Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Johannes 5:14-29.

Similar presentations


Presentation on theme: "Johannes 5:14-29."— Presentation transcript:

1 Johannes 5:14-29

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Begin hier Ons leer God ken deur by Jesus te begin en te eindig. Dit is soos ʼn informasie-kaart by ‘n winkelsentrum, wat vir jou sê jy is nou hier en vandaar kan jy jou pad vind. Jesus sê Hy is die beginpunt as jy die Vader wil leer ken (:19, 20). Agter wie loop jy aan? Terwyl ‘n ma eendag staan en kos maak en die skaapboud uit die oond haal, vra haar dogter aan haar: “Ma hoekom sny ma die punt van die skaapboud af voordat ma dit in die pot sit.” Haar antwoord was: sodat dit sagter kan wees. Die dogter was nie baie tevrede met die vraag nie en wou ‘n verduideliking hê wat meer sin maak. Haar ma het haar verseker dat ‘n skaapboud waarvan die punt afgesny word, baie lekkerder is as wanneer jy dit aan los en het haar ook verseker dat sy dit al die jare so doen, want dis die regte manier. Toe die dogter ‘n meer wetenskaplike antwoord soek, het die ma uit moedeloosheid gesê: “Gaan vra vir ouma. Ek het by haar geleer kos kook en sý het dit al die jare só gedoen. So het ek dit ook leer doen.” Groot was die dogter se verbasing toe ouma antwoord: “Die rede hoekom ek al die jare die punt van die skaapboud afgesny het, is baie eenvoudig. Daardie jare was ons baie arm en ouma het nie ‘n groot genoeg pot gehad dat die hele skaapboud daarin kon pas nie. Daarom moes ouma maar die punt afsny.” Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so.

4 Sing of luister na  “When the music fades” (Heart of worship) waarin Jesus as die fokuspunt gestel word.

5 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in.
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in.

6 Kol 1:15-20 Raak bewus van Jesus wat die ‘foto’/beeld/ikoon van God is. Lees as votum Kol 1:15-20

7 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

8 “Dit verseker Ek julle:
Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.” Gebed voor die Skriflesing Joh 5:24

9  Lees die teks en herhaal vers 19 en 20.
Sy Joodse gehoor sou dadelik geweet het, dit roep Num16 vers 28 op... Dit het as agtergrond ‘n gelykenis wat bekend was aan die mense in die tyd van Jesus. ’n Vakleerling wat sy ambag leer by ’n meester in sy winkel. In Palestina was dit so dat ’n seun sy ambag by sy pa leer deur hom na te boots - hy doen wat sy pa doen. Jesus het in ‘n timmerman se huis grootgeword Matt 8:55) en was self ’n timmerman (Mark 6:3) Die beeld wat Jesus hier gebruik is dus van ’n Seun wat Sy pa sien dinge doen het en wat Hy nou bloot net naboots. Hy brei daarop uit – die eerste ding wat Hy by Sy Pa gesien het in vers 21- Jesus gee lewe nes Sy Pa. Enkele opmerkings: (1) Anders as die Sinoptiese Evangelies gee die Vierde Evangelie nie Jesus se woorde in kort gesegdes en gelykenisse weer nie. Johannes se Jesus praat eerder in lang diskoerse wat soms baie moeilik is om te volg. (2) Die diskoerse volg dikwels op 'n wonderteken wat Jesus gedoen het. In die geval van 5:14-29 het Jesus 'n ou wat 38 jaar lank verlam was op die Sabbat genees. Wat die diskoers betref help dit as jy die logiese lyn daarvan as volg plot: Vers 16. Aanloop tot die gesprek: Die Jode is kwaad omdat Jesus op die Sabbat genees het. [Kantaantekening: om te verstaan net hoe ernstig die Jode oor die Sabbat was dink aan Jesus se woorde in Matteus 24:20 dat die dissipels moet bid dat die groot verdrukking nie op 'n Sabbat moet plaasvind nie want dan sou hulle tot die volgende dag moet wag voor hulle kan vlug. Met ander woorde die einde van die wêreld breek aan en die ouens hardloop nie want dis 'n Sabbat!]. Vers 17. Jesus antwoord dat sy Vader nog altyd op die Sabbat gewerk het, en dat Hy doen bloot wat sy Vader doen. Die Jode het naamlik geglo dat God op die Sabbat werk aangesien die tipiese dinge wat Hy alleen kan doen, steeds op die Sabbat plaasvind (kinders word nog gebore en reën val nog). Anders as die 7de dag het God dus nie gerus op die Sabbat nie. Van mense is egter verwag dat hulle moet rus. Vers 18 – Jesus se antwoord het die Jode so kwaad gemaak dat hulle Hom wou vermoor. Waarom? Omdat Hy nie alleen God sy Vader genoem het nie, maar ook daarop aanspraak gemaak het dat Hy ook soos sy vader mag optree. Daaruit lei die Jode af dat Hy Homself aan God gelyk stel (5:18). Let op die hoë Christologie wat Johannes hier via Jesus se opponente aan die orde stel. In die gedeelte sal Jesus verklaar dat Hy aan God gelyk is (5:18); dat Hy die ewige lewe gee (5:24); dat Hy die bron van die lewe is (Joh. 5:26) en dat Hy oor die sonde sal oordeel (5:27). Hy het ook daarop aanspraak gemaak dat Hy self God is deur God sy Vader te noem. Vers 19 – Jesus se antwoord op die aanklag is om 'n spreekwoord aan te haal wat gesê het dat 'n seun net kan doen wat sy vader gedoen het. In Jesus se tyd het seuns hul ambag by hulle vader geleer. Al wat Jesus gedoen het was om God se "ambag" te beoefen. Wat is sy Vader se ambag? Om mense te vergewe en hulle te genees. En om lewe te bring waar daar dood is. Dit het Hy nie 9 tot 5 vir 6 dae 'n week gedoen nie, maar 24 uur elke dag van die week. Om die rede werk Jesus selfs op die Sabbat. Vers – Jesus gaan egter nog verder – sy pa het Hom alles geleer omdat Hy sy seun lief het. Niks gee 'n pa groter plesier as om te sien dat sy seun sy ambag baasraak en dit oortref nie. Daarom sal Jesus groter dinge as sy Vader doen. In lyn met sy Vader sal Jesus daarom dooies (soos Lasarus) lewend maak (vers 21), terwyl sy pa aan Hom die laaste oordeel sal oorlaat. Die uitspraak bewys dat die Vader volkome vertroue in sy Seun se oordeelsvermoë het (vers 22). Vers 23 - Slotsom van die argument: Dit is nie Jesus wat God oneer aandoen nie. Inteendeel dit is die Jode wat in hulle poging om vir God op te kom in werklik Hom oneer aandoen deur sy Seun te beledig.

10 Luister na mekaar God maak ons ‘n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons.

11 “Follow the leader”. Bespreek:
Wat het met jou gebeur toe jy die teks gehoor het? Wat gebeur met jou as jy na die prentjie kyk? (Onthou dat daar geen regte of verkeerde reaksies/antwoorde is nie).

12 Woorde wek, maar voorbeelde trek
1.         Speletjies om te speel 1.1.         Mimiek speletjie Sing die liedjie “Standup and Shout out if You Love my Jesus” Vra wie die liedjie met sy bewegings ken. Leer hulle dit net deur dit te demonstreer. As hulle dit ken, verander die bewegings soos om jou arms op te tel (in die plek van die opstaan) en dit weer langs jou sye te hou (in die plek van die gaan sit). 1.2.         Knope leer Roep 5 kinders tussen die ouderdom van 8-10 vorentoe, maar hulle moet skoene met veters aan hê. Sê vir hulle jy gaan nou vir hulle ‘n nuwe knoop leer. Verduidelik dit dan net mondelings en kyk hoe hulle sukkel, die tweede rondte demonstreer jy dit en laat hulle dit stap vir stap agter jou aan doen. Ek moet dit nou aan jou verduidelik en daarmee sal jy agterkom hoe moeilik dit is (dit sou makliker gewees het as ek dit kon wys) Maak ‘n gewone knoop met die enigste verskil dat jy die een tou nog ‘n slag deurdruk. Jy het nou die twee veters wat 2 keer om mekaar gedraai is. Trek dit styf. Die ekstra draai sal maak dat jy dit kan styftrek en dat dit so bly. Neem nou al twee los veters in een hand. Maak ‘n lus met al twee veters saam; druk die los punt deur die lus en maak dan weer ‘n lus met die los punt. Druk nou die los punt weer deur dieselfde lus sodat, indien jy die los punt trek, die veter sal ontknoop en net die oorspronklike knoop (wat tweekeer omgedraai is) sal oorbly. Demonstreer dit nou stap vir stap. Dis presies wat die Bybel sê Jesus doen met die Vader. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so. Dis ook hoekom Jesus aarde toe gekom het en vir ons gewys het wat ons moet doen. Gebruik enige van bogenoemde om te illustreer hoe woorde wek, maar voorbeelde trek.

13 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagte kante af te hoor

14 Bono – U2 Illustrasie: Larry King het ‘n onderhoud met Bono, die hoofsanger van U2 gehad. Hier is van diep goed wat Bono, ’n Christen, op die program kwytgeraak het: "My mother was a Protestant, my father was a Catholic. And I learned that religion is often the enemy of God, actually. And religion is this sort of artifice, you know, the building after God has left it sometimes, like Elvis has left the building. You hold onto religion: rules, regulations, traditions. I think what God is interested in is people's hearts, and that's hard enough. Religion often reduces the size of God. God is so big. The idea that God might love us and be interested in us is kind of huge and gigantic but we turn it into this tiny, petty, often greedy version of God, that is religion."

15 “Life is not measured by the number of breaths we take, but by the places and moments that take our breath away. Anoniem. Die Fariseërs was so behep met godsdiens dat hulle blind was vir die lewe wat God vir hulle en vir MENSE soos die siek man by Betesda, gegee het. Godsdiens laat jou vlak asemhaal, laat jou bietjies vir bietjies lewe, geloof laat jou die lewe diep inasem en voluit lewe... “Life is not measured by the number of breaths we take but by the places and moments that take our breath away.– Anoniem. Dis die soort lewe wat Jesus gee. Jesus gee lewe wat hou - ewig hou

16 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

17 Babe Ruth (beroemde bofbalspeler)
Tweede ding wat Hy doen soos Hy gesien het sy Pa doen, is vs : Jesus is die regter. Illustrasie: Op ‘n keer het die skeidsregter, Babe Pinelli, beslis dat die beroemde Babe Ruth uit is. Babe Ruth het op Pinelli geskreeu: “Daar is 40,000 mense hier wat weet dat die laaste een ’n bal was, tamatie-kop!” Pinelli het rustig vir Babe Ruth geantwoord: “Miskien is dit so, maar my mening is al mening wat saak maak!” Daar is net een opinie wat geld en dit is wat God sê-Hy is die regter! In vers 24 spel Jesus die gevolge van iemand se geloof in sy woorde uit (1) Hy het die ewige lewe, (2) hy word nie veroordeel nie en (3) hy het reeds van die dood na die lewe oorgegaan. Die laaste paar verse van die perikoop is uiters moeilik. 'n Eenvoudige uiteensetting van die argument in die verse lyk so: Vers 25 - Daar is 'n tyd van beslissing wat deur Jesus se bediening ingelei is wat aan mense wat nog lewe die keuse gee om te glo of om nie te glo nie. Wie glo staan dus uit die geestelike dood op. Hulle het reeds die ewige lewe ontvang (vers 24). Vers 26 - God het aan Jesus die mag gegee, waaroor Hy as Vader beskik, om die (ewige) lewe aan mense te gee. Vers 27 - Hy het egter ook die mag om te oordeel aan Jesus gegee. Vers Daarom kom daar ook 'n tyd wanneer Hy ook oor die dooies sal oordeel. Die in die grafte (vers 28) moet letterlik verstaan word en die dooies in vers 25 figuurlik as lewende ongelowiges. Waar dié in die grafte volgens hulle dade geoordeel word, word die wat Jesus se woorde hoor op grond van hulle geloof daarin hanteer. Daar moet ook verstaan word dat die tye van vers 25 en 28 nie dieselfde tyd is nie. Die eerste dui op Jesus se bediening en die tweede op die eskatologiese oordeel. Wanneer die NT oor die laaste oordeel praat, kom dade telkens op die voorgrond deurdat mense volgens hulle dade geoordeel word (Matt. 16:27; 25:46; 2 Kor. 5:10). Die rede is dat dade bewys lewer van die innerlike gesteldheid van die mens: die goeie boom bring goeie vrugte voort, en die slegte boom slegte vrugte (Matt. 7:17–18; 12:33). Die lewe wat iemand lei, lewer dus getuienis van die geloof wat in hom is. Soos Jakobus dit stel is daar net een tipe ware geloof en dit is daadgeloof. Wie die woorde van Jesus glo, sal hom of haar in Jesus se ambag bekwaam. En hier is dit belangrik om te verstaan dat Jesus nie net 'n teoloog was wat oor God gepraat het nie. Johannes se koppelinge van die wondertekens (dade) en Jesus se diskoerse bevestig dit herhaaldelik. Jesus het altyd dade gedoen wat in lyn met sy woorde was. Meestal het Hy eers gedoen en dan gepraat. Ons moet daarom nie net reg dink oor God nie (in Hm glo nie), maar ook reg leef soos Hy van ons verwag.

18 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

19 In C. S. Lewis se The Chronicles of Narnia beskryf hy hierdie lewe kreatief en hoe hierdie ewige lewe sal wees: Aan die einde van Lewis se boek The Last Battle, vertel Aslan die Leeu (wat Jesus voorstel) aan Peter, Edmund, en Lucy dat daar ’n treinongeluk was en dat hulle dood is. Dis hoe Lewis dit pragtig beskryf: “And as he [Aslan] spoke he no longer looked to them like a lion; but the things that began to happen after that were so great and beautiful that I cannot write them. And for us this is the end of all the stories, and we can most truly say that they all lived happily ever after. But for them it was only the beginning of the real story. All their life in this world and all their adventures in Narnia had only been the cover and title page: now at last they were beginning Chapter One of the Great Story which no one on earth has read: which goes on for ever: in which every chapter is better than the one before.”

20 Ons besluit op ‘n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het.
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ‘n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het.

21 Belydenis:  Flam 7 Here, ek vergeet so gou (opgeneem op Flam 1 – snit 12)

22 “Like father, like son” Soos die ouer, so die kind

23 ‘n Ekstra beeld wat jy dalk iewers kan gebruik.

24 LUISTER DOELGERIG diensbaar – Malan Nel
1ste Produk vir Seisoen van Luister – Dubbel DVD LUISTER DOELGERIG diensbaar – Malan Nel R169.95 Nou beskikbaar. Bestel vandag: 0860 BMEDIA


Download ppt "Johannes 5:14-29."

Similar presentations


Ads by Google