Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Psalm 23 PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Psalm 23 PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 Psalm 23 PowerPoint agtergrond
In die preekskets se inleiding word die volgende genoem: Bergwoestyn Dit word vertel dat die omgewing waarin Dawid grootgeword het, die inhoud van Psalm 23 ontsluit. Dawid was as seuntjie 'n skaapwagtertjie in die omstreke van Bethlehem in die bergwoestyn van Juda. Vandag maak reisigers veral met hierdie omgewing kennis op reis tussen Jerusalem (wat slegs enkele kilometer van Betlehem af is) en Jerigo, in die vrugbare Jordaanvallei. Hierdie is woestyn soos mense in Suidelik-Afrika dit nie ken nie. Dis 'n bergwoestyn. Ongelooflike hoë bergwande troon bo dramatiese diep klowe. Onder in die klowe is die skemer. Grotte en holtes in die bergwande maak die omgewing 'n ideale skuilplek vir rowers en roofdiere. Geen wonder dat Jesus die gelykenis van die barmhartige Samaritaan ook in hierdie omgewing laat afspeel nie. In hierdie omgewing moes Dawid skape oppas. Hy moes van kleins af die gevare leer ken en die skape daarvan bewaar. Hy ken die donker dieptes waar die gevaar so groot is dat mens dit 'n diepte van doodskaduwee kan noem. Teen hierdie agtergrond bely hy God se sorg: Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. (4). Die agtergrond wil hierdie omgewing van bergwande uitbeeld. Die foto is beskikbaar by geplaas deur “trespassers william”, foto geneem op 14 Maart 2005 met ‘n Fujifilm FinePix S5600. Kopiereg bepaal: You are free: to Share — to copy, distribute and transmit the work to Remix — to adapt the work under the following conditions: Attribution — You must attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). Die oorspronklike is opgekikker met behulp van die PICNIK-funksie in Picasa om die kontras tussen die 3 berge te verskerp.

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Lied 400 vv 1 & 5 Juig, juig in hom of Flam 17 Dit is die dag Votum Jesus het gesê: [Johannes 10:14-15] Seëngroet Gemeente, ek groet u in die Naam van die Herder wat sy lewe vir die skape aflê: Genade en vrede. Lofsang Psalm 23 (Spies beryming) Lied 226 Juig nou aarde, hemel of Vonkk 42 Jubilate, loof die Here! of Flam 220 Die Heer is my Herder Wil van God 1 Johannes 3:16-24 Toewyding Lied 414 of Vonkk 86 Ek is die Heer se skapie of Flam 72 Ons glo!

3 God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Psalm 23

4 Familie-oomblik Familie-oomblik Opsie 1:
Fokus op die verantwoordelikheid wat ‘n herder in Bybelse tye vir skape gehad het. Hy moes weerlose skape in ‘n vyandige omgewing beskerm. Nie net moes hy keer dat wilde diere die skape verskeur nie, maar hy moes die skape ook help as hulle in slegte situasies gekom het, bv as hulle weggeraak het of in ‘n bos vasgehaak het, of in water geval het, en die wol so baie water geabsorbeer het, dat hulle kon verdrink. Hy moes vir hulle voorsien vir kos en water en ‘n veilige rusplek. ‘n Goeie herder sou sy lewe op die spel plaas vir sy skape. Dit is wat die Goeie Herder ook vir ons doen, Jesus. Indien jy fokus op Johannes 10 se weergawe van die Goeie Herder, sal dit help om vir die kinders te verduidelik dat verskillende troppe skape in Jesus se tyd baie keer in een kraal gehou is. Wanneer hulle uitgelei word, moes die herder met ‘n unieke roep sy trop skape uit die ander troppe uitroep. Hulle moes dus sy stem kon onderskei uit al die ander herders s’n. Jesus se stem herken ons in sy gebod dat ons God moet liefhê en ander soos onsself. Opsie 2: Fokus op die Feesmaal en die oorvloed (OAV “my beker loop oor”) daarvan sowel as die kontras met dié vyande wat nie mag deelneem nie. Kinders het baie keer die ervaring dat hulle in die kombuis moet gaan eet, of vooraf moet eet, sodat die volwassenes die eintlike feesmaal kan geniet. Hulle sal dus die verwelkoming aan die regte feesmaaltafel kan waardeer. Daarby word hulle koeldrankglase baie keer halfvol geskink sodat hulle nie mors nie. Die teks praat egter van oorvloed, van glase wat tot by die rand volgemaak word, en eintlik die hele tyd volgehou word, selfs al drink jy daarvan of mors jy daarvan. Só is God vir ons. Gebaseer op Carolyn Brown se voorstelle in Forbid Them Not, Year C, 89. Gebaseer op Carolyn Brown se voorstelle in Forbid Them Not, Year B, 86.

5 Psalm 23 Psalms 23 (Ou vertaling, 1953) Die HERE is my herder.
’N PSALM van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. 2Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. 3Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. 4Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. 5U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. 6Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae. Die Bybel : Ou Vertaling. 1996, c1954 (electronic edition of the 2nd edition.). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

6 Berg- woestyn Bergwoestyn
Dit word vertel dat die omgewing waarin Dawid grootgeword het, die inhoud van Psalm 23 ontsluit. Dawid was as seuntjie 'n skaapwagtertjie in die omstreke van Bethlehem in die bergwoestyn van Juda. Vandag maak reisigers veral met hierdie omgewing kennis op reis tussen Jerusalem (wat slegs enkele kilometer van Betlehem af is) en Jerigo, in die vrugbare Jordaanvallei. Hierdie is woestyn soos mense in Suidelik-Afrika dit nie ken nie. Dis 'n bergwoestyn. Ongelooflike hoë bergwande troon bo dramatiese diep klowe. Onder in die klowe is die skemer. Grotte en holtes in die bergwande maak die omgewing 'n ideale skuilplek vir rowers en roofdiere. Geen wonder dat Jesus die gelykenis van die barmhartige Samaritaan ook in hierdie omgewing laat afspeel nie. In hierdie omgewing moes Dawid skape oppas. Hy moes van kleins af die gevare leer ken en die skape daarvan bewaar. Hy ken die donker dieptes waar die gevaar so groot is dat mens dit 'n diepte van doodskaduwee kan noem. Teen hierdie agtergrond bely hy God se sorg: Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. (4).

7 Groen weivelde Groen weivelde
Die reisiger van Bethlehem of Jerusalem na Jerigo kan nie ver sien tussen al die klowe en bergwande nie. Net so die skaapwagter op soek na water en weiding vir sy trop. Die pad kronkel en slinger berg-af. Maar op 'n punt, wanneer jy om 'n laaste draai kom, lê Jerigo en die vrugbare Jordaanvallei oop voor jou. Daar is groen weivelde. Daar kan die wagter ontspan oor die skape. Daar is kos, oopte en makliker beskerming. Kan dit wees dat Dawid van sy jongdae as skaapwatertjie die ooptes en vrugbare velde van die Jordaanvallei in gedagte hou wanneer hy sê: Die Here is my Herder, Ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. (1-2) Hoe diep jy vasgeval is in situasie waar jy nie weet of jy die einde van die pad gaan sien nie, van die Here weet jy: Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

8 Oorvloed Oorvloed Vir 'n skaapwagter wat tussen die gevaar van rower, krans, roofdier en donker dieptes deur moet stuur om 'n lewe te maak, is die oorvloed van 'n eregas wat oorlaai word met die beste, die hoogtepunt. Naas die groen weivelde en waters waar rus is, is die toneel van 'n noenmaal waar jy soos 'n eregas ontvang word, die gepaste manier om die heerlikheid van God se liefde en sorg uit te spel. By hierdie feesmaal kan die vyande en teëstanders net toekyk. God word as gasheer en tuisteskepper uitgebeeld. In die gevare van 'n bergwoestyn is daar geen beter hande om in te val as die Here se versorgende hande nie.

9 'n Gebed vir alle seisoene van die lewe
Dalk lees mens heeltemal te veel in Psalm 23 in om dit te verklaar aan die hand van Dawid se grootwordjare en die omgewing waarin hy 'n herder moes wees. Tog is hierdie Psalm die uitkoms van iemand se diep gewortelde belewing van die Here. Niemand kan hierdie dinge van God bely sonder dat jy jou kwota van doodsgevare, ontbering en verlange na versorging beleef het nie. Psalm 23, seker die bekendste van alle Psalms, is dié gebed vir alle seisoene van die lewe. Dit is die geloofsbelydenis van iemand vir wie die Here van sy jeug af alles was. En wat ervaar het dat God in alle seisoene van die lewe Homself as herder bewys het.

10 Rus en vrede Rus en vrede
Dit is eerstens die belydenis van iemand vir wie die Here tye van rus en vrede gegee het. Dis tye waarin hy ervaar het, ek kort niks nie, ek het rus en vrede en ek het krag vir my lewenspad. Die wonder van 'n lewe saam met God, is dat daar altyd 'n dubbele waarde is in enige goeie en vervullende ervaring. 'n Goeie ervaring word nie net ervaar as 'n geluk nie, maar as 'n geskenk, as iets wat God gegee het en wat jou nie per toeval getref het nie, maar met opset, omdat God vir jou liefhet. Daarom dat Dawid hier skrywe dat die Here sy herder is, sy koning wat hom raaksien en vir hom goeie dinge uitdeel. Dit laat hom spesiaal voel en dit gee hom rus en vrede. Dit vul hom met nuwe krag.

11 Rigting en betekenis Rigting en betekenis
Daarom is Psalm 23 tweedens ook die belydenis van iemand wat ervaar dat God rigting en betekenis in sy lewe gee. Wat tye van vooruitgang en voorspoed beleef. Wat uitdagende dinge aanpak en ervaar dat die Here die regte pad aanwys. Baie keer is die regte pad juis dié dinge wat God se eer sal bevorder en juis 'n manier waarop die regte pad gekies kan word.

12 Worsteling in die donker dieptes
Maar dan is Psalm 23 derdens ook die belydenis van iemand wat ervaar dat daar donker dieptes is en wat moet worstel met die pyn van nie-weet-nie, van onvervulde beloftes, van ondeursigtige raaisels. Dis juis dan wat hy kan bely dat hy nie bang hoef te wees nie, want God is by hom en by God is hy veilig. Die belydenis verdryf nie altyd die donker nie, dit beantwoord nie altyd die vrae nie, maar dit hou vas aan hoe God homself deur die eeue laat ken het, as die betroubare, as die herder, as die een wat dinge laat meewerk ten goede, selfs al beteken dit dat die donkerte nie in lig verander nie. Dawid verwoord hier iets van wat die Hebreërskrywer lank hierna sou skrywe dat nie alle gelowiges altyd kry wat beloof is nie, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie (Hebr. 11).

13 Na die lig Na die lig Soms lei God se paaie wel uit die donkerte na die lig en soms net so verrassend heerlik dat dit voel soos 'n feesmaal in die aangesig van die teëstanders. Dit is die vierde aspek van die digter se belewenis met God. Dit is soos om as 'n eregas aan te sit by die maaltyd wat God die herder-koning voorberei het en waar jy as uitverkore gas kan aansit terwyl ander jaloers moet toekyk. Die hartlikheid waarmee God ons soms kom oorlaai, is 'n besondere voorreg in die lewe saam met God.

14 Ewig in God se teenwoordig- heid
En wat jou terugbring by die besef en belydenis, vyfdens, dat die ware doel en sin en betekenis van die lewe, is om God te geniet en in sy teenwoordigheid vir ewig te bly. Wat op die ou end die ware rus en vrede is, dieper as die weivelde en die water en die krag, om maar net by God te wees, diep-tevrede soos 'n kind. Psalm 23 is dus 'n feespsalm en 'n troospsalm. Dit is 'n psalm vir die lewe en die dood. Dis vir al die seisoene van die lewe. En die waarheid wat in die Psalm opgesluit lê, is dat ons hele lewe altyd by God veilig is. Só 'n waarheid lei tot twee reaksies: 'n belydenis: ek sal nie bang wees nie ... en 'n verbintenis: ek sal tuis wees in die huis van die Here, tussen sy mense. Anders kan dit tog nie. God woon in ons en Hy werk in ons. Waarom sal ons bang wees en waarom sal ons nie tuis voel tussen God se mense nie?

15 God word nooit berowe God word nooit berowe
Lina Spies het die Psalm as volg verwoord: 1. Die Here is my herder en bewaarder : ek kom niks kort nie ; daar is niks wat my ontbreek . In groene weiveld en by stille water laat Hy my uitrus in 'n bar en dorre streek . Die steiltes ken Hy en die skerpste draaie : Hy rig my altyd op die regte paaie . 2. Nie een sal U ooit van u skaap berowe : U is by my in diep en donker klowe . Wanneer ek afdwaal , haak u staf my nader en met u stok verdryf U die gevare . By U is ek beveilig en geborge : Bevry is ek van vrese en van sorge . 3. U dek in my teenwoordigheid 'n tafel : My vyande kyk toe en staan verslae ! U vul my beker , voed my en verheug my ; u goedheid volg my al my lewensdae . Ek ken u liefde en u gunsbetoning en bly 'n leeftyd , Here , in u woning .

16 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotlied Lied 577 Die Heer, my herder, sorg vir my of Vonkk 46 Soos ‘n Vader vir sy kinders of Flam 209 U het my vir Uself gemaak of Flam 34 Daarom Seën Respons Lied 226 laaste reël: Halleluja! Halleluja! Laat ons hom besing!

17 Volgende erediens: Johannes 15:1-8
Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

18


Download ppt "Psalm 23 PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google