Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byÉlise Piché Modified over 6 years ago
1
Psalm 148 1 Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel! 2 Prys Hom, alle engele, prys Hom, alle hemelwesens! 3 Prys Hom, son en maan, prys Hom, alle sterre! 4 Prys Hom, hoogste hemele, en waters in die hoë hemelruim! 5 Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel en hulle is geskep; 6 Hy het hulle vir altyd hulle vaste plek gegee, vir hulle 'n orde neergelê waarbuite hulle nie kan beweeg nie. 7 Prys die Here van die aarde af, seediere en al die oseane, 8 weerlig en hael, sneeu en miswolke, stormwind wat sy opdrag gehoorsaam, 9 berge, al die heuwels, vrugtebome, al die seders, 10 wilde diere, al die vee, al wat kruip of vlieg, 11 konings van die aarde, alle volke, vorste, alle regeerders van die aarde, 12 jong manne en meisies, grysaards saam met seuns! 13 Laat hulle die Naam van die Here prys, want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel. 14 Hy het aan sy volk mag gegee. Dit is die roem van al sy troue dienaars, die Israeliete, die volk naby wie Hy is. Prys die Here!
2
Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God
3
“Staak dit, Beebe, ek voel nou klein genoeg!”
William Beebe, ’n wetenskaplike, het eenmaal saam met Pres. Teddy Rooseveldt na die sterrehemel gestaan en kyk. Die teleskoop is op ’n dowwe ligkolletjie in die linkerhoek van die groot vierkant van Pegasus gerig: “Teddy, dis die Andromeda, dis so groot soos ons melkweg. Dis een van ’n honderd miljoen dergelike melkwegstelsels. Dis sewe honderd en vyftig duisend ligjare ver van ons aarde...” Teddy het hom onderbreek met die woorde: “Staak dit, Beebe, ek voel nou klein genoeg!”
4
Flam 23 Prys Die Here (RUBRIEK: Nuwe Gemeentesang – Lof) Teks en Musiek: Rhe Janse © Brettian Productions (Opgeneem op Lentereën - Willie Joubert) (Psalm 148) 1. Prys die Here vanuit die hemele; prys die Here alle engele; prys Hom son en maan, prys Hom alle sterre! Prys die Here en sy grote Naam! 2. Prys die Here van die aarde af, uit die see en van die berge af. Prys Hom bome, diere, plante en riviere. 3. Prys die Here alle volke saam; mans en vroue, prys die Heer se naam. Prys Hom konings, vorste, oud en jonk tesame. 4. U’s my Here en ek prys U Naam; U’s verhewe, hoor my loflied aan. Heer, U majesteit strek oor aard’ en hemel; U’s my Here, en ek prys U Naam! Alle Flam-liedere is gratis aflaaibaar vanaf Liedere mag egter net geprojekteer of gekopieer word indien u gemeente oor die nodige CCLI-lisensie beskik.
5
Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
6
Vir die kinders: Die Psalm verduidelik dat alles wat geskep is die lof van God besing. ’n Kollega vertel dat daar ’n man in sy gemeente is wat saam met sy vrou met hulle seiljag reg rondom die wêreld gevaar het. Die man het altyd ’n mikroskoop op sy jag gehad. Hy vertel hoe hy eendag toe hulle baie vêr weg van land af, heeltemal afgesonderd, gevaar het, van die seewater geskep het en dit onder die mikroskoop bekyk het. Tot sy groot verbasing het hy die wonderlikste kleure en patrone en formasies gesien. So mooi dat hy net meer en meer daarna wou kyk. Na die tyd het hulle baie daaroor gedink en gewonder hoekom al hierdie wonderlike prag en skouspel so vermors lê in die diepte van die oseaan, want min mense kan dit ooit sien en waardeer. Toe besef hulle dat die Here dit vir Homself gemaak het en dat Hy dit dag na dag geniet. Al die prag en skoonheid maak Sy naam groot en sing ’n loflied tot Sy eer. Net so is alles wat mooi en goed is rondom ons, ook besig om die eer aan God te bring. Deel vir die kinders skryfgoed en papier uit en vra dat hulle ’n prentjie van iets moet teken wat hulle dink ’n loflied vir God is. “In this image of seawater, taken on a special microscope used to view fluorescent light, tiny marine plankton called diatoms (green and light pink) swarm around rod-shaped (bright pink) and filamentous (blue) bacteria. Photo: Nicole Webster”
7
Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
8
Psalm 148 – ’n Duet vir hemel en aarde
In plaas daarvan om bloot net die teks te lees, kan jy die Video wys wat jy hierdie week saam met die PowerPoint kan aflaai. Vra mense om nie in hul Bybels te volg nie, maar om die teks in die Video te beleef. Indien die tyd dit toelaat, kan jy dit gerus twee keer speel, sodat mense meditatief kan luister. (Die agtergrond is ’n reeks foto’s wat die heel nag van die sterrehemel geneem is, noord van Windhoek.) Psalm 148: Prys die Here – ’n duet vir hemel en aarde: In die lofpsalm versamel die psalmis letterlik almal en alles as koor om die Here te loof omdat Hy die Skepper (vers 5) en orde-gewer van alles is (vers 6). Die Psalm is ’n loflied, want dit begin en eindig met halleluja en dit word in vers 14 eksplisiet ’n “loflied” genoem. Die sleutelwoord halleluja word nie minder nie as 13 keer in die psalm gebruik! Die eerste deel van die koor bestaan uit die inwoners van die hemele. Let op die meervoudsvorm. Die voorstelling wat in verse 1 en 4 van die hemel gemaak word, is dat dit uit verskillende vlakke bestaan. In vers 4 word daar byvoorbeeld van “die hemel van die hemele” of die “allerhoogste hemel” gepraat[1]. Daar is ook ’n hoë hemelruim vanwaar die reën vandaan kom. In die hemele woon God se “boodskappers” (vers 2). Die hemele, die hoë hemel (vers 1), is volgens die psalmis se siening dus in drie verdeel: die sterrehemel met die son en die maan daarby (vers 3), dan die hoogste hemele (vers 4a), en heel bo die hoë hemelruim met sy waters (vers 4b; 29:10; Gen. 1:7), met die troon van God dáár bo (Ps 104:3). Die belangrikheid van die hemelse koor is dat dit daarvan getuig dat anders as die geval met die heidense volke wat die son, maan en sterre as gode beskou het, hulle volgens die psalmis skepsels van God is wat voor Hom moet buig en Sy lof moet besing. Ons kan nie met ons stemme God genoeg loof nie – ons het hulp nodig. Eers as die hele skepping en hemele saamsing, bring ons aan God iets van die lof wat Hom toekom. Die Psalm gee twee redes vir die lof wat met die woord ‘want/omdat’ ingelei word in vers 5. Hulle moet naamlik die Naam van die Here loof (d.w.s. God self waar Hy teenwoordig is) omdat Hy hulle by die skepping gemaak het deur sy woord (vers 5b) en omdat hulle ooreenkomstig sy orde ’n vaste plek en baan het waarlangs hulle moet beweeg (vers 6). Vanaf vers 7 tot 12 word die inwoners van die aarde – die mens en die natuur – uitgenooi om saam te sing met die hemele. Alle bewoners van die see (vers 7), lug (vers 8) en land (vers 9–12) moet God loof. Selfs die chaosmagte moet saamdreun (vers 8). Selfs vyandige magte uit die verre verlede, naamlik seemonsters en vloedwaters word opgeroep om God te prys. Alle mense – ongeag hulle stand, geslag en ouderdom moet ook saamsing (vers 11-12). Let op dat vanaf vers 9 af alles in pare wat teenoor mekaar staan, genoem word: berge en heuwels; vrugtebome en sederbome; wilde diere en mak diere; wurms en voëls. Dis interessant dat die doderyk doelbewus uitgelaat word – hulle sing nie saam nie (vgl. 6:6; 30:10). Ten slotte word die oproep van vers 5a herhaal met ’n rede (want sy Naam alleen is hoog verhewe). God kan dus nie met ander gode vergelyk word nie - Sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel. Die Psalm eindig in vers 14 met ’n onderskrif wat die eintlike rede vir die loflied van die ganse skepping verskaf. God het naamlik “Israel se horing verhef” as teken van Sy mag en sterkte onder die volke. Om “misverstand! te vermy het die NAV “ramshoring” met “mag” vertaal –[2] (OAV - En Hy het ’n horing vir sy volk verhef: ’n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!). Daar gebeur dus iets wonderliks deurdat die loflied vir die Here ’n loflied vir Israel word. Hier vind ons vanweë die verbondsverhouding tussen die Here en Israel dat Israel selfs die voorwerp van lof word.[3] [1] Klaarblyklik kan daar selfs in die hemel ouens wees met ’n beter adres as jy - maar dalk moet jy dit nie van die kansel af sê nie! [2] Volgens Kraus is niemand werklik seker waarom ’n ramshoring (geblaas of gedra?) in Psalms 75:5, 10; 89:17, 24) as ’n simbool van mag gesien is nie. [3] Psalms , c ste uitg. Skrifuitleg vir Bybelstudent en gemeente (Ps 148:1). NG Kerk Uitgewers: Kaapstad
9
Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons
10
Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
11
Luister weer na God se Woord
’n Paar moontlike illustrasies (in volgende skyfies) om hierdie gebed oop te maak tydens die erediens. Vier hierdie gebed deur sang wat deurweef word met hierdie illustrasies: Kant-aantekeninge: Hierdie Psalm vee sommer met een klap engele asook sterreaanbidding, van die tafel. Hy sê engele en sterre aanbid saam met ons vir God! Engele is mede-diensknegte van God (lees Openbaring 22:8 ev). Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
12
Gerubs en serafs Die ou Joodse geskrifte vertel vir ons van ’n rangorde van sewe soorte engele: Die gerubs is die tweede hoogste in hierdie rangorde, want hulle het volmaakte kennis van God. Die serafs is die hoogste in die rangorde, want hulle het volmaakte liefde vir God. Dit is hulle wat dag en nag voor die troon van God sing “Heilig, heilig, heilig ....”
13
Die lofprysing van die serafs
Die serafs, so sê die legende vir ons, word gebore uit die stroom vuur wat onder die troon van God uitkom. Wanneer hulle die eerste “Heilig!” gesing het, vlam die liefde in hulle harte so sterk op dat hulle in vlamme uitbars en heeltemal uitbrand. Hulle moet dan eers weer onder die troon van God gebore word om die volgende “Heilig!” te kan sing. So herhaal die proses hom oor en oor en oor… dis lofprysing!
14
Almal moet die Here prys!
Gaan tel maar ’n slag hoeveel keer die woorde “alle...” of “al die...” in Psalm 148 gebruik word. Die Psalm nooi almal uit om God te kom prys. Dit werk so: dit begin by die hemel en, wanneer almal daar ’n uitnodiging gekry het, begin hy van ’n kant af die hele skepping deurwerk. Die laaste uitnodiging gaan aan die mens. Almal - jy ook - moet die Here prys. Alles moet God se lof besing.
15
Sing lofliedere Sing hier ’n paar lofliedere
16
Lank terug het ’n klein seuntjie wat nog nooit by ’n sirkus was nie, gehoor die sirkus kom na sy dorp toe. Met sy geldjie in sy hand is hy dorp toe. Toe hy daar kom, gaan staan hy saam met die mense in die strate. So sien hy die optog van die sirkus deur die dorpstrate. Al die sirkus-diere, asook die sirkus-orkes wat al spelende deur die strate loop. Laastens het die narre verbygekom. Die seuntjie was so opgewonde dat hy sy geld vir ’n nar gegee het. Hy het gedink hy het die sirkus gesien, terwyl hy net die optog beleef het. Hy is toe huis toe! Baie mense gaan so deur die lewe, hulle sien net die optog van die geloof op ’n Sondagmôre in die kerk en wonder waaroor gaan die bohaai! So mis hulle die punt! ’n Verhouding met Jesus Christus gee aan jou lewe betekenis en wil, soos Psalm voorstel, van jou hele lewe ’n lof-simfonie maak.
17
“Oh Lord, I want to See You more clearly, Love You more dearly,
Follow You more nearly, Day by day.” Daarom is jou doelwit om daagliks in jou geloof te groei. Hoe? Maak soos een van die liedere in die musiek blyspel oor Jesus, Godspell, sê: “Oh Lord, I want to See You more clearly, Love You more dearly, Follow You more nearly. Day by day.”
18
“Praise from all who love God! Israel’s children,
intimate friends of God, Hallelujah! (Psalm 148:14- The Message) “Praise from all who love God! Israel’s children, intimate friends of God, Hallelujah!( Psalm 148:14- The Message).
19
Eendag sal God weer by ons woon…
Openb. 21:3 In die laaste vers hoor ons die woorde “die volk naby wie Hy is.” In Openbaring 21:3 lees ons dat God eendag vir altyd by ons sal woon - nog een van Sy beloftes wat God waar sal maak!
20
John and Elaine Beekman het sendingwerk onder die Chol Indiane in Meksiko gedoen. Hulle het op donkies en met kano’s gery om by hierdie stam uit te kom. Na 25 jaar se vertaalwerk, het hulle die Nuwe Testament in die Chol taal uitgebring! Vandag is dit ’n groeiende kerk met 12,000 lidmate. Wat baie interessant is, is dat die Chol Indiane nie geweet het hoe om te sing nie! Sang was nie deel van hulle stam-tradisies nie. Die gelowiges onder die stam staan nou bekend as die ‘sangers’. Hulle is lief om te sing, want hulle het iets om oor te sing - Jesus! Hoe meer ons groei, hoe meer het ons rede om te sing. Ja, groei sodat ons intieme vriende van God sal wees wat Hom bo alles liefhet. Dis ’n lewenslange storie!
21
Toe hulle vir die skrywer Longfellow vra hoe bly hy kreatief al is hy oud, het hy na ’n appelboom gewys en gesê: “That apple tree is very old, but I never saw prettier blossoms upon it. The tree grows new wood every year, and out of that new wood those blossoms come. Like the apple tree, I try to grow a little new wood every year.” Hoeveel geloofsbloeisels is daar aan jou en my?
22
Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig
23
Sing nog lofliedere
24
Alle Flam-liedere is gratis aflaaibaar vanaf www. flam. co
Alle Flam-liedere is gratis aflaaibaar vanaf Liedere mag egter net geprojekteer of gekopieer word indien u gemeente oor die nodige CCLI-lisensie beskik. Flam 24 As ek die hemel aanskou (Psalm 8) (Rubriek: Nuwe Gemeentesang – Verwondering) Teks en Musiek: Rhe Janse © 2005 MAR Gospel Music Publishers 1. As ek die hemel aanskou, die werke van U vingers, maan en sterre aanskou, dan voel ek so gering Heer. Wat is die mens dan dat U aan hom dink? Wat is die mens dan dat U na hom omsien? 2. U laat ons heers oor U werk, die werke van U hande, dis aan ons onderwerp, die see, die lug, die lande. Wat is die mens dan dat U na om omsien? O Heer, ons Heer, hoe wonderbaar U Naam; O Heer, ons Heer, juig, aarde, Roem sy Naam! O Heer, ons Heer, hoe wonderbaar U Naam; O Heer, ons Heer, juig aarde, Roem sy Naam! Ons roem U Naam, ons roem U Naam.
25
Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
26
En sing nog lofliedere
27
Alle Flam-liedere is gratis aflaaibaar vanaf www. flam. co
Alle Flam-liedere is gratis aflaaibaar vanaf Liedere mag egter net geprojekteer of gekopieer word indien u gemeente oor die nodige CCLI-lisensie beskik. Flam 1 Die hemel juig (Rubriek: Nuwe Gemeentesang – Lof/Verwondering) Teks en Musiek: Noel en Tricia Richards © 1987 Kingsway Thank You Music 1. Die hemel juig, getuig van al U grootheid Heer. Die skepping buig in aanbidding voor U neer. Ja, tot in ewigheid sal ons U lof besing Aan U daar op die troon, ons hulde altyd bring. 2. Ons wil verklaar: U is die opgestane Heer; U is die Lam wat vir ewig sal regeer Aan U daar op die troon ons hulde altyd bring
28
Nuwe luister-produk God praat – leef luisterryk
Vir gesprek oor sensitiewe kwessies + DVD Praat saam oor 15 issues wat krap Op die punt af In die kol Bestel by: 0860 BMEDIA Prys: R79.95
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.