Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Barnabas die Brugbouer

Similar presentations


Presentation on theme: "Barnabas die Brugbouer"— Presentation transcript:

1 Barnabas die Brugbouer
Die deurlopende agtergrond is hierdie foto van ’n gedeelte van die Berlynse muur teen die Spree-rivier wat vandag ter herinnering bewaar word. (Foto Danie Mouton). Dit sluit aan by die inleiding tot die preekskets. Barnabas was juis ‘n brugbouer- en in die proses ‘n muur afbreker. Barnabas die Brugbouer

2 Die agtergrond op skyfie 2 is ‘n fiktiewe voorstelling van Barnabas in hoofsaaklik waterverf (Wicus Wait). Of ‘n mens nou kan peil trek op die 6de eeuse monnik van Siprus, Alexander Monachus, se beskrywing van Barnabas al dan nie – “his face was like that of an angel ... and he had sparkling eyes” (Laudatio Barnabae, 25). Die rooi en goud ruimte waarop aanvullende grafika geplaas kan word verteenwoordig die liturgiese kleure van Pinkster.

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Aanvangsgebed: “Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat” (Jes 50:4) Terugvoer Ons het by die vorige erediens nagedink oor gasvryheid. Gee geleentheid dat lidmate verhale deel van wat met hulle gebeur het terwyl hulle die dissipline van gasvryheid beoefen het. Liedere Lied 440 (Die Here salf ons met sy Gees) Flam 58 (Skepper Gees) en ‘n seleksie van geliefde lofliedere wat by jul gemeente se styl pas.

4 God praat met ons en ons luister God praat met ons en ons luister

5 Hand 11:19-24 Handelinge 11:19-24 Die gemeente in Antiogië
19Deur die vervolging wat na Stefanus se dood ontstaan het, is die gelowiges uitmekaar gejaag. Party van hulle het na Fenisië, Siprus en Antiogië toe gegaan, maar hulle het die woord aan niemand anders as net aan Jode verkondig nie. 20Onder die vlugtelinge was daar sekere mense wat van Siprus en Sirene afkomstig was en wat in Antiogië gekom en daar ook aan die Griekssprekendes die evangelie dat Jesus die Here is, verkondig het. 21Die Here het die gelowiges gehelp, sodat daar baie mense tot geloof gekom en hulle tot die Here bekeer het. 22Die berig hieroor het die gemeente in Jerusalem bereik, en hulle het vir Barnabas na Antiogië toe gestuur. 23Toe hy daar kom, was hy bly om te sien hoe God in sy genade onder hulle gewerk het, en hy het hulle almal aangespoor om met hart en siel aan die Here getrou te bly. 24Barnabas was ’n goeie man, vol van die Heilige Gees en met ’n vaste geloof. Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (electronic ed.). Bybelgenootskap van Suid-Afrika: Cape Town, South Africa Hand 11:19-24

6 Preekriglyn Die Berliner Mauer (Berlynse muur) was ’n gruwelike grensmuur wat deur die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) opgerig is. Op 13 April 1961 is oornag begin om Wes-Berlyn volledig af te skei van die omringende Oos-Berlyn en Oos-Duitsland. Dit was alles deel van die koue oorlog tussen Oos en Wes. Die lang grensmuur van beton het wagtorings ingesluit wat uitgekyk het oor ’n strook niemandsland (ook die doodstrook genoem) waaroor niemand mag beweeg nie. Jy kon doodgeskiet word as jy dit doen. Baie mense wat uit Oos-Duitsland wou vlug, het inderdaad hul lewens só verloor. Na verskeie weke van politieke onrus het die DDR-regering op 9 November 1989 aangekondig dat DDR-burgers Wes-Duitsland en Wes-Berlyn kon besoek. Groot skares het op die beheerpunte toegesak en die verdwaasde Oos-Duitse wagte het geen ander keuse gehad as om hulle gewere te laat sak en die hekke oop te gooi nie. Die skandmuur is oor die volgende weke en maande deur Duitsers, memento-jagters en die owerhede afgebreek. Die val van die muur het die weg geopen vir Duitse hereniging, wat op 3 Oktober 1990 plaasgevind het. ’n Gedeelte van die muur teen die Spree-rivier in Berlyn word vandag ter herinnering bewaar. (Foto: Danie Mouton)

7 Mure val in Antiogië Mure val in Antiogië
Romeinse stede was gekenmerk deur mure. Antiogië, waarvan ons in ons teks lees, was die derde grootste stad in die Romeinse Ryk, geleë aan die Orontesrivier. In die koue oorlog (soms vuurwarme oorlog!) tussen die Romeinse Ryk in die Weste, en die Persiese Ryk in die Ooste, was Antiogië ’n kritiek-belangrike militêre sentrum wat die oosterse deel van die Romeinse Ryk teen die Perse moes beveilig. Die groot aantal volkere wat die Romeine oorwin het, en wat in stede soos Antiogië in klein ruimtes saam moes bly, was onderling vyandig. Daarom het die Romeine hul stede letterlik in sektore opgedeel waar die verskillende bevolkingsgroepe kon bly. Daar is konkrete mure tussen hierdie woonbuurte opgerig, veral om die stede snags veiliger te maak. Volgens Rodney Stark, godsdiens-sosioloog, was Antiogië in verskeie sulke ommuurde sektore verdeel. Die evangelie sou hierdie mure in Antiogië platvee. Dit steek die grens tussen Jood en Griek oor, en bring mense uit verskillende agtergronde in een nuwe mensheid in Christus saam. Mure val in Antiogië

8 Gewone mense getuig Die getuienis van gewone mense laat die mure val
Let op dat dit gewone mense is, Joodse gelowiges van Siprus en nog ander van Sirene, wat die evangelie aan die mense van Antiogië verkondig. Die beweging na ander, wat reeds met die werk van Filippus (die Etiopiese Jood) en Petrus (die godvresende Kornelius) oor grense geskuif het, word nou internasionaal. Dit bevestig die ervaring deur die eeue dat verandering baie keer van die rante af gekom het, mense wat nie noodwendig in die hart van die beweging/instituut staan nie, en uit hulle gemaksones gedwing is in hulle kontak met ander mense, en dan getrou aan die evangelie gebly het. En die mense van Antiogië kom tot geloof in Jesus Christus, erken Hom as hulle Here, en bekeer hulle tot Hom. Gewone mense getuig

9 Opgewonde maar onseker
Nuwe gelowiges is opgewonde en onseker ’n Mens kan jou voorstel wat hulle ervaring was. Hulle is opgewonde oor die nuwe lewe wat vir hulle moontlik geword het. Hulle is verwonderd oor die eenvoud van die evangelie soos hulle dit in die Here Jesus leer ken. Maar, hulle is ook onseker. In die eerste plek oor die nuwe verhouding met God wat moontlik geraak het. Wat sou dit alles behels? Hoe hou dit verband met hulle lewe binne die Griekse gemeenskap van Antiogië? Hoe gaan dit hulle daaglikse en beroepslewe beïnvloed? Watter tipe lewenstyl moet hulle nou volg? In die tweede plek is hulle egter ook onseker oor hulle aanvaarding binne die Joods-Christelike gemeenskap. Hoe sou dit werk? Wat sou van hulle verwag word? Watter rol moet die besnydenis speel? Moet hulle nou die sabbat onderhou? Opgewonde maar onseker

10 Barnabas gestuur Barnabas word gestuur om te bemoedig
En laat ons nie vergeet hoe die eerste gemeente in Jerusalem moontlik hieroor gevoel het nie. Hoe sou die heidense gelowiges in hulle geledere inpas? Hulle het nou al die verrassende gebeure van Petrus wat die grens na Kornelius en die godvresende Italianers as ’n Goddelike werk aanvaar. Maar hoe gemaak met mense wat nie hulle tradisies en gebruike, die hele Joodse kultuur erfenis, ken en/of waardeer nie? Sou hulle ooit dit kon regkry om vrede te maak met mense wat so anders is as hulle? Gelukkig stuur die eerste gemeente presies die regte persoon om die gemeente in Antiogië te bedien, Barnabas die Bemoediger. Barnabas gestuur

11 Barnabas voorberei God het Barnabas voorberei
Vir dié enorme verantwoordelikheid was Barnabas op 'n besondere manier deur God voorberei. Nie alleen was hy 'n Griekssprekende Jood wat tussen heidene buite Palestina in Siprus grootgeword het en daarom tuis was in die teenwoordigheid van nie-Jode nie (vers 20). Hy was ook ’n Leviet wat beteken dat hy volledig onderleg was in die ortodokse Joodse leer. Hy kon dus die skeiding tussen Grieke en Hebreërs in sy persoon en afkoms oorbrug. Op die koop toe was hy ook deeglik bekend met die eise van die Christelike geloof as lidmaat van die eerste gemeente in Jerusalem en kon gevolglik as leraar van hierdie nuwe leer optree. Lukas beskryf Barnabas as 'n goeie man. Net Josef van Arimatea (Luk 23:50) kry in die vroeë kerk naas hom ook hierdie titel. Barnabas was ook met die Heilige Gees vervul. Daarbenewens het Barnabas ook, soos Stefanus (Hand 6:5), 'n vaste geloof gehad. Sy sekuriteit het hy in God gevind. Barnabas voorberei

12 Gestuur as bemoediger Jerusalem stuur Barnabas as bemoediger
Barnabas het sy spore vir hierdie taak verdien. Hy was bekend vir sy vrygewigheid – en dat God sy geskenk van grond aanvaar het. Terwyl Ananias en Safira ’n magspel probeer speel het met hulle geskenk van grond, het Barnabas juis gedemonstreer hoe vry ’n mens kan word as jy vrygewig gee. En hy was bekend as ‘n gasvrye mens, wat toe almal bang was vir Saulus – omdat hy vir hulle steeds as ’n vyand getel het, en daarom ’n vreemdeling wat nie in hulle kring welkom was nie – hom ingesluit het. Hierdie stories van Barnabas het so ’n indruk op die gemeente gemaak, dat dit deel van die skat van stories van die vroeë kerk geword het. En nou lei sy demonstrasie van vrygewigheid en gasvryheid tot ’n bediening van bemoediging in hierdie eerste gemeente uit die geledere van die nasies. En word hy een van die vervullings van Jesaja se droom van die dienaar van die Here wat ’n lig vir die nasies word (Jes 49). Let op wat die gemeente in Jerusalem doen. In plaas daarvan om te probeer om ’n voorskrif vir die gelowiges uit die heidene te skryf van hoe hulle as Christene moet lewe, en hulle het ’n hele paar mense gehad wat dit sou kon doen, stuur hulle iemand om met hulle in verhouding te tree, iemand wat na hulle kan luister, en saam met hulle kan lewe en op ’n daaglikse wyse kan blootstel aan ’n Christelike lewenstyl. Gestuur as bemoediger

13 Getrou met hart en siel Om met hart en siel aan die Here getrou te bly
Let op wat gebeur toe Barnabas daar kom en waaraan hy aandag gee. Lukas vertel ons dat hy hom instel om God se werk raak te sien, dat hy spesifiek fokus op hulle geloof in die Here en hulle daarom aanspoor om met hart en siel aan die Here getrou te bly. Hy praat nie oor die besnydenis nie – hoewel dit natuurlik later in ’n formele gesprek aan die beurt sou kom en klaarheid daaroor sou kom. En hy sou ook deel van daardie gesprek wees, om die waarheid te sê dit ook aanvoer (Hand 15). Hy praat nie oor die sabbat nie – hoewel dit ook later duidelik sou word dat die sabbat nog in primêr Joodse gemeenskappe belangrik sou wees, ter wille van hulle bediening aan Jode, maar nie meer in die Christelike gemeentes as sodanig nie. Die eerste dag van die week, die dag van die Here waarin hulle nou geglo het, sou die rus- en gewyde dag word. Hy praat oor hulle getrouheid aan die Here, dié Here waarin hulle nou geglo het en tot wie hulle hul nou bekeer het. Waarmee hy natuurlik ook bevestig dat dit die belangrikste van alles is – ’n verhouding met God waarin getrouheid aan Homself die spilpunt is waarom alles draai. Die leer oor die plek van dinge soos die besnydenis en die sabbat is uiteindelik belangrik, maar dit begin alles by ’n lewe wat in verbintenis aan die Here gelewe word. En Barnabas fokus daarop. Getrou met hart en siel

14 God aan die werk God is aan die werk
Dit beteken dat ’n mens hier ’n belangrike perspektief kry op die Triniteit se werk. Soos regdeur die boek Handelinge die geval is, beklemtoon Lukas hier dat die uitbreiding van die evangelie van Jesus Christus onder beheer van God staan. Dit is God wat met die sending, hierdie beweging oor grense heen, besig is, wat ons met die term Missio Dei uitdruk. Let op hoe Barnabas bly was om te sien hoe God in sy genade onder hulle gewerk het (11:23). En let op dat Lukas spesifiek sê dat “Die Here het die gelowiges gehelp, sodat daar baie mense … hulle tot die Here bekeer het.” (11:21). Jesus is dus hier aan die werk, as die Lewende Here, en wat sorg dat die getuienis van die gelowiges ’n positiewe effek het. En dit is aan hierdie Here waaraan Barnabas die gemeente van Antiogië oproep om met hart en siel getrou te bly (11:23). En let op hoe pertinent Barnabas hier beskrywe word as “vol van die Heilige Gees”, waarmee die Trinitariese karakter van die werk van God, in die gemeente, sowel as in die bedienaars van die Woord, onderstreep word. God aan die werk

15 ’n Inklusiewe gemeente
God se gemeente is inklusief Ons sien hier ook iets van die wyse waarop die gemeenskap van gelowiges altyd moet werk – inklusief, aanvaardend, insluitend. Die evangelie kan nie agter mure ingeperk word nie. Barnabas staan aan die begin van hierdie ontwikkeling van ’n inklusiewe gemeenskap, deurdat hy hier ontdek het dat God se idee van die koninkryk anders lyk as wat hy en die meeste ander Joodse Christene waarskynlik vroeër geglo het. Anders? Omdat nie-Jode nou deel was van God se familie. Hy word daarom een van die vroeë voorstanders van die insluiting in die kerk van gelowiges uit die heidene. ’n Inklusiewe gemeente

16 ’n Bemoedigende gemeente
God se gemeente is bemoedigend En ons sien die effek van bemoediging en ondersteuning. Dit kan nooit onderskat word nie. Wanneer ’n mens voortdurend aangemoedig word tot ’n sekere optrede of lewenstyl kan dit ’n groot uitkringende effek hê. Dit sien ’n mens in die innemende verhaal van Trevor McKinney. Sy plan was om die wêreld te verander deur iets goeds te doen vir 3 ander mense en hulle te vra: Pay it Forward (Catherine Ryan Hyde Pay it Forward). En dit het ’n beweging geword wat inderdaad ’n hele klomp mense se lewens verander het. So ’n bemoedigende instelling teenoor ander mense het ’n vermenigvuldigende effek. Dit leef voort in die navolgers daarvan, selfs wanneer die persoon wat dit begin het nie meer daar is nie. Die teenoorgestelde is natuurlik ook waar. Waar jy mense ontmoedig deur een of ander strafmaatreël kan dit ’n kultuur skep wat lank daarna nog nagevolg word. Gary Hamel en CL Prahalad het dit geïllustreer in ‘n eksperiment met ape wat ’n skoot koue water kry as hulle ’n piesang probeer eet. As ’n nuwe aap bykom keer die ander hom om die piesang te probeer eet. Selfs as al die aanvanklike ape een vir een verwyder word, en daar niemand oorbly wat ooit self die koue water ervaar het nie, keer die ape enige nuweling om die piesang te probeer eet. Johan Maxwell vertel ook van ’n eksperiment wat bewys het dat mense twee keer langer met hulle voete in yswater kan staan as iemand hulle aanmoedig (Encouragement Changes Everything, 25). Bemoediging versterk dus jou deursettingsvermoë. Ontmoediging ontkrag dit. ’n Bemoedigende gemeente

17 God se gemeente is verbind aan Homself - ’n model vir die kerk
Die belangrikste van die boodskap van bediening van Barnabas hier is om mense aan God self te verbind. Barnabas is die eerste leraar wat begin om Jode en nie-Jode in een gemeente te bedien, wat ’n model vestig vir hoe die kerk behoort te wees. Hy sluit by die uitbreiding van die evangelie aan en bemoedig en bevestig die Griekse gelowiges in hulle verbintenis aan die Here. En onthou dat hy dus daarmee aansluit by ’n beweging van gewone gelowiges wat die evangelie aan ander bring. Dit is gewone Joodse gelowiges van Siprus en Sirene wat hier oor grense stap om ander taalgroepe te bereik. En dit is hulle wat die kerk telkens moet navolg. Dit nooi ons ook uit om deel te word van die rimpel-effek van hierdie gebeure wat steeds sigbaar is oor die hele wêreld, waar grense van kultuur en taal oorgesteek word met die evangelie van Jesus Christus. Verbind aan Homself

18 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Bemoediging
Ons het nou al verskillende fasette van Barnabas se bediening en lewenstyl in aksie gesien. Die belangrikste faset van sy bediening in Antiogië is waarskynlik die rol wat hy as brugbouer gespeel het. Hy het alles in sy vermoë gedoen om verskillende groepe in die gemeente deel te maak van dieselfde gemeenskap. Hierin was veral sy bemoediging (compassion/deernis) die deurslaggewende faktor. Hy doen dus wat sy naam inderdaad beteken, Barnabas, die Bemoediger. Lees die onderstaande beskrywing van bemoediging as geestelike gewoonte. Die wêreld is ’n baie kompeterende plek. Dit is onvermydelik dat mense daaronder ly en swaar kry. Selfs die omgewing ly daaronder. Jesus het omgegee vir sulke mense en hulle met deernis bemoedig. Die vroeë kerk het Hom daarin nagevolg. Barnabas het sy omgewing aangeraak met sy bemoediging (compassion), deur sy groot geskenk aanvanklik, sowel as deur sy menswees en bediening hier in Antiogië. Beplan hoe jy tot ons volgende byeenkoms die geestelike gewoonte van bemoediging gaan bemeester. Hier is ’n paar opsies om jou gedagtes te stimuleer: Maak ’n lys van mense wat jou bemoedig. Skryf by elkeen een behoefte neer wat hulle het. Oorweeg biddend in watter van dié behoeftes jy kan voorsien en gaan bemoedig hulle daarmee. Maak ’n lys van mense in jou gemeenskap wat bemoediging nodig het. Oorweeg biddend watter een van hulle die Here op jou hart lê en gaan bemoedig hulle deur daarin te voorsien. Maak ’n lys van mense wat nie deel is van jou gemeenskap nie. Oorweeg biddend watter een van hulle die Here op jou hart lê en gaan bemoedig hulle deur in ’n behoefte te voorsien. Gesels met drie vriende oor jou lewenshouding. Hoe kom ek oor? Het ek blindekolle in my hantering van ander mense? Hoe is dit om my vriend of vriendin te wees? Wys ek dat ek belangstel in ander? Praat ek meesal oor myself? Gesels oor hoe julle mekaar daarin kan ondersteun. Encouragement is oxygen to the soul – George Matthew Adams. God stuur ons om te leef

19 Joernaal Onthou jou notaboek. Skryf elke dag neer wat met jou gebeur in die bemeestering van die geestelike gewoonte. Beskou dit as ’n “leefbladsy”. Wees eerlik oor jou ervarings. (Gee geleentheid dat mense in stilte in hul joernaal skryf.) Gesprek: Gee geleentheid dat mense gesels oor wat vir hulle oopgegaan het terwyl hulle hul joernaal ingevul het. Hulle kan ook verhale vertel van kere wat ander hulle bemoedig het en wat dit vir hulle beteken het. Gebed: Reël vooraf dat ‘n paar “bidders” (of leiers uit die gemeente) beskikbaar is vir gebed. Laat mense wat behoefte het aan gebed, vorentoe kom sodat die “bidders” vir hulle kan bid. Alternatiewelik kan julle spesifieke mense / sake / instansies aan die Here opdra. As julle vir ‘n paar verskillende sake so intree, kan julle na elkeen Lied 278 sing. Slotsang: Lied 436 [hierdie is ons “temalied” – ons sluit elke erediens daarmee af.] Afsluitingsgebed: “Soos ’n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel … Julle sal dit beleef en julle sal bly wees; julle sal nuwe lewe kry soos groen gras wat uitspruit.” (Jesaja 66:13-14) Joernaal

20 Barnabas die Bemagtiger
Volgende keer: Hand 11:24b-30 Barnabas die Bemagtiger Volgende keer: Hand 11:24b-30 Barnabas die Bemagtiger

21 Barnabas illustreer vir ons hoe ’n Christelike lewenstyl werk
Barnabas illustreer vir ons hoe ’n Christelike lewenstyl werk. Sluit aan by die Seisoen van Luister se pinksterreeks ; Help gelowiges om geloofsgewoontes in te oefen. Prys: R Teikenmark: Bybelstudiegroepe en Kleingroepe.


Download ppt "Barnabas die Brugbouer"

Similar presentations


Ads by Google