Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Kontrole van Administratiewe Handelinge
Eenheid 4 Kontrole van Administratiewe Handelinge
2
Kontrole van administratiewe handelinge
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Kontrole deur Parlement en funksionarisse anders as die howe. Eenheid 4.1 en Eenheid 4.3 Judisiële kontrole / geregtelike kontrole van administratiewe optrede Kontrole van administratiewe handelinge deur die howe Eenheid 4.2
3
Eenheid 4.1 en 4.3 Inleiding & Parlementêre Kontrole en kontrole deur ander liggame (buitegeregtelike kontrole) Hoofstuk 12 in Handboek
4
1. Administratiewe toerekenbaarheid / “accountability”
Basic values and principles governing public administration 195. (1) Public administration must be governed by the democratic values and principles enshrined in the Constitution, including the following principles: (a) A high standard of professional ethics must be promoted and maintained. (b) Efficient, economic and effective use of resources must be promoted. (c) Public administration must be development-oriented. (d) Services must be provided impartially, fairly, equitably and without bias. (e) People’s needs must be responded to, and the public must be encouraged to participate in policy-making. (f) Public administration must be accountable. (g) Transparency must be fostered by providing the public with timely, accessible and accurate information. (h) Good human-resource management and career-development practices, to maximise human potential, must be cultivated. (i) Public administration must be broadly representative of the South African people, with employment and personnel management practices based on ability, objectivity, fairness, and the need to redress the imbalances of the past to achieve broad representation.
5
1. Administratiewe toerekenbaarheid / “accountability”
1. Administrative accountability (2) The above principles apply to - (a) administration in every sphere of government; (b) organs of state; and (c) public enterprises. (3) National legislation must ensure the promotion of the values and principles listed in subsection (4) The appointment in public administration of a number of persons on policy considerations is not precluded, but national legislation must regulate these appointments in the public service. (5) Legislation regulating public administration may differentiate between different sectors, administrations or institutions. (6) The nature and functions of different sectors, administrations or institutions of public administration are relevant factors to be taken into account in legislation regulating public administration.
6
1. Administrative accountability
1. Administratiewe toerekenbaarheid / “accountability” Duidelik sê artikel 195(1)(f) dat administratiewe handelinge toerekenbaar moet wees. Die konsep van “toerekenbaarheid” beteken dat staatsadministrasie nie vry van beheer moet wees nie. Dus, die staatsadministrasie moet toerekenbaar wees teenoor iets of iemand. Dus, administratiewe handelinge van die staat is toerekenbaar aan die parlement, howe en ander liggame. Dus, ons het buitegeregtelike en geregtelike kontrole van staatsadministrasie om te verseker dat dit nie vry van kontrole is nie en dus toerekenbaar.
7
1. Administrative accountability
1. Administratiewe toerekenbaarheid / “accountability” Skeiding van magte ook relevant hier. Waar die uitvoerendegesag (administrateur) onderhewig is aan die kontrole van die regbank (geregtelike kontrole) en die Wetgewer (Parlement / Parlementêre beheer).
8
Kontrole van administratiewe handelinge
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Kontrole deur Parlement en funksionarisse anders as die howe. Eenheid 4.1 en Eenheid 4.3 Judisiële kontrole / geregtelike kontrole van administratiewe optrede Kontrole van administratiewe handelinge deur die howe Eenheid 4.2
9
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Parliamentary control of administrative action Parlementêre kontrole van administratiewe handelinge Artikel 92 van die Grondwet Accountability and responsibilities 92. (1) The Deputy President and Ministers are responsible for the powers and functions of the executive assigned to them by the President. (2) Members of the Cabinet are accountable collectively and individually to Parliament for the exercise of their powers and the performance of their functions. (3) Members of the Cabinet must - act in accordance with the Constitution; and (b) provide Parliament with full and regular reports concerning matters under their control.
10
Parlementêre kontrole van administratiewe handelinge
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Extra-judicial control of administrative action Parlementêre kontrole van administratiewe handelinge Volgens artikel 92(1), het die onder-president en ministers die verantwoordelikheid vir die magte en funksies van die uitvoerendegesag aan hulle gegee deur die President. Hulle is kollektief toerekenbaar aan die Parlement vir die beoefening en uitvoer van hulle funksies. Dit beteken dat die lede van die kabinet, as persone verantwoordelike vir hulle onderskeie portfolios, in die Parlement ondervra mag word deur ander lede, oor die algemeen lede van die oposisie. Dus, die administrasie van portfolios en oefening van magte= Onderhewig aan ondervraging en debatte.
11
1. Administrative accountability
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Extra-judicial control of administrative action Parlementêre kontrole van administratiewe handelinge Parliamentary control of administrative action Op hierdie manier is die administrateur toerekenbaar vir sy handelinge volgens artikel 92. Hierdie tye van ondervraging gee tyd vir publieke besware om ondervra te word. Ook, alle ondergeskikte wetgewing is onderhewig aan parlementêre kontrole volgens artikel 17 van die Interpretations Act.
12
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Parliamentary control of administrative action Parlementêre kontrole van administratiewe handelinge Vraag 131 in werkboek is baie NB V: Verduidelik in welke mate die parlement die optrede / handelinge van die staatsadministrasie (uitvoerende gesag) kan kontroleer. Is dit potentieel `n doeltreffende metode waarop administratiewe optrede gekontroleer kan word of is daar faktore wat die doeltreffendheid van parlementêre kontrole kortwiek? Verduidelik kortliks.
13
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Parliamentary control of administrative action Parlementêre kontrole van administratiewe handelinge A: Een van die uitvloeisels van die leerstuk van skeiding van magte is dat die wetgewende gesag die uitvoerende gesag kontroleer. Historiese is dit in Suid-Afrika terug te herlei na die Westminsterregeringstelsel waar `n konvensie bestaan het dat die uitvoerende gesag aan die parlement verantwoordelik is. Tans word hierdie kontrole van die uitvoerende gesag deur die parlement in die Grondwet gereël. So bepaal die Grondwet byvoorbeeld dat dit die verantwoordelikheid van parlementslede is om die optrede van die uitvoerende gesag namens die kieserskorps te kontroleer (“by scrutinizing and overseeing executive action”) (artikel 42(3) – in hulle hoedanigheid as verkose verteenwoordigers van die kiesers). Die Grondwet bepal verder in hierdie verband dat die Nasionale Vergadering voorsiening moet maak vir meganismes om te verseker dat alle uitvoerende staatsorgane aan hom verantwoording doen en toesig hou oor die uitoefening van nasional uitvoerende gesag (artikel 55(2)). Die Grondwet bepaal ook dat lede van die kabinet gesamentlik en afsonderlik aan die parlement verantwoordelik (aanspreeklik) is vir die uitoefening van hulle bevoegdhede en die verrigting van hulle funksies (artikel 92(2) – dus ook alle administratiewe optrede).
14
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Parliamentary control of administrative action Parlementêre kontrole van administratiewe handelinge Artikel 92(3) bepaal dat kabinetslede ooreenskomstig (a) die Grondwet moet optree en (b) volledige en gereelde verslae oor aangeleenthede onder hulle beheer aan die parlement moet voorsien. ` `n Minister het dus `n plig om aan die parlement te verduidelik hoe hy / sy / haar magte en bevoegdhede / funksies uitgeoefen het of uitoefen. Parlementêre kontrole is potensieel `n belangrike vorm van kontrole oor administratiewe optrede aangesien dit `n geleentheid verskaf (aan parlementslede) om vrae te stel oor algemene administratiewe beleid en aangeleenthede van openbare belang.
15
Parlementêre kontrole van administratiewe handelinge
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Parlementêre kontrole van administratiewe handelinge (10) Die doeltreffendheid van parlementêre kontrole word egter gekortwiek deur partypolitieke lojaliteit – ministers (wat ook lede van die parlement is) oefen beheer oor die parlement uit deur die werking van die partystelsel. `n Minister moet dus aan parlement verduidelik hoe hy sy magte uitgevoer het.
16
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Parliamentary control of administrative action Parlementêre kontrole van administratiewe handelinge Vraag 132 van Werkboek V: Verduidelik op watter wyses die parlement kontrole oor die uitvoerende gesag kan uitoefen. A: Deur vrae en antwoorde. Elke week gedurende die parlementsitting word tyd opsy gesit vir vrae deur parlementslede wat dan deur die minister beantwoord moet word wat verantwoordelik is vir die departement (portefeulje) waaronder die onderwerp ressorteer.
17
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Parlementêre kontrole van administratiewe handelinge Parliamentary control of administrative action (2) Deur sogenaamde interpellasies (mini-debatte) waar met ministers in debat getree word oor sekere aspekte van hulle verantwoordelikheid en funksies. (3) Deur komitees van die parlement. Sodanige komitees ondersoek en doen verslag oor sekere aspekte van optrede deur die uitvoerende gesag. (4) Deur die tertafellegging van ondergeskikte wetgewing (soos proklamasies en regulasies). (5) Deur die goedkeuring van die begroting (asook die bespreking van die begrotings van die onderskeie ministers wat in die algemeen `n beoordeling van die optrede van die uitvoerende gesag en individuele ministers inhou). (6) Deur oorweging van die verslae van die ouditeur-generaal (wat neerkom op `n beoordeling van die finansiële bestuur van en deur die uitvoerende gesag). (7) Deur ondersoeke en verslae van die Openbare Beskermer. Die Openbare Beskermer kan ondersoek instel na enige optrede in staatsake, of in die openbare administrasie in enige regeringsfeer wat of onbehoorlike is of enige onbehoorlikheid of benadeling tot gevolg het. (8) Deur verslae van kommissies van ondersoek wat deur die president aangestel word (artikel 84 (2)(f) ) en wat deur die parlement oorweeg word.
18
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Grondwet verseker die ontstaan van staatsinstellings om die demokrasie van die Republiek te versterk. `n Persoon veronreg deur `n administratiewe handeling mag hierdie staatsinstellings benader om die geldigheid van die handeling te bestry. Hierdie instansies is onafhanklik en onderhewig aan net die Grondwet en die Wet.
19
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Hierdie liggame moet onpartydig wees en hulle magte en funksies uitvoer sonder vrees, guns of nadeel en hulle moet bygestaan word en beskerm word deur ander staatsorgane om te verseker hulle onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en effektiewieteit word nie geaffekteer nie. Geen persoon of staatsorgaan mag inmeng met die funksies van hierdie instansies, wie toerekenbaar is aan die Nasionale vergadering aan wie hulle jaarliks moet rapporteer.
20
Grondwet Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Grondwet Onafhanklike instansies geskep deur en onderhewig aan die Grondwet en die Wet. Hulle is weer toerekenbaar aan die Nasionale Vergadering
21
Die Openbare Beskermer Die Menseregtekommissie
Extra-judicial control of administrative action Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Die Openbare Beskermer Die Menseregtekommissie Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe. Die Kommissie vir Geslagsgelykheid Die Ouditeur-Generaal Verkiesingskommissie Onafhanklike Owerheid om die Uitsaaiwese te reguleer. Waarheid- en versoeningskommissie
22
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies 1. Die Openbare Beskermer Die Openbare Beskermer het die mag, soos gereguleer deur nasionale wetgewing, om Enige optrede in staatsaangeleenthede te ondersoek, of in die publieke administrasie in enige sfeer van regering, wat beweer word om onbehoorlik te wees of om ombehoorlikheid of nadeel tot gevolg te hê; Rapporteer op die optrede, en En die gepaste remediërende handeling te neem. Mag nie hof se besluite ondersoek nie en moet toeganklik wees vir alle persone en gemeenskappe.
23
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Die Interim-Grondwet het voorsiening gemaak vir die aanstelling van die provinsiale Openbare Beskermer, wat op geen manier kon afwyk van die magte en funksies van die (nasionale) Openbare Beskermer. 1996 Grondwet: Provinsiale Openbare Beskermer word nie genoem nie = maar, dit blyk dat die wetgewende magte van die provinsies die mag om so `n liggaam aan te stel insluit.
24
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Stigting van die kantore van die Openbare Beskermer is `n baie belangrike meganisme vir die kontrole van publieke administrasie, aangesien dit `n belangrike rol vul van die waghond oor wanadministrasie in die sake van die staat of die publieke administrasie. Daar word van alle staatsorgane verwag om die Openbare Beskermer te help om die effektiewe uitvoering van sy of haar magte en funksies te verseker.
25
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Die Public Protector Act vervat `n aantal maatstawwe wat gerig is daarop om die onafhanklikheid van die Openbare Beskermer te verseker. Die Openbare Beskermer se vergoeding sal nie verminder word nie en ook sal die maatstawwe en kondisies nie negatief verander word tydens die periode aan diens. Die Openbare Beskermer sal nie vergoedende pligte uitvoer buite sy offisiële pligte; en Die Openbare Beskermer en sy/haar personeel word van regsaanspreeklikheid, wat verwant is tot enige bevindinge of voorstelle wat in goeie trou gemaak is en aan Parlement of die publiek voorgelê is, beskerm.
26
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Die verslae van die Openbare Beskermer het al oor die volgende sake gehandel: Ondersoek van die toneelstuk Sarafina II, en `n ondersoek van die onreëlmatighede van grade en kursus aan die Universiteit van Zululand, `n verslag oor die sake van die Independent Broadcasting Authority.
27
Extra-judicial control of administrative action
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame NB = Vraag 133 in Werkboek V: Verduidelik hoe die Openbare Beskermer `n rol kan speel in die strewe na adminisatratiewe geregtigheid en kontrolering van administratiewe optrede / handelinge
28
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies A: Die Openbare Beskermer is een van die staatinstelings waarvoor die Grondwet voorsiening maak “ter ondersteuning van grondwetlike demokrasie” (hfstk 9 van die Grondwet). Anders as openbare kontrole van die staatsadministrasie deur die pers en dies meer, is die kenmerk van die kontrole deur die OB dat dit amptelik is (daar word grondwetlik vir kontrole van regereingsoptrede deur die OB voorsiening gemaak [art 182 en 183 van Grondwet]). Die bekleder van die amp is onafhanklik (hoewel die persoon noodwendig aan die Grondwet en die reg onderworpe is – artikel 181(2)) maar aan die Nasionale Vergadering verantwoordelike (artikel 181(5)). OB kan ondersoek instel na, verslag doen oor en regstellende stappe neem ten aansien van enige optrede in staatsake of in die openbare administrasie (behalwe hofbeslissings) wat beweer of vermoed word onbehoorlik is of onbehoorlikheid of benadeling tot gevolg het (art 182 (1).
29
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies (e) Die OB kan potensieel `n baie NB rol speel in die strewe na en bereiking van administratiewe geregtigheid aangesien hy die instansie is wat lede van die publiek beskerm teen “burokratiese vergrype” deur ondersoek in te stel, verslag te doen oor en regstellende stappe te neem wanneer daar onbehoorlik deur die staatsadministrasie opgetree word. Kortom, die Openbare Beskermer se rol is veel meer as `n “waghond” oor alle vorms van wanadministrasie: hy is ook daadwerklike beskermer van die publiek teen enige vergrype. Ten einde die rol van beskermer nog meer doeltreffend te vervul, moet die kantoor van die Openbare Beskermer maklik toeganklik wees vir die publiek (art 182(4) bepaal dan ook dat die Openbare Beskermer vir alle persone en gemeenskappe toeganklik moet wees). Die amp van OB bied verder `n goedkoop manier om griewe reg te stel.
30
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Die OB kan ook, slegs deur `n saak te ondersoek en `n aanbeveling te maaak, `n probleem oplos wat andersins deur `n duur hofproses reggestel sou moes word. (j) Uiteindelik kan daarmee volstaan word dat die OB kan meehelp tot die daarstelling van `n oop en deursigtige staatsadministrasie deurdat hy ondersoek kan instel na alle vorms van onbehoorlike optrede deur die staatsadministrasie.
31
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies 2. Die Menseregtekommissie Voer `n waghond funksie uit teenoor die waarneming van fundamentele regte by die administrasie Die hoof funksie is om menseregte te bevorder deur opvoeding en gemeenskapsbewustheid te ontwikkel, wetgewing te hersien en beweerde inbreuk van fundamentele regte te ondersoek en hulp gee by benadeelde persone om herstel te verseker met sulke inbreukmaking. Kommissie moet informasie van relevante organe jaarliks kry, wat die maatstawwe uiteen stel wat geneem is om die volgende regte te realiseer: reg tot behuising, gesondheidsdienste, kos, water, beskerming, opvoeding en die omgewing.
32
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies (3) Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe. Die primêre doelwitte van die kommissie (wat breedweg die hoof kulture, gelowe, tale en geslagskomposisie in Suid-Afrika moet verteenwoordig) is om respek vir kulturele, gelower en tale in gemeenskappe te bevorder, om vrede te bevorder en te ontwikkel, vriendskap, menslikheid, verdraagsaamheid en nasionale eenheid onder hierdie gemeenskappe, en om rade vir gemeenskappe in Suid-Afrika te skep. Mag rapporteer oor sake binne sy magte en funksies aan die Menseregtekommissie vir ondersoeking.
33
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies 4. Kommissie vir Geslagsgelykheid Moet respek vir geslagsgelykheid bevorder en die beskerming, ontwikkeling en bereik van geslagsgelykheid. Dit het die mag om te monitor, ondersoek, na te vors, op te voed, adviseer, durk uit oefen en rapporteer op sake aangaande geslagsgelykheid.
34
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies 5. The Ouditeur-Generaal Het die funksie om op die rekeninge, finansiële state en finansiële bestuur van alle nasionale en provinsiale staatsdepartemente en administrasies, munisipaliteite en ander instansies (soos vereis deur wetgewing) te oudit en rapporteer. Moet geouditeerde rapporte ingee aan enige wetgewer wat `n direkte belang in die oudit het, en enige ander gesag voorgeskryf deur nasionale wetgewing. Hierdie rapporte moet publiek gemaak word. Doel om skoon en effektiewe finansiële regering en goeie regering te verseker om korrupsie oop te vlek.
35
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies 6. Die Verkiesingskommissie Die Kommissie beheer die verkiesing in die nasionale, provinsiale en munisipale sfere. Dit moet verkiesings wat vry en regverdig is verseker, en die resultate moet gegee word binne die periode wat voorgeskryf is in nasionale wetgewing. Sien die belang hier van liggaam van beheer wat onafhanklik is en slegs onderhewig aan die Grondwet en die Wet.
36
Extra-judicial control of administrative action
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame (7)Onafhanklike Owerheid om die Uitsaaiwese te reguleer. Hierdie onafhanklike liggaam is verantwoordelik vir die regulasie van die Uitsaaiwese. Uitsaaing moet in die publieke belang wees en die outoriteit moet billikheid verseker en `n diversiteit van sieninge, wat die breë Suid-Afrika as gemeenskap verteenwoordig.
37
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies 8. Waarheid- en versoeningskommissie Geskep in terme van die Promotion of National Unity and Reconciliation Act. Geskep vom versoening in die land te bring. Opgebreek omdat dit klaar fuksie uitgevoer het. As regsprekende administratiewe liggam, was die Kommissie nie verplig om slegs aan alle statutêre prosedurele vereistes te voldoen nie, maar ook die reëls van natuurlike geregtigheid en ander vereistes van administratiewe handelinge, soos redelikheid en regverdigbaarheid.
38
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies 9. Interne administratiewe kontrole 9.1 Inleiding Ander vorm van buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge is interne kontrole. Vind plaas binne die departement se hierargie (kontrole deur senior administrateurs). Word beoefen deur interne appèl of hersiening na `n hoër outoriteit binne die administrasie. Vind plaas wanneer die geldigheid, wenslikheid van administratiewe handeling heroorweeg moet word deur `n hoër orgaan. Die benadeelde persoon het die reg om die hoër liggaam te benader of die administrateur om die besluit deur die ondergeskikte liggaam te herondersoek.
39
HOEKOM IS DIT NODIG OM TUSSEN VERSKILLENDE ADMINISTRATIEWE HANDELINGE TE ONDERSKEI?
WETGEWENDE GESAG REGSBANK UITVOERENDE GESAG Bepaal staatsbeleid en die implementering van wette (administratiefreg val onder die uitvoerende gesag. In lyn met die leerstelling van die skeiding van magte, word administratiefreg binne die uitvoerende gesag ook geskei Maak wette Dwing die aksies van die wetgewende en uitvoerende gesag af Suiwer administratiewe handelinge Regsprekende handelinge Wetgewende handelinge Tribunale en rade soos die Refugee Appeal Board Besluite deur die administrateurs soos die uitreiking van lisensies. Ondergeskikte wetgewing = regulasies
40
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies 9.2 Interne Kontrole van verskeie vorme administratiewe handelinge. 9.2.1 Wetgewende administratiewe handelinge (ondergeskikte wetgewing) Interne kontrole is nie van toepassing op die sfeer van ondergeskikte wetgewing. Die rede is omdat wetgewende handelinge gewoonlik deur die hoogste liggaam binne die administratiewe hierargie uitgevoer word. Maar, ondergeskikte wetgewing se geldigheid mag deur howe getoets word.
41
DELEGERING VAN ADMINISTRATIEWE MAGTE
DEKONSENTRASIE DESENTRALISASIE Delegering binne dieselfde hiërargiese struktuur `n Administratiewe liggaam het die mag om ander se aksies goed te keur of af te keur. Maar, mag nie die besluite verander. Voorbeeld Delegering van `n mag deur die minister aan die direkteur-generaal wie dan die mag aan die amptenare in die departement delegeer Voorbeeld University of Pretoria v Minister of Education Minister het nie die bevoegdheid gehad om die rektor van `n universiteit aan te stel nie. Minister moes die anstelling goedkeur maar kon nie sy keuse in die plek van die raad stel Minister gives power to the director general. Director general determines whether an accused can be prosecuted after evaluating documents before him. However, cannot perform this function alone therefore delegates it to prosecutors to decide whether can be prosecuted. Die Minister gee magte aan die direkteur-generaal. Direkteur-generaal bepaal of aangekla moet word nadat hy die dokumente voor hom bestudeer het. Maar, kan hierdie funksie nie alleen uitvoer nie. Daarom word dit na aanklaers delegeer om te besluit wie aangekla moet word.
42
DELEGERING VAN ADMINISTRATIEWE MAGTE
DEKONSENTRASIE DESENTRALISASIE KENMERKE In hierdie verhouding delegeer die delegans sekere bevoegdhede en funksies aan `n onafhanklike liggaam, byvoorbeeld waar `n minister `n raad aanstel om lisensies uit te reik. Die delegans oefen kontrole uit oor die gedelegeerde by wyse van aanstelling van die lede van die raad of by wyse van appèl of hersiening 1. Delegans (hoër orgaan) kan die delegasie te eniger tyd terugtrek Sodra die aangeleentheid gefinaliseer is, kan hy nie die uitoefening van daardie besondere funksie ongedaan maak nie. In Administrator Cape v Associated Buildings het die hof bevind dat die delegasie die administrateur nie sy bevoegdheid ontneem het nie en day hy nog steeds tussenbeide kon tree aangesien die aangeleentheid nog nie gefinaliseer was nie.
43
DELEGERING VAN ADMINISTRATIEWE MAGTE
DEKONSENTRASIE DESENTRALISASIE 2. Delegans kan op verskeie wyses kontrole oor die gedelegeerde uitoefen, byvoorbeeld deur voor te skryf hoe die bevoegdheid uitgeoefen moet word of deur `n verslag te vereis. 3. Die ondergeskikte tree namens die delegans op en die bevoegheid word geag deur die delegans uitgeoefen te wees. 4. Gesagsliggame binne dieselfde magsfeer met die gevolg dat dit aanvaar word dat die hoër orgaan weet wat die beste is en ander feite in heroorweging kan neem as die wat deur die laer orgaan oorweeg is
44
DELEGERING VAN ADMINISTRATIEWE MAGTE
DEKONSENTRASIE DESENTRALISASIE 5. Daar heers solidariteit binne dieselfde magsfeer met die gevolg dat dit aanvaar word dat die hoër orgaan weet wat die beste is en ander feite in heroorweging kan neem as die wat deur die laer orgaan oorweeg is.
45
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies 9.2 Interne Kontrole van verskeie vorme van administratiewe handelinge 9.2.2 Regsprekende Administratiewe handelinge (tribunale) Administratiewe tribunale vorm deel van die masjienerie van die regering – prominente eienskap van demokratiewe gemeenskappe. Funksie is tweevoudig: 1. Beskerm individu se regte en vryhede aan die een kant. 2. Verseker dat publieke beleid aan die ander kant toegepas word.
46
Extra-judicial control of administrative action
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame 9.2 Interne Kontrole van verskeie vorme van administratiewe handelinge 9.2.2 Regsprekende Administratiewe handelinge (tribunale) Geskep deur wet en hulle magte en funksies deur bemagtigende bepaling neergelê. Die doel van `n tribunaal is om eenvoudige, vinnige, goedkoop en toeganklike geregtigheid te bied aan `n persoon wat nadelig geraak word deur `n administratiewe besluit in dat die geaffekteerde persoon die geleentheid gegee word vir die saak om heroorweeg te word deur `n ander administratiewe besluitnemer. Die appel wat steeds in die sfeer van die staat of publieke administrasie bly word heroorweeg deur `n onafhanklike en onpartydige besluitnemer, spesifiek aangestel vir sy ekspert kennis.
47
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame 9.2 Interne Kontrole van verskeie vorme van administratiewe handelinge 9.2.2 Regsprekende Administratiewe handelinge (tribunale) Alhoewel tribunale die karakter van howe van die reg het, is hulle deel van die administratiewe masjienerie van die staat. Tribunale kan gesien word as regsprekende administratiewe liggame en so is hulle onderhewig aan die beginsels van geregtige administratiewe handeling. Dit is `n inherente vereiste dat tribunale onafhanklik en vry van enige politieke invloed is en dat die bemagtigende bepaling sal gewoonlike spesifiek verwys na die onafhanklikheid van die tribunaal.
48
Extra-judicial control of administrative action
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame 9.2 Interne Kontrole van verskeie vorme van administratiewe handelinge 9.2.2 Regsprekende Administratiewe handelinge (tribunale) Daar is in essensie ook geen interne kontrole van geregtige administratiewe handelinge nie. Die rede is dat geregtige administratiewe liggame (tribunale) nie in die gewone departementele hierargie val nie: `n Departementele hierargie skep `n verhouding van dekonsentrasie wat beteken dat die superieure liggaam die besluite van die laer administrateurs kan beheer. Maar, tribunale word aangetref in die administratiewe verhouding van desentralisasie. In hierdie verhouding van desentralisasie kan `n mens nie rerig praat van ondergeskikte en superieure administrateurs nie. Byvoorbeeld, `n tribunaal soos die Refugees Appeal Board. Alhoewel dit deel vorm van die Departement van Binnelandsesake, val dit nie binne die departementele hierargie nie. Dit is `n aparte en gedesentraliseerde liggaam wat deur die Refugees Act ontstaan het om appèlle te hoor wat handel oor sake verwant tot vlugteling.
49
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame 9.2 Interne Kontrole van verskeie vorme van administratiewe handelinge 9.2.2 Regsprekende Administratiewe handelinge (tribunale) In hierdie verhouding word daar nie gepraat van interne administratiewe kontrol nie aangesien `n raad van appèl of tribunaal `n gedesentraliseerde, aparte liggaam is. `n Persoon negatief geaffekteer deur `n besluit van so `n tribunaal het nie enige remedie binne die ‘Departement van Binnelandse sake nie. Maar, so `n persoon mag appèlleer teen die besluit van die Raad van Appèl na die siviele howe.
50
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge
Extra-judicial control of administrative action Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame 9.2 Interne Kontrole van verskeie vorme van administratiewe handelinge 9.2.3 Suiwer Administratiewe handelinge Interne kontrole slegs by suiwer administratiewe handelinge en dan, in die algemeen, slegs in die verhouding van dekonsentrasie. Hierdie vorm van kontrole vind plaas in dieselfde departement. Binne die verhouding van dekonsentrasie kan die negatiewe geaffekteerde persoon die geldigheid van die handeling deur die ondergeskikte administrateur of liggaam uitgevoer, uitdaag.
51
Extra-judicial control of administrative action
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame 9.2 Interne Kontrole van verskeie vorme van administratiewe handelinge 9.2.3 Suiwer Administratiewe handelinge Waar `n persoon die besluit van `n ondergeskikte liggaam uitdaag en die superieure liggaam hersien die saak, is die individu steeds betrokke by dieselfde dispuut. Gevolglik, tree die superieure liggaam nie op as `n regter nie maar as `n administratiewe arbiter. Die superieure liggaam neem verantwoordelikheid vir die handelinge van die laer liggaam of administrateur. Die laer liggam mag nie die superieure liggaam se besluit uitdaag nie (want daar is samehorigheid in dieselfde administratiewe hierargie). Verder, die superieure liggaam mag verder nuwe informasie bymekaar kry en mag dit in ag neem wanneer `n besluit gemaak word.
52
Extra-judicial control of administrative action
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame 9.2 Interne Kontrole van verskeie vorme van administratiewe handelinge 9.2.3 Suiwer Administratiewe handelinge Die superieure liggaam mag intree enige tyd voor die saak finaal afgehandel is en die saak dan self finaliseer. Die superieure administrateur beheer die handelinge van die ondergeskikte administrateur deur die manier waarop die funksie uitgevoer was te ondersoek (hy mag selfs die korrektheid van die besluit bevraagteken). Met ander woorde, die superieure liggam mag die geldigheid van die besluit deur die laer liggaam ondersoek en ook die besluit se wenslikheid of werksaamheid. Die ondergeskikte administrateur is verplig om die superieure administrateur se besluit te aanvaar. Woord ook verwys na as interne appèl = interne hersiening wat appèl insluit.
53
Extra-judicial control of administrative action
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame 9.2 Interne Kontrole van verskeie vorme van administratiewe handelinge 9.2.3 Suiwer Administratiewe handelinge Onderskeid tussen appèl en hersiening Die funksie van die hersienende liggaam is om te bepaal of die handeling in vraag aan die vereistes vir geldige administratiewe handelinge / legaliteit voldoen. Hierdie vereistes word in artikel 33 van die Grondwet gevind, naamlik regmatigheid, prosedurele bilikheid, redelikheid en die gee van skriftelike redes. PAJA voorsien vir die riglyne van die legaliteit van alle adminsitratiewe handelinge. Dus, `n hersienende ligaam moet navraag doen of die prosedurele vereistes van PAJA en die ander vereistes vir geldige administratiewe handelinge / legaliteit, in artikel 5, nagekom is. Hierdie artikel wys duidelik watter handelinge ongeldig of onregmatige administratiewe handelinge sal wees.
54
Extra-judicial control of administrative action
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame 9.2 Interne Kontrole van verskeie vorme van administratiewe handelinge 9.2.3 Suiwer Administratiewe handelinge PAJA kontroleer die hersiening van administratiewe handelinge, maar dit maak nie voorsiening vir `n appèl op die meriete van die saak nie. Met ander woorde, die liggaam waarna geappelleer word sal die meriete van die saak ondersoek om te bepaal of die besluit reg of verkeerd was. `n Appèl na die howe mag slegs teen `n finale besluit begin word. Met ander woorde, die besluit moet die mag hê van res iudicata.
55
Extra-judicial control of administrative action
Buitegeregtelike kontrole van administratiewe handelinge Control by state institutions supporting democracy / Control by Public Bodies Beheer deur staatsinstansies wat demokrasie ondersteun / Beheer deur Publieke Liggame 9.2 Interne Kontrole van verskeie vorme van administratiewe handelinge 9.2.3 Suiwer Administratiewe handelinge In essensie behelse interne kontrole van die verhouding van dekonsentrasie die volgende: -Superieure orgaan het die mag om te hersien en die handelinge van die ondergeskikte orgaan te wysig. Selfs as daar nie uitdruklike statutêre bemagtiging is nie. -Die hersienende (superieure liggaam) mag `n ondersoek de novo instel, met ander woorde mag dit nuwe feite en oorweegings in ag nee. Maar, hierde liggaam moet steeds aan al die vereistes vir geldige administratiewe handeling voldoen. -Interne beheer in die vorm van interne hersiening gee nie aanleiding tot `n geregtigtelike uitslag wat beteken dat die reëls van prosedure wat geregtelike beheer reguleer (in die siviele howe) is nie van toepassing. Byvoorbeeld, daar is geen onus van bewys in die formele sin: die partye moet al die feite aan die hersienende liggame gee wat dan besluit watter oorwegings die meeste gewig dra. -Interne hersiening gee nie aanleiding tot `n finale en bindende geregtelike handeling nie. Gevolglik, kan dieselfde saak weer geopper word, die dieselfde departementele hierargie.
56
Vraag 130 in Werkboek V: Artikel 195 van die Grondwet sit die basiese waardesen beginsels wat die staatsadministrasie beheers, uieen. Volgens hierdie beginsels moet die administrasie toerekenbaar wee. “Toerekenbaarheid”, op sy beurt, vereis dat die staatsadministrasie nie vry van enige kontrole kan optree nie. Is daar enige vorms van kontrol (behalwe kontrole deur die parlement en die waarvoor die Grondwet voorsiening maak) wat sodanige toerekenbaarheid van die staatsadministrasie kan verseker? Verskaf slegs voorbeelde (sonder enige verduideliking van wat dit behels). A: Media (elektroniese media soos radio en televisie en die gedrukte media soos koerante en dies meer); Die publiek in die algemeen en veral via belangegroepe soos natuurverenigings, ens; Drukgroepe soos verbruikersverenigins; Nie-regeringsorganisasie (NGOs); Openbare debatte van watter aard ook al.
57
Sien vrae 134 en 135 in werkboek = baie belangrik
58
Handboek: Hoofstuk 12, pp 263-272.
Werkboek: Vrae Hoofstuk 7.2 (Leer) Klasnotas
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.