Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
"Maar juffrou, dis Grieks!" WAT NOU?
Praktiese idees vir teksinterpretasie: leer jou leerders (poësie) lees en lief hê Karen de Wet, Dlitt Universiteit van Johannesburg UP Lenteseminaar September 2017
2
(c) Dr Karen de Wet / kdewet@uj.ac.za
Grieks (die poësie) is nie so moeilik nie, kan ontsyfer word – mits mens ’n sleutel het: BEMAGTIG jou self / die leerder! Καρɛν K a r e n 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
3
(c) Dr Karen de Wet / kdewet@uj.ac.za
15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
4
Waarom gedigte / kuns / fliek / sport?
Omdat ons ’n lekker gevoel wil hê. En daardie lekker gevoel kom omdat ons kan identifiseer of deel wees; of omdat ons (breine, harte) uitgedaag is of ineengekrimp het; omdat ons uitgestoot is of afgestoot word en dit ons laat dink of tot aksie motiveer; OF omdat ons uitstap en kan sê: maar ek, ek sou dit en dat anders en sus en só doen. DíT is die handeling van analise, sintese, toe-eiening, van kritiese reaksie. 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
5
Waarom gedigte / kuns / fliek / sport? -- VAARDIGHEID
Iemand (’n leerder in die buitewêreld) wat kan dink, en kan lees en ontleed (analiseer) en groepeer (sintetiseer) – verbande raaksien en tot ’n (nuwe) insig/ geheel kom, kan enige iets doen. 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
6
Waarom gedigte? Waarom gedigte lees? Waarom ek? Waarom?
Want ons is nie alleen nie. No man is an island. En ons weet nie alles nie. Ons dink ook nie aan almal / ander se waarnemings, opinies of belewenisse nie. Want ons is wesenlik alleen. Die ruimte van die teks is tegelykertyd veilig en gevaarlik, bied beskerming en privaatheid; maar ook bedreiging en blootstelling. 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
7
Waarom gedigte? Waarom gedigte lees? Waarom ek? Waarom? - vervolg
Want ons leef op hierdie aarde – in bepaalde samelewings op makro- en mikrovlak (mensdom, kontinent, land, skool, gesin, ek) en die gedig deel mee, gee ’n prent – ’n blik op die werklikheid, is kwaad, is lief, skree, ... 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
8
Waarom gedigte? Want die gedig deel mee/…
En dit is wat digters doen: Skryf oor leef, oor belewing, oor mense, diere, samelewing, reg, onreg, plesier, liefde, haat, lewe, dood. Oor ... en dit is ook wat lesers doen: Beleef en kom tot insigte en stem saam en verskil en vorm opinies en maak keuses op grond van wat hulle te wete kom, lees – in gedigte. 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
9
(c) Dr Karen de Wet / kdewet@uj.ac.za
V: Waarom gedigte?" A: "Wat sou jy eerder, liewer doen?" Kyk, dit is dieselfde … Sport – rugby / krieket / swem Kook / koek bak Kuns maak Fliek kyk … Gedigte volg die reëls, soos sport, en buig dit, soos sport. Daag jou uit, of laat jou uit – soos sport. Leer jou saam speel en kompeterend wees. ... Kreatiwiteit wat met woorde / bestanddele / verf werk, onderliggend soortgelyk. Die redes waarom jy gaan fliek is wesenlik dieselfde waarom mense gedigte lees – dalk besef jy dit net nie. (Kan jy dans? Kan jy foxtrot? So foxtrot is sleg.) 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
10
(c) Dr Karen de Wet / kdewet@uj.ac.za
Ná hoekom, HOE HOE OM GEDIGTE TE VERSTAAN? MAAK BEWUS van woorde en kyk; BENUT WOORDE verander die/jou WÊRELD 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
11
(c) Dr Karen de Wet / kdewet@uj.ac.za
Ná hoekom, HOE Die gedig as handsak / rugsak / toksak – Soek! Ondersoek, skud! Wees nuuskierig. Moet niks op sigwaarde neem nie: Daar's truuks! 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
12
(c) Dr Karen de Wet / kdewet@uj.ac.za
"A bag. A carpet bag." BETEKENIS – lyk eenvoudig, maar moet dit nie onderskat nie. VIND UIT wat woorde, frases, idiome beteken. BED dit in in die betekenis van die gedig (dws maak sin daarvan) Gebruik KONTEKS 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
13
(c) Dr Karen de Wet / kdewet@uj.ac.za
“Never judge things on their appearance. Not even a carpet bag. I’m sure I don’t ever do.” Wees nuuskierig en analities. Word verstom. Stel ondersoek in. SOEK die betekenis. Vind die truuks (stylfigure, suggesties, metafore – betekenis!) 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
14
SOEK “But there was nothing in it!” Moenie gedigte / kuns,
of mense/kinders/interpretasies somaar net afskryf nie – ook nie vlak kyk nie. (Gering skat nie.) “We’d better keep an eye on this one! She’s tricky.” SOEK DIE LEIDRADE / TRUUKS 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
15
Alles goed en wel, maar HOE?
Lees poësie as 'maatband' – van die self, samelewing, ens Lees poësie as 'spieël' – van die self, samelewing, ens Wat sien jy as jy in die spieël van die poësie kyk. Benader die poësie soos ’n handsak / rugsak / toksak / passerblik: Skud om uit te vind wat daarin is, wat gebruik kan word, waar die vals bodems is, of dit van mat gemaak is, of bedoel is om matte in te dra. Tree op soos die speurder / forensiese patoloog SOEK die leidrade; truuks; IDENTIFISEER die stylfigure, simboliek, konteks; MAAK SIN – kom tot ’n gevolgtrekking oor die betekenis (wie het die moord gepleeg, wat sê die bewyse op die tafel / uit die handsak Gebruik die 'alfabet' / 'sleutels' 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
16
die GEDIG en die KONTEKS van die gedig is die maatstaf.
Praktiese voorbeelde uit voorgeskrewe werk: 'n Brief van hulle vakansie (Breyten Breytenbach (toonsetting Amanda Strydom) Eerste worp (TT Cloete); Besoekersboek (Fanie Olivier) Wie's hy (Adam Small); Versagtende omstandighede (Peter Snyders) 'n Vigslyer sterf (Vincent Oliphant) DOEN voorbereiding! Versamel woordbetekenisse, illustrasies van betekenis en konteks Orden! Gebruik hulpmiddels. ONTHOU: ’n Toonsetting / lied / film / animasie / jou prentjies wata betekenis rig en kontekstualiseer alles reeds INTERPRETASIE WEES KRITIES! Daar bestaan baie teks oor die voorgeskrewe gedigte – ook die handboek (en baie vorige handboeke). As iets nie sin maak nie, bevraagteken dit – die GEDIG en die KONTEKS van die gedig is die maatstaf. 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
17
Baie dankie – en geniet die reis!
Navrae, graag: Karen de Wet Universiteit van Johannesburg 15 Sept UP LENTESEMINAAR (c) Dr Karen de Wet /
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.