Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byFrida Kästner Modified over 6 years ago
1
Psalm 23 Oorsig Goeie Herdersondag – Arbeidsondag.
Goeie Herdersondag se naam word afgelei van die evangelielesing uit Johannes 10, waar Jesus beskryf word as die Goeie Herder wat sy lewe vir sy skape aflê. Arbeidsondag word ingeklee as 'n dag van gebed en refleksie oor ons roeping in diens van die koninkryk van God. Gelowiges word aangemoedig om God se roeping vir hulle lewe te ontdek en te herken. Die deurlopende tema van hierdie Sondag is God se absolute liefde en versorging deur Jesus Christus as die Goeie Herder, wat gelowiges aanspoor tot liefde en omgee vir ander. Ander tekste Handelinge 4:5-12 4Tog het baie van die mense wat hulle prediking gehoor het, gelowig geword; en die getal gelowiges het aangegroei tot omtrent vyf duisend. 5Die volgende môre het die raadslede, die familiehoofde en die skrifgeleerdes in Jerusalem vergader. 6Ook die hoëpriester Annas, en Kajafas, Johannes, Aleksander en al die ander lede van die hoëpriesterlike familie was teenwoordig. 7Hulle het die apostels voor hulle laat bring en hulle ondervra: “Deur watter krag en in wie se naam het julle dit gedoen?” 8Toe het Petrus, vol van die Heilige Gees, vir hulle gesê: “Raadslede van die volk, en familiehoofde, 9julle verhoor ons vandag oor ’n weldaad aan ’n siek man en oor hoe hy gesond gemaak is. 10Julle almal en die hele volk Israel moet weet dat dit in die Naam van Jesus Christus van Nasaret is dat hy hier gesond voor julle staan—dié Jesus vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het. 11Hy is die klip wat deur julle, die bouers, afgekeur is. Juis Hy het die belangrikste klip in die gebou geword. i 12Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” 1 Johannes 3:16-24 Liefde vir mekaar 11Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. 12Moenie soos Kain wees nie. Hy het aan die Bose behoort en het sy broer vermoor. En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy eie dade sleg was en sy broer s’n reg. 13Broers, moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie. 14Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief. Wie nie liefhet nie, bly in die dood. 15Elkeen wat sy broer haat, is ’n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe in hom het nie. 16Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê. 17Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie—hoe kan die liefde van God in hom wees? ’n Goeie gewete voor God 18Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. 19Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring. 20As ons gewete ons veroordeel—God is groter as ons gewete, en Hy weet alles. 21Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan; 22en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind. 23En dít is sy gebod: Ons moet in sy Seun, Jesus Christus, glo en ons moet mekaar liefhê ooreenkomstig die gebod wat Hy ons gegee het. 24Wie sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom. Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee. Johannes 10:11-18 11“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 12’n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy ’n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. 13Hy is ’n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. 14“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. 17“Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. 18Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.” 19Daar het toe verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde. 20Baie van hulle het gesê: “Hy is van die duiwel besete, hy is mal! Hoekom luister julle nog na hom?” 21Ander het gesê: “Dit is nie die woorde van ’n besetene nie. ’n Duiwel kan tog nie blindes se oë genees nie?” Fokusteks: Psalm 23 Die Here is my herder 23 'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 5U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 6U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. Eksegetiese opmerkings Bybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by Meegaande preek maak gebruik van die uitstekende materiaal oor Psalm 23 in Woord en Fees. Ekstra stof Psalm 23 – Die gebed vir alle seisoene van die lewe Psalm 23 sluit by hierdie verwagting van beskerming aan en werk met die metafoor van God as herder wat hom beskerm en begelei in die lewe, selfs in die diepste donkertes. Hierdie Psalm, seker die bekendste van alle Psalms, is die gebed vir alle seisoene van die lewe. Dit is die geloofsbelydenis van iemand vir wie die Here van sy jeug af alles was. En wat ervaar het dat God in alle seisoene van die lewe Homself as herder bewys het. 1. Dit is die belydenis van iemand vir wie die Here tye van rus en vrede gegee het. Dis tye waarin hy ervaar het, ek kort niks nie, ek het rus en vrede en ek het krag vir my lewenspad. Die wonder van 'n lewe saam met God, is dat daar altyd 'n dubbele waarde is in enige goeie en vervullende ervaring. 'n Goeie ervaring word nie net ervaar as 'n geluk nie, maar as 'n geskenk, as iets wat God gegee het en wat jou nie per toeval getref het nie, maar met opset, omdat God vir jou liefhet. Daarom dat Dawid hier skrywe dat die Here sy herder is, sy koning wat hom raaksien en vir hom goeie dinge uitdeel. Dit laat hom spesiaal voel en dit gee hom rus en vrede. Dit vul hom met nuwe krag. 2. Daarom is Psalm 23 ook die belydenis van iemand wat ervaar dat God rigting en betekenis in sy lewe gee. Wat tye van vooruitgang en voorspoed beleef. Wat uitdagende dinge aanpak en ervaar dat die Here die regte pad aanwys. Baie keer is die regte pad juis dié dinge wat God se eer sal bevorder en juis 'n manier waarop die regte pad gekies kan word. 3. Maar dan is Psalm 23 ook die belydenis van iemand wat ervaar dat daar donker dieptes is en wat moet worstel met die pyn van nie-weet-nie, van onvervulde beloftes, van ondeursigtige raaisels. Dis juis dan wat hy kan bely dat hy nie bang hoef te wees nie, want God is by hom en by God is hy veilig. Die belydenis verdryf nie altyd die donker nie, dit beantwoord nie altyd die vrae nie, maar dit hou vas aan hoe God homself deur die eeue laat ken het, as die betroubare, as die herder, as die een wat dinge laat meewerk ten goede, selfs al beteken dit dat die donkerte nie in lig verander nie. Dawid verwoord hier iets van wat die Hebreërskrywer lank hierna sou skrywe dat nie alle gelowiges altyd kry wat beloof is nie, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie (Hebr 11). 4. Soms lei God se paaie wel uit die donkerte na die lig en soms net so verrassend heerlik dat dit voel soos 'n feesmaal in die aangesig van die teëstanders. Dit is soos om as 'n eregas aan te sit by die maaltyd wat God die herder-koning voorberei het en waar jy as uitverkore gas kan aansit terwyl ander jaloers moet toekyk. Die hartlikheid waarmee God ons soms kom oorlaai, is 'n besondere voorreg in die lewe saam met God. 5. En wat jou terugbring by die besef en belydenis, dat die ware doel en sin en betekenis van die lewe, is om God te geniet en in sy teenwoordigheid vir ewig te bly. Wat op die ou end die ware rus en vrede is, dieper as die weivelde en die water en die krag, om maar net by God te wees, diep-tevrede soos 'n kind. Psalm 23 is dus 'n feespsalm en 'n troospsalm. Dit is 'n psalm vir die lewe en die dood. Dis vir al die seisoene van die lewe. En die waarheid wat in die Psalm opgesluit lê, is dat ons hele lewe altyd by God veilig is. Só 'n waarheid lei tot twee reaksies: 'n belydenis: ek sal nie bang wees nie ... en 'n verbintenis: ek sal tuis wees in die huis van die Here, tussen sy mense. Anders kan dit tog nie. God woon in ons en Hy werk in ons. Waarom sal ons bang wees en waarom sal ons nie tuis voel tussen God se mense nie?
2
Skildery deur William Kennedy ( ) by Yale Center for British Art [Public domain], via Wikimedia Commons Of gebruik die meer tradisionele skildery deur Eugène Verboeckhoven [Public domain], via Wikimedia Commons Liturgie Daar is in die liturgie gebruik gemaak van Bybelmedia se preekstudies sowel as van vorige bydraes by seisoenvanluister.co.za. Aanvangslied 491 ‘k Het Jesus lief Hy is my lig en krag vs 1,2,3,4,5 Aanvangswoord Seëngroet Lied 409 Hoor jy die Paasfeesklokke vs 1,2,3 Johannes 10:11-18 Verootmoediging Vryspraak uit Handelinge 4 Lied 577 Die Heer my herder sorg vir my 1,2,3,4,5 Geloofsbelydenis ahv Psalm 23 BDV Loflied Psalm 23 (Lina Spies) vs 1,2,3,4 Epiklese Skriflesing Psalm 23 Familie-oomblik Prediking Gebed Offergawes Wegsending Die Here Jesus lewe vs 1,2,3 Seën Antwoord Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) of Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan
3
God nooi ons uit en ons kom tot rus Rus
Aanvangslied 491 ‘k Het Jesus lief Hy is my lig en krag vs 1,2,3,4,5 Aanvangswoord Voorganger: Christus het opgestaan! Christos anesté! Gemeente: Hy het waarlik opgestaan! Aléthos anesté! Seëngroet Genade en vrede vir julle van dié Jesus wat nie sommer net enige skaapwagter is nie. Hy is ons Goeie Herder. Hy ken sy skape en sy skape ken Hom (Joh 10:14). Lied 409 Hoor jy die Paasfeesklokke vs 1,2,3 Johannes 10:11-18 11“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 12’n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy ’n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. 13Hy is ’n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. 14“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. 17“Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. 18Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.” Verootmoediging Voorganger: Here Jesus, soms voel dit vir ons asof U, nadat U afskeid geneem het, ons wees agtergelaat het. Gemeente: Heer, wees ons genadig. Voorganger: Here, dikwels tree ons op asof U nie by ons is nie. Voorganger: Here Jesus, soms sukkel ons om werklik vir mekaar lief te wees. Voorganger: Here, hoe gereeld draai ons nie ons oë weg van waar u heerlikheid in ons wêreld is nie, die dowwe glans van die kruis, en soek ons eerder heerlikheid wat blink. Ook in ons kerke en eredienste. Voorganger: Here, help ons om weerloos te lewe. Gemeente: Heer, wees ons genadig. Voorganger: Here, Jesus, U het vir ons ’n nuwe gebod gegee: Gemeente: “Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.” Voorganger: En U het gesê dat “as ons mekaar liefhet . . .” Gemeente: “. . . sal almal weet dat julle dissipels van My is.” (Wepener, C Van voor die wieg tot na die graf. Wellington: Bybelkor.) Vryspraak uit Handelinge 4 Jesus is die klip wat deur die bouers afgekeur is. Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Juis Hy het die belangrikste klip in die gebou geword. i Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” Lied 577 Die Heer my herder sorg vir my 1,2,3,4,5 Geloofsbelydenis ahv Psalm 23 BDV Die HERE is my herder;* ek ly nie gebrek nie. In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my. 3 Hy gee my nuwe lewenskrag; Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam. Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan, is ek nie bang vir gevaar nie, want U is by my. Dit is u staf en u stok wat my gerusstel. U dek vir my 'n tafel voor die oë van my teenstanders. U verfris my kop met olyfolie;* my beker loop oor. Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal bly terugkeer na die huis van die HERE, tot in lengte van dae. Loflied Psalm 23 (Lina Spies) vs 1,2,3,4 Liedere F220. Die Heer Is My Herder (RUBRIEK: Flammikidz / FLAM Gemeentesang – Geloof en Vertroue) Oorspronklike titel: De Heer is mijn Herder Teks en Musiek: Marcel Zimmer Afrikaanse vertaling: 2007 Faani Engelbrecht © 2000 Celmar Music Refrein: Die Heer is my Herder Hy is alles wat ek nodig het Hy bring my tot rus en Hy gee nuwe krag Hy lei my steeds verder op die regte pad wat ek moet gaan Die Heer is my Herder. Al gaan ek deur 'n donker dal ek hoef nie bang te wees Ek weet dat U my by sal staan U is naby, Heer Want wat ookal met my gebeur U help my telkens weer U gee my wat ek nodig het en nog soveel meer U goedheid en u liefde, Heer volg my vir altyd en ek mag naby aan U bly tot in ewigheid VONKK 46 Soos ‘n Vader Vir Sy Kinders Teks: Johannes Tauler ( ); As a bridegroom to his chosen – Emma Frances Bevan ( ); Soos ‘n vader vir sy kinders – Awie van Wyk en Kobus van der Westhuyzen 1993; nuwe teks Jacques Louw 2008 © Musiek: BRIDEGROOM – Peter Warwick Cutts (1937- ) Kantoryverwerking: Danie Hyman 2009 © © Teks: 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) © Musiek: Stainer and Bell. Used by permission. RUBRIEK: Kontemporêr – Geloof en Vertroue 1. Soos ‘n vader vir sy kinders, soos ‘n heerser vir sy ryk, soos ‘n herder vir sy skape, soos ‘n wagter wat bly kyk – só, Heer, is U vir my. 2. Soos ‘n lig wat skyn in donker, soos die sonskyn in die dag, soos ‘n ligglans vir my voete, soos ‘n kompas in die nag – 3. Soos ‘n omgeehand van liefde, soos ‘n vader wat verstaan, soos ‘n moederhart vol deernis, soos ‘n vriend wat by jou staan – 4. Meer as al die goud op aarde, meer as al die roem vandag, meer as kennis en besittings meer as rykdom en as mag –
4
God praat met ons en ons luister Epiklese
Here, ons loof U en dank U, want, te midde van ons pyn en mislukkings, weet ons dat U God is en dat ons U maar net kan bewonder, loof en liefhê in Jesus Christus. Vir die wêreld, wat so mooi is, maar so broos; Vir lewe, so kosbaar, maar so bedreig; Vir hierdie onmeetlik groot heelal waarin u koninkryk kom, loof ons U. Vir hierdie Sondag, waarop ons weer u opstanding mag vier, en vir u kerk wat ons as gemeenskap van gelowiges byeenbring, loof ons U. Vir u Evangelie, vir ons doop, vir ons begeerte om U te dien, vir die belofte van ’n ewigheid met U, loof ons U. En omdat ons U en mekaar hier op aarde mag liefhê, omdat Christus ons liefhet, loof ons U, Here, met vrede en vreugde. Amen. (Gebed deur Henri Capieu) Skriflesing Psalm 23 Familie-oomblik Prediking
5
Familie-oomblik Lees die gedeelte uit Johannes 10 soos in Die Nuwe Testament vir Kinders deur Stephan Joubert, Jan van der Watt en Hennie Stander, 1999. Die Goeie Herder 11–16 “Vir kinders van God is Ek soos ’n goeie herder wat na sy skape kyk. ’n Goeie herder sal alles vir sy skape doen. Hy sal selfs vir hulle doodgaan sodat hulle nie iets oorkom nie. ’n Gewone oppasser gee nie om vir die skape nie. Dit skape is mos nie syne nie. Hy sal sommer weghardloop as daar ’n leeu kom. Hy sal nie probeer om die skape te help nie. Die leeu sal die skape maklik kan doodbyt. “Ek is egter soos ’n goeie herder. My skape ken My goed en Ek ken hulle. Ek ken elke Christen so goed soos my Vader My ken. Die Christene ken My net so goed. Daarom is Ek bereid om liewer self dood te gaan as dat Christene iets oorkom. Behalwe die mense hier, is daar baie ander mense wat ook my vriende is. Ek sal hulle wys wat om te doen. Al die Christene sal soos een groot trop skape wees. Ek sal hulle enigste herder wees. Ander hulpmiddels ’n Kindervriendelike weergawe op video: Crafts: Omdat kinders daarvan sal hou om te maak asof hulle skapies is, kan hulle skapie maskers maak: Inkleurprent: (hier is nog baie: ) Inkleurprent van die Psalm – dis in Duits, maar mens kan net die Duits uitknip: Hier is idees vir baie klein kindertjies:
6
Bekende sanger Don Moen se loflied "God will make a way" bevestig God se versorgende teenwoordigheid in ons lewens. Die lied se ontstaan is te danke aan 'n telefoonoproep in die middel van die nag. Sy skoonma het ontsteld gebel. Don se skoonsuster, Susan, haar man, Craig, en hul vier klein seuntjies was in 'n motorongeluk. Jeremy, 8, die oudste van die vier seuntjies, is op slag dood. Die res van die gesin was ernstig beseer. Terwyl Don en sy vrou hul wroeging en hartseer voor die Here uitstort, kon hulle nie woorde vind om hoop en sorg teenoor Susan en Craig uit te druk nie. Don vertel dat die Here hulle deur die krisis gehelp het deur die volgende woord aan hom te gee: God will make a way when there seems to be no way. He works in ways we cannot see. He will make a way for me. He will be my guide; hold me closely to his side. With love and strength for each new day, he will make a way. Die woorde het Don se bekende lied geword. Hy sou ook Psalm 23 kon resiteer.
7
Pêrel van die psalms Pêrel van die psalms
Psalm 23 is al beskryf as die pêrel van die psalms. Dit is 'n vertrouenslied waarin die psalmdigter uitdrukking gee aan sy persoonlike geloofsvertroue in die Here. Daar is nie direk sprake van 'n klag of versugting in die psalm nie. Op 'n indirekte wyse sou ons moontlik iets van versugting en klag kon hoor in die verwysing na vyande/teenstanders; die stok en die staf en natuurlik die dal van doodskaduwee. Die psalm is geskryf in 'n poëtiese styl wat kenmerkend is aan Dawid. Daarom word die outeurskap aan Dawid verbind. Kom ons stap by wyse van spreke deur die psalm en verken die wonderlike inhoud daarvan.
8
Die Here as herder Die Here as herder
Twee metafore oorheers die psalm. Die Here word eers geteken as herder en later as gasheer. Die herder-metafoor staan uit in verse 1 tot 4. Dié metafoor was 'n bekende titel vir konings, goewerneurs en gode van die Ou Nabye-Ooste, die wêreld waaruit ons teks kom. Die beskrywing van die Here as "herder", beklemtoon sy koningskap. Die Ou Testament teken die Here op verskeie plekke as die herder/skaapwagter van sy kudde (vgl Gen 48:15; 49:24 – 1933 OAV; Ps 80:2; Jes 40:11; 49:10-11; Eseg 34:12; Hos 4:16). In die Nuwe Testament verwys Johannes 10 na Jesus as die Goeie Herder wat sy lewe vir sy skape aflê. Hoewel 'n skaapwagter destyds 'n lae status gehad het, hoef ons nie te vrees dat die herder-metafoor 'n degradering van die goddelikheid van die Here meebring nie. Dawid wil daarmee die sorg en omgee van die Here beklemtoon. Die herder-metafoor beklemtoon aan die eenkant God se koningskap en aan die ander kant sy troue sorg, omgee en besondere nabyheid.
9
Die Herder gee lewe Die Herder gee lewe
Alhoewel die vrede en rus in vers 2 en 3 elemente is wat uitstaan, is die primêre punt wat die verse beklemtoon dat die Here die psalmdigter aan die lewe hou. God voorsien groen weivelde sodat daar kos kan wees, Hy bring sy volgelinge by waters waar rus is, waar daar te drinke is, Hy lei op die regte paaie sodat die gevare vermy kan word en daar voldoende beskutting is. Op die manier word die psalmdigter se siel verkwik (1933 OAV), kry hy nuwe krag (1983 AV), of anders gestel: Die Here gee aan hom die lewe en versorg hom.
10
Donkerte Donkerte Vers 4 kan as draaipunt of strukturele en teologiese sentrum van die psalm beskou word. Nadat die psalmdigter in die eerste drie verse getuig het van die sorg, vrede en leiding van die Here, kan hy sy vrees een kant plaas met sy vertroue in sy Herder, selfs in die heel donkerste oomblikke van sy lewe. Die "dal van doodskaduwee" (1933 OAV) beteken doodgewoon ook net donker of diep donkerte. Daar is 'n treffende ooreenkoms tussen die oorspronklike Hebreeuse woorde "onheil" (ră) en "herder" (rõî). Die effek daarvan is om op dramatiese wyse die Herder teenoor die onheil te stel. Die doodsbedreiging is 'n realiteit, maar die Herder is 'n groter realiteit. Die sentrale belydenis, "want U is met my" is meer direk en persoonlik. Die direkte aanspreekvorm "U", intensiveer die persoonlike teenwoordigheid van God: "U stok en u staf die vertroos (comfort) my."
11
Ooreenkomste met Jesaja Ooreenkomste met Jesaja
In Job 10:22 word hierdie donker as die donker wêreld van die dood beskryf. "Ek sal geen onheil (evil) vrees nie" herinner aan die sentrale verlossingstema van Jesaja Jesaja wys die volk herhaaldelik daarop dat hulle niks hoef te vrees nie, want God is groot en almagtig (vgl Jes 41:11-13, 14-16; 43:1-7; 44:6-8). Troos is nog 'n sentrale tema in Jesaja. Die historiese agtergrond van Jesaja is die uittog van die bannelinge uit Israel se "donker vallei". Selfs deur hierdie uittog/terugtog sal die Here sy volk soos 'n herder voed (Jes 40:11). Die "stok" en "staf" beklemtoon God se koninklike gesag en heerskappy van sy teenwoordigheid.
12
Gasheer Gasheer Die tweede metafoor in die psalm is dié van 'n gasheer wat 'n banket/etenstafel voorberei (5, 6). Die gedagte is hier weereens dat God soos die herder vir sy skape kos en water voorsien. God as herderkoning is ook die gasheer van sy volk in sy paleis of tempel. Vers 6 bevat die gevolgtrekking van die psalmdigter op God se sorg en voorsiening as gasheer in vers 5. In die teenwoordigheid van die Here se veiligheid en vrede is daar geen haas om die vyand te ontvlug nie. Daarom word daar nie 'n vinnige "take away" voorberei nie, maar 'n behoorlike banket wat selfs in die teenwoordigheid van die vyand/ teenstander geniet word. Hy sal vir altyd tuis wees in hierdie Gasheer se teenwoordigheid en sy goedheid en guns sal hom altyd bybly en agtervolg. Die woord "volg" (OAV 1933) was gebruik om die agtervolging deur 'n vyand te beskryf. Die oorspronklike woord het verder 'n aktiewe dimensie wat beteken, "God is in active pursuit of the psalmist!" Die Here se goedheid en guns bly op die digter se hakke, dit agtervolg hom gedurig sonder ophou. Hy kan dit as 'n ware nie ontwyk nie. Die negatiewe konnotasie van die woord word deur die digter hier met positiewe inhoud gevul.
13
Taal oor God Taal oor God
Daar is 'n drievoudige verwysing na die Here in Psalm 23.: Dit is opvallend of interessant dat in vers 1-3 van die Here as herder in die derde persoon gepraat word: "Hy" laat my rus . . ., "Hy" bring my . . ., "Hy" gee . . ., en "Hy" lei . . . In vers 4-5 gaan die derde persoon oor tot die tweede persoon waar meer persoonlik na die Here verwys word as "U". Daar word nou nie net "oor" die herder gepraat nie, maar "met" die herder self. Die derde verwysing is na die eienaam van God in vers 1 en 6. Die eienaam van God, Here (Jahwe) die God van die verbond, omraam die hele psalm. Dit is asof die Verbondsgod (Jahwe) se teenwoordigheid alles omarm. Ons vind verder 'n sewevoudige verwysing na die sorgsame aktiwiteit van die Here in vers 2-5. Hy laat rus; bring my by water . . .; gee nuwe krag; lei my; is by my; laat my aansit; ontvang my soos 'n eregas.
14
Belydenis oor God Belydenis oor God
'n Drieledige belydenis van die psalmdigter volg op grond van wie die Here vir hom is en doen: "ek" kom niks kort nie (1), "ek" sal nie bang wees nie (4), "ek" sal tuis wees in die huis van die Here (6). Hoewel Psalm 23 die gebed van 'n indiwidu is, is daar ook kollektiewe dimensies. Die Here is Dawid se herder en ook die volk se herder. Die titel, "Die Here is my herder" in vers 1, roep die uittog en deurtog van die volk van God deur die woestyn na die beloofde land, in gedagte. Die daarop volgende verse herinner aan sy leiding, beskerming en sorg tot in die beloofde land. Psalm 78, veral vers 52-55, noem baie spesifiek dat die Here die herder is wat sy kudde deur die woestyn lei. Die herder wat lei is dus in lyn met die karakter en historiese dade van God. Die digter bely en erken die trou van die Here, wat hy op besondere wyse ervaar in die teenwoordigheid van sy volksgenote by die banket en huis van die Here.
15
Boodskap en betekenis Boodskap en betekenis
Wat sê Psalm 23 vandag vir ons? Kom ons gee aandag aan die volgende:
16
’n Psalm vir die lewe... Psalm 23 is 'n psalm vir die lewe . . .
Hierdie sogenaamde pêrel van die Psalmboek, is 'n gunsteling tydens siekte en dood vanweë die byna idilliese of bekoorlike vrede en rus waarvan daar in die psalm sprake is. Die onderliggende element van troos en gerusstelling in die psalm, kan nie ontken word nie. Wat ons egter nie uit die oog moet verloor nie, is dat die basiese behoeftes van die menslike lewe hier aan die orde kom, naamlik: kos, water en veilige beskutting. Die groen weivelde gepaardgaande met die stille waters en die lei op die regte paaie (om uit die gevaar te bly), het een gemeenskaplike doel en dit is om in die basiese bestaansbehoefte van die digter te voorsien. Kos en water is noodsaaklik vir die menslike voortbestaan. Daarmee saam het mense 'n veilige beskutting nodig teen die elemente van die natuur en ander vyandighede. Die digter ervaar dat die Here as herder dit alles in sy getrouheid aan hom voorsien. Dit verkwik sy siel, gee hom nuwe krag, maak hom weer sterk. So voorsien en sorg die Here vir sy lewe. Daarom kom hy niks kort nie.
17
...in ’n wêreld wat dikwels onvriendelik en vyandig is
’n Psalm vir die lewe... . . . in 'n wêreld wat dikwels onvriendelik en vyandig is. Ons bevind ons meermale in 'n koue, onvriendelike en vyandige wêreld. Die oënskynlike vrede en rustigheid wat ons gewoonlik met Psalm 23 verbind, ervaar ons minder dikwels. Vir die digter van Psalm 23 is dit ook 'n lewe van teenstanders, vyande en doodskaduwee. Dit is 'n lewe waarin hy die stok en die staf van die herder nodig het om die gevare weg te hou. Dit 'n lewe vol verwarring en misleiding, waar die regte paaie nie altyd so duidelik is nie. Daarom moet die herder hom lei op die regte paaie, sodat hy die gevare van die lewe kan vermy. Dit is vir die digter 'n lewe waarin die donker skadu van die dood enige tyd op sy pad kan kom. So ken ons die lewe ook. "Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie" (Matt 6:34). In die arbeidsomgewing beweeg miljoene mense in ons land daagliks uit, soms in die nag, jaar na jaar, in dikwels moeilike omstandighede na hulle werksplekke om hulle daaglikse brood te verdien en te sorg vir 'n veilige beskutting. Selfs net om by hulle onderskeie werkplekke uit te kom beleef sommige mense al die gevare en vyandigheid van die lewe in taxi's, op busse en treine en te voet. Vir baie mense is hulle werksplekke omgewings waar hulle vyandigheid en teenstand ervaar vanweë kompetisie, druk om te presteer, winsbejag, moeilike werksomstandighede en onregverdige en onbillike behandeling, en dergelike sake. Dit alles moet ontbeer word ten einde kos, water en 'n veilige beskutting in die lewe te verseker. Daar is natuurlik ook die mooi en goeie in die lewe en dit moet ons waardeer. Trouens, ons moet die lewe ook vir mekaar help mooi maak. Op die oomblik is ons land besig met 'n gesprek oor grond. Dit is vir baie mense verblydend, vir ander vreesaanjaend. Die herder bring mense tuis in groen weivelde – sou ons kon glo dat daar genoeg hiervan in ons land vir almal is? ...in ’n wêreld wat dikwels onvriendelik en vyandig is
18
...en wat vereis dat ons met geloofsvertroue moet leef
’n Psalm vir die lewe... . . . en wat vereis dat ons met geloofsvertroue moet leef. In so 'n vyandige en onvriendelike wêreld, het gelowiges méér nodig om te leef en te oorleef as net sy/haar eie kennis, middele, energie en bron van veiligheid. Ons het vertroue in die Goeie Herder nodig; die vertroue dat die Here sal voorsien en sorg. Die vertroue dat die Here by my is soos die herder by sy skape, of soos die digter dit stel: "U is by/met my." Alleenlik met so 'n geloofsvertroue kan ek uiteindelik sonder vrees leef. Hier kan die eksegetiese stof rondom vers 4 benut word. God se sorg en voorsiening moet egter ook gestalte vind in ons omgee vir mekaar binne die geloofsgemeenskap. Daar is so baie mense rondom ons wat broodsgebrek ly en sonder behoorlike skuiling is vanweë werkloosheid. Hulle ervaar die vyandigheid van die lewe weer op 'n ander vlak. Diegene wat meer as genoeg het en wat bevoorreg is om met minder stryd hulle kos, water en beskutting in die lewe te kan geniet, moet maniere vind om iets van God se sorg en omgee 'n realiteit ook vir ander te maak. In die liggaam van Christus ly almal as een lid ly. As een lid sonder kos is, is almal honger, as een lid sonder beskutting is, leef almal op die straat, as een lid werkloos is, is almal sonder werk. Op dié manier ontdek ons saam dat ware geluk, vrede en rus ten diepste geleë is in die Here ons herder en nie in die "oorvloed" van kos, water en skuilplek nie, want met Hom as my persoonlike Herder kom ek niks kort nie. ...en wat vereis dat ons met geloofsvertroue moet leef
19
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Offergawes
Offergawes Wegsending Die Here Jesus lewe vs 1,2,3 Seën Goeie Herder oor almal, deur u lewe wat U vir ons afgelê het, het U onuitspreeklike liefde aan ons bewys. Lei ons uit hierdie dal van doodskaduwee na ’n lewe van oorvloed in U guns en genade. Stuur ons dan ook nou om ons lewe in diens van u en ons naaste te leef. Amen. Antwoord Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) Teks en musiek: Neil Büchner Kopiereg: Flam Musiek-Uitgewers Laat dit so wees, Here, Amen. Heer, laat ons leef soos U leer Here, Amen. of Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan 1. Here, ons God, as ons nou huis toe gaan, vra ons u seën, waar ons hier voor U staan. U het u goedheid weer aan ons betoon, ons saamwees in u Naam met guns bekroon. 2. Ons bid tot U, o Vader, Seun en Gees, laat ons vir ander ook tot seën wees. Maak ons getuies van u Naam, o Heer, dat ook die wêreld U sal dien en eer. 3. U wat in liefde altyd by ons bly, wees ons tog in ons lief en leed naby. Sou daar beproewing oor ons pad kom, Heer, maak ons volhardend in geloof al meer. Volgende erediens Johannes 15:1-8 Liturgie: Wicus Wait Familie-oomblik: Wicus Wait/ Rethie van Niekerk Powerpoint: Rethie van Niekerk Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.