way of living.” Jou en my doop roep ons op om anders te lewe – ’n “new way of living”…wat mense na God trek.

18 3. Begin lewe uit dit wat jy alreeds is – ’n kind van die Agste dag!
3. Begin lewe uit dit wat jy alreeds is - ’n nuwe mens in Christus, ’n kind van die agste dag... Dit begin deur te besef daar is ’n groot verskil tussen probeer om as ’n nuwe mens te lewe en om jouself te oefen om as ’n nuwe mens te lewe...

19 Ware liefde is… …lewe-gewend …vir ewig …baie harde werk
Eenmaal was daar ’n jong man wat ’n wyse man kom sien het en vir hom gevra het: “Ek is op soek na ware liefde. Hoe sal ek weet as ek dit gevind het?” Die wyse man het geglimlag en gesê: “Ek gaan nie vir jou die antwoord gee nie, maar gaan vir jou wel vertel dat ware, egte liefde drie bestanddele het. Is jy gewillig om die wêreld vol te soek om dit te vind?” “Ja,” het die jong man geantwoord. Hy het na groot skole van geleerdheid gegaan. Hy het met wyse manne en vroue gepraat. Hy het liefgehad en is liefgehad. Hy het ook in liefde misluk. Na baie jare het die jong man, ook nie meer so jonk nie, teruggekeer na sy leermeester. Die het hom onmiddellik herken en vir hom gevra wat hy gevind het. Die man het geantwoord: “Ag, ek het net twee van die drie bestanddele gevind!” “Vertel vir my” het die wyse leermeester opgewonde uitgevra. “Eerstens, ware liefde is lewe-gewend! Wanneer jy lief het en gelief word, is die lewe ryker en meer voller. Liefde wat gedeel word, skep nuwe lewe...” “Dis reg”, het die wyse man sy kop instemmend geknik. “Tweedens, ware liefde is ewige liefde. Dit deurstaan die toets van die tyd. Ware liefde word verdiep soos die jare aanstap.” “Dis reg”, het die wyse man gesê. Toe het die man gesê: “Dis al wat ek geleer het.” Die wyse man het verder gegaan: “Is jy gewillig om weer uit te gaan en verder te leer en nog dinge te ervaar?” “Nee, ek is te moeg.” Die wyse leermeester het geglimlag: “Jy het inderdaad al die bestanddele van ware liefde gevind. Nie net is ware liefde lewe-gewend en ewig nie, maar ware liefde is baie harde werk!” …baie harde werk

20 “Christenskap sonder dissipelskap is altyd Christenskap sonder Christus.”
Bonhoeffer Onthou, om ’n gelowige te wees, is nie net lewe-gewend en ewig nie, maar is baie harde werk! Soos Bonhoeffer gesê: “Christenskap sonder dissipelskap is altyd Christenskap sonder Christus.”

21 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

22 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

23 Waar was God? Prys: R49.95 Andries Cilliers
10-Week-Bybelstudie oor hoe om as gelowige in ’n wêreld vol misdaad te (oor)leef Bestel by:


Download ppt "Dood vir die sonde, maar lewend vir God"

Similar presentations


Ads by Google