Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Johannes 10:1-10 PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Johannes 10:1-10 PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 Johannes 10:1-10 PowerPoint agtergrond
Titel: Agneaux/ Lambs, eiendom van myri_bonnie. Foto is geneem op 1 April Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing toe. Foto is geknip met Picasa III en is beskikbaar by 5fvp6o-4yNDpc-eGwTZw-7cgU7Q-k6ngT-Qg9v-5UZoZF-r6MSqF-5fvpUw-ptkS2J- preScA-6JcKtQ-8HSJe3-qQrWTH-Etz1Q-dqfL7W-85ptR1-9QxKRp-eZo8K8-nGSBc- 655frr-rhiCiM-dLJAmd-qRTXRr-5sk1vn-2EHRzW-FXsaD-DZteTk-kCmZ4-5Rqxbj-6hteyd- 7veFJa-7ANi54-56zTKe-nL3S54-8dSG1w-57UVyK-dEGZjF-6sWZfD-5Rqxhd-2EDsmZ- iVgHSX-nNydQT-6uQtZR-f7g798-gd3tM-nVaTRV-hbW2ns-3oJik6

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Psalm 23 Spies beryming vers 1 of F462. Die Here Is My Herder (Psalm 23) vers 1 of F220. Die Heer Is My Herder vers 1 of VONKK 141 Want Die Here Is My Herder (Respons by die lees van Psalm 23) Votum Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 5U laat my by ’n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ’n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. Respons Psalm 23 Spies beryming vers 2 of F462. Die Here Is My Herder (Psalm 23) vers 2 of F220. Die Heer Is My Herder vers 2 Seëngroet 6U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. Psalm 23 Cloete beryming vers 3 of Lofsang F182. Herder Heer (Herder Jesus) [Melodie is “Rock of Ages”] of VONKK 269 Sing voor die Heer ’n loflied of Lied 208 Ek wil die Here loof en prys Wet 1 Petrus 2:1-5 Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery. 2Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. 3Julle het immers ondervind dat die Here goed is. 4Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is. 5Laat julle as lewende stene opbou tot ’n geestelike huis, om ’n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. Toewyding F137. U Is En Bly of F436. Jesus, U’s My Herder Genadeverkondiging 1 Petrus 2:24-25 24Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. 25Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe. Geloofsbelydenis F72. Ons Glo! of VONKK 86 Ek Is Die Heer Se Skapie (Psalm 23) of Lied 263 U, goeie Herder, wat ons lei

3 God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Johannes 10:1-10 Familie-oomblik Preek

4 Johannes 10:1-10 Fokusteks: Johannes 10:1-10 Die goeie herder
10 "Dít verseker Ek julle: Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van 'n ander kant af inklim, is 'n dief en 'n rower. 2Maar hy wat deur die hek ingaan, is die skape se herder; 3vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. 4Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. 5Hulle sal nooit 'n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie." 6Deur hierdie beeld het Jesus met hulle gepraat, maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy vir hulle wou sê nie. 7Toe het Jesus verder gesê: "Dit verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. 8Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 10'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. 11"Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 12'n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy 'n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. 13Hy is 'n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. 14"Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. 17"Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. 18Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het." 19Daar het toe verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde. 20Baie van hulle het gesê: "Hy is van die duiwel besete, hy is mal! Hoekom luister julle nog na hom?" 21Ander het gesê: "Dit is nie die woorde van 'n besetene nie. 'n Duiwel kan tog nie blindes se oë genees nie?"

5 Familie-oomblik Familie-oomblik
‘n Mens kan allerhande skape maak met watte en ‘n prent van ‘n skaap of ‘n papierbord. Ons hou veral van die “shaking head sheep”. Kyk by vir idees en patrone. Laat kinders tydens die preek watte op ‘n prent van ‘n skaap plak en die skaap inkleur. Gesels saam oor hoe mense hul troeteldiere roep – of hoe ouers hul kinders roep. Kry ‘n paar demonstrasies. Wys daarop dat ons kan erken wie roep, vir wie hulle roep – en dikwels selfs met watter emosie daar geroep word! Vergelyk dit met die skaapwagter wat die skape roep.

6 Les op ΄n skaapplaas Preekriglyn
Bill Donahue (kenner op die gebied van kleingroepbediening en volwasse vorming) vertel van 'n les wat hy op 'n skaapplaas geleer het. Dit was die plaas van Tom, die pa van twee van Bill se studente. Tom wou weet of Bill sou help om skape bymekaar te maak. Bill is altyd gretig om nuwe ervarings te beleef, en dink dit kan nie te moeilik wees nie. Skape bymekaar roep is soos preek, meen hy. Aangesien hy kan preek, kan hy seker skape roep? Terwyl hulle in die veld na so 25 skape kyk, sê Tom: "Nou toe, Bill, roep hulle bymekaar." "Wat sê mens?", wil Bill weet. "Maklik, sê net: kom skapies, kom." Bill trek weg, maar Tom keer hom. "Jy sal harder moet praat, onthou hulle is 75 meter van ons af, en ons staan onder die wind. Maak bietjie jou longe oop, soos hulle julle in die preekklas geleer het. Laat waai!" Nou bulder Bill vir die skape om nader te staan. Hy praat met 'n forse stem wat enige bekeringsprediker skaam sou laat kry: "Kooommm, skape, kooommm!!!" Die skape beweeg nie. Tom glimlag. "Jy leer mos studente uit die Bybel, daar in jou teologiese skool. Het jy al ooit met hulle gepraat oor Jesus se woorde: 'My skape ken my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My'?" Nou draai Tom na die skape. "Kom, skapies, kom!" sê hy, net 'n bietjie harder as in 'n gewone geselstrant. Dadelik draai al die skape en kom nadergestap. "Bill, moet nooit vergeet nie," sê Tom op 'n ernstige toon, "jy is my kinders se herder op universiteit." Vir Bill Donahue was sy verantwoordelikheid as geestelike leier nog nooit so helder uitgespel nie. Dit bly hom steeds by. (Vertelling gebaseer op Bill Donahue en Russ Robinson se Building a Church of Small Groups). Waar dit vandag Goeie Herdersondag is, pas dit dat ons nadink oor Jesus as die Goeie Herder, maar ook oor ons eie rol as goeie herders. Dit is ook Arbeidsondag, sodat ons die preek afsluit met 'n verwys na ons herderskap as werkers. Wat sê die Bybel oor goeie herders?

7 Simbool van versorging
Daar is skaars 'n bladsy in die Ou Testament waar ons nie van 'n herder lees nie. In die Ou Testament is 'n goeie herder altyd die simbool van versorging. Ons lees van drie "soorte" herders in die Ou Testament. Eerstens is daar gewone herders wat hulle skape opgepas het. Dit was altyd die jong seun se werk om die skape op te pas, tot hy oud genoeg was om slagveld toe te gaan. Dit was nie 'n werk vir sissies om die skape op te pas nie. Hulle moes beskerm word teen wilde diere en 'n skaapherdertjie moes weet om 'n leeu te kan doodmaak. Daar was ook sogenaamde professionele skaapwagters wat boere se skape teen betaling opgepas het. So het Dawid en sy manne – wat later sy leër geword het – skape opgepas. Toe Nabal hulle nie wou betaal nie, was daar mos moeilikheid. Dit was uiteindelik hierdie leër wat Dawid om hom geskaar het, wat hom gehelp het om koning te word en koning Saul se leër te verslaan. Tweedens: Dawid verwys ook na God as die Goeie Herder. Dis die tweede gebruik van "herder" in die Ou Testament. God is die Goeie Herder wat vir sy skape sorg. Psalm 23 is 'n wonderlike getuienis van God wat die versorgende herder is. Psalm 23 is soos 'n stukkie terapie vir iemand wat moedeloos en depressief is. God bly by jou deur dik en dun, selfs in doodskaduwee. Soos 'n herder sy skape nooit alleen laat nie, en selfs sy eie lewe vir hulle in gevaar stel, soveel gee God om. In so 'n mate sorg Hy vir jou. Die beeld van God as die Goeie Herder word veral gebruik tydens die eksodus en die ballingskap. Dis toe dat daar veral gedink is aan God as die Goeie Herder. In hierdie verskriklike spanningsvolle tye was God vir gelowiges 'n versorger en 'n bevryder. Die Een by wie jy veilig kan voel. Hy verlig jou lyding, en gee leiding. Die derde verwysing na herders in die Ou Testament, is ook na mense – veral konings – wat hulle mense goed of sleg lei. Party konings en geestelike leiers was slegte herders wat die mense van God mislei het (sien bv Eseg 34); ander was goeie herders wat vir hulle mense geestelik en fisiek gesorg het. Sorg en leiding. Dit is die kriteria waaraan 'n herder in die Ou Testament getoets is.

8 Lae-klas herders Lae-klas herders
In die evangelies van die Nuwe Testament word daar baie van herders gepraat. Die Evangelie volgens Lukas begin die Kersverhaal met die herders wat rondom Jesus se geboorte 'n hemelse boodskap ontvang. Dis nie dieselfde as die herders in die Ou Testament wat dapper helde en versorgers was nie. Die herders in Jesus se tyd is beskou as vuil en lae-klas, en veral nie seremonieel skoon/rein nie. Die herders in Lukas se evangelie is anders as die ryk wyse manne uit die Ooste in die ander evangelies. Hierdie herders verteenwoordig die verstotenes van die samelewing. Wanneer Lukas na die skaapwagters verwys wat by Jesus se geboorte was, sê hy daarmee: Hier word die Messias gebore, 'n herder uit Dawid se geslag wat Homself gaan identifiseer met die armes en magteloses van die samelewing. Die Een wat agter elke verlore skaap sal aangaan en sal feesvier wanneer hy of sy gevind word (Luk 15:5-7).

9 Jesus, die goeie herder Jesus, die goeie herder
In Matteus, Markus en Lukas is die beeld van Jesus as die Goeie Herder die beeld wat die meeste vir Jesus gebruik word. In Johannes 10:11 (ons teksvers) noem Jesus Homself die Goeie Herder. Na die evangelies verdwyn die beeld van Jesus as Goeie Herder. In die res van die Bybel word dit nog net drie keer gebruik. Een is in 1 Petrus en nog een is in Openbaring 7:17 waar die Lam ook die Herder is. Paulus verwys glad nie na Jesus as die Goeie Herder nie. Hy praat net 'n keer of wat van (kerk)leiers wat slegte herders is. Die vroeë Christene het egter baie naby aan hierdie beeld van Jesus gevoel. Jesus word telkemale in die vroeg-Christelike kuns as die Goeie Herder uitgebeeld. Daardie beeld hou tot diep in die Middeleeue aan. Kom ons kyk nou meer spesifiek wat Johannes 10:1-18 van herderskap sê.

10 Drie redes Drie redes In hierdie gedeelte gee Jesus drie redes waarom Hy Homself die Goeie Herder kan noem. Hy bou op die Ou-Testamentiese beelde van 'n goeie herder: Eerstens is Jesus 'n goeie herder omdat Hy bereid is om sy lewe vir sy skape af te lê. Hiermee wys Jesus vorentoe na sy dood. Tweedens is Jesus 'n goeie herder omdat Hy en sy skape mekaar ken. Hy lei ook sy skape op die regte pad. Die derde rede wat Jesus gee waarom Hy 'n goeie herder is, is eerder op die toekomstige kerk gerig as op die Ou Testament: 'n Goeie herder hou sy skape bymekaar. Hulle kom nie almal uit dieselfde omgewing nie, maar as hulle leiers behou Hy hulle eenheid.

11 Leierskap in die gemeente
Toepassing Kom ons trek hierdie pragtige woorde waarin Jesus Homself beskryf, deur na drie verhoudinge: die verhouding tussen 'n kerkleier en die gemeente; die verhouding tussen die gemeente en God, en; die werksverhouding tussen mense, aangesien dit ook Arbeidsondag is. Leierskap in die gemeente Eerstens is daar die verhouding tussen 'n kerkleier en die gemeente. Hoe lyk 'n herderleier? Uit ons teksgedeelte lyk dit of die verhouding tussen 'n herderleier en die gemeente een van interafhanklikheid is. Hulle ken mekaar. Hulle kan mekaar vertrou. Hulle erken mekaar se (mens)waardigheid. Hulle loop 'n gesonde pad saam. Hulle versorg mekaar. Ons het hierbo gesê dat 'n goeie herder in die Ou Testament twee eienskappe gehad het, dat dit in die Nuwe Testament oorgeneem is soos ook in die woorde van Jesus oor Homself as Goeie Herder in Johannes 10. Die eienskappe is versorging en leiding. Ja, 'n goeie herder is 'n goeie leier. Soos iemand gesê het, 'n goeie kerkleier is: (1) 'n visionêre koördineerder; (2) 'n pastorale fasiliteerder, en; (3) 'n betekenisgewer (a meaning-maker). Dis natuurlik nie net die dominee wat 'n leier in die gemeente is nie. Elke gemeentelid is op sy of haar manier 'n leier. En dan moet mens onthou watter beeld van 'n herder in die Bybel gegee word en wat Jesus ook vir Homself gee: leierskap is gebaseer op liefde en selfopoffering.

12 God as goeie herder God as goeie herder
Ons leer ook iets uit ons teksgedeelte oor ons verhouding met God as die Goeie Herder. Jesus as God, beklemtoon hierdie een aspek van ons verhouding met Hom: Ons moet ons eenheid bo alles stel. Ons is verskillend van mekaar. Maar in 'n gemeente of kerk waar ons opkyk na God die Goeie Herder, sien ons die dinge raak wat ons aan mekaar en aan Hom bind. Dan gee ons die hoogste prioriteit aan ons eenheid, aan Hom wat ons tot een gemaak het.

13 By die werk By die werk Vandag, op Arbeidsondag, kan ons ook na ons werksverhoudinge kyk. Ons werk nie noodwendig saam met ander Christene nie, maar ons kan met vrug ons werkverhoudinge op die herdermodel skoei. Hierdie is 'n model waarbinne ons respek vir mekaar het, en 'n gemaklikheid met mekaar het, wat ons in kerktaal "liefde vir mekaar" sou noem. In so 'n model kyk ons wat reg is in mekaar en konsentreer ons nie op mekaar se foute nie. Jesus, die Goeie Herder, is die voorbeeld vir ons om in velerlei ruimtes – in die kerk, tuis, by die werk – vir mekaar om te gee, mekaar te versorg en mekaar te "ken".

14 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang F510. Die Here Is My Herder [ou Halleluja lied?] of VONKK 233 U, die Bron van alle gawes Lied 577 vers 1-4 Die Heer, my herder, sorg vir my Seën Respons Lied 577 vers 5 Die Heer, my herder, sorg vir my

15 Volgende erediens: Johannes 14:1-14
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekverwerking: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

16


Download ppt "Johannes 10:1-10 PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google