Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
EENHEID 13 POSITIEWE WANPRESTASIE
KONTRAKTEREG EENHEID 13 POSITIEWE WANPRESTASIE
2
Leeruitkomste: Analiseer en bespreek die aard en vorme van Positiewe Wanprestasie. Lys en bespreek krities elke vereiste van Positiewe Wanprestasie. Onderskei tussen Positiewe Wanprestasie en ander tipes kontrakbreuk. Bespreek die spesiale gevolge van Positiewe Wamprestasie. Bespreek die moontlikheid van kansellasie van ‘n kontrak op grond van positiewe wanprestasie.
3
Sake: Holmdene Brickworks v Roberts Construction.
Shatz Investments (Pty) Ltd v Kalovyrnas. BK Tooling (Edms) Bpk v Scope Precision Engineering.
4
Bestudeer: Hutchison et al Hoofstuk 12 pp
5
Aard en Vorme VERWYS NA WYSE WAAROP VERBINTENIS UITGEVOER WORD.
TWEE VORME: Gebrekkige prestasie. Gedrag teenstrydig met kontraktuele verbod.
6
Gebrekkige prestasie:
Stem prestasie ooreen met bepalings van die kontrak? Verwys nie net na uitdruklike bepalings van kontrak nie, maar ook na naturalia van kontrak. Lewering van gebrekkige objek/prestasie. Prestasie kan gemaak voor voor, op of na prestasiedatum.
7
Gedrag teenstrydig met ‘n kontraktuele verbod:
Shatz Investmens (Pty) Ltd v Kalovyrnas: Huurooreenkoms met die volgende twee klousule:
8
The lessee (respondent in the case under discussion) shall be entitled to use the leased premises for the purpose of carrying on the business of a restaurant, take-away-foods and general dealer, and for no other purpose whatsoever, save with the consent of the lessor, which consent shall not unreasonably be withheld.
9
The lessor (appellant in the case under discussion) agrees to give full protection to the lessee by not letting any of the existing other shops, and those still to be erected in the same building, for the same nature of business or allied business, as that of the lessee, i.e. coffee bar, fish and chips, tea room, take-away foods, steak house etc., and such like, other than bakery and allied lines produced on the premises.
10
Onderhandelings-fase: Appellant wou een van ander winkels in dieselfde gebou as bakkery gebruik.
Respondent het daartoe ingestem, mits die bakkery nie wegneemetes soos “kosher” en ander Joodse kos verkoop nie. Terwyl respondent besig was om besigheid oop te maak: Advertensie verskyn dat nuwe bakkery gebak en wegneemetes verkoop.
11
Toe nuwe bakkery oopmaak, het dit ‘n onmiddellike en aansienlike effek gehad op besigheid van die Miami Restaurant. Hof beslis korrek dat appellant kontrakbreuk gepleeg het in die vorm van positiewe wanprestasie.
12
Veresistes vir Positiewe wanprestasie:
1. Die skuldenaar moes presteer het: Skuldenaar moet prestasie aanbied (tender). Skuldeiser moet prestasie aanvaar. Indien korrekte prestasie betyds aangebied word en skuldeiser weier dit: mora creditoris. Indien gebrekkige prestasie gelewer is, hoef skuldeiser nie prestasie terug te gee vir herstel nie.
13
BK TOOLING V SCOPE PRECISION ENGINEERING:
Indien skuldeiser egter nie die kontrak kanselleer nie, moet hy prestasie teruglewer. Positiewe wanprestasie: Skuldenaar moet 2de kans gegun word om prestasie te herstel.
14
2. Die gelewerde prestasie moet gebrekkig wees:
Vraag na gebrekkigheid word bepaal na gelang van voldoening aan die kontrak. Indien PREstasie nie voldoen aan kontrak: prima facie wederregtelik. Tensy: Tekortkominge te wyte is aan vis maior of omstandighede buite skuldenaar se beheer.
15
Is skuld ‘n vereiste vir positiewe wanprestasie?
Onderskei tussen waarborge en ander bepalings. Van der merwe et al: skuld moet nie vereiste vir positiewe wanprestasie wees nie.
16
Onderskeid tussen Positiewe wanprestasie en ander vorme van kontrakbreuk:
Positiewe handeling teenoor negatiewe handeling: versuim om te presteer. Verskil van repudiasie: Kontrakbreuk in vorm van positiewe wanprestasie kan slegs plaasvind indien prestasie reeds gelewer is. Repudiasie vind plaas voor lewering.
17
‘n Aanbod/tender van ‘n gebrekkige prestasie kan dus repudiasie daarstel.
Onmoontlikmaking van prestasie word ook gepleeg voor prestasiedatum.
18
Gevolge: Gewone remedies vir kontrakbreuk is beskikbaar.
Skuldeiser kan besit van prestasie behou en aandring op herstel van gebreke. Mag skuldeiser egter gebrekkige prestasie weier ten einde behoorlike prestasie af te dwing?
19
BK Tooling-saak: Hof het voorgehou dat skuldeiser wat nog nie presteer het nie, sy prestasie kan terughou totdat skuldenaar akkuraat en volledig presteer het. Bogenoemde staan bekend as die wederkerigheidsbeginsel. Voorwaarde: Gebrek moet nie kleinlik wees nie, en prestasie moet steeds moontlik wees.
20
Indien prestasie nie meer moontlik is nie, kan skuldeiser ‘n geldbedrag as surrogaat vereis.
Indien prestasie egter nie substansieel gebrekkig is nie, moet die skuldeiser die gebrekkige prestasie hou en tevrede wees met skadevergoeding. Verwerping van prestasie dui nie op kansellasie nie, maar is ‘n juis ‘n wyse om kontrak af te dwing.
21
Kansellasie op grond van positiewe wanprestasie:
Lex commissoria (kansellasieklousule) is ‘n vereiste vir kansellasie). Reg op terugtrede kan nie verkry word deur kennisgewing van voorneme om te kanselleer nie. Hoe Word die erns van die kontrakbreuk bepaal?
22
- Breuk moet tot die wortel/basis van die kontrak gaan.
- Breuk moet ‘n essensiele gedeelte van kontrak raak. - Breuk moet so ernstig wees dat dit nie redelik sou wees om te verwag dat skuldeiser gebrekkige prestasie moet hou nie.
23
Indien prestasie deelbaar is kan onskuldige party pro tanto terugtree.
Skuldeiser kan ook onmiddellik terugtree. Indien skuldeiser nie kontrak kanselleer nie, maar skadevergoeding eis, kan die skuldenaar nie aandring op behoorlike prestasie in plaas van betaling van skadevergoeding nie.
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.