Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

Similar presentations


Presentation on theme: "FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE"— Presentation transcript:

1 FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE
Mr. A.P. Frewen UV November 19, 2018 November 19, 2018

2 KONTAK BESONDERHEDE DOSENT: Adrian Frewen KONTAK BESONDERHEDE:
E-pos: Meld naam, sel nr en navraag Ek sal so gou moontlik u navraag beantwoord

3 ALGEMENE INLIGTING STUDIE MATERIAAL
U studiemateriaal vir hierdie module is nog nie beskikbaar nie. U sal wel in kennis gestel word sodra dit beskikbaar is. Die “slides” van vandag se lesing bevat voldoende inligting vir toets- en eksamen doeleindes. Aan die einde van elke hoofstuk, onder “samevatting”, is wat van jou verwag word om te weet van daardie hoofstuk.

4 ALGEME INLIGTING Onderwerpe wat beoog word om behandel te word in hierdie module, sluit in die volgende: Toestemming tot behandeling Aanspreeklik van praktisyns Regte van praktisyns Regte van pasiente Pasient se reg op privaatheid Mediese rekords

5 KURSES INDELING – FEBRUARIE 2012
Hoofstuk 1: Inleiding oor die Suid-Afrikaanse regsisteem Hoofstuk 2: Die invloed van die Grondwet Hoofstuk 3: Siviele aanspreeklikheid Hoofstuk 4: Die reg op privaatheid ‘n volledige program vanaf Augustus 2012 sal later beskikbaar gestel word

6 Hoofstuk 1: INLEIDING TOT DIE REGSISTEEM IN SUID-AFRIKA

7 INLEIDING Baie van julle wonder seker wat die reg te doen het met ‘n fisioterapeut? Die antwoord is baie duidelik: u werk met mense meestal in kwesbare toestande verkeer en derhalwe loop u die risiko van aanspreeklikheid en regskomplikasies, en daarom is ‘n basiese kennis van die reg noodsaaklik. Hou in gedagte dat enige mediese of terapeutiese prosedure waar u aan die liggaam van ‘n pasient raak ‘n skending van sy reg op vryheid en fisiese integriteit is en neerkom op ‘n kriminele oortreding genaamd aanranding, TENSY die pasient toegestem het daartoe (of dit ‘n optrede was in ‘n noodgeval)

8 Om dit meer duidelik te stel: jy is deurlopend besig om ander aan te rand en dit is net hul toestemming wat hul verhoed om stappe teen u te neem! Die reg stel sekere perke daar vir geneeskundige en aanvullende beroepe en daardeur word regsekerheid vir beide praktisyns en pasiente daargestel. NB! ONTHOU: HOU ASB DIE KONSEP VAN TOESTEMMING IN GEDAGTE DEUR DIE LOOP VAN HIERDIE MODULE AANGESIEN DIT EEN VAN DIE MEES BELANGRIKE ASPEKTE VAN MEDIESE/TERAPEUTIESE INGREPE IS IN SOVERRE DIT DIE REG BETREF!

9 Die Reg is primer gemoeid met die beskerming van ‘n persoon, sy lewe, persoonlikheid, liggaamlike integriteit, gesondheid, eer en waardigheid. Die pasient se toestemming, (of noodbehandeling in belang van die pasient en sonder sy medewete), verhoed dat eise teen die praktisyn ingestel word.

10 Voor ons aangaan met spesifieke bepalings en aspekte van die reg, is dit nodig om ‘n algemene begrip en kennis van die Suid-Afrikaanse reg en howe te verstaan Voor ons aangaan met spesifieke bepalings en aspekte van die reg, is dit nodig om ‘n algemene begrip en kennis van die Suid-Afrikaanse reg en howe te verstaan

11 Suid-Afrikaanse reg is slegs gedeeltelik gekodifiseer –
DIE SUID-AFRIKAANSE REGSISTEEM EN DIE BELANG DAARVAN VIR FISIOTERAPEUTE Suid-Afrikaanse reg is slegs gedeeltelik gekodifiseer – D.w.s: nie alle regsreels word in wette vervat nie, maar sekere ongeskrewe reels geld ook (gemene reg) Gekodifiseerde reg = statutere reg (wetgewing) Wet op Nasionale Gesondheid; Grondwet Ongeskrewe reg = gemene reg bv. moord (WAAROM IS DIT BELANGRIK OM TE WEET???)

12 Die reg (gemene reg & wetgewing) word verdeel in 3 afdelings:
Privaatreg Publiekreg Formele reg

13 PRIVAATREG Reguleer verhoudings tussen onderdane (regsubjekte) Doel om die privaatbelange van individue te beskerm

14 PUBLIEKREG Reguleer verhoudings tussen die owerheid (in sy hoedanigheid van gesag) teenoor die onderdaan, of tussen staatsorgane (provinsiale regerings; munisipaliteite) Doel om openbare belang te beskerm

15 FORMELE REG Reguleer die prosedure waarvolgens hofsake aanhangig gemaak word en mee gehandel word

16 Hierargie van howe in Suid-Afrika

17 Grondwetlike hof: slegs grondwetlike aangeleenthede beide straf- en siviele sake Hoogste Hof van Appel slegs appelle van sake wat reeds beslis is (maw een van die partye is ongelukkig met die uitkoms van die saak)

18 Hoër howe Hof van eerste instansie (maw: jy kan ‘n eis in hierdie howe instel), maar hoor ook aan: Appelle of hersienings van die laer howe Enige sake rakende persone wat in die land woon of is, en enige sake waarvan die oorsaak in SA ontstaan het

19 Sekere sake is uitgesluit
Laer howe DISTRIKSHOF Siviele sake: slegs tot en met R (tensy alle partye toestem) Sekere sake is uitgesluit STREEKSHOF Siviele sake: R Hof vir klein eise Vinnige, goedkoop toegang to ‘n hof Slegs siviele sake wat nie R oorskry nie Geen regsverteenwoordiging toegelaat nie

20 SAMEVATTING: (Hoofstuk 1)
Verduidelik waarom dit belangrik is vir ‘n praktiserende fisioterapeut om kennis van die reg te dra Wat verhoed dat ‘n pasient ‘n klag van aanranding teen jou aanhangig maak? Kan alle reels en regulasies in wetgewing gevind word? Ken en verstaan die 3 afdelings waarin die reg verdeel kan word, en wanneer en/of waar elk gebruik word Ken die hierargie van howe in RSA Weet watter hof sal jy nader vir ‘n spesifieke geval

21 DIE INVLOED VAN DIE GRONDWET OP DIE MEDIESE BEROEP
Hoofstuk 2: DIE INVLOED VAN DIE GRONDWET OP DIE MEDIESE BEROEP EN/OF FISIOTERAPEUTE

22 INVLOED VAN DIE GRONDWET
BELANGRIKSTE ARTIKELS 9: Gelykheid 11: Lewe 12: Vryheid en Sekuriteit 13: Privaatheid 27: Gesondheidsdienste, kos, water en maatskaplike dienste 28: Kinders 32: Toegang tot Inligting 33: Billike Administratiewe Aksie 35: Gearresteerde, aangehoude en beskuldigde persone 37: Noodtoestand

23 INVLOED VAN DIE GRONDWET
Artikel 9: Gelykheid Verbied onbillike diskriminasie Voorbeelde van onbillike praktyke in gesondheidsorg: Onderwerp persone aan mediese eksperimentering sonder hul ingeligte toestemming Onbillike weerhouding / weiering van toegang tot gesondheidsdienste Weiering om nood mediese behandeling aan persone of spesifieke groepe persone te verskaf Weiering om redelike gesondheidsdienste aan bejaardes te verskaf Hoffman v South African Airways

24 INVLOED VAN DIE GRONDWET
Artikel 11: Lewe Beskerm die reg op lewe Christian Lawyers Association of SA v Minister of Health and Others Alle persone, veral daardie in die gesondheidsberoep of aanvullende gesondheidsberoepe, is verplig om ander se reg op lewe te beskerm

25 INVLOED VAN DIE GRONDWET
Artikel 12: Die reg op vryheid en sekerheid Beskerm die reg op vryheid en sekerheid van die persoon Artikel 12(2): Elke persoon het die reg op liggaamlike en psigiese integriteit insluitend die reg: om besluite rakende voortplanting te neem op sekerheid van en beheer oor hul liggaam om nie onderwerp te word aan mediese eksperimentasie sonder hul ingeligte toestemming nie

26 INVLOED VAN DIE GRONDWET
Artikel 14: Privaatheid Beskerm die reg op privaatheid NB!! Mediese rekords en inligting = privaat en konfidensieel (Ons sal later in die kurses meer volledig handel met hierdie reg)

27 INVLOED VAN DIE GRONDWET
Artikel 27: Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid Elkeen het die reg tot gesondheidsorgdienste insluitend reproduktiewe gesondheidsorg Mag nie weier om noodbehandeling te verskaf nie Soobramoney v Minister of Health, Kwa-Zulu Natal Minister of Health and Others v Treatment Action Campaign

28 INVLOED VAN DIE GRONDWET
Artikel 28: Kinders Beskerm die regte van kinders. Elke kind het die reg op basiese gesondheidsorgdienste. Kinders onder 6 jaar ontvang tans gratis mediese sorg

29 INVLOED VAN DIE GRONDWET
Artikel 33: Toegang tot Inligting Elkeen het die reg op toegang tot: Enige inligting deur die staat gehou Enige inligting deur ‘n ander persoon gehou en wat benodig word vir die uitoefening of beskerming van enige regte Pasiente het derhalwe die reg op toegang tot hul mediese rekords Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting

30 INVLOED VAN DIE GRONDWET
Artikel 33: Regverdige administratiewe optrede Artikel 33(1) – reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is Artikel 33(2) – geskrewe redes moet verskaf word vir administratiewe besluite wat ‘n persoon se regte nadelig raak Artikel 33(3) – wetgewing moet daargestel word om gevolg hieraan te gee Wet op Bevordering van Administratiewe Geregtigheid Hierdie artikel is van belang veral by staatsinrigtings waar administratiewe besluite geneem kan word, so onthou hierdie artikel indien jy ooit by ‘n staatsinstellling werksaam is

31 INVLOED VAN DIE GRONDWET
Artikel 35: Gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone Gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone het die reg tot mediese behandeling op staatsonkoste Kontak met en besoek word deur so ‘n persoon se mediese praktisyn van keuse Van Biljon and Others v Minister of Correctional Services

32 INVLOED VAN DIE GRONDWET
Artikel 37: Noodtoestande Indien ‘n noodtoestand verklaar word mag ‘n aangehoude persoon ‘n mediese praktisyn kies en besoek word deur daardie praktisyn te enige redelike tyd.

33 SAMEVATTING: (Hoofstuk 1)
Ken daardie artikels in die Grondwet wat ‘n groot impak gehad het op die wye mediese, m.a.w. ook op jou as fisioterapeut. Hierdie hoofstuk kan as volg gevra word: Lys die belangrikste artikels wat ‘n invloed het op die praktisering van fisioterapie. Bespreek een van die grondwetlike regte (bv: die reg op vryheid en sekuriteit) vir +- 3 tot 4 punte)

34


Download ppt "FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE"

Similar presentations


Ads by Google