Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Kolossense 3:12-17 PowerPoint agtergrond
Foto geneem op 7 Desember 2015, geen kopiereg, geredigeer met Picasa III.
2
God nooi ons uit en ons kom tot rus Rus Toetrede
Lied 336 Dit is die dag deur God geskenk Votum Psalm 148 Liturg: Prys die Here! Vroue en meisies: Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel! Mans en seuns: Prys Hom, alle engele, prys Hom, alle hemelwesens! Vroue en meisies: Prys Hom, son en maan, prys Hom, alle sterre! Mans en seuns: Prys Hom, hoogste hemele, en waters in die hoë hemelruim! Liturg: Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel en hulle is geskep; Hy het hulle vir altyd hulle vaste plek gegee, vir hulle ’n orde neergelê waarbuite hulle nie kan beweeg nie. Prys die Here van die aarde af, Vroue en meisies: seediere en al die oseane, Mans en seuns: weerlig en hael, sneeu en miswolke, Vroue en meisies: stormwind wat sy opdrag gehoorsaam, Mans en seuns: berge, al die heuwels, Vroue en meisies: vrugtebome, al die seders, Mans en seuns: wilde diere, al die vee, al wat kruip of vlieg, Vroue en meisies: konings van die aarde, alle volke, vorste, alle regeerders van die aarde, Mans en seuns: jong manne Vroue en meisies: en meisies, grysaards Mans en seuns: saam met seuns! Liturg: Laat hulle die Naam van die Here prys, want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel. Almal: Prys die Here! Seëngroet Genade en vrede vir julle van God wat gekom het, weer kom en elke dag in ons lewens kom! Lofsang Psalm 148 of Flam 23 Prys Die Here of Lied 367 Ere aan God of VONKK 128 Eer Aan God (Lukas 2:14) – kanon Wet Kolossense 3:12-17 Skuldbelydenis Flam 7 Here, Ek Vergeet So Gou of Lied 340 Kom ons loof die Jesuskind Genadeverkondiging ’n Paar weke gelede het ons uit Sefanja 3 gelees: Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde vir jou. Hy verseker jou vanoggend dat al jou sonde vergewe is. ’n Paar versreëls uit Sheila Cussons se gedig “Advent” bring die betekenis van die Kersgebeure vir ons vergifnis bymekaar: En was dit nie juis so dat hy ons geskaad het nie? Maar toe alles wat lieflik in ons was, ewewigtig en nederig en klein, soos ’n uitmekaargerukte blom voor daardie verslindende blik in bleek fyn flardes val het ’n verskriklike Toorn uit sy eie hart gebars in ’n roos van vlees. (Uit “Soos ’n Blom na die Son draai” deur Cas Wepener, Cussons gedig uit “’n Engel deur my kop”) Geloofsbelydenis Lied 338 Weer dink ons saam aan daardie nag VONKK 91 Die Kleine Dorpie Betlehem
3
God praat met ons en ons luister God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Kolossense 3:12-17 Familie-oomblik Preek
4
Kolossense 3:12-17 Fokusteks: Kolossense 3:12-17
Die ou en die nuwe lewe 5Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is. 6Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. 7Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het. 8Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie. 9En moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek 10en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. 11Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal. 12Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. 15En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. 16Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. 17En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
5
Familie-oomblik Familie-oomblik
Jy kan aansluit by Psalm Wys almal daarop dat die Psalmdigter ’n lys maak van alles waaraan hy kan dink en sê dat alles en almal God moet loof. Laat almal nog goed noem waaraan hulle kan dink, wat God moet loof. Koos van der Merwe van die sanggroep Prophet skryf nav hierdie Psalm (jy kan die lied speel as jy dit het): asems al die asems al die wasem loof Hom… likkewane bobbejane olifante al die leeus al die spreeus en fisante kom nou kraaie papegaaie en volstruise al die vlooie in die kooie al die luise pelikane en sprinkane en marmotte al die tiere en die miere kokkerotte die miljoene skerpioene en die swane al die ape al die skape en die hane o die vele vaal kamele en die reiers al die uile al die muile en miskruiers elke bees en elke kees en al die vinkies al die bokkies en toktokkies en tinktinkies dan die wille krokkedille en die muise en die katte op die matte in die huise al die kewers al die bewers swartwitpense en heel laaste maar die meeste al die mense OF Wys ’n klomp alledaagse dinge, soos ’n skooltas, kosblik, potloodsakkie, wekker, ens. Een van die dae kom al die aktiwiteite waar ons hierdie goed gebruik, weer terug. Ons uitdaging is om die goeie nuus en vreugde van Kersfees die hele jaar, deur al ons aktiwiteite, te vier. Die teks uit Kolossense leer ons hoe om dit te doen – om met die Kersfees-gesindheid te leef. Die beste idee bly maar ’n storie! Jy kan die pragtige “Peace is an offering” deur Annette LeBox se kindle weergawe koop Annette-LeBox- ebook/dp/B00PT4IZYK/ref=tmm_kin_swatch_0?_encoding=UTF8&qid= & sr=1-1. Neem screenshots en sit dit in die powerpoint. Hierdie boek “is a journey of neighborhood friends living life in community with one another. They comfort, they share, they resist fights, they laugh, and they spend time in nature together. This story reflects the desires of Paul for the Colossian church to live in the peace of Christ among one another, enjoying life together and reminding one other how to respond when conflict and unrest arise.” (aldus Storypath.)
6
Paulus skryf aan Kolosse...
Preekriglyn Paulus skryf die brief aan die gelowiges in Kolosse terwyl hy in die tronk in Rome sit. Die brief is klaarblyklik in die vroeë sestigerjare n.C. geskryf, kort voordat ‘n aardbewing Kolosse in 61 n.C. getref en verwoes het. Vandag is daar net ruïnes oor. Kolosse is sowat 160 km oos van Efese geleë, ‘n stad waar Paulus baie tyd spandeer het. ‘n Getroue medewerker van Paulus, Epafras, was van Kolosse en dus waarskynlik die skakel tussen Paulus en die gemeente. Kolosse was naby aan Laodisea en Hiërapolis, waar daar ook Christelike gemeentes was.
7
Teen dwaalleer Teen dwaalleer
Paulus skryf hierdie brief om sekere idees en praktyke wat in die gemeente begin posvat het, teë te werk. Hy reageer sterk op die idees en praktyke van sekere dwaalleraars. Wat 'n mens uit die brief aflei, is dat hierdie idees en gebruike uit ‘n vermenging van Joodse en ander godsdienstige en filosofiese idees en praktyke gekom het.: Dit sluit teorieë en argumente (leë leringe) wat slegs op menslike tradisies, godsdienstige reëls en basiese okkultiese of astrologiese beginsels berus het. Dit sluit ook sekere Joodse voorskrifte in – dinge soos die reëls van wat jy mag eet of drink of waaraan jy mag vat of dan nou juis nie (vgl ook 2:20-21), feeste wat gevier moet word (jaarlikse feeste en die nuwemaansfees) en die hou van die Sabbatdag (2:16). Daarby was daar ook sprake van 'n aanbidding van engele (2:18), en asketiese gebruike (streng beheersing van die liggaam – 2:23). Kolosse se gelowiges is dus geteister deur 'n swetterjoel vreemde invloede wat gedreig het om die boodskap van Christus te verdring en die gemeente in bygeloof te laat verval.
8
Nuwe identiteit in Christus
Paulus wys die leë filosofieë af omdat hy hulle wil help om hul identiteit in Christus te vestig. In Christus is hulle immers dood vir die invloed van die magte van hierdie wêreld (2:20). En hierdie selfgemaakte leerstellings maak geen bydrae tot 'n mens se verlossing nie (2:23). Selfs nie die besnydenis is meer 'n onderskeidingsteken van die Christen se geloof nie, net die werklikheid van Christus in elkeen se lewe (3:10). Daarom maak Paulus beswaar teen enige vermenging van die geloof in Christus met selfgemaakte leerstellings, veral wanneer dit nog met jou saligheid verbind word. Paulus help dus die gemeente en sy leiers om vir dié idees en praktyke te kan nee sê, voor dit te veel aanhangers in die gemeente sou hê. Die brief is dus eintlik een van die vroegste Christelike Apologieë, wat die Christelike godsdiens teenoor leë filosofiese teorieë en vreemde gebruike verdedig. Paulus beklemtoon dat dit in die Christelike geloof net om Christus gaan. Dit is waarom hy in die eerste hoofstuk soveel klem lê op die voorrang van die Seun, nie net in betrekking tot die aarde nie, maar ook met betrekking tot die hemel (Kol 1:15- 20). Die enigste geldige Christelike lewenswyse is om vanuit 'n verhouding met Christus te leef en Hom toe te laat om alle verhoudinge waarbinne jy leef, te beïnvloed (Kol 3 vv). Dit het 'n invloed op jou eie menswees (3:5-17), op jou verhoudings in die huweliks- en gesinslewe, op jou verhoudings in die werksplek (3:18-4:1), sowel as op jou verhouding met mense wat nog buite die geloof staan (4:5).
9
Leef as nuwe mense Leef as nuwe mense
In hoofstuk 3 praat Paulus spesifiek oor die gelowiges se verbintenis met Christus Jesus wat drie pertinente implikasies het vir: hulle gedagtes oor hulleself (3:1-4) – die Kolossense moet oor die hele lewe vanuit hulle verbintenis oor Christus dink, hulle lewenstyl en gedrag (3:5-17) – na twee groepe van vyf sondes genoem word, beskryf Paulus die deugde waarmee die Kolossense hulleself moet beklee., en al die verhoudings waarin hulle is (3:18-4:1) – hy verwys na huwelik, gesin en arbeidsverhoudings. Ons teks kom uit die tweede deel van hoofstuk 3, uit die gedeelte wat handel oor die nuwe lewensstyl en gedrag van mense wat in Christus ingeplant is, mense wat die nuwe lewe in Christus op elke terrein van hul lewe uitleef. Paulus toon dus aan hoe ons identiteit in Christus prakties lyk. In ons teks word ons identiteit in Christus beskryf in terme van die feit dat ons die volk van God is (12). Ons is gekies om met wie ons is, hoe ons as gelowiges onder mekaar leef, en deur wat ons doen vir God bruikbaar te wees. Hierdie identiteit moet deursuur na ‘n diep-veranderde lewe.
10
Meelewendheid Vyf innerlike kwaliteite
Paulus gebruik die beeld van ‘n boetiek, waar mens jy ou klere vervang met pragtige nuwe klere. Die nuwe klere van die geloof bestaan volgens vers 12 uit vyf deugde. Hierdie deugde beskryf die innerlike kwaliteite van God se kinders. Hulle is: Meelewendheid Goedgesindheid Nederigheid Sagmoedigheid Verdraagsaamheid Kom ons staan stil by die betekenis van hierdie vyf deugde. Die term wat hier met “meelewend” vertaal word is in Grieks eintlik ‘n dubbel-term, wat “simpatieke of ontfermende meegevoel” beteken. Volgens die Ou Testament is “meegevoel” tipies van God. God sien mense in nood aan en ontferm God oor hulle. in Romeine 12:1 dui dieselfde woord (meegevoel) op God se konkrete aksies van genade in Jesus, en in 2 Korintiërs 1:3 word God as Vader van ontferminge beskryf. “Simpatiek” of “ontfermend” kom van die Griekse woord vir ingewande, want die hart en ingewande is as setel van die emosies gesien. Ook hierdie term word in die Ou Testament en veral in die Nuwe Testament tipies met God sowel as met Christus vereenselwig. Met ontfermende meegevoel gaan dit dus om te lewe as mense wie se identiteit deur ontfermende meegevoel vir ander gekenmerk word. Iemand wat ‘n mens van “ontfermende meegevoel” is, is iemand wat in Christus gevorm is om empatie met die medemens te hê. Dit is iemand wat nie met stereotipes of vooropgesette idees oor ander werk nie, maar die Godgegewe menslikheid en menswaardigheid in ander kan raaksien. Dit bring ‘n deernisvolle sagtheid in hoe Christene met alle ander mense werk.
11
Goedgesindheid Goedgesindheid
Die tweede deug, goedheid of goedgesindheid, is in die Ou Testament die term waarmee God Godself in konkrete dade bewys as die Bron van alle goedheid. Daar is baie voorbeelde in die Psalms. Paulus is ook lief daarvoor om hierdie woord met God in verband te bring. Dit onderstreep dat God se goedheid die verlossing, en nie die verwoesting nie, van sondaars in gedagte het. Goedheid is volgens Galasiërs 5:22 ook deel van die vrug van die Heilige Gees. 1 Kor. 13:4 beskryf goedheid as ‘n vorm van liefde. Dit is soos God is, en dit is soos Christene ook moet wees. Ons is in Christus ‘n bron van goedheid teenoor ander, ons help en ondersteun eerder as om te verwerp.
12
Nederigheid Nederigheid
Nederigheid is 'n term wat in destydse buite-Bybelse literatuur selde voorgekom het en dan meestal met 'n negatiewe konnotasie van gedienstigheid of swakheid. In die Bybel word die term meer genuanseerd gebruik. Die Ou Testament waarsku die profete dat die nederiges bo die elite en maghebbers verhef sal word (Am 2:6, 7, 13; 8:6, 7; sien Jes 2:9, 11, 17; 5:15; Sef 2:3; 3:12), terwyl die wysheidsliteratuur nederigheid as vrug van ervaring en lewensgerigtheid aandui (Job 5:11; Spr 3:34; 11:2; 15:33). In die Nuwe Testament dui nederigheid op diensbaarheid aan Christus (Hand 20:19) en ander gelowiges (Ef 4:2; Fil 2:3; 1 Pet 5:5), 'n eienskap wat Christus verbeeld soos Filippense 2:6-11 se lied oor Christus pragtig aandui. ‘n Nederige mens is iemand wat soos Christus dien. Dit gebeur waar ons van ons selfsug en selfgerigtheid bevry word. Nederigheid boots Christus na.
13
Sagmoedigheid Sagmoedigheid
Die vierde deug is sagmoedigheid, 'n woord wat maar 11 keer in die Nuwe Testament voorkom; agt keer in Paulus se briewe en drie keer elders (twee keer in Jakobus en een keer in 1 Petrus). In die Ou Testament verwys nederigheid na die armes, en landloses van Israel wat sonder regte was en dikwels uitgebuit is (Jes 32:7; Ps 37:14; Job 24:4; sien Ps 9, 10). Die Here is die God van diegene sonder regte (Ps 25:9; 149:4; 34:2), wat hulle troos wanneer ander mense hulle onderdruk (Jes 29:19; Job 36:15) en wat hulle lot sal verander (Jes 26:6; Ps 37:11; 147:6). Sagmoedigheid kenmerk ook Jesus se heerskappy, wat verlossing sonder onderdrukking bring (Matt 21:5 = Sag 9:9), en Homself as nederig beskryf (Matt 11:29). Paulus verwys ook na die sagmoediges van God (2 Kor 10:1) as kenmerk van Christus se lewe en voorbeeld vir sy volgelinge. Sagmoedigheid is nie swakheid nie, maar behels die inagneming van ander en die gewilligheid om van jou regte afstand te doen. Sagmoedigheid is werklik ‘n merkwaardige deug. Dit kom op uit innerlike krag, en is ‘n keuse om soos Christus te wees.
14
Verdraagsaamheid, geduld
Die finale deug wat genoem word, is verdraagsaamheid of geduld wat onreg verduur en die onregverdige optrede van ander verdra sonder om in woede te reageer of wraak te neem. Hierdie vyf deugde dui aan watter vorm die optrede van Jesus se volgelinge, veral ten opsigte van ander mense, behoort aan te neem.
15
Onderlinge verhoudinge
Nadat Paulus die innerlike kwaliteite wat God in gelowiges skep in vers 12 verduidelik het, gaan hy vanaf vers 13 tot 17 voort om die lewe tussen gelowiges te beskryf. Hy betrek die vyf deugde op die nuwe kwaliteit van lewe wat onder lede van die gemeente van die Here vaardig moet word. Daarom sê vers 13 dat die gelowiges mekaar moet verdra en ook moet vergewe. Paulus weet dat daar by tye geldige klagtes tussen gelowiges gaan ontstaan, maar doen ook 'n beroep om wedersydse verdraagsaamheid en vergifnis. Die rede en oorsprong van die vergifnis is van die hoogste orde: soos die Here mense vergewe, so moet mense mekaar ook vergewe. In vers 14 kom die opdrag om uit al hierdie goeie morele eienskappe veral liefde op te neem, wat as die "perfekte band" beskryf word. Liefde in die Nuwe Testament is die motiverende krag van die geloof (Gal 5:6), die belangrikste van alle deugde in Christus (1 Kor 13:13) en omvat al tien gebooie in een, as die vervulling van die wet (Rom 13:9-10). Liefde is die belangrikste deug wat alle ander deugde saambind, dit is die band tussen mense wat tot volmaaktheid lei. Liefde skep 'n eensgesinde gemeente in Christus. In vers 15 verskuif die fokus van liefde na vrede. Die opdrag is dat die vrede van Christus in die gelowiges se harte moet heers, want die hart is die sentrum van menslike wil, emosies, gedagtes en gevoelens. Wie vrede in die hart het, leef in ‘n nuwe, Christus-gelykvormige verhouding met ander. Die gemeente word opgeroep tot vrede in een liggaam. Daarbenewens, word die gelowiges aangespoor om dankbaar te wees. In vers 16 is die verdere opdrag dat die Woord van Christus ryklik in die Kolossense sal inwoon, en daarmee saam dat hulle mekaar sal onderrig of leer en vermaan in alle wysheid asook in dankbaarheid psalms en geestelike liedere in hul harte vir God sal sing. Vers 17 is een van die mees omvattende aansporings in die Nuwe Testament en vat die voorafgaande vyf verse goed saam. Die Kolossense moet alles wat hulle dink of doen, dink of doen in die Naam van die Here Jesus, en God die Vader deur Hom dank. Die beklemtoning van "elke" en "alle" tesame met woord en daad, maak die reikwydte van die oproep duidelik: die hele lewe in elke hoedanigheid en in alle opsigte is nou ter sprake. Trouens, die totale oorgawe aan 'n lewe in Christus moet gedoen word terwyl hulle God die Vader dank deur Hom.
16
In die gemeente In die gemeente
Ons kan nie genoeg beklemtoon dat hierdie deugde nie net die individuele gelowige raak nie, maar veral die kwaliteit van die onderlinge lewe in die gemeente wil verander. Individuele gelowiges wat vernuwe is met die kwaliteite van vers 12, leef volgens vers 13 tot 17 op ‘n nuwe manier onder mekaar. Hier, op die eerste Sondag na Kersfees, word ons herinner aan die nuwe lewe wat die Kerskind moontlik kom maak het. In Christus, deur Woord en Gees, beleef ons ‘n innerlike transformasie, asook die heerlike kwaliteite van nuwe gemeenskap tussen verloste mense in die volk van God.
17
Groei! Groei! Vir die nuwe jaar moet ons bestek opneem en groei in Christus. Dink aan die volgende uitdagings: Groei in jou meelewendheid, goedgesindheid, nederigheid, sagmoedigheid en verdraagsaamheid. Dit is hoe God is. Dit is hoe ons moet wees. Dit is waarom ons met mekaar geduldig moet wees, en mekaar moet vergewe ... want die groei gebeur nie oornag nie! Ons moet bo alles mekaar liefhê, sodat ons nie deur onderlinge verskille uitmekaar gedryf word nie. Selfs nie ons verskille in die wyse waarop ons die karaktertrekke van die nuwe lewe al vertoon of nie, moet ons verlei om onderskeid te maak tussen gelowiges nie. Groei sluit in dat die vrede wat Christus gee die deurslag in ons lewe moet gee. Dit moet letterlik skeidsregter speel tussen verskillende maniere van optree. Let ook op Paulus se aandrang dat die boodskap van Christus in sy volle rykdom in ons moet bly. Ons moet mekaar daarin onderrig en sorg dra dat almal van ons tot die volle kennis van God groei. En dan is daar nog die dankbaarheid waarvan ons moet sing ... op allerhande maniere ... Daar’s werk!
18
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang Lied 344 O die goeie tyding, o die blye tyding of VONKK 142 Jesus, Verlosser, U Daal Tot Ons Neer Seën V: Mag die God van die engele wat Jesus se geboorte aangekondig het, vreugde in julle hart bring op hierdie dag en vir altyd. G: Amen. V: Mag die God van liefde wat sy enigste Seun vir ons gegee het, julle lewe met liefde en vrede vul. V: Mag Immanuel, God met ons, met julle wees in alles wat julle doen, totdat julle eendag aan sy tafel gaan aansit. V: Die almagtige God, die Vader, die Seun en die Heilige Gees, seën julle elkeen in hierdie Kerstyd. (Uit “Soos ’n Blom na die Son draai” deur Cas Wepener) Respons Lied 334 vers 1 laaste reël: Juig dan almal, jubel oor die saligheid.
19
Volgende erediens: Jesaja 60:1-6 Volgende erediens Jesaja 60:1-6
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekverwerking: Danie Mouton Proses en ekstra stof: Chris van Wyk
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.