Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Handelinge 10:34-43 PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Handelinge 10:34-43 PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 Handelinge 10:34-43 PowerPoint agtergrond
‘n Gepaste metafoor in beeld vir die opstanding van Christus is ‘n natuur sonopkoms wat ‘n nuwe dag inlui. Titel: Sunrise2, geen kopiereg.

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Lied 409 Hoor jy die Paasfeesklokke? of F204. Koning van die Heelal Votum Voorganger: Die Heer het opgestaan! Gemeente: Die Heer het waarlik opgestaan! Voorganger: Moenie skrik nie: Julle soek Jesus van Nasaret. Hoekom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is uit die dood opgewek. Gemeente: Die Heer het opgestaan! Eerste kers word aangesteek Voorganger: As Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en ons geloof ook sonder inhoud. Tweede kers word aangesteek Voorganger: As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die mees bejammerenswaardige van alle mense. Derde kers word aangesteek Voorganger: Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Vierde kers word aangesteek Voorganger: Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal. Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en aan sy Gesalfde en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid. Vyfde kers word aangesteek Voorganger: Hy wat op die troon sit, sê: “Kyk, Ek maak alles nuut! Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, die eerste en die laaste.” Sesde kers word aangesteek Voorganger: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid! Sewende kers word aangesteek (Aangepas uit Bybel-Media se Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar ) Lofsang Lied 402 Die Heer het waarlik opgestaan of F237. Hy leef of VONKK 201 U Opstanding, O Here Jesus Christus e&qs=0201 Seëngroet Voorganger: Jesus leef! En ons met hom! Genade vir julle en vrede van God die Vader Gemeente: Hy sorg vir ons! Voorganger: en van die Seun Gemeente: Hy het waarlik opgestaan! Voorganger: en van die Heilige Gees. Gemeente: Hy leef in ons! Amen Lied 417 Jesus, ons eer U Geloofsbelydenis Reël dat lidmate beurtelings die volgende simbole inbring en in die liturgiese ruimte plaas: Kleed (laken), brood, beker en groot wit kers (Die kleed word geplaas) Voorganger: Die kleed herinner ons aan die kleed waarin Jesus se liggaam toegedraai is. Op daardie Paasmôre was dit eenkant opgerol en die graf was leeg. Saam juig ons: Gemeente: Die Here het waarlik opgestaan! (Die brood word geplaas) V: Die brood herinner ons daaraan dat Jesus daardie aand van sy opstanding saam met twee van sy volgelinge op die pad na Emmaus geloop het. Toe hulle die brood saam breek, het hulle herken dat Hy die opgestane Here was. Saam juig ons: (Die beker word geplaas) V: Die wyn is vir ons die teken dat sy bloed vir ons gestort is tot ‘n volkome versoening vir al ons sondes. Saam juig ons: (Die Christuskers word aangesteek) V: Die kers word aangesteek om ons te herinner dat die duisternis die Lig nie kon uitdoof nie. Christus is die lig vir die wêreld. Saam juig ons: (Verkort uit 2001, Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle. Lux Verbi.BM – hierdie geloofsbelydenis deur Johan van der Merwe) Lied 414 Juig verlostes, juig en sing of F207. U Het U Heerlikheid, O Heer of VONKK 75 Halleluja! Die Heer Het Opgestaan!

3 God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Handelinge 10:23-43

4 Handelinge 10:34-43 Fokusteks: Handelinge 10:34-43 Petrus en Kornelius
10 In Sesarea was daar ’n man met die naam Kornelius, ’n kaptein in die sogenaamde Italiaanse regiment. 2Hy was godsdienstig en godvresend, hy en sy hele huisgesin. Hy het baie gedoen om die armes onder die Joodse volk te help en het gereeld tot God gebid. 3Een middag teen drie-uur het hy in ’n gesig duidelik ’n engel van God na hom toe sien kom wat na hom roep: “Kornelius!” 4Kornelius het hom verskrik aangekyk en gevra: “Wat is dit, Meneer?” Die engel sê toe vir hom: “God het gelet op jou gebede en op wat jy vir die armes doen, en Hy het aan jou gedink. 5Stuur nou dadelik mense na Joppe toe en laat daar ’n sekere Simon haal wat ook Petrus genoem word. 6Hy is tuis by ’n ander Simon, ’n leerlooier, wat by die see woon.” 7Nadat die engel wat met hom gepraat het, weggegaan het, het Kornelius twee van sy huisbediendes en een van sy lyfwagte, ’n godsdienstige soldaat, geroep. 8Hy het hulle alles vertel en hulle na Joppe toe gestuur. 9Die volgende dag teen twaalfuur die middag, toe hulle op hulle reis al naby die dorp was, het Petrus opgegaan na die dakstoep van die huis om te bid. 10Hy het later honger geword en hy wou iets hê om te eet. Terwyl die mense die ete klaargemaak het, het hy in geesvervoering geraak. 11Hy het die hemel oop gesien en iets soos ’n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word, sien afkom grond toe. 12Daarin was van al die viervoetige en die kruipende diere van die aarde en van al die wilde voëls. 13Hy hoor toe ’n stem vir hom sê: “Kom, Petrus, slag en eet.” 14Maar Petrus sê: “Nooit nie, Here! Ek het nog nooit iets geëet wat onheilig of onrein is nie.” 15Hy hoor die stem toe weer, die tweede keer, vir hom sê: “Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie.” 16Dit het drie keer gebeur, en daarna is die doek weer in die hemel opgetrek. 17Terwyl Petrus nog wonder oor die betekenis van die gesig wat hy gesien het, kom die mans wat deur Kornelius gestuur is, by die voordeur aan. Hulle was op soek na die huis van Simon 18en doen toe navraag of Simon wat ook Petrus genoem word, daar tuis is. 19Terwyl Petrus nog nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: “Daar is drie mans wat jou soek. 20Kom, gaan ondertoe en moenie aarsel om saam met hulle te gaan nie, want Ek het hulle gestuur.” 21Petrus het ondertoe gegaan en vir die mans gesê: “Hier is ek. Dis vir my wat julle soek. Waarom is julle hier?” 22Hulle antwoord: “Kaptein Kornelius, ’n opregte en godvresende man vir wie die hele Joodse volk hoë agting het, het ’n openbaring deur ’n heilige engel gekry dat hy u na sy huis toe moet laat haal om te hoor wat u te sê het.” 23Petrus nooi hulle toe in en gee vir hulle huisvesting. Die volgende dag het hy en ’n paar van die gelowiges in Joppe saam met hulle gegaan 24en ’n dag later in Sesarea aangekom. Kornelius het hulle al verwag en het sy familie en huisvriende reeds bymekaar geroep. 25Toe Petrus daar kom, het Kornelius hom tegemoet gegaan en eerbiedig voor hom gekniel. 26Maar Petrus het hom laat opstaan en gesê: “Staan op! Ek is self ook maar net ’n mens.” 27Terwyl Petrus met Kornelius praat, gaan hy die huis binne, waar hy baie mense bymekaar aantref, 28en hy sê vir hulle: “Julle weet dat ’n Jood nie met iemand van ’n ander volk mag omgaan of by hom in die huis mag kom nie, maar God het vir my gewys dat ek geen mens as onheilig of onrein mag beskou nie. 29Daarom het ek sonder om teë te stribbel, gekom toe julle my laat haal het. Sê nou vir my waarom julle my laat haal het.” 30Kornelius antwoord: “Vier dae gelede so teen drie-uur die middag was ek in my huis besig om te bid. Toe staan daar skielik ’n man met blink klere voor my, 31en hy sê: ‘Kornelius, God het jou gebed verhoor en gelet op wat jy vir die armes doen. 32Stuur iemand na Joppe toe en laat vir Simon, wat ook Petrus genoem word, daar haal. Hy is tuis by ’n ander Simon, ’n leerlooier, wat by die see woon.’33Ek het dadelik mense na u toe gestuur, en u was so goed om te kom. Ons is nou almal hier in die teenwoordigheid van God om te hoor wat die Here alles aan u opgedra het.” Petrus se toespraak by Kornelius 34Toe het Petrus aan die woord gekom en gesê: “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, 35maar in enige volk die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is. 36Julle weet dat God aan Israel sy woord gestuur het, naamlik die evangelie van vrede wat Jesus Christus gebring het. Hierdie Jesus is Here van almal. 37Julle weet ook van die gebeurtenisse dwarsdeur die hele Joodse land. Dit het in Galilea begin ná die doop wat Johannes verkondig het. 38Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom. 39“En ons is getuies van alles wat Hy in die Joodse land en in Jerusalem gedoen het. Hulle het Hom doodgemaak deur Hom aan die kruis te hang. 40Maar God het Hom op die derde dag uit die dood opgewek en Hom laat verskyn, 41nie aan die hele volk nie, maar net aan ons vir wie God reeds gekies het om getuies daarvan te wees, ons wat ná sy opstanding uit die dood saam met Hom geëet en gedrink het. 42Hy het ons opdrag gegee om aan die volk te verkondig en te bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies. 43Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang.”

5 Familie-oomblik Familie-oomblik
As omstandighede dit toelaat, kan julle Paasfees kolwyntjies (cupcakes) maak! Gaan kyk by faith/young-family/easter-cupcakes?highlight=WyJlYXN0ZXIiXQ== vir ’n voorbeeld. Maak gewone kolwyntjies en laat kinders dit versier met versiersuiker en klein paaseiertjies. Jy kan ook ’n regte paaseier maak: druk ’n gaatjie bo en onder in ’n gewone eier en blaas die binnekant liggies uit. Laat droog word. Versier. Verduidelik dat paaseiers leeg is, want dit herinner ons aan die leë graf. Maar uit die leë graf het daar lewe gekom vir ons almal! Gee vir almal in die kerk paaseiers (die sjokolade soort – want vandag vier ons fees en is ons bly). Jy kan ook by die skrifgedeelte van vandag aansluit. stel voor dat jy ’n glasbak vol bruin en wit eiers gebruik om Handelinge 10:34-36, 43 te verduidelik. ’n Mens kan eiers op baie maniere eet en vir baie goed gebruik. Verduidelik dan van bruin en wit eiers. Blykbaar lê bruin henne bruin eiers en wit henne wit eiers. Maar wat van die binnekant? Jy kan ’n paar eiers breek om te wys dat hulle dieselfde lyk aan die binnekant. Net so met mense: God het ons gemaak om verskillend te lyk aan die buitekant, maar binne is ons dieselfde – en God is lief vir ons almal! Sing saam “God hou van kindertjies”.

6 Preekriglyn Ons teks speel af aan huis van die heidense offisier, Kornelius. Petrus getuig oor al die groot dinge wat God deur Jesus in die Joodse land en in Jerusalem gedoen het: Jesus van Nasaret, deur God met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus, het rondgegaan, goeie werke gedoen en almal gesond gemaak, want God was by Hom. Hierdie Jesus, getuig Petrus, is in Jerusalem doodgemaak deurdat hulle Hom aan 'n kruis gehang het. Maar God het Hom op die derde dag uit die dood opgewek, en Hom laat verskyn aan getuies. Aan hierdie getuies het die Here opdrag gegee om teenoor van Hom te getuig. Elkeen wat in Hom glo, sê Petrus, ontvang die vergewing van sonder deur sy Naam. Hy, wat aangestel is as Regter oor lewendes en dooies, is self die weg tot lewe vir diegene wat in Hom glo. Grafika: Cross over Mt. Helix, eiendom van Martin LaBar, foto geneem op 17 Januarie 2006. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing en redigering toe. Dit is beskikbaar by

7 Paassondag Paassondag
Ons vier vandag die inhoud van Petrus se getuienis. Eergister was dit Goeie Vrydag, die dag waarop ons Jesus se kruisiging gedenk het. Vandag is Paassondag. Soos belowe, het God Jesus op die derde dag uit die dood opgewek. Die dood kon Hom nie hou nie. Hy is anderkant die dood opgewek in 'n nuwe lewe. Sy lewe is die nuwe skepping van God, waaroor die dood nie meer mag het nie. In Sy nuwe lewe, sien ons die eerste teken van die nuwe lewe wat God vir God se hele skepping beplan. Ja, ons vier vandag die aardskuddende inhoud van die goeie nuus van Jesus Christus. Sy dood het deur God se trou geëindig in die lewe. Hy bring vir ons vergifnis van sonde, en sluit ons so in by die nuwe lewe wat God ook vir ons weggelê het.

8 Egte historiese feite Egte historiese feite
In sy preek beklemtoon Petrus dat die gebeure rondom Jesus egte geskiedkundige feite is: Jesus het in die Joodse land, Israel, geleef en gewerk. God het in die dorpe, stede en strate van hierdie wêreld deur Hom gewerk. Jesus se werk het in Galilea, die noordelike provinsie van Israel begin. Hy het oral deur Israel, en ook in die naburige streke, rondgegaan en mense genees.. Dit het gevolg nadat Hy deur Johannes in die Jordaan in Galilea gedoop is. Na al die wonderlike dinge wat Jesus in Israel gedoen het, is Hy in Jerusalem gevange geneem en gekruisig. Hy het aan 'n kruis gesterf. Dit was op 'n Vrydag. Daarna het God Hom op die derde dag, 'n Sondag, uit die dood opgewek. Die lewende Here Jesus het aan baie getuies verskyn. Dit was spesifieke mense, op spesifieke plekke. Baie van hulle name is aan ons bekend. Hierdie mense is die getuies dat Jesus werklik lewend is en opgestaan het uit die dood. Petrus vertel dat hulle saam met Jesus geëet en gedrink het. Dit beteken dat Jesus se opstanding spesifiek vir hierdie konkrete wêreld waarin ons leef, iets te sê het. Jesus se opstanding is nie 'n sprokie, mite, feëverhaal of legende wat ons wegvoer na 'n droomwêreld, of na 'n tyd, eendag, lank, lank gelede nie. Dit gaan oor konkrete feite wat vir 'n konkrete wêreld iets te sê het. Al die genesingswonders, die herstel, die versoening van sonde en die nuwe lewe anderkant die dood het met hierdie wêreld te doen. Die opstanding verkondig konkrete, feitelike hoop vir mense van hierdie wêreld. Die opstanding sê niks is so dood dat God dit nie lewend kan maak nie. Niks is so gebroke dat God dit nie kan herstel nie. Niemand is so verlore dat God hulle nie kan red nie. Die toekoms is nie so donker dat God dit nie kan deurbreek nie. Om die waarheid te sê: God het reeds die toekoms deurbreek. God het Jesus uit die dood laat opstaan, en so gedemonstreer wat die toekoms van diegene is wat in Jesus vergifnis van sonde en herstel van die verhouding met God ontvang het. God het uit Jesus se dooie liggaam 'n nuwe skepping voortgebring. In Jesus is dit die bestemming van God se pad met mense. Die verlossing is bedoel vir hierdie wêreld. Dit open die weg vir hierdie wêreld na God se nuwe wêreld. Dit gebeur eerstens omdat Jesus die verhouding tussen wêreld en God herstel.

9 Herstel van die verhouding met God
Hoe werk die herstel van die verhouding met God wat deur Jesus moontlik is? Petrus praat in sy toespraak daar by Kornelius van die evangelie (goeie nuus) van vrede wat Jesus gebring het (36). Die aspekte van die goeie nuus is: Hierdie Jesus is Here van almal (36): dit is deur die buig voor Jesus, die dien van Jesus, die navolging van Jesus, die bly in sy liefde, die geloof in Jesus dat die herstel van verhoudinge, spesifiek met God, moontlik word Jesus se bediening begin na die doop van Johannes (37): Johannes se doop was 'n doop van berou oor die sonde en bekering van die sonde – waarmee Jesus sy skouer onder ons sonde en gebrokenheid ingesit sit, om dit te dra en weg te neem. Jesus neem die skeiding tussen ons en God weg wat die sonde gebring het Jesus het goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was (38): Jesus demonstreer dat sy koningskap bevryding en genesing bring Jesus is gekruisig en deur God uit die dood opgewek (39-40): aan die kruis is die oorwinning oor sonde bereik, en hierdie offer is deur die Vader aanvaar, wat die oorwinning bevestig deur Jesus uit die dood op te wek Hierdie Jesus is Regter oor lewendes en dooies (42): Hy sê die finale woord oor mense se lewens, ons toekoms as vrygespreekte mense is seker en staan vas. Jesus is die Waarheid, en die hart van die Christelike geloof is dat die gekruisigde en opgestane Here Jesus die weg tot die lewe is.

10 Herstel van die verhouding tot mekaar
'n Sentrale tema in hierdie gedeelte – dié sentrale tema – het te doen met die plek waar Petrus hierdie woorde uitspreek. Dit geskied aan huis van die heidense offisier Kornelius, in die Romeinse hoofstad van Israel, Sesarea. Petrus se toespraak is die hoogtepunt van 'n lang reeks gebeure waarin die Here hom oortuig het om na die onrein huis van 'n heiden te gaan. Geen goeie Jood sou homself onrein maak deur dit te doen nie. Petrus was 'n goeie Jood. Daarom laat die Here hom 'n gesig sien van rein en onrein kos, en verklaar dat wat God rein verklaar het niemand onrein mag ag nie. Uiteindelik gaan Petrus en steek daarmee een van die grootste grense van sy wêreld oor. Nadat hy die woorde van ons teks uitgespreek het, kom die Heilige Gees ook oor die heidene. Hiermee is die skeidsmuur tussen Jood en nie-Jood afgebreek. Die damwal het gebars. Die brug oor die rivier is geopen. Die gapende kloof is oorgesteek. God verenig in Jesus mense wat vir eeue mekaar se vyande was. Die oorwinning van die dood, soos behaal aan die kruis en in die leë graf, laat geen anders doodsheid onaangeraak nie. Die oorwinning laat doodsheid verbrokkel – ook tussen mense. Ons kan nie Paassondag vier en tevrede wees met soveel gebrokenheid en vyandigheid tussen mense nie. Elkeen van ons moet vandag nog 'n Paasagenda opstel, 'n oudit doen van die gebroke verhoudinge in en om ons. En vanuit hierdie Paasagenda begin bid en streef na herstel. Soos Petrus, sal dit ons na plekke neem waar ons nie wou gaan nie. Ons gaan die hulp van ander nodig hê, en dalk gesigte en drome ook. Ons sal nodig hê om op God te wag en aandag te gee aan die plekke en geleenthede waar God die deurbrake gee. Soos hier met Petrus en Kornelius gebeur. Die herstel wat God bring, is effektief, akkuraat en lewensveranderend. Dit is 'n verrassing wat die wat na God se wil soek dikwels onkant betrap.

11 ʼn Paasagenda van getuienis
Deel van ons Paasagenda is ons getuienis. Getuienis is om die feite en verhaal van God se werk deur Jesus van Nasaret lewend te hou in die wêreld van vandag. Petrus sê Jesus het na sy opwekking uit die dood verskyn aan diegene wat God gekies het om getuies te wees daarvan. Dit is die hart van om gekies te wees deur God: Jy is gekies om 'n getuie te wees. Ons het die getuienis oor Jesus deur oorlewering van die eerste getuies ontvang, en ons dra dit verder deur self daaroor te praat. Om deur God gekies te wees, is nie 'n posisie van bevoorregting nie, maar van diens. Jy is gekies, sodat jy ander kan vertel. God kies enkeles, sodat almal kan hoor. Wanneer mens vertel, soos Petrus hier in Kornelius se huis, is jy verstom om te sien hoe God werk: die getuienis is effektief, ander mense begin te glo, en word so die wat gekies is om weer verder te gaan getuig. Hoor hoe helder sê Petrus dit: Hy het ons opdrag gegee om aan die volk te verkondig en te bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies. Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang. (42-43)

12 Liefde en belangstelling van God
Vir Kornelius en sy gesin was Petrus se woorde revolusionêr. Hy was 'n godvresende, wat beteken hy en sy mense het geweet van die God van Israel. Tog is hulle opgevoed in die Grieks-Romeinse wêreld, wat baie gode geken het. Hierdie gode was almal daarop uit om mense vir hulle eie gewin uit te buit en te benut. Die gode was 'n dreigende mag wat jy ten alle koste tevrede moes hou. As die gode nie gepaai is nie, kon dit katastrofies wees. Daarom het die Romeinse staat godsdiens geïnstitusionaliseer en moes alle goeie burgers deelneem aan godsdienstige feeste. Anders kon daar onheil oor die stad of staat kom. Hierdie gode het allerhande aansprake gehad. Die keiser het gesê hy is die seun van die Romeinse hoofgod. Daar was allerhande aansprake oor opstanding uit die dood, en dies meer. Tog het niemand in die Grieks-Romeinse wêreld ooit lewe na die dood gesien, en met hulle hande daaraan kon vat nie. Niemand kon verwys na 'n God wat op die wêreld aanland, wonders doen, die dood oorwin en dan met sy dissipels eet en drink nie. Niemand in die Grieks-Romeinse wêreld het 'n God geken wat mense liefhet, en neerdaal om hulle te dien, te genees, hulle sonde te vergewe en die pad na die ewige lewe vir hulle oop te breek nie. Petrus getuig van so 'n God. Dis revolusionêre nuus. Dis nuus wat soos 'n vloedgolf deur die Romeinse wêreld sou versprei. Na hierdie eerste grensoorskryding, breek die damwal en verower die goeie nuus van God die bekende wêreld van daardie tyd binne 'n paar eeue. Vir Kornelius en sy gesin word God se liefde konkreet. Hulle ervaar dit liggaamlik. Net na Petrus se getuienis word die Heilige Gees op hulle uitgestort en ervaar hulle dit. Op hierdie wonderlike dag beleef hulle die teenwoordigheid van God op 'n manier wat nooit tevore moontlik was nie. God is lewend, stel in mense belang, trek mense in 'n genesende verhouding met Hom in, en werk in en deur hulle. Hulle ervaar die liefde en belangstelling van God. Die leë graf van Paassondag was die stil voorspel tot die uitstorting van God se revolusionêre liefde oor die hele wêreld.

13 Kies om deel te neem Kies om deel te neem
Jesus se opdrag om te getuig is 'n uitnodiging om deel te neem aan God se lewensveranderende liefde. Mens doen dit deur lewensveranderende woord en dade. Jy doen dit oral, met almal wat God op jou pad plaas. God maak, in die uitstorting van sy liefde, nie onderskeid tussen mense nie.

14 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Dankoffer Slotsang Lied 422 Die Heer, die Heer het opgestaan of VONKK 5 Vreugde! Vreugde! of Flam 336. Wie Is Ek Dat U Aan My Gedink Het (My Verlosser Leef) Seën Ontvang die Heilige Gees en God se seën vir julle opdrag: “Eg gee vir julle die ewige lewe en julle sal nooit ooit verlore gaan nie. Niemand sal julle uit my hand ruk nie.” (Uit: Wepener, Cas. Soos ’n blom na die son draai. BybelMedia) Respons Lied 218 Halleluja!

15 Volgende erediens: Handelinge 2:14a, 22-32
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

16


Download ppt "Handelinge 10:34-43 PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google