Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byBarbara Clark Modified over 6 years ago
1
Jesaja 60:1-9 Jesaja 60:1-9 Nasies kom na jou lig toe
60 Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. 2Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. 3Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het. 4Kyk rondom jou, kyk, hulle kom almal bymekaar, hulle kom na jou toe: jou seuns kom van ver af, jou dogters word met liefde gebring. 5Jy sal dit sien en van vreugde straal, jy sal bewe van blydskap, want die rykdom van die see word joune, die skatte van die nasies kom in jou besit. 6Jou land sal vol kamele wees, jong kamele uit Midian en Efa. Almal wat uit Skeba kom, bring goud en wierook en verkondig die lof van die Here. 7Al die kleinvee van Kedar word vir jou bymekaargemaak, die ramme van Nebajot is tot jou beskikking; hulle is aanneemlike offers op my altaar. So vermeerder Ek die roem van die huis waar Ek geëer word. 8Wat kom hier aangesweef soos wolke, soos duiwe na hulle neste toe? 9Dit is die skepe van die eilande wat na My toe op pad is; heel voor is die skepe van Tarsis af. Hulle bring jou seuns van ver af, en ook silwer en goud, tot eer van die Here jou God, die Heilige van Israel, omdat Hy jou roem wil vermeerder.
2
Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God
3
“A man can no more diminish God’s glory by refusing to worship Him, than a lunatic can put out the sun by scribbling the word “darkness” on the walls of his cell.” C.S. Lewis Twee aanhalings om hierdie Epifanie Sondag te begin: “A man can no more diminish God’s glory by refusing to worship Him, than a lunatic can put out the sun by scribbling the word “darkness” on the walls of his cell.” C.S. Lewis
4
“You are the light of the world, but the switch must be turned on. ”
“You are the light of the world, but the switch must be turned on.” Austin Alexander Lewis “You are the light of the world, but the switch must be turned on.” Austin Alexander Lewis
5
Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
6
God se teenwoordigheid in ons
Plaas ’n lekker sterk spreilig voor in die kerk wat weg van die mense af skyn. Dalk kan dit teen ’n muur skyn, of, as jy dit redelik hoog kan laat staan, kan dit afskyn op die grond. Gee vir ’n klomp kinders elkeen ’n spieël in die hand. Die spieëls kan maar klein wees (so 10cm x 10 cm). Gee aan hulle die opdrag om soos vers 1 sê: “Om hulle lig te laat skyn”, sê sommer hulle moet hulle lig op die mense laat skyn. Hulle sal dit nie kan regkry nie, want hulle het geen ligbron soos ’n flits of ’n kers nie. Hulle sal moet vorentoe kom en onder die spreilig gaan sit en dan hulle spieëls in die rigting van die spreilig hou en so kan hulle hulle lig laat skyn. Vers 1 verduidelik dis hoe die lig van Jerusalem ook skyn. Dis God se magtige teenwoordigheid wat lig gee en net hulle wat in die teenwoordigheid van die Here kom soos wat die kinders onder die lig kom sit het. Praat dan met die kinders oor hoe ons die teenwoordigheid van die Here kan opsoek. Die wonderlike van Jesus se koms, is dat hy nie soos ’n spreilig OP ons skyn nie, maar soos ’n lig IN ons skyn. Om vir die kinders die verskil te laat beleef, kan jy dan die spreilig op ’n selfoon laat skyn en in kontras weer ’n knoppie op die selfoon druk wat die selfoon van binne verlig (illuminate). Die verskil is merkbaar. Met die tweede lig, van-binne-af-lig, kry die hele selfoon lewe.
7
Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
8
Laat jou lig skyn vir Jahwe
Jesaja 60:1-6 Laat jou lig skyn vir Jahwe Laat jou lig skyn vir Jahwe Vooraf: Die boek Jesaja word deur baie Ou-Testamentici as die teologiese hoogtepunt van die OT beskou. Só is Jesaja dan ook die profeet wat die meeste in die NT aangehaal word (ongeveer 411 keer!). Agtergrond: Jesaja handel oor byna 250 jaar van Israel se geskiedenis, naamlik die tyd ( v.C.) toe hulle nog onder die skaduwee van die Assiriese bedreiging geleef het (Jes. 1-39); die tyd tydens die ballingskap onder die Assiriërs (Jes ); en die tyd na die ballingskap (Jes ). Ons teks is deel van Trito-Jesaja (56-65). Uitleg: Jes beskryf spesifiek die herstel van Jerusalem. God belowe in die gedeelte dat Hy weer sal woon in Jerusalem (60:1–61:11) en dat die stad in ere herstel sal word, danksy Sy liefde vir Jerusalem (62:1–63:6). Die Here se magtige teenwoordigheid sal vir Israel ’n lig wees en sal hulle tegelykertyd weer ’n lig vir die nasies maak (vers 1 tot 3). Die gedeelte begin met ’n oproep aan ’n vrou, wat in vers 14 geïdentifiseer word as Jerusalem, om haar lig te laat skyn. Soos elders verteenwoordig Jerusalem hier die hele Israel. Israel ontvang nie die lig net vir haarself nie, maar ook ter wille van die nasies. Oor die ander nasies is daar naamlik duisternis en daarom kom hulle na Jerusalem toe vir lig (vers 2). Lig is hier in Jesaja soos ’n simbool van lewe, redding en vreugde; duisternis die simbool van ellende en verlorenheid (9:1; 42:6; 49:6; 58:8,10; 59:9). Sowel in vers 1 as vers 2 word dit duidelik gemaak dat Jerusalem enkel haar lig kan laat skyn omdat die Here oor haar die lig gee. Uiteindelik is dit Sy teenwoordigheid wat die nasies nader lok. Die Here kom na Sy volk toe en Sy magtige teenwoordigheid is soos die lig van ’n nuwe dag wat vir hulle aangebreek het (vgl. 19–20; 58:8). Waar die Israeliete deur die nasies verdruk was en van hulle besittings beroof en verstrooi was, sal hulle deur God herstel word. Die rolle van Israel en die nasies sal in die toekoms omgekeerd wees. Vanaf verse 4 tot 9 word beskryf hoe die volke van die Weste en die Ooste af sal kom om God te eer. Hulle sal goud en wierook, asook die verlore kinders van Israel terugbring (vers 4 tot 7). Vers 6 verwys na handelskaravane wat uit Midian en Efa in Noord-Arabië en uit Skeba, bekend vir sy rykdom (1 Kon. 10:1–2 – vgl. ook Joël 3:8), in Suid-Arabië sou kom. Efa was ’n Midianitiese stam (vgl. Gen. 25:4). Die belangrikste is egter dat die verlate ruïne van Jerusalem herbou sal word (vers 10). Wat in duisternis was, sal in die lig staan. Let op hoedat die poorte wat die vyand moes uithou, oop staan om hulle te verwelkom (vers 11). Die heiligdom van die Here sal roem ontvang, en die Here sal geprys en geëer word (vers 9). God self sal Israel se lig wees en sal vrede, geregtigheid en voorspoed in die land laat heers. Jesaja leer ons dat die Heilige God van Israel nie Sy kinders kan prysgee nie - al doen Sy volk wat, is Sy trou sterker as hulle ontrou. Volgens Jesaja gaan die einde van Israel se ballingskap nie net daaroor dat hulle as volk na Jerusalem toe sou terugkeer nie. Dit gaan ook oor die terugkeer van die Here self na Sy stad. Jesaja se naam beteken daarom nie verniet “Jahwe is redding/verlossing” nie. [1] [1] Bronne geraadpleeg Watts, JDW Isaiah Word Biblical Commentary. Westermann, C Isaiah OTL. Beuken, WA Jesaja deel IIIA. Bybel verklaar
9
Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons
10
Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
11
Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
12
Om God se lig te sien, het ons ander oë nodig
Ons oë is toegerus met spesiale selle wat so sensitief is, dat dit klein hoeveelhede sigbare lig kan bespeur. Maar om die lig van God te sien, het ons heeltemal ander oë nodig. Soos Jesaja 60 sê: “Kom, laat jou lig skyn! Want vir jou het die lig gekom...” Die probleem is dat die oorgrote meerderheid van ons dit nie kan sien nie![1] [1] Die beeld van die oog verduidelik die agtergrond van die PowerPoint.
13
Visuele data is baie belangrik vir die mens se welstand
Joel Achenbach skryf in die National Geographic dat die spesifieke posisie van ons oë, beskerm deur die skedel en naby die brein gelokaliseer, die bewyse is dat visuele data belangrik is vir ons welstand. Omtrent een vyfde van die brein se werk is om niks anders te doen as om informasie van die visuele wêreld rondom ons, te verwerk nie.
14
Om God se lig (die magtige teenwoordigheid van die Here) te verwerk, vra geloofsoë
Maar om die lig wat Jesaja die magtige teenwoordigheid van die Here noem, te verwerk, is heeltemal ’n ander saak. Dit vra van jou geloofsoë.
15
“The glory of the Lord. It’s intense, overwhelming, frightening at times … but most of all it’s illuminating. It helps us to see the full power and personality of the Lord God Almighty.” Soos iemand dit so mooi opgesom het: “The glory of the Lord. It’s intense, overwhelming, frightening at times … but most of all it’s illuminating. It helps us to see the full power and personality of the Lord God Almighty.”
16
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. Joh. 1:14 Johannes verduidelik in sy evangelie dit as volg: “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.” (Joh. 1:14).
17
Genade en waarheid Genade en waarheid. Dis wat so duidelik word in die lig van God se heerlikheid... Sy magtige teenwoordigheid. Dan kyk en leef ons anders in die lewe... anders in dan begin ons dit nou ’n stukkie hemel maak op aarde.
18
“In heaven… everyone we love is there…”
In haar boek Amazing Grace (1998), deel Kathleen Norris haar gunsteling definisie van die hemel. Sy het dit gekry by ’n non. Terwyl die non se ma sterwend lê, het sy as non haar ma probeer troos deur te sê: “In heaven, everyone we love is there.” Haar ma het geantwoord: “No, in heaven I will love everyone who’s there.”
19
Wat wag in 2009? Dis hoe ons nou behoort te leef, maar hoekom sukkel ons so om die genade en waarheid in alles en almal raak te sien? Dis ’n goeie vraag hier aan die begin van 2009, ’n splinternuwe jaar. Wat sal ons hierdie jaar sien? Wat sal ons nie sien nie? Wat visualiseer ons oor die nuwe jaar met sy nuwe uitdagings en geleenthede?
20
Dalk nuwe lense… Ons het geloofsoë nodig...
As ’n (lens) oorplanting nie nodig is nie, miskien ’n voorskrif vir ’n nuwe geloofsbril. Ons het ’n lens nodig wat ons instaat sal stel om te sien wat ons nog nooit te vore gesien het, sodat ons in die geloof kan waag waar ons nog nooit voorheen gewaag het nie.
21
Lens van die Woord Miskien is dit die lens van die Woord. Dis ’n nuwe jaar. Miskien is dit tyd om terug te keer na die basics toe! Ons sal beter sien.
22
Lens van die Kerk Miskien kort dit die lens van die Kerk. Ons het die aanmoediging en die ondersteuning van familie van gelowiges nodig. Dis ’n nuwe jaar. Terug na die kerk toe. Ons sal beter sien.
23
Lens van aanbidding Miskien het ons die lens van aanbidding nodig. Ons het nodig om ons siele te voed, sodat die oë van die geloof kan gesond bly.
24
“If you want to touch the sky, you must learn to kneel.”
Soos U2 sing. “If you want to touch the sky, you must learn to kneel.” Dis ’n nuwe jaar. As ons kniel voor God in aanbidding, sal ons beter sien!
25
Lens van diens Miskien is dit die lens van diens. Ons het nodig om buite onsself te kom om ander te dien. Deur die fokus/kollig van ons af te haal, sal die oë van geloof sterker gemaak word. Dis ’n nuwe jaar. Dis tyd om terug te keer na diens. Dan sal ons beter sien.
26
Lens van liefde Miskien is dit die lens van liefde. Ons het nodig om om te gee vir die mense om ons. Liefde is die salf wat die oë van die geloof genees. Ja, soos Paulus dit in 1 Kor. 13 stel, dit open die oë van geloof en hoop. Dis ’n nuwe jaar. Tyd om terug te keer na liefde. Ons sal beter sien.
27
Lens van gee Miskien is dit die lens van gee. In die spoor van die wyse manne met hulle goud, wierook en mirre, moet ons weer leer om te gee. Soos Hand 20:35 b dit stel: “Onthou die woorde van die Here Jesus self. Hy het self gesê: ‘Om te gee, maak ons gelukkiger as om te ontvang’”. Dis ’n nuwe jaar! Dis tyd om terug te keer na gee. Ons sal beter sien.
28
Geloofsoë kan die Goddelike lig in tye van diepe donkerte raaksien
Geloofsoë kan die Goddelike lig in tye van diepe donkerte raaksien. Dit was waar in die eerste eeu, dit is nog net so waar vandag. Daar was nie baie helderheid in Judea tydens die regering van Koning Herodes nie - toe Jesus gebore is, was sy regering gekenmerk deur bloedvergieting en losbandigheid. Herodes het in die vrees dat hy sy mag gaan verloor, op ’n tyd sy swaer, oom, sy eie vrou, sy skoonma en drie van sy eie seuns vermoor! Op ’n tyd het Keiser Augustus blykbaar gesê dat hy eerder Herodes se vark wou wees as sy seun! Dan praat ons nie eens van die massamoord van jong seuntjies toe hy by die wyse manne hoor dat ’n Koning gebore is nie (Matt 2:13-18).
29
Volg die ster… veral in donker tye
Donker tye... maar in sulke donker tye het wyse manne ’n Blink ster gevolg. Hulle het wonderlike geskenke vir hom gebring (op hierdie Epifanie Sondag dink ons aan hulle koms) en so is Jesaja se profesie in vs 6 vervul. “Bring goud en wierook en verkondig die lof van die Here!”
30
Kyk soos wat die wyse manne gekyk het
Hierdie manne was die konings waarvan Jesaja in vers 3 gesê het “na die glans toe van die nuwe dag wat vir jou gebreek het” kom. Die wyse manne het oë van geloof gehad... ons het sulke oë nodig vir die nuwe jaar.
31
“And I said to the man who stood at the gate of the year, “Give me a light that I may tread safely into the unknown!” And he replied, “Go out into the darkness and put thine hand into the hand of God. That shall be to thee better than light and safer than a known way!” Hierdie volgende bekende aanhaling kan ons verder help: “And I said to the man who stood at the gate of the year, “Give me a light that I may tread safely into the unknown!” And he replied, “Go out into the darkness and put thine hand into the hand of God. That shall be to thee better than light and safer than a known way!”
32
Fokus op Jesus in 2009 sodat jy jou lig met genade en waarheid kan laat skyn
Fokus op Jesus, die Lig én jy sal Hom in alles en almal sien sodat jy jou lig met genade en waarheid in 2009 kan laat skyn.
33
Sluit af met die volgende twee stories (vertaal asb self):
Perhaps you are familiar with a remarkable young man named Tony Melendez. You may remember seeing him play guitar for the pope on television a few years ago. A young man limited by serious birth defects, Tony taught himself to play guitar with his feet, and supported himself as a street musician sitting on the sidewalk in Los Angeles playing hymns for bystanders. It was there that he was discovered and invited to play and sing for the pope on his visit to our country. You may remember how the pope made his way past the barricades to reach out and hold Tony while the whole world looked on. In his book, A GIFT OF HOPE, Tony shares, “After the concert I walked backstage through the waiting crowd of old friends and new… At the back of the crowd I saw a badly deformed young woman in a wheelchair. Her arms and legs were twisted, but she smiled and tried to wave as I passed. I kept walking toward the exit; then I stopped, turned around, and walked back in her direction. When she saw me standing beside her, her eyes filled with tears. She reached her hand out toward me and struggled to speak, 'Tony,' she said, 'because of you, we all have hope!'”
34
Laat jou lig skyn Tony Melendez laat sy lig skyn nes Jesaja ons in vers 1 oproep om te doen. Dis my en jou taak as dissipels ook! Hoekom? Sodat mense in 2009 vir God kan beleef al is dit hoe donker.
35
“Here's another way to put it: You're here to be light, bringing out the God-colors in the world. God is not a secret to be kept. We're going public with this, as public as a city on a hill.” The Message het Matt 5:14 so wonderlik vertaal: “Here's another way to put it: You're here to be light, bringing out the God-colors in the world. God is not a secret to be kept. We're going public with this, as public as a city on a hill.”
36
Soldate wat hul lig laat skyn
Hier is die slot storie (vertaal self): During World War II, five hundred GI's were attending a performance of “Rigoletto” at an Italian opera house. In the middle of a scene, an air raid caused the lights to go out and the house became completely dark. A GI directed an Army-issued flashlight toward the stage. The rest of the GI's followed suit, and soon 500 flashlights illuminated the stage. The conductor bowed to the audience, waved his baton, and continued the opera.”
37
“Staan op, Jerusalem, laat jou lig skyn sodat alle volke dit kan sien!
Want die Here se heerlikheid skyn op jou.” Nuwe lewende vertaling “Staan op, Jerusalem, laat jou lig skyn sodat alle volke dit kan sien! Want die Here se heerlikheid skyn op jou.”( Nuwe lewende vertaling vs 1)
38
Kom ons laat 2009 ligter lyk! Dit is God se belofte aan ons en ons belofte aan die wêreld in Sit daardie geloofsbril op gaan net Ligter lyk...
39
Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig
40
Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
41
Oorspronklike titel: Let Your Light Shine Teks en Musiek: Andy Wallis
F248. Laat Jou Lig Skyn Oorspronklike titel: Let Your Light Shine Teks en Musiek: Andy Wallis Afrikaanse vertaling: Johan Engelbrecht © 2005 Hillsong Publishing (Let wel dat jy slegs FLAM-liedere mag kopieer of projekteer indien jy oor die nodige CCLI-lisensies beskik en dat alle FLAM-liedere gratis afgelaai kan word by Sing liedere oor lig, oor God se lig wat skyn in die duisternis en oor ons wat die lig moet laat skyn in die donker wêreld. ’n Lied wat jy gerus kan probeer as daar baie kinders in die diens is (die lied is onder baie kinders bekend as ‘Let Your Light shine’ van die Hillsongs Kids CD af), is: F248. Laat Jou Lig Skyn Oorspronklike titel: Let Your Light Shine Teks en Musiek: Andy Wallis Afrikaanse vertaling: 2007 Johan Engelbrecht © 2005 Hillsong Publishing Tree vir tree kruip die donker in. Dis nag en ek voel bang vir skadu's en geluide in die donker gang. Jesus, help my... gou! Refrein: Laat jou lig skyn. Woo-oo-oo-oh. Laat jou lig skyn, en laat Jesus skyn deur jou. God maak reuse vrese klein as jy vir Hom kan sien. Roep Jesus aan om jou te help en bangheid sal verdwyn! Brug: Ek is sterk! Ek laat nou my lig skyn. Jy is sterk! Jy laat nou jou lig skyn. Ons is sterk. Ons laat nou ons lig skyn. Jesus is sterk. Hy laat nou ons lig skyn. Refrein x 2
42
Hierdie lied is ’n baie mooi skuldbelydenis, waarin ek die Here vra om weer Sy lig deur my te laat skyn F69. Was My Skoon Teks en Musiek: Hannes Grabe © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz) Kom en reinig my, o Heer Week my sonde en skuld in die bloed van u Seun Ek staan skuldig voor U, Heer Die verlore kind kom vra ’n tweede kans Was my skoon, maak my rein, Laat U lig weer deur my skyn Neem my hart, maak dit nuut, Laat my lig na ander skyn Was my skoon, maak my rein Laat u lig weer deur my skyn Laat u Gees my hart deurspoel Bring u vrede en rus, u genade oor my Maak my wit net soos die sneeu Ek wil heilig leef, gewy aan U, my Heer
43
Hierdie lied kan goed werk (indien die gemeente dit ken) aan die einde van die diens:
F70. Lig Vir Die Wêreld Teks en Musiek: Louis Brittz © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz) Maak ons oë oop as ons die nag in kyk Wys ons die hoop wat duisternis laat wyk Gee ons woorde, Heer, waarmee ons wyd kan loop Week ons met waarheid breek ons bekers oop Lig vir die wêreld kom skyn deur ons Skyn in die donker met liefde wat verlos Stuur ons met lewe vol van helder hoop Kom vul ons o Gees om sout te kan wees Heer ontmoet ons hier woon in ons lofgesang U is die rykdom waarna ons verlang As U lig ons lei ons na die wêreld stuur Seën ons met volheid vul ons met U vuur Kom Jesus skyn laat donker verdwyn Skyn in die nag laat breek die dag Vader salf ons oë raak ons met deernis aan Ons wil U hart vir verlorenes verstaan Laat ons U wyn en melk neem vir dié sonder geld En lewensbrood vir hul wat dit nie kan koop Lig vir die wêreld Kom skyn deur ons!
44
F126. Jesus, Lig in die duisternis
Oorspronklike titel: Jezus, Licht In De Duisternis Teks en Musiek: Peter van Essen Afrikaanse vertaling: Faani & Gerda Engelbrecht © Unisong Music Publishers t/a Samuel Music Jesus, Lig in die duisternis, Jesus, oorsprong van als wat is Jesus, liefde wat ewig is, ek prys U Jesus, weg waarop U my lei Jesus, waarheid, U maak vry Jesus, lewe by U te kry Refrein: Waar sou ek gaan sonder U? waarom bestaan sonder U? Jesus, my hoop en my krag U is my Heer, U is my Heer Jesus, tot die tyd só bestem Jesus, totdat ek U kan ken Jesus, gee ek my hart en stem Ek prys U
45
Volgende week: Ps 29 Volgende week: Ps 85:1-2, 8-13
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.