Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Die deurlopende agtergrond is ‘n foto van die Oasis Hotel by Abu Simbel, met die Nasser meer en digby die grens met Sudan. Kopiereg laat ons toe om die.

Similar presentations


Presentation on theme: "Die deurlopende agtergrond is ‘n foto van die Oasis Hotel by Abu Simbel, met die Nasser meer en digby die grens met Sudan. Kopiereg laat ons toe om die."— Presentation transcript:

1 Die deurlopende agtergrond is ‘n foto van die Oasis Hotel by Abu Simbel, met die Nasser meer en digby die grens met Sudan. Kopiereg laat ons toe om die foto onveranderd te plaas- geneem op 20 Mei 2008 en beskikbaar by Die beeld wil gasvryheid simboliseer. Ons liefde vir mekaar en vir ander moet wees soos ’n oase in die woestyn, ’n plek waar daar bome is waaronder jy uit die felheid van die son in die skadu kan kom rus en waar daar water is om jou dors te les in die hitte. Dit is wat Barnabas vir Saulus verskaf het, ’n veilige tot verhaal kom ruimte. Barnabas die Borg

2 Die agtergrond op skyfie 2 is ‘n fiktiewe voorstelling van Barnabas in hoofsaaklik waterverf (Wicus Wait). Of ‘n mens nou kan peil trek op die 6de eeuse monnik van Siprus, Alexander Monachus, se beskrywing van Barnabas al dan nie – “his face was like that of an angel ... and he had sparkling eyes” (Laudatio Barnabae, 25). Die rooi en goud ruimte waarop aanvullende grafika geplaas kan word verteenwoordig die liturgiese kleure van Pinkster.

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Aanvangsgebed: “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer.” (2 Korintiërs 1:3-4). Terugvoer Ons het by die vorige erediens nagedink oor vrygewigheid. Gee geleentheid dat lidmate verhale deel van wat met hulle gebeur het terwyl hulle die dissipline van vrygewigheid beoefen het. Liedere Lied 430 (Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk) Flam 269 (Hy verwelkom my) en ‘n seleksie van geliefde lofliedere wat by jul gemeente se styl pas. God nooi ons uit en ons kom tot rus

4 God praat met ons en ons luister

5 Hand 9:26-31 Handelinge 9:26-31 Saulus in Jerusalem
26Saulus het na Jerusalem toe gegaan en het geprobeer om daar by die volgelinge van Jesus aan te sluit, maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie kon glo dat hy ’n volgeling van Jesus is nie. 27Barnabas het hom egter oor Saulus ontferm en hom na die apostels toe gebring. Hy het vir hulle vertel hoe Saulus op die pad die Here gesien het en dat die Here met hom gepraat het, en hoe hy in Damaskus openlik in die Naam van Jesus gepreek het. 28Saulus het toe oral in Jerusalem saam met hulle rondgegaan en openlik in die Naam van die Here gepreek. 29Hy het ook met die Griekssprekende Jode gepraat en met hulle geredeneer; maar hulle het hom probeer vermoor. 30Toe die gelowiges dit agterkom, het hulle hom na Sesarea toe geneem en hom daarvandaan na Tarsus toe weggestuur. 31In die hele Judea, Galilea en Samaria het die kerk ’n tyd van rus en vrede belewe. Dit het gevestig geraak en in gehoorsaamheid aan die Here gelewe, die kerk is deur die Heilige Gees versterk, en die ledetal het toegeneem. Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (electronic ed.). Bybelgenootskap van Suid-Afrika: Cape Town, South Africa Hand 9:26-31

6 ’n Oase in die woestyn Preekriglyn
Die Saharawoestyn word gekenmerk deur oases waar die moeë reisiger lewegewende water en lafenis ontvang. Geoloë het ontdek dat daar diep, diep onder die harde woestyn ongelooflike groot watermere in die steenformasies voorkom. Plek-plek deel die Sahara hierdie verborge water met verstommende vrygewigheid. Die aanloklike waterpoele van die oase getuig van die woestyn se verrassende gasvryheid. So skep oases lewensruimte vir die reisiger. Daarsonder kan die harde woestyn nie deurkruis word nie. Die oases bemoedig en versterk. Dit maak die reis veilig. Die kamele drink hulleself knuppeldik, sodat die handelskaravaan sy reis kan voortsit. Die waterhouers vir menslike gebruik is ’n slag weer gevul. Lewe, ook in die harde Sahara, is moontlik danksy die woestyn se verrassende gasvryheid. Hoe harder die omgewing, hoe meer lewensbedreigend die omstandighede, hoe meer verstommend en verkwikkend is die geskenk van gasvryheid. ’n Oase in die woestyn

7 Jesus roep vir Saulus Jesus roep vir Saulus
Die impak van die Here Jesus se ontmoeting met Saulus op die pad na Damaskus kan nie onderskat word nie. Dit was ’n sleutelmoment in die groeiende beweging van die evangelie oor grense heen. Saulus ervaar egter hoe sy roeping gestuit en geblok word, en hy nêrens aanklank vind nie. Hy is figuurlik in die woestyn, sonder ’n tuiste. Niemand wou aanvanklik iets met hom te doen gehad het nie. Saulus se wrede poging om die kerk uit te roei (Hand 8:3) het steeds te veel teen hom getel, al kon hy van ’n rare ontmoeting met die opgestane Here vertel (Hand 9:3). Lukas skryf immers oor hom dat hy soos ’n besetene voortgegaan het om die volgelinge van die Here met die dood te dreig (Hand 9:1). Jesus roep vir Saulus

8 Barnabus ontferm hom oor Paulus
Barnabas ontferm hom oor Saulus Daar was nêrens vir Saulus ’n oase-ervaring nie. Totdat Barnabas, wat ons in sy primêre rol as bemoediger aan die werk sien, op die toneel verskyn. Hy ontferm hom oor Saulus, sonder om hom te beskaam, as niemand iets met hom te doen wil hê in Jerusalem kort na sy bekering nie. Barnabas se aanvaarding van Saulus was dus die poort waardeur die bediening van Saulus ’n kans gekry het om te ontwikkel, wat uiteindelik die hele Christelike bediening sou transformeer. Geen wonder dat die voormalige Josef die naam Barnabas, bemoediger gekry het nie. Hy stel Saulus voor aan die apostels met sy eerste besoek aan Jerusalem. Dit is ook hy wat Saulus se storie aan hulle vertel en as segsman vir Saulus optree. Hy tree dus as borg vir Saulus op. Daarna eers kon Saulus vryuit met mense gesels. Barnabus ontferm hom oor Paulus

9 ’n Veilige ruimte… Barnabas verskaf aan Saulus ’n veilige ruimte
Barnabas verskaf dus aan Saulus ’n veilige ruimte, ’n oase. Hy trek hierdie voormalige vyand in sy eie kring in. Hy doen dit persoonlik – hy luister na sy storie totdat hy dit kan oorvertel aan die leiers. Hy doen dit ook gemeentelik, veral in sy bekendstelling van Saulus aan die geledere van die apostels. Let op hoe Lukas dit verwoord in vers 27: Barnabas dra sy verhaal oor deur eerstens twee dinge wat God gedoen het te beklemtoon: Saulus het Jesus gesien, en die Here het met hom gepraat. Beide aspekte was baie belangrik vir sy uiteindelike status en aanvaarding as apostel. Daarby lê hy klem op wat Saulus direk na sy bekering gedoen het: hy het openlik in Damaskus in die Naam van Jesus gepreek, presies die teenoorgestelde as waarvoor hy daarheen deur die hoëpriester gestuur is. ’n Veilige ruimte…

10 Saulus se bediening vat vlam
Barnabas tree dus namens die geloofsgemeenskap op en stel Paulus aan die apostels voor. Dit stel die apostels in staat om Saulus en sy bediening te erken, en Saulus vry te stel om die werk te doen waarvoor die Here hom geroep het. Hulle wys ook dat hulle in dié situasie leerbaar is, veral omdat hulle Barnabas vertrou het. Later sou dit nog verdere vrug dra met die vergadering in Jerusalem waar die mense wat deur Barnabas en Saulus tot inkeer gelei is, ingesluit kon word, sonder om van hulle te verwag om Jode te word. Hierdie persoonlike en gemeentelike insluiting deur Barnabas lei dus tot ’n publieke erkenning van sy bediening, hoewel daar steeds Grieksprekende Jode was wat hierdie inkommer vyandig gesind gebly het en hom wou vermoor. Dit noop die gelowiges om hom weg te stuur na Sesarea en daarvandaan na Tarsus toe, sy tuisdorp, ter wille van sy eie veiligheid. Uit die verdere verloop van die verhaal weet ons dat dit nie ’n uitskuif en vergeet aksie was nie. Saulus gaan in dié tyd deur ’n intense voorbereiding, presies wat dit behels het word ons nooit vertel nie, en word uiteindelik deur dieselfde Barnabas na die aktiewe bediening in die eerste gemengde gemeente, Antiogië, genooi. Die daad van gasvryheid, wat die evangelie beliggaam, mond uit in ’n die skep van ’n gemeentelike oase waar mense uit alle oorde verkwikking kon vind. Barnabas sou dus steeds ’n veilige ruimte gee vir Saulus, totdat dit nie meer nodig was nie, en ’n ander ontluikende leier dit nodig gehad het, Johannes Markus. Saulus se bediening vat vlam

11 Gasvryheid = liefde vir die vreemdeling
Gasvryheid is liefde vir die vreemdeling Gasvryheid (philoxenia – liefde vir die vreemdeling) is ’n belangrike tema in die Nuwe Testament. In Hebreërs 13: 2 lees ons: “Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.” Hebreërs verwys hier waarskynlik terug na Genesis 18 waar Abraham drie besoekers ontvang en van dié “engele” die belofte ontvang dat ’n kind vir hom gebore sal word. Ook die verhaal van die Emmausgangers beklemtoon die seën wat vir ’n mens oopgaan as jy ’n vreemdeling gasvry binnenooi (Luk 24). Hoewel gasvryheid natuurlik ook te make het met ’n gesellige kuier tussen vriende of familie, gaan Bybelse gasvryheid meer oor die ontvangs van vreemdelinge. Vroeë Christene moes dikwels uitputtende reise onderneem. Hoewel daar wel herberge was, het baie van hulle nie ’n goeie reputasie gehad nie. Daarom was reisigers (soos ook Barnabas en Saulus op hulle sendingreise) afhanklik van die gasvryheid van mense wat hulle huise vir hulle oopgestel het. Die oproep tot gasvryheid weerklink in verskeie ander tekste in die Nuwe Testament. In Romeine 12:13 kom die oproep: “Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid.” Gasvryheid is ook ’n belangrike vereiste vir Christelike leierskap. Deel van die kenmerke van ouderlinge was dat hulle vaardig moes wees om gasvryheid te bewys (1 Tim 3:23 en Tit 1:8). Gasvryheid = liefde vir die vreemdeling

12 Die gawe van onderskeiding
Wat Barnabas natuurlik gehelp het om sy gasvryheid te beoefen, is die gawe van onderskeiding. Ons sien op twee maniere die gawe van onderskeiding aan die werk in die lewe van Barnabas. Barnabas het eerstens raakgesien dat die gemeente in Jerusalem net uit vrees vir Saulus reageer en hom nie daardeur laat meevoer nie. Tweedens het Barnabas na Saulus se roepingsverhaal geluister. Dit het Barnabas oortuig dat God ’n plan met Saulus het. Daarom het hy besluit om vir Saulus borg te staan en te sorg dat die vrees van die gelowiges nie die potensiaal dwarsboom wat hy in die roeping van Saulus raakgesien het nie. Onderskeiding beteken dus om in die praktyk van die lewe nougeset aandag te gee aan wat gebeur, met mense en in prosesse, en in dit alles te probeer luister na waar jy God se stem hoor, totdat jy met jou hart en jou verstand God se wil herken en dit dan kan doen. Dit is hoe Barnabas sy gawe van onderskeiding beoefen het, en ons weet uit die res van die verhaal in Handelinge dat Barnabas reg was oor Saulus, soos hy later ook reg oor Johannes Markus sou wees. Die gawe van onderskeiding

13 Roeping is ’n dinamiese reis
Ons leer uit hierdie verhaal van Barnabas en Saulus dat roeping ’n dinamiese reis is en nie ’n bestemming nie. Barnabas het nie vasgeval in ’n vrygewigheidsbediening nie, soos wat maklik kon gebeur het in Jerusalem – die nood was immers groot – maar het gedoen wat die Here op sy hart lê in die gewone gang van die lewe. Hy het nie verder betrokke geraak by bv. die versorging van die weduwees nie, hoewel hy tog in ’n sekere sin betrokke gebly het deurdat hy gekies word om die gemeente van Antiogië se dankoffer vir die gemeente in Jerusalem te bring (Hand 11). Hy fokus egter op die raaksien van en die gasvrye intrek van nuwe bedienaars van die evangelie. In ’n sekere sin word hy ’n recruiter of ’n talent scout van formaat! ’n Mens sou wel kon sê dat hierdie aksie van ontferming oor Saulus eintlik sy primêre gawe in werking illustreer, spesifiek in die beoefening van gasvryheid, en daarom fokus gee aan sy roeping. Maar dan kan jy nog steeds nie die spesifieke optredes voorspel nie. Roeping is ’n dus ’n reis en nie ’n bestemming nie, en selfs nie ’n verbintenis aan ’n spesifieke posisie noodwendig nie. Roeping is ’n dinamiese reis

14 Waar kan jy ’n Barnabas wees?
Vra jouself af • Waar kan jy ’n Barnabas wees vir iemand anders? Wie in jou omgewing het ’n skuilplek, ’n oase nodig, waar ’n nuwe lewenskoers gelanseer kan word? • Hoe wil God jou verras met die keuse van die persoon(e) teenoor wie jy gasvryheid moet betoon? • Hoe kan julle as gemeentes gasvryheid beter beliggaam? Luister na die volgende verhaal: Nelus Niemandt (Nuwe Drome Vir Nuwe Werklikhede: Geloofsgemeenskappe in Pas Met 'n Postmoderne Wereld, 2007: 95) vertel hoe gasvryheid in ’n post-moderne omgewing ’n uiters belangrike manier van geestelike vorming is. “Ontluikende kerke is oortuig dat geestelike vorming en ‘n lewe van ware dissipelskap net moontlik is deur gasvryheid. Hulle het besondere waardering vir dit wat gebeur wanneer gelowiges vreemdelinge ontvang, saam met hulle eet en gemeenskap met hulle vorm. Hulle praat selfs van ‘n teologie van saameet en sien dit as geleentheid waartydens ware versoening kan plaasvind ... Gasvryheid help ‘n mens ook om vrygewig te wees met jou tyd en jou energie en dwing jou om nie so styf vas te klou aan alles wat jy besit nie. Gasvryheid help mens veral om jou stories met ander te deel en om oop te raak vir die vreemdelinge se verhale. Die deel van verhale, en veral die deel van God se verhaal met mense, het ‘n geweldige vormende krag op mense.” As illustrasie noem hy Alan Hirsch wat ‘n restaurant in Melbourne, Australië, gebruik om ‘n hele bediening rondom die eetplek te vestig in ‘n poging om die evangelie aan postmoderne mense te bring (Alan Hirsch, The Forgotten Ways. Reactivating the Missional Church. 2006: 38). Waar kan jy ’n Barnabas wees?

15 God stuur ons om te leef: “gasvryheid”
’n Mens kan verskillende fasette van Barnabas se lewenstyl en bediening hier identifiseer. Die een waarop ons wil fokus, is die wyse waarop sy gasvryheid ’n ruimte vir Saulus gegee het om met sy bediening te kan begin. Lees die onderstaande beskrywing van gasvryheid as geestelike gewoonte. Adele Calhoun beskryf gasvryheid as volg: “to be a safe person who offers others the grace, shelter and presence of Jesus”! Dit het veral te make met vreemde en anderse mense, mense met wie jy nie normaalweg as vriende assosieer nie. Trouens, die Griekse woord vir gasvryheid is philoxenia – liefde vir vreemdelinge. Gasvryheid beteken om uit jou gemaksone te beweeg, ’n grens na ander oor te steek, en vreemdelinge welkom en veilig te laat voel. Dit deurbreek die klieks waarbinne ons baie keer leef, en laat ander mense tuis kom in ons sosiale kring. Dit neem die liefde vir die naaste net so ernstig op as die liefde vir God. Gasvryheid vra – soos die gasvrye Samaritaan, beter bekend as die barmhartige Samaritaan – vir wie kan ek ’n naaste wees (Luk 10)? Beplan hoe jy voor ons volgende byeenkoms die geestelike gewoonte van gasvryheid gaan beoefen. Hier is ’n paar opsies om jou gedagtes te stimuleer: Maak ’n lys van mense wat jou al ingesluit het, maar nie in jou normale sosiale kring is nie. Skryf by elkeen een behoefte aan insluiting neer wat jy dink hulle sou geniet – ’n verjaarsdagsuitnodiging, inskakeling by ’n klub, aansluiting by ’n vereniging, inskakeling by ’n kleingroep, ’n ete uitnodiging. Oorweeg biddend hoe jy een van hulle kan insluit en kan laat tuiskom saam met jou. Dink na oor hoeveel ruimtes (margins) jy in jou week se program het om verras te word met ’n onbeplande ontmoeting. Beplan môre vir ’n uur of twee flexi-tyd waar jy gereed sal wees vir onderbrekings en wees dan gereed om ’n veilige ruimte vir iemand te wees wat die Here oor jou pad stuur. Bid vir die mense wat jy in jou huis of by die werk gaan ontvang. Beplan jou gebede doelbewus om te fokus op die mense wat jy weet môre oor jou pad sal kom. Bid vir hulle en vir die ontmoeting. Ontvang hulle met die verwagting dat die Here die gebede sal verhoor. Hanteer elkeen as ’n moontlike vermomde engel (Hebr 13:2)! Dink na oor ’n lysie van onderwerpe wat gesprek kan stimuleer. Gesels met jou vriende daaroor en dinkskrum ’n hele aantal. Gebruik dit wanneer jou pad met vreemde mense kruis en wees voorbereid om verstom te wees met wat die Here van sulke gesprekke kan maak. ’n Verdere gedagte om oor na te dink: “Hospitality… means primarily the creation of a free space where the stranger can enter and become a friend instead of an enemy. Hospitality is not to change people, but to offer them space where change can take place.” (Henry Nouwen, Reaching Out, 68-9). God stuur ons om te leef: “gasvryheid”

16 Joernaal Onthou jou notaboek. Skryf elke dag neer wat met jou gebeur in die bemeestering van die geestelike gewoonte. Beskou dit as ’n “leefbladsy”. Wees eerlik oor jou ervarings. (Gee geleentheid dat mense in stilte in hul joernaal skryf.) Gesprek: Gee geleentheid dat mense gesels oor wat hul by die eerste punt geskryf het – laat mense vertel van ‘n keer wat hulle ingesluit is. Gebed: Gee geleentheid vir kort gebede. Slotsang: Lied 436 [hierdie is ons “temalied” – ons sluit elke erediens daarmee af.] Afsluitingsgebed: “Soos ’n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel … Julle sal dit beleef en julle sal bly wees; julle sal nuwe lewe kry soos groen gras wat uitspruit.” (Jesaja 66:13-14) Joernaal

17 Volgende erediens: Hand 11:19-24
Handelinge 11:19-24

18 Barnabas illustreer vir ons hoe ’n Christelike lewenstyl werk
Barnabas illustreer vir ons hoe ’n Christelike lewenstyl werk. Sluit aan by die Seisoen van Luister se pinksterreeks ; Help gelowiges om geloofsgewoontes in te oefen. Prys: R Teikenmark: Bybelstudiegroepe en Kleingroepe.


Download ppt "Die deurlopende agtergrond is ‘n foto van die Oasis Hotel by Abu Simbel, met die Nasser meer en digby die grens met Sudan. Kopiereg laat ons toe om die."

Similar presentations


Ads by Google