Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
2
Jaar C, 2de Sondag van die Epifanie
Johannes 2:1-11 Jaar C, 2de Sondag van die Epifanie Johannes 2: de Sondag van die Epifanie .org.za
3
PP-agtergrond voorstel
Die deurlopende PP-agtergrond (die PowerPoint Background Image) And when you get the choice to sit it out or dance. I hope you dance... I hope you dance. Die verhaal van die bruilof herinner ons daaraan dat volgelinge van Jesus die lewe kán en móét geniet! Moenie uitsit nie, dans! Jesus die wynmaker 3
4
PP-agtergrond voorstel
Die deurlopende PP-agtergrond (die PowerPoint Background Image) And when you get the choice to sit it out or dance. I hope you dance... I hope you dance. Die verhaal van die bruilof herinner ons daaraan dat volgelinge van Jesus die lewe kán en móét geniet! Moenie uitsit nie, dans! Jesus die wynmaker 4
5
PP-agtergrond voorstel
Die deurlopende PP-agtergrond (die PowerPoint Background Image) And when you get the choice to sit it out or dance. I hope you dance... I hope you dance. Die verhaal van die bruilof herinner ons daaraan dat volgelinge van Jesus die lewe kán en móét geniet! Moenie uitsit nie, dans! Jesus die wynmaker 5
6
Johannes 2:1-11 fokusteks God versamel ons en ons is bly
1 Op die derde dag was daar ’n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. 2 Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi. 3 Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” 4 Maar Hy sê vir haar: “Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.” 5 Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.” 6 Daar het ses klipkanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou. 7 Jesus sê toe vir die kelners: “Maak die kanne vol water.” Hulle het dit tot bo toe volgemaak. 8 Toe sê Hy vir hulle: “Skep nou daarvan uit en gaan gee dit vir die seremoniemeester.” Hulle het dit gedoen. 9 Die seremoniemeester het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar die kelners wat die water uitgeskep het, het geweet. Toe die seremoniemeester die water proe wat wyn geword het, roep hy die bruidegom 10 en sê vir hom: “’n Mens sit gewoonlik eers die goeie wyn voor, en as die mense goed gedrink het, dié van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe teruggehou.” 11 Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom. 6
7
God versamel ons en ons is bly
fokus op God Fokus op God
8
Raak bewus van God se wonders rondom jou
Augustinus skryf dat Jesus se wonderwerk van water in wyn kom as geen verrassing vir hulle wat weet dat dit God is wat dit gedoen het nie! By die troue die dag maak Hy wyn in die ses water potte wat met water gevul is, maar Hy doen dieselfde ding elke jaar in wingerde! Die kelners het die water in potte gegooi en Hy het dit in wyn verander. Op dieselfde manier verander Hy in wyn, die water wat uit die wolke val. Maar dit verras ons nie, want dit gebeur elke jaar! Die Here het sekere buitengewone dinge teruggehou vir Homself om te doen, om ons wakker te maak met wonders om Hom te aanbid! Die wonder wat die reël breek herinner ons dat die reël self wonderbaarlik is! Miskien wil die teks vandag ons weer help om ons “sense of wonder” te herontdek! Sulke bewustheid lei weer tot ’n voortdurende dankbaarheid by ons. 8
9
“Children are grateful when Santa Claus puts in their stockings gifts of toys or sweets. Could I not be grateful to The Lord when He put in my stockings the gift of miraculous legs?” Soos Chesterton sê: “Children are grateful when Santa Claus puts in their stockings gifts of toys or sweets. Could I not be grateful to The Lord when He put in my stockings the gift of miraculous legs?” Chesterton
12
Die volgende strokiesprent BC van Johnny Hart kan ook help:
Soms maak selfs God se wonders ons nie wakker nie...
13
Age only matters if you're a cheese. Miracles happen every day.
The Real Facts of Life Age only matters if you're a cheese. Miracles happen every day. Iewers gelees van “The Real Facts of Life.”: 1. Age only matters if you're a cheese. (Daarom leef jou oorvloed Jesus-lewe voluit). 2. Miracles happen every day. (Maak net jou oë daarvoor oop). Anoniem
14
God versamel ons en ons is bly
familie-oomblik Familie-oomblik 14
15
God verander verleenthede in geleenthede
Voltooi die volgende Afrikaanse gesegdes: Gee vir die kinders die 3 opsies en laat hulle die spreekwoord voltooi. Jy het my hoof vol __________ gelaai Jy maak my ______ rooi van skaamte Jy het my in die _________ gesit (oë, kole, vuur) Jy het my hoof vol __kole_ gelaai Jy maak my _vuur_ rooi van skaamte Jy het my in die _ oë _ gesit. Vra vir die kinders wat die betekenis van die gesegdes is. Beteken dit: a) Jy maak my kwaad b) Jy maak my verleë c) Jy maak my opgewonde Antw.: b) Dis wat Jesus geweet het die bruidegom moes voel toe die wyn opgeraak het. Dit was die ergste wat jy aan jou gaste kon doen en die verleentheid op hom en die familie sou baie groot gewees het. Jesus kom en vat mense se verleentheid weg en met Sy krag maak Hy daarvan ’n geleentheid. Dink aan tye toe jy baie verleë was: Weet dat Jesus daarvan geleenthede kan maak. Dit is wat Jesus vir die bruidegom gedoen het. 15
16
God versamel ons en ons is bly
loflied Kom, Jesus, kom Loflied
17
F142 Kom, Jesus, kom is deur Retief Burger opgeneem op die Luidkeels I CD. Die bladmusiek kan afgelaai word deur op die ikon te kliek: F142. Kom, Jesus, kom! (RUBRIEK: Kontemporêr – Gebed, Hoop en voleinding) Teks en Musiek: Retief Burger © 2005 Urial Publishing (Op 19:6-9; Op 22:16-21; 2 Kor 5:6-9) Here van die Heiliges, U wat was en U wat is, Ek sal sing, ek sal sing U liefde sal vir ewig staan, u liefde sal ook my kom haal ek sal sing, ek sal sing Die Gees en die Bruid roep uit, ons wag, ons smag ons verlang na U Heer, na U Heer Refrein: Kom, Jesus, kom vir u bruid vir hierdie mens wat voor u staan Kom, Heil'ge Gees, en reinig ons vir die bruilof van die Lam Jesus kom, Jesus kom, Jesus kom tog gou! Kom! Here van die ewigheid, oorwinnaar van die laaste stryd U liefde sal vir ewig bly, die dag sal kom, die nag verdwyn Ek sal sing, Ek sal sing
18
God praat met ons en ons luister
Woord uitleg Woord uitleg
19
Johannes 2:1-11 Jesus die wynmaker Jesus die wynmaker
Historiese konteks Met die bruilof in Kana (ongeveer 14 km Noordoos van Nasaret) verrig Jesus sy eerste wonderteken (2:11) in die Johannes evangelie. As sulks is dit die eerste van die “groter dinge” wat in 1:50 aan Natanael belowe is. Die wonder self gebeur dan ook in Natanael se geboortedorp (21:2). Die konteks vir Jesus se eerste wonder, is ’n bruilof. In Nuwe-Testamentiese tye kon ’n bruilof tot ’n week duur en was die hele gemeenskap betrek by die feesviering. Jesus, asook sy dissipels en broers se teenwoordigheid as gaste, die prominente rol wat Maria speel (sy word eerste genoem en neem inisiatief toe die wyn opraak) en die feit dat Kana naby Nasaret was, maak dit moontlik dat die bruidegom (of die bruid) familie van Jesus was. Die rede vir die wonder is ’n gebrek aan wyn. Daar was naamlik nie genoeg wyn vir sewe dae nie. Dit was die verantwoordelikheid van die bruidegom en sy familie om die wyn vir die fees te voorsien. Vir hulle was dit ’n saak van eer dat die goeie wyn volop moes wees. ’n Tekort aan wyn het nie net vir hulle ’n groot verleentheid geskep nie, maar het ook oneer op hulle as familie gebring. Trouens, volgens die Joodse reg kon die gaste in so ’n geval selfs ’n eis vir skadevergoeding teen hulle instel. Literêre konteks Die Johannes evangelie begin met ’n proloog (1:1–18) wat Jesus se herkoms en toekomstige sending uiteensit. Die evangelie self bestaan uit drie dele. Die eerste deel (1:19–12:50) vertel van Jesus se bediening in die wêreld wat oor ongeveer drie jaar afspeel. Die tweede deel (13:1–17:26) handel oor Jesus se laaste dae voor sy dood. Die derde deel (18:1–20:31) gaan oor Jesus se kruisiging en dood, sy opstanding en verskyning aan die dissipels. Hoofstuk 21 dien as slot vir die Evangelie wat moontlik later bygevoeg is. In 20:30-31 verwys die skrywer van Johannes daarna dat hy verskeie van Jesus se tekens opgeteken het om die geloof van sy lesers mee te versterk. Dié wyn-wonder van Jesus is dan ook een van dié tekens (2:11 - Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom). Dit maak spesifiek deel uit van die sewe tekens of wonders wat Jesus in die eerste deel van Johannes (1:19-12:50) verrig het. Die benaming “boek van tekens” word dan ook dikwels vir dié deel gebruik as gevolg van die sewe wondertekens wat daarin opgeteken is. Die lys van wonders en tekens wat Jesus verrig het in die Boek van Tekens, is: 2:1–11 - Jesus verander wyn in water 4:43–54 - Die genesing van die amptenaar se seun (ook in Kana) 5:2–9 - Genesing van die verlamde man by die bad van Bethesda 6:1–14 - Die voedings-wonder 6:16–21 - Jesus loop op die water [Sommige uitleggers neem die tempelreiniging eerder as die sewende teken] 9:1–7 - Genesing van die blinde man 11:1–44 - Die opwekking van Lasarus Op ’n besondere manier het dié tekens (semeia) sowel Jesus se identiteit as die Seun van God en Messias bekendgemaak, as ook iets van die oorvloed (amper 700 liter wyn!) wat die nuwe lewe kenmerk wat deur Hom aangebreek het. Struktuur van Johannes 2:1-12 2 Op die derde dag was daar ’n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. 2Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi. 3Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” 4Maar Hy sê vir haar: “Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.” 5Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.” 6Daar het ses klipkanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou. 7Jesus sê toe vir die kelners: “Maak die kanne vol water.” Hulle het dit tot bo toe volgemaak. 8Toe sê Hy vir hulle: “Skep nou daarvan uit en gaan gee dit vir die seremoniemeester.” Hulle het dit gedoen. 9Die seremoniemeester het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar die kelners wat die water uitgeskep het, het geweet. Toe die seremoniemeester die water proe wat wyn geword het, roep hy die bruidegom 10en sê vir hom: “’n Mens sit gewoonlik eers die goeie wyn voor, en as die mense goed gedrink het, dié van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe teruggehou.” 11Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom. 12Hierna het Hy, sy moeder, sy broers en sy dissipels na Kapernaum toe gegaan, maar hulle het nie baie lank daar gebly nie. Teologiese lyn Jesus en sy dissipels word na ’n troue genooi. Tydens die troue raak die wyn op. Na ’n aanvanklike onwilligheid om op sy ma se versoek te reageer, verander Jesus water in baie wyn. Toe die seremoniemeester die oorvloedige wyn proe, is hy verstom oor die kwaliteit daarvan. Die wonderteken van Jesus het die geloof van sy dissipels versterk. Teologiese integrasie In Judaïsme was wyn ’n simbool van vreugde en feesviering. Daar was ook ’n sterk verwagting dat in die Messiaanse tyd die wyn vrylik sou vloei. Jer. 31:12 - Hulle sal kom en op die Sionshoogte sing, hulle sal straal van blydskap oor die goeie wat deur die Here gegee word: oor koring, wyn en olie, oor die aanteel van kleinvee en grootvee. Hulle sal floreer soos ’n tuin wat goed natgelei word, hulle sal nie meer na water smag nie. Hos. 14:8 - Dié wat voorheen by die Libanon gewoon het, sal terugkom. Hulle sal weer koring verbou. Hulle sal welig groei soos ’n wingerdstok. Die roem van Israel sal wees soos die wyn van die Libanon. Amos 9:13 - Daar kom ’n tyd, sê die Here, dat daar direk na die oes geploeg sal word en dat daar direk na die saaityd gepars sal word. Die berge sal van druiwesap drup, al die heuwels sal deurnat wees. 14Ek sal die lot van my volk Israel verander: hulle sal die verlate stede herbou en bewoon, hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink, hulle sal tuine aanlê en die vrugte daarvan eet. Jesus se maak van oorvloedige (sowat ses tot sewe honderd liter volgens vers 6-7), gehalte wyn (vers 10), sonder om iets in ruil van die gasheer te verwag, het dus ’n duidelike Messiaanse betekenis. In sowel Openbaring 19:5-10, as in Johannes 3:29, word Jesus self as ’n bruidegom uitgebeeld. Die verandering van water in wyn het dus ’n bepaalde Messiaanse ondertoon Met die eerste wonderteken in Johannes, sien die dissipels vir die eerste keer wie Jesus werklik is. Sy heerlikheid (doxa) het daardeur sigbaar geword, sodat hulle oortuig kon word dat Hy die Seun van God is, en verder dat hulle tot volle geloof in Hom sou kom. Jesus antwoord sy ma in vers 4 dat sy uur nog nie aangebreek het nie (οὔπω ἥκει ἡ ὥρα μου). In die Johannes evangelie is die verwysing na Jesus se uur uiters belangrik. Dit verwys in die finale sin na die kruisdood van Jesus wanneer Hy deur sy Vader verheerlik word (3:14; 8:28 en 12:32). Jesus verklaar dan ook telkens dat sy uur nog nie gekom het nie (7:6, 8, 30; 8:20), voordat Hy net voor sy kruisiging verklaar dat die tyd dat die Seun van die mens verheerlik moet word, gekom het (12:23, vgl. 12:27, 13:1; 16:32; 17:1). Eksegetiese Probleme Die gesprek tussen Jesus en sy ma in die gedeelte skep bepaalde eksegetiese probleme. Dit is eerstens onseker of Jesus se ma verwag het dat Hy noodwendig ’n wonder moes verrig. Sy kon net van Hom as haar oudste seun verwag het om ’n plan te maak. In die geval het Jesus haar misverstaan wanneer Hy antwoord dat die tyd nog nie aangebreek het om sy identiteit bekend te maak nie. Tweedens word Jesus se aanspreek van sy ma as “vrou” (gunai) deur baie uitleggers as ietwat afsydig, en selfs as ongeskik, beskou. Dit was egter eerder ’n formele as ’n neerhalende wyse van aanspreek (die ekwivalent van “dame” of “mevrou”). Dit wil voorkom asof dit Jesus se gebruiklike manier was om sowel sy ma (Joh. 19:26) as ander vroue mee aan te spreek. Só gebruik Jesus die formele aanspreekvorm wanneer Hy die Samaritaanse vrou (4:21), die owerspelige vrou (8:10) en Maria Magdalena (20:13 & 15) aanspreek. Dit bly egter uiters ongewoon dat ’n seun sy ma sou aanspreek as “Mevrou”. In die Griekse en Hebreeuse literatuur tot ons beskikking kan ’n voorbeeld hiervan nie gevind word nie. Derdens het Jesus, nadat Hy dit duidelik gemaak het aan sy ma dat die gebrek aan wyn nie sy probleem was nie, wel iets daaraan gedoen. Die uitdrukking “wat het Ek met u te doen?” word in die LXX gebruik wanneer iemand aangespoor word om hom met ’n saak te bemoei waarin hy nie betrokke wil raak of wat hom nie aangaan nie (vgl. 2 Kon. 3:13; Hos. 14:9). Jesus verrig dus die wonder ietwat onwillig. (Dis opvallend hoedat die Evangeliste daarvan melding maak dat Jesus soms deur vroue omgepraat is om iets te doen). Die temporele merkers in 1:29, 35, 43 (telkens "die volgende dag") en 2:1 ("die derde dag") skep die indruk dat al die gebeure in een week afspeel. Johannes fokus dus spesifiek in sy Evangelie op Jesus se eerste week van sy bediening (wat begin met sy doop), asook die laaste week daarvan wat uitloop op sy dood. Vgl. Simson se voorbereidings vir sy huwelik in Rigters 14:12 – "Hy het vir hulle gesê: 'Laat ek julle ’n raaisel vra. As julle my die raaisel se antwoord binne die sewe feesdae kan gee, sal ek vir julle dertig linnehemde en dertig stelle klere gee...' " OAV – "Vrou, wat het Ek met u te doen?" Die water in die klipkanne het dit vir die Jode moontlik gemaak om hulle reinheidsvoorskrifte na te kom (klip kon volgens die Jode nie onrein word nie). Volgens die voorgeskrewe Joodse gebruike is water oor elke gas se hande uitgegooi voor ’n ete en is die eetgerei ook daarmee gewas (vgl. Mark. 7:2-4 - Hulle het gesien party van sy dissipels eet hulle kos met onrein hande, dit is met hande wat nie gewas is nie. 3Die Fariseërs, en tewens die Jode oor die algemeen, eet immers nie as hulle nie eers hulle hande behoorlik gewas het nie. So hou hulle hulle aan die oorgelewerde gebruik van die voorgeslagte. 4En wanneer hulle van die dorp af kom, eet hulle nie as hulle nie eers gewas het nie. Daar is ook nog baie ander oorgelewerde gebruike waaraan hulle hulle hou soos hoe om koppies, bekers, bakke en stoele te was.) Deur die Joodse reinheidskanne in wynkanne te verander suggereer Jesus hier dat die Joodse reinigingsgebruike met sy koms tot die verlede behoort aangesien Hy ons gereinig het (vgl. 13:10-11). Die seremoniemeester (die architriklinos) was waarskynlik die persoon wat die bruilofsfees gereël het, en daar die leiding geneem het rakende die bediening van die kos en wyn. “Wonderteken” is ’n sleutelwoord in die Evangelie van Johannes (vgl. 4:54; 6:2,14; 9:16; 12:18). Vir hom is die wonders van Jesus tekens wat heenwys na Jesus se ware identiteit as Messias. "Maar Elísa het aan die koning van Israel gesê: Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder! Maar die koning van Israel antwoord hom: Ag nee, want die Here het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee." Bronnelys Morris, L John Köstenbeger, A John Beasly-Murray, G John Groenewald, E P Die Evangelie van Johannes Beasley-Murray, G R John. Waco: Word Books. (WBC) Haenchen, E John 1. Fortress Press: Philadelphia. (Hermenia) Smelik, E L Het Evangelie naar Johannes. Jesus die wynmaker 19
20
God praat met ons en ons luister
Luister dieper Luister dieper
21
Jesus die wynmaker Jesus, sy dissipels en Maria, sy ma, is by ’n bruilof in Kana. Daar is ’n bruilof-krisis. Hulle wyn raak op! Of dit swak beplanning was of ’n beperkte begroting, weet ons nie. Maria vra vir Jesus om te help! Hy laat die 6 klipkanne vol water maak en dit verander in die beste wyn - Sy eerste wonderwerk! (Daar is die volgende lyne wat ’n mens kan trek- ’n mens hoef nie alles te gebruik nie): 21
22
Sy eerste wonderwerk 1. Sy eerste wonderwerk vind nie plaas by ’n begrafnis, maar by ’n bruilof! 1. Jesus se eerste wonderwerk vind nie plaas by ’n begrafnis of by ’n siekbed nie, maar by bruilof! ’n Bruilof is gewoonlik ’n vrolike, vreugdevolle geleentheid. Dit wil vir ons sê - daar waar Jesus is, is daar blydskap! Volgelinge van Jesus geniet die lewe - ons kan, want ons het blydskap! Sulke blydskap lei weer tot ’n “sense of wonder”.
23
“...when you get the choice to sit it out
or dance... I hope you dance... I hope you dance Miskien help die volgende lied ons om dit te snap: I hope you never lose your sense of wonder, You get your fill to eat but always keep that hunger, May you never take one single breath for granted, GOD forbid love ever leave you empty handed, I hope you still feel small when you stand beside the ocean, Whenever one door closes I hope one more opens, Promise me that you'll give faith a fighting chance, And when you get the choice to sit it out or dance. I hope you dance... I hope you dance. I hope you never fear those mountains in the distance, Never settle for the path of least resistance Livin' might mean takin' chances but they're worth takin', Lovin' might be a mistake but it's worth makin', Don't let some hell bent heart leave you bitter, When you come close to sellin' out reconsider, Give the heavens above more than just a passing glance, And when you get the choice to sit it out or dance. I hope you dance... I hope you dance. I hope you dance....I hope you dance. (I Hope You Dance geskryf deur Mark D. Sanders/Tia Sillers) Hier is ’n Afrikaanse verwerking daarvan: Mag jy nooit jou sin van verwondering verloor nie. Mag jy altyd genoeg hê om te eet, maar altyd daardie honger behou. Mag jy nooit een teug asem as vanselfsprekend aanvaar nie. Mag God gee dat die liefde jou nooit met leë hande agterlaat nie. Mag jy steeds klein voel wanneer jy langs die groot oseaan staan. Mag daar een deur oopgaan wanneer ’n ander toeslaan. Mag jy geloof ’n stewige kans gee. En wanneer jy die keuse het om te sit of te dans ... Ek hoop jy dans ... ek hoop jy dans. Mag jy nooit die berge op die horison vrees nie. Mag jy nooit die weg van die minste weerstand volg nie. Mag jy weet om te leef beteken soms om te waag, maar dat dit die moeite werd is. Mag jy weet om lief te hê mag ’n fout wees, Mag God gee dat ’n hardvogtige hart jou nie bitter laat word nie. Mag God gee dat wanneer jy wil moed opgee, jy weer sal dink. Mag jy die hemel bo jou meer as net ’n vinnige kyk gee. En wanneer jy die keuse het om of uit te sit of om te dans ... Mark D. Sanders
24
2. Hy verander die water in pryswennerswyn!
Sy eerste wonderwerk 2. Hy verander die water in pryswennerswyn! 2. Jesus verander die water nie sommer in enige soort wyn- maar in pryswennerswyn! Die seremoniemeester kan dit nie verstaan nie, want die gebruik is om die swak gehalte wyn vir laaste te hou, maar nou proe hy die beste! Dit wil vir ons sê dat daar waar Jesus is, daar kwaliteit is! Hy kan ons “water” pogings verander in pogings met die hemelse kwaliteitstempel daarop.
25
but to provide glory, glorious, brimming life.
Jesus is among us, not to provide wine, but to provide glory, glorious, brimming life. Jesus is among us, not to provide wine, but to provide glory, glorious, brimming life. Will Willimon Will Willimon
26
Pous Gregorius die Grote
All men wondered to see the water turned into wine. Every day, the earth's moisture being drawn into the root of a vine, is turned by the grape into wine, and no man wonders. Full of wonder then are all the things which men never think to wonder at. All men wondered to see the water turned into wine. Every day, the earth's moisture being drawn into the root of a vine, is turned by the grape into wine, and no man wonders. Full of wonder then are all the things which men never think to wonder at. Pous Gregorius die Grote Pous Gregorius die Grote
27
3. Waar Jesus is, is daar verandering!
Sy eerste wonderwerk 3. Waar Jesus is, is daar verandering! 3. Hierdie wonder vertel verder waar Jesus is, is daar verandering! Hy kan enigiets verander. Hy kan trane verander in lag, baklei verander in vrede, varke-vir-mense in liefdevolle mense.
28
Hy het my seisoene aangetas
en in elke herfsblaar ’n bloeisel ingepas Hy het my seisoene aangetas en in elke herfsblaar ’n bloeisel ingepas. Lina Spies Lina Spies
29
“Om te twyfel daaraan of mense of dinge kan verander, is om te twyfel aan die lewende God self”
In ’n onderhoud met die Duitse teoloog, Dorothe Sölle, nadat sy opgewonde vertel van die vernuwing en verandering wat by mense kan plaasvind as Christus jou oorneem, is aan haar gevra: “Dr, glo u werklik dat mense kan verander?” Haar antwoord was glashelder: “Dit is die mees ateïstiese vraag wat ’n mens kan vra... om te twyfel daaraan of mense of dinge kan verander, is om te twyfel aan die lewende God self”. Dis asof Johannes vir ons wil sê: Waar ookal Jesus gegaan het en waar Hy in die lewe ingekom het, was soos water wat in wyn verander het. As jy ’n oorvloed “sense of wonder” lewe wil hê, word ’n volgeling van Jesus en jy sal ’n verandering in jou lewe ervaar wat sal wees soos water wat in wyn verander. Dorothe Sölle
30
God het nie by die skepping van ons mense gemaak net om by die “herskepping” van ons Christene te maak nie. Nee, Hy het van ons Christene gemaak, sodat ons weer mense kan word Watse soort verandering? God het nie by die skepping van ons mense gemaak net om by die “herskepping” van ons Christene te maak nie. Nee, Hy het van ons Christene gemaak, sodat ons weer mense kan word. Van Ruler Luister na die storie van verandering: Op twintig het hierdie “ladies man” afstand gedoen van sy droom om ’n ridder in die Kruistogte te word nadat hy gevange geneem is. Daarna het hy ’n visie van Christus gekry om Sy kerk te herbou. Die “ladies man” sou van nou af net Christus bekoor! Matt 10:7-10 het hy in ’n kerkdiens gehoor en besluit om presies soos hierdie teksverse voorstel, te lewe. Franciscus van Assisi ( ) het sy Franciskaanse orde gestig en hulle het vir die armes, die siekes en die natuur gesorg. Hy is ook dwarsdeur die wêreld bekend vir sy gebed “Here, maak my instrument van U vrede.” Van Ruler
31
4. Waar Jesus is, is daar oorvloed!
Sy eerste wonderwerk 4. Waar Jesus is, is daar oorvloed! 4. Laastens leer ons daar waar Jesus is, is daar oorvloed! Hy maak amper 600 liter wyn! Daar is nie ’n manier wat daardie mense dit kon opgebruik nie. Jesus gee ons ’n oorvloed lewe wat ons nie kan opgebruik nie!
32
Ons drink vandag nog van daardie wyn... aan die Nagmaalstafel
Daar is die pragtige storie oor ’n spotter wat by geleentheid vir Hieronymus gevra het of die gaste toe ooit die wyn wat Christus gemaak het, kon opdrink. Hieronymus het met verwysing na die Nagmaal geantwoord: “Nee, ons drink vandag nog daarvan!” David Jones, ’n Amerikaanse predikant, stel dit ook baie mooi: Just as there was more wine than the guests at that wedding could ever drink, there is more grace in God's heart than you and I can ever use up. Maybe the point is that you and I don't have to worry about God ever saying: “Sorry, you're too late. The jar is empty. I've run out.” Maybe the point is that we don't need to limit the number of times we turn to God out of fear that we will exhaust some heavenly quota. I mean, could that be it? Could those gallons and gallons of wine be a sign that God has gallons and gallons of grace for us?
33
bladmusiek beskikbaar by www.flam.co.za of kliek op die Flam-icon
By kan jy na demonstrasie-snitte luister van die bladmusiek. Sommige liedere is ook aflaaibaar in mp3-formaat. 33
34
In F230 word daar gesing van Jesus wat vir ons sorg, wat hierdie pragtige deel vir ons afgemeet het. Kliek op die ikon om die bladmusiek en/of mp3 af te laai. F230. Ek het vir die Heer gesê (Here U Is My Lewe) (RUBRIEK: Kruisfuur – Verwondering / Geloofsbelydenis) Teks en Musiek: Neil Büchner © 2007 Urial Publishing Ps 16 1. Ek het vir die Heer gesê U is my Here U is my Rots Daar is geen ander god Wat my lof verdien nie Vir wie ek wil besing Refrein: Here, U is my lewe U sorg vir my En wat ek ontvang kom alles van U af ’n Pragtige deel is vir my afgemeet Wat ek by U erf, is mooi vir my 2. U Heer, lei my deur U Gees En ek slaap rustig U is by my Elke oomblik van die dag Is U in my gedagtes En my hart is juigend, bly Brug 1: Heer, U red my siel uit die dood En in blydskap, leer U my leef Brug 2: Lieflikheid kom uit U hand Juig vir alle ewigheid!
35
vir e-pos kliek hier common sense wisdom
36
Omdat ons lank vooruit werk aan die PP, kry ons dikwels nader aan die Sondag nog waardevolle idees en voorstelle. Ons het egter geen manier om jou te laat weet as ons nie jou e-posadres het nie. Indien jy op ons e-poslys wil wees, stuur vir ons ’n epos na met die woord ‘Nous E-poslys’ in die ‘Subject’-lyn. Jy kan ook aansluit by ons Facebook-groep ‘Nous – Common sense wysheid’ of volg ons op Twitter @NousWisdom. 36
37
Luk 4:14-21 volgende week Luk 4:14-21 – volgende week
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.