Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Eenheid 5 Kontrakte Inter absentes.

Similar presentations


Presentation on theme: "Eenheid 5 Kontrakte Inter absentes."— Presentation transcript:

1 Eenheid 5 Kontrakte Inter absentes.
Kontraktereg Eenheid 5 Kontrakte Inter absentes.

2 Leeruitkomste: Verduidelik in detail en met die hulp van relevante regspraak die sogenaamde “vernemingsteorie” vir die bepaling van waar en wanneer ‘n kontrak totstand gekom het. Verduidelik kortliks Van der Merwe et al se benadering tot sekere afwykings van die vernemingsteorie in die Suid-Afrikaanse Reg. Verduidelik wat bedoel word met die versendingsteorie. Evalueer krities die aanvaarbaarheid van hierdie teorie in die Suid-Afrikaanse Reg.

3 Bespreek kortliks die uitingsteorie vir die bepaling van die tyd en plek van die ontstaan van ‘n kontrak. Bespreek die ontvangsteorie vir die bepaling van wilsooreenstemming met spesifieke verwysing na Christie se bydrae tot die onderwerp sowel as Artikel 23 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002.

4 Bestudeer: Reid v Jeffreys Bay Property Holdings.
Driftwood Properties v McLean. Cape Explosive Works v South African Oil and Fat Industries. Craib V Crisp.

5 Suid-Afrikaanse Reg aanvaar dat ‘n kontrak gesluit word waar en wanneer wilsooreenstemming teenwoordig is. GEWOONLIK: Plek waar en oomblik wanneer persoon wat aanbod gemaak het verneem dat sy aanbod aanvaar is. Dit staan bekend as vernemingsteorie. Berus op beginsel dat primere basis van kontraktuele aanspreeklikheid die werklike ooreenstemming tussen partye tot ‘n transaksie is.

6 In hedendaagse besigheidswereld, is persone afhanklik van aanbiedinge en aannames gemaak via e-pos, pos, faks en andere. Drie ander teoriee bestaan vir bepaling van die plek en tydstip waar en wanneer ‘n kontrak ontstaan, tesame met die vernemingsteorie.

7 Die Vernemingsteorie:
Vereis aanbieder se kennis dat sy/haar aanbod aanvaar is deur aannemer. Sodanige kennis kan oorgedra word deur: Lees van ‘n brief, faks, e-pos of sms van aanname van die relevante aanbod (waarvan aannemer outeur is). Luister na boodskap op antwoordmasjien, of ‘n stemboodskap op selfoon van aanbieder.

8 Reid v Jeffreys Bay Property Holdings:
Feite: A was gedomisilieerd in Kaapstad. Hy wou sy eiendom verkoop wat gelee was in Humansdorp, naby Jeffreysbaai in die Oos- Kaap. B was geinteresseerd daarin om eiendom te koop, en het onderhandelinge gevoer met A se agent in Pinetown, Natal. B was gedomisilieerd in Durban.

9 B het gevolglik die geskrewee koopooreenkoms onderteken in Durban, en oorhandig aan A se agent om aan A te lewer in Kaapstad. ‘n Direkteur van A se maatskappy het die ooreenkoms namens A in Kaapstad onderteken.

10 Regsvrae: Wie is die aanbieder en wie is die aannemer? Waar het die kontrak ontstaan?

11 Antwoord op eerste vraag:
A het sy eiendom te koop aangebied, en B het hierdie aanbod aanvaar. A is die aanbieder en B die aannemer. B het egter die koopooreenkoms eerste geteken. B het dus inderwaarheid aan A ‘n aanbod gemaak vir die koop van A se eiendom.

12 Uit hierdie oogpunt: B was aanbieder en A aannemer vir doeleindes van die koop.
‘n Koopooreenkoms begin egter as ‘n aanbod om te koop, en word slegs ‘n kontrak wanneer dit aanvaar word. Dus: Aanbod is gemaak deur, aanvaar deur B in Durban, en kennis van sodanige aanname is deur A in Kaapstad ontvang.

13 Waar het die kontrak ontstaan?
Kaapstad. Ratio decidendi: Vernemingsteorie: Kontrak kom tot stand op die tyd wanneer en plek waar die aanbieder verneem dat sy aanbod aanvaar is.

14 Driftwood Properties v McLean:
Feite; Respondent was die aanbieder van sekere eiendom. V, namens ‘n trust, was die aannemer. V moes die aanbod aanvaar het voor of op 17 Mei 1969. Die aanbieder het alreeds die “Aanbod om te koop” op 30 April 1969 geteken. V het die aanbod toe op 17 Mei geteken.

15 Ten tyde van die aannemer se aanname van die aanbod, het die aanbieder self nog geen kennis van aanname ontvang nie. Die brief van aanname is gepos op 18 Mei 1969, en het die aanbieder eers bereik op 27 Junie 1969.

16 Regsvraag: Wanneer het die aanname ‘n geldige kontrak daargestel? Beslissing: 17 Mei 1969, die datum waarop die aanbod effektief aanvaar is.

17 Ratio decidendi: Hof kwoteer Hugo Grotius deur te meld: I may make an offer in two ways. I can either make an offer and say that the contract will be established by your mere acceptance, or I can make the offer and say that the contract will be completed when I come to hear of your acceptance. And if there is a doubt upon the matter, we must always presume that the second was the case…

18 Uitsonderings op die toepassing van die vernemingsteorie in die Suid-Afrikaanse Reg:
Poskontrakte: SA Reg volg die versendingsteorie. Ontvangsteorie word deur wetgewing voorgeskryf vir internettransaksies: Artikel 22 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie-en Transaksies 25 van 2002., saamgelees met die Wet op Elektroniese Kommunikasie van 2005. Partye self kan bepaal waar kontrak totstand kom. Saak van A-Z Bazaars v Minister of Agriculture.

19 Afwykings van die vernemingsteorie:
Die feite van ‘n betrokke saak sal deurslaggewend wees. Afwykings van die vernemingsteorie kan regverdig word deur: Geografiese skeiding van partye. Vorm en kommersiele aard van die voorgenome kontrak. Die bestaan van ‘n verlydingsklousule. Verklaring dat die kontrak by ondertekening gesluit sal word.

20 Nuwe benadering: Poskontrakte
Cape Explosive Works v South African Oil and Fat Industries: Hof stem saam dat vanuit ‘n teoretiese oogpunt, die vernemingsteorie pas by die moderne siening dat kontrakte gebaseer is op ooreenkoms tussen partye. In hierdie saak is die versendingsteorie egter ingevoer onder invloed van Engelse Reg, as die mees pragmatiese manier om die tyd en plek van sluiting van poskontrakte vas te stel.

21 Die Hof het die volgende bepaal:
…waar in normale omstandighede die Poskantoor as kanaal van kommunikasie gebruik word, en ‘n geskrewe aanbod gemaak is, sal die aanbod ‘n kontrak daarstel wanneer die aannamebrief gepos word.

22 Die Versendingsteorie:
Rede vir invoer van hierdie teorie in SA Reg: “the acceptor (aannemer) would certainly be at a lost to know wen his notification reached the offeror…” Aannemer word bevoordeel deur hierdie teorie. Risiko: Aanbieder dink dat sy aanbod verwerp is, terwyl aanname in pos verlore geraak het. Engelse Reg: Die party wat onderhandelinge deur die pos inisieer het, moet die risiko van verlies dra. Is die posdiens betroubaar genoeg?

23 Ingevolge die versendingsteorie, kan aanname van die aanbod geldiglik plaasvind op een van die volgende wyses: Gooi van brief in posbus; Spreek van ‘n aanname in die antwoordmasjien van die aanbieder se telefoon; Stuur van aanname met boodskapper, Stuur van aanname via telegram.

24 Craib v Crisp: Respondent wou haar eiendom in Sedgefield, Natal verkoop. Sy het ‘n mandaat aan ‘n eiendomsagent verleen om ‘n koper te kry. Die koper (applikant) het toe ‘n “aanbod om te koop” geteken. Die laaste bladsy vandie “aanbod om te koop” het plek gehad vir die handtekening van die verkoper as aannemer van die aanbod om te koop. Daar was geen aanname van die aanbod om te koop by wyse van enige handtekening op die laaste bladsy nie.

25 Die eiendomsagent het die respondent (verkoper) geskakel en ingelig rakende die aanbod om te koop en onhoud daarvan. Die verkoper het gevolglik die aanbod by wyse van telegram aanvaar. Die respondent wou terugtree uit die kontrak op grond van: i. die stuur van die telegram het nie voldoende aanname vir die koop van onroerende eiendom daargestel nie. ii. Kommunikasie van die aanname geadresseer aan die verkoper se agent kon nie gesien word as ‘n aanname van die koper se aanbod nie.

26 Beslissing: i. Telegram het inderdaad ‘n geldige aanname van die aanbod daargestel (Christie stem saam met hierdie beslissing, De Wet & Yeats verskil) ii. Bindende kontrak het totstand gekom.

27 Ratio decidendi: Onder die omstandighede waarin die respondent deur die eiendomsagent versoek is om ‘n telegram van aanvaarding van die aanbod te stuur, tesame met die feit dat die inhoud daarvan aan die applikant gekommunikeer is lank voordat die respondent besluit het om uit die kontrak terug te tree, is ‘n bindende kontrak gesluit.

28 Die Uitingsteorie: Kontrak word gesluit op oomblik wanneer en plek waar die aannemer sy aanname van die aanbod uiter. Hoe geskied dit? Verbale uitdrukking. Neerskryf van aanname. Diktasie van aanname. Insleutel van aanname in ‘n rekenaarprogram soos Microsoft Word. Uitdruk van aanname deur gebaretaal.

29 Probleem: Aanbieder is nie noodwendig bewus van die aanvaarding van sy aanbod ten tyde van die uiting van die aanname deur die aannemer nie. Consensus ad idem?

30 Die Ontvangsteorie: Word in Suid-Afrikaanse Reg met betrekking tot internettransaksies gebruik. Artikels 22 en 23 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002. Hoe geskied dit?

31 Sien artikel 23: “When acceptance enters information system outside control of message originator”
Wanneer aanbieder instaat is om toegang tot die boodskap van aanname te verkry. Brief van aanname word op aanbieder se lessenaar geplaas. Aanbieder haal brief van aanname uit posbus, maar maak dit nog nie oop nie. Boodskap van aanname word op antwoordmasjien gelaat, maar aanbieder het nog nie daarna geluister nie.


Download ppt "Eenheid 5 Kontrakte Inter absentes."

Similar presentations


Ads by Google