Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Markus 16:1-8 PowerPoint agtergrond
Grafika: Foto met vergunning van Deon Loots. Geredigeer met Picasa III.
2
God nooi ons uit en ons kom tot rus Rus Toetrede
(terwyl al die kerse aangesteek word – jy kan verskillende mense van verskillende ouderdomme kry om die verskillende kerse aan te steek) Voorganger: Die Here het opgestaan! Gemeente: Die Here het waarlik opgestaan! Respons Lied 408 Dit is die dag, die Heer se dag! vers 1 of Flam 237 Hy leef vers 1 of VONKK 75 Halleluja! Die Heer Het Opgestaan! vers 1 Votum V: Die Here het opgestaan! G: Die Here het waarlik opgestaan! V: Dood, waar is jou angel? G: Doderyk, waar is jou oorwinning? V: Die dood is ingesluk. G: Die oorwinning is behaal! (uit: Wepener, Cas Soos ’n blom na die son draai. Wellington, BybelMedia.) Lied 408 Dit is die dag, die Heer se dag! vers 2 of Flam 237 Hy leef vers 1 of VONKK 75 Halleluja! Die Heer Het Opgestaan! vers 2 Seëngroet V: Jesus leef! En ns met hom! Genade vir julle en vrede van God die Vader G: Hy sorg vir ons! V: en van die Seun G: Hy het waarlik opgestaan! V: en van die Heilige Gees. G: Hy leef in ons! (Uit: Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle. Wellington, Lux Verbi.BM.) Lied 408 Dit is die dag, die Heer se dag! vers 3 of Flam 237 Hy leef of Lofsang Lied 409 Hoor jy die Paasfeesklokke? of Vonkk 5 Vreugde! Vreugde! (Melodie: ODE AN DIE FREUDE Koraal-simfonie Nr 9 - Ludwig van Beethoven – selfde as “Praat ek mense eng’le tale - dus baie bekend en maklik singbaar) Skuld- en geloofsbelydenis V: Saam met dié wat getuies was van die gebeure van die eerste Goeie Vrydag bely ons in die geloof … Saam met Judas Iskariot … G: dat ons soms self ’n onskuldige Man verraai. V: Saam met Simon van Sirene … G: dat wanneer jy Jesus volg, sy kruis ook jou kruis word. V: Saam met die Romeinse soldaat … G: dat ook ons afgestomp raak vir ander se nood. V: Saam met Maria … G: dat ons mekaar nodig het om Jesus enduit te volg. V: Saam met die sterwende misdadiger … G: dat ’n regverdige Man gesterf het. V: Saam met die Romeinse offisier … G: dat hierdie Man werklik die Seun van God is. V: En nou bely ons ook saam met die wolk van geloofsgetuies deur die eeue heen … G: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees, en ’n ewige lewe. Amen. Lied 414 Juig verlostes, juig en sing of VONKK 26 Christus Verlosser Genadeverkondiging V: Die Here bring vanoggend vir ons almal die goeie boodskap dat ons gered is. G: Jesus is die Here en God het Hom uit die dood opgewek. V: Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; met die mond bely ons, en ons word gered. V: Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie. V: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Lied 417 Jesus, ons eer U of Flam 207 U Het U Heerlikheid, O Heer of VONKK 150 Halleluja 4
3
God praat met ons en ons luister God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Markus 16:1-8 Respons Lied 424 Die Heer het waarlik opgestaan! of VONKK 32 Ons Aanbid U, Christus Heer
4
Markus 16:1-8 Fokusteks: Markus 16: 1-8 Jesus het opgestaan
(Matt 28:1–8; Luk 24:1–12; Joh 20:1–10) 16 Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem. 2Die Sondagmôre baie vroeg kom hulle by die graf aan net toe die son opkom. 3Hulle vra toe vir mekaar: "Wie sal vir ons die klip voor die ingang van die graf wegrol?" 4Die klip was baie groot, maar toe hulle opkyk, sien hulle dat dit klaar weggerol is. 5Toe hulle in die graf ingaan, sien hulle 'n jongman aan die regterkant sit met lang wit klere aan, en hulle het groot geskrik. 6"Moenie skrik nie!" sê hy vir hulle. "Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het. 7Maar gaan sê vir sy dissipels en in die besonder vir Petrus: Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het." 8Hulle het uit die graf uitgegaan en weggehardloop terwyl hulle gebewe het van die skrik. Hulle het vir niemand anders iets daarvan gesê nie, want hulle was bang.
5
Familie-oomblik Familie-oomblik
’n Mens kan die kinders redelik maklik deur die hele diens betrek – wees deur die hele liturgie op die uitkyk na geleenthede om mense van verskillende ouderdomme te betrek. Die inleiding tot vanoggend se preek kan perfek werk as familie-oomblik. Vertel die verhaal. Nooi dan alle kinders vorentoe. Gee vir elkeen ’n leë vuurhoutjiedosie. Laat hulle daarin kyk en saam met die hele gemeente sê “Jesus se graf was leeg! Dit is ’n teken van nuwe lewe!” Gee vir elkeen materiaal om hul vuurhoutjiedosies mee te versier: plakkers, kryte, papier en gom – verf en glitter as jy dapper is. Hulle kan ook die binnekant versier – veral as hulle al kan skryf, kan hulle bv. skryf “Jesus leef!” Kinders kan die preek deur hul vuurhoutjiedosies versier. Hulle kan dit ná die diens vir iemand gee met die boodskap: “Jesus se graf was leeg! Dit is ’n teken van nuwe lewe!” Of jy kan dit weer in die liturgie inwerk: afhangende van hoeveel kinders in die kerk is, kan hulle na die preek vorentoe kom en hul vuurhoutjiedosies by die doopvont neersit en sê: “Jesus se graf was leeg! Dit is ’n teken van nuwe lewe!” Of hulle kan dit tydens ’n lied of die doopherinnering gewoon in stilte vorentoe bring en by die doopvont neersit. Jy kan ook die boekie “Journey, Easter Journey” via Kindle koop en as inleiding vertel. Laai Kindle op jou rekenaar en projekteer dit op die skerm: Mackall/dp/ /ref=tmm_hrd_title_0?ie=UTF8&qid= &sr=1-1 Carolyn Brown herinner ons: The “good news” of Easter is somewhat different for children and for adults. For most children victory over death is not very interesting. The lucky ones have little experience with death, beyond maybe the death of a pet. Those who have experienced the death of someone very near to them know that even on Easter the missed person is still gone. Though most have absorbed some of the culture’s fear of death, few worry about it very often. Similarly, since for children all of life is new every day, Easter claims of new life are not exactly good news. Butterflies, lilies, and eggs that are often presented as new life symbols really make more sense to children as Easter surprise symbols. You don’t expect a butterfly to emerge from a dead-looking cocoon, a flower to grow from a clumpy old bulb, candy to come from an egg, or a dead body to come out a tomb alive again. But on Easter they do. For children, all are good news because they are surprises about what God can do rather than because they are signs of new life. What IS “good news” to children on Easter is … God is proven the most powerful being in the universe. On Friday the bad guys thought they had won. They had killed Jesus and sealed his dead body in a guarded tomb. On Easter, Jesus totally surprised them and blasted out of that tomb proving that God and God’s ways are the most powerful power in the universe. It is the ultimate good guys beat the guys story. Children, who know themselves to be not very powerful and long to be more powerful, relish being allied with the most powerful Easter God. Children find good news in Jesus’ Easter promise to be with us always now and even after we die. Instead of seeing Jesus conquering death, they see Jesus proving that even after we die we will still be safe with God/Jesus. It is simply the way things are. The third Easter message that is good news for children is Jesus’ forgiveness. Conversations about Jesus forgiving everyone included in killing him on the cross and promising to forgive us too make more sense to children than talk about Jesus saving us. html
6
Lewe! Preekriglyn Die skooljuffrou vra die kindertjies in die lentetyd om iets die volgende dag klas toe te bring wat nuwe lewe uitbeeld. Sy wil die kinders meer leer oor die seisoene en siklusse van die lewe. Die volgende dag bring die een outjie hulle gesin se dragtige tefie saam. 'n Dogtertjie bring 'n pragtige, vars roos. Die juffrou is regtig geïnspireer. Duidelik verstaan die kinders waaroor dit gaan. Klein Jannie se beurt breek aan. Hy haal 'n leë vuurhoutjieboksie uit sy tas. Juffrou is verbaas en teleurgesteld. "Hoe wys 'n leë vuurhoutjieboksie ons op nuwe lewe," wil sy by Jannie weet. "Juffrou," sê 'n glimlaggende Jannie, "Jesus se graf was leeg, en dit is 'n teken van nuwe lewe." Jannie is heeltemal reg. Dalk moet ons die skooljuffrou herinner aan Martin Luther se woorde: Die redding en ewige lewe wat Jesus Christus deur sy kruisdood en sy opstanding uit die dood bewerkstellig het, hou nie net heling in vir individue nie – dit is ook die uiteindelike vernietiging van die doodsheid in die hart van die hele menslike geskiedenis. God het die belofte van die opstanding nie net in boeke laat skryf nie, maar ook in elke lenteblaartjie. Die leë vuurhoutjiedosie, die dragtige tefie en die skone roos is alles tekens van die nuwe lewe wat God bring, en dit deur 'n leë graf. Om die waarheid te sê: die oë van geloof weet dat die hele skepping sug na die nuwe lewe van die leë graf. Die versugting is dat dit die hele skepping sal oordek (Rom. 8). Daarom verkondig en roep elke nuwe hondjie, elke blom, elke nuwe blaartjie en elke leë vuurhoutjiedosie die hoop van die leë graf.
7
Hartklop van ons geloof
Die leë graf getuig van Christus se opstanding. Dit is die hartklop van die Christelike geloof, ons geloof. Tog is dit soms of dit vir ons ongelooflik is, ver verwyderd, bonatuurlik. Ons kan dit nie oorvertel nie, nie verkondig nie. Ons is bang andere gaan vir ons lag, skaam om in vandag se rasioneel en moderne tyd dit te vertel; daaroor te praat. Ons Westerse denkwyse maak dit vir ons moeilik om dit werklik te glo, wat nog dit oor te vertel te midde van teorieë oor swaartekrag en die kleinste molekules, wetenskap oor die heelal, die menslike brein. Dit is niks nuut om so te voel nie. Selfs eeue terug in die tweede eeu, het Celsus 'n Griekse filosoof met Origenes gespot oor die "geskinder van die vroue by die leë graf". En ja, selfs die vroue lees ons, die eerste getuies by die leë graf, het verskrik gevlug en vir niemand iets daarvan gesê nie.
8
Feite, werklikheid Feite, werklikheid
Tog, tog was daar 'n leë graf en die opstanding waar en werklik. "Hy is nie hier nie", sê die jongman. Nie onwerklik en verwyderd nie. Dirkie Smit skryf dat as daar geen opstanding was nie, dan was daar ook geen dissipels nie, geen Nuwe Testament nie, geen kerk nie, geen prediking nie. Die vroue wat die eerste Sondagmôre na die kruisiging by die graf aankom, word met hierdie feitelike werklikheid begroet. Hulle wonder nog wie die klip voor die graf gaan wegrol sodat hulle Jesus se liggaam kan versorg, toe loop hulle hul in 'n leë, oop graf vas. Die jongman spreek 'n belydenis uit oor Jesus van Nasaret, wat gekruisig is, wat neergelê is in die graf, wat uit die dood opgewek is: Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. "Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het. Maar gaan sê vir sy dissipels en in die besonder vir Petrus: Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.
9
Aanmoediging Aanmoediging
Die jongman se woorde is 'n aanmoediging vir die vroue en die dissipels. Die vroue fokus op Jesus se dood, maar word bemoedig deur die mededeling dat Jesus lewe. Hulle moenie vrees nie. Die dissipels het almal voor Jesus se kruisiging van Hom weggevlug, vertel die Markusevangelie. Petrus het Jesus verraai. Die aanmoediging is dat Jesus hulle nie verraai en hulle nie verlaat nie. Jesus bly steeds die pad met hulle loop. Daarom sê die jongman die vroue moet "in besonder vir Petrus" gaan sê Jesus wil hulle weer sien.
10
Waar alles begin het Waar alles begin het
Die opdrag is spesifiek om Jesus weer in Galilea te gaan ontmoet. Dit is die noordelike provinsie, waar Jesus sy eerste dissipels geroep het, en waar Hy die skares geleer, wonderwerke verrig en sy dissipels onderrig het. Nou moet hulle teruggaan soontoe. Hulle moet weer onthou alles wat Jesus vir hulle gesê het: "Gaan terug daar waar Hy julle vir die eerste keer bymekaar geroep het. Stap weer die pad met Hom. Onthou sy dade, sy woorde, sy beloftes." Die uitnodiging is ook vir Petrus. In die besonder vir Petrus, die leierdissipel wat Christus verloën, verlaat, weggevlug het sodat 'n moedige raadslid, Josef van Arimatea, sy Here van die kruis moes afhaal, dra en in die graf moes neerlê. Op grond van Jesus se nuwe lewe, en Jesus se trou, is daar herstel vir die dissipels en nuwe lewe vir hulle moontlik.
11
Julle sal Jesus sien Julle sal Jesus sien
Nog meer: "Julle sal Hom sien." Die sien van die lewende Jesus het die dissipels weer nuwe lewe en koers gegee. Hier lees ons nog dat die vroue na die ontmoeting met die jongman, daar in die leë graf, bewend van skrik weghardloop. Ons weet egter dat die ontmoeting met en sien van Jesus hulle verander het. Hulle het van beangste en bewende papbroeke verander in oortuigde gelowiges. Dit is so. Die sien van die opgestane Here, die ontmoeting met die lewende gekruisigde Christus, is wat ons lewe ongelooflik omvergooi en verander. Dit het met die dissipels gebeur. Dit het met Paulus gebeur. Dit het met al die ander geloofshelde in die Nuwe Testament en oor die eeue heen gebeur. Om die opgestane Here te sien, gooi ons eenvoudig omver. Draai ons om. Gee ons nuwe fokus. Nuwe perspektiewe.
12
Elke Sondag nuut Elke Sondag nuut
So word ons elke Sondag opnuut omgedraai. Sondag neem ons weer terug na die leë graf en die nuwe lewe wat daar begin het. Op Sondag word die leë vuurhoutjiedosie oopgeskuif, sodat ons die nuwe lewe nuut kan sien. Sommige sê Sondag is nie 'n gewone dag nie. In teendeel, in die brief van Barnabas (13:9-10) word dit beskryf as die begin van 'n nuwe wêreld. Justinus beskryf die opstanding as die dag waarop God met sy herskepping begin het. 'n Nuwe era. Elke Sondag vier ons dat Christus opgestaan het. Dit is die ritme van ons geloof, van ons lewe.
13
Ons sal Jesus sien Ons sal Jesus sien
Ons wat ook gedurende die week verskrik vlug van die Goddelike opstanding en vir niemand iets van die wonder daarvan vertel nie, word herinner om terug te gaan, weer te gaan lees en dan te gaan vertel: "Hy is nie hier nie". "Hy gaan julle vooruit." Daarom oriënteer die opstanding ons. Elke Sondag. Die eerste dag van die week. Dan word ons herinner aan die regte perspektief, met watter bril ons na die wêreld kan en moet kyk. Ons kyk na die wêreld, ons verwarde en verskriklike wêreld, met die bril van die opstanding. En ons weet Jesus gaan ons vooruit. Ons sal Hom in die week sien, soos Hy vir ons gesê het.
14
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Doopherinnering
Die vroeë kerk het op Paassondag nuwe gelowiges gedoop. Op Paassondag onthou ons dat ons gedoop is. Die doop bevestig dat God ons deel gemaak het van Jesus se sterwe – en dat ons daarom deel het aan Jesus se lewe. Liturg [terwyl gemeente staan]: Jy is ’n geliefde kind van God. Onthou dat jy gedoop is in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Gaan nou en maak ’n verskil in God se wêreld. Hy seën jou om deur jou gawes in die krag van sy Gees vir ander ’n seën te wees. Diegene wat wil, kom vorentoe. Hulle kan of self rustig hul hande in die doopwater druk. Óf die liturg kan ’n kruis met water op hul voorkoppe of handpalms maak. (Verwerk uit: Wepener, Cas en Van der Merwe, Johan (reds.) Ontdekkings in die Erediens. Wellington, Lux Verbi.BM) Terwyl bogenoemde gebeur, sing die gemeente: Lied 403 Christus het opgestaan Gebed Dankoffer Slotsang Lied 417 Jesus, ons eer U of Flam 336 Wie Is Ek Dat U Aan My Gedink Het (My Verlosser Leef) Seën Ontvang die Heilige Gees en God se seën vir julle opdrag: “Ek gee vir julle die ewige lewe en julle sal nooit ooit verlore gaan nie. Niemand sal julle uit my hand ruk nie.” (uit: Wepener, Cas Soos ’n blom na die son draai. Wellington, BybelMedia.) Respons Lied 425 Kyk die Heer het opgestaan of Vonkk 5 Vreugde Vreugde twee laaste reëls: Vreugde! Vreugde! Juig van vreugde want ons Heiland het verrys.
15
Volgende erediens: 1 Johannes 1:1-2:2
Liturgie en Familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekverwerking: Danie Mouton Prosesbestuur: Chris van Wyk
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.