Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Johannes 20:1-18 PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Johannes 20:1-18 PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 Johannes 20:1-18 PowerPoint agtergrond
Grafika bekom met Google advanced search- geen kopiereg. Dit is beskikbaar by Johannes 20:1-18

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Nooi lidmate reeds die vorige Sondag of deur die week om blomme saam te bring na die erediens en dit voor in die aanvang van die diens in die liturgiese ruimte te plaas. Probeer ’n kandelaar kry met 7 kerse, of vra iemand om ’n ruiker met 7 kerse (wat mense kan bykom!) te maak. Reël vooraf mense om die kerse aan te steek. Laat daar ook iewers ’n ekstra groot wit kerks staan (weereens moontlik deel van ’n ruiker) vir die geloofsbelydenis. Iemand kan ook dié kers inbring. Toetrede Lied 409 Hoor jy die Paasfeesklokke of Flam 204 Koning van die Heelal Votum Voorganger: Die Heer het opgestaan! Gemeente: Die Heer het waarlik opgestaan! Gemeente: Die Heer het waarlik opgestaan! Voorganger: Moenie skrik nie: Julle soek Jesus van Nasaret. Hoekom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is uit die dood opgewek. Gemeente: Die Heer het opgestaan! (Eerste kers word aangesteek) Voorganger: As Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en ons geloof ook sonder inhoud. Gemeente: Die Heer het opgestaan! (Tweede kers word aangesteek) Voorganger: As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die mees bejammerenswaardige van alle mense. (Derde kers word aangesteek) Voorganger: Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? (Vierde kers word aangesteek) Voorganger: Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal. Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en aan sy Gesalfde en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid. (Vyfde kers word aangesteek) Voorganger: Hy wat op die troon sit, sê: “Kyk, Ek maak alles nuut! Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, die eerste en die laaste.” (Sesde kers word aangesteek) Voorganger: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid! Gemeente: Die Heer het waarlik opgestaan! (Sewende kers word aangesteek) Seëngroet Voorganger: Jesus leef! En ons met hom! Genade vir julle en vrede van God die Vader Gemeente: Hy sorg vir ons! Voorganger: en van die Seun Gemeente: Hy het waarlik opgestaan! Voorganger: en van die Heilige Gees. Gemeente: Hy leef in ons! Amen Lofsang Lied 417 Jesus, ons eer U of F336. Wie Is Ek Dat U Aan My Gedink Het (My Verlosser Leef) Geloofsbelydenis (Die groot wit kers word aangesteek of ingebring en op die Nagmaalstafel geplaas) V: Die kers word aangesteek om ons te herinner dat die duisternis die Lig nie kon uitdoof nie. Christus is die lig vir die wêreld. Saam juig ons: Gemeente: Die Here het waarlik opgestaan! (Die brood word gebring en op die Nagmaalstafel geplaas) V: Die brood herinner ons daaraan dat Jesus daardie aand van sy opstanding saam met twee van sy volgelinge op die pad na Emmaus geloop het. Toe hulle die brood saam breek, het hulle herken dat Hy die opgestane Here was. Saam juig ons: Gemeente: Die Here het waarlik opgestaan! (Die beker word geplaas) V: Die wyn is vir ons die teken dat sy bloed vir ons gestort is tot ‘n volkome versoening vir al ons sondes. Saam juig ons: Gemeente: Die Here het waarlik opgestaan! Lied 414 Juig verlostes, juig en sing of VONKK 75 Halleluja! Die Heer Het Opgestaan! God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Johannes 20:1-18 Respons Flam 237 Hy leef [kinderlied] Familie-oomblik Preek God praat met ons en ons luister

4 Johannes 20:1-18 Fokusteks: Johannes 20:1-18 Die leë graf
(Matt 28:1–8; Mark 16:1–8; Luk 24:1–12) 20 Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.” 3Petrus en die ander dissipel het toe uitgekom en na die graf toe gegaan. 4Die twee het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom. 5Toe hy vooroor buk, sien hy die doeke lê, maar hy het nie ingegaan nie. 6Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê, 7ook die doek wat om Jesus se kop was. Dié doek het nie by die ander doeke gelê nie, maar was eenkant afsonderlik opgerol. 8Daarna het die ander dissipel, wat eerste by die graf gekom het, ook ingegaan, en hy het dit ook gesien en geglo. 9Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie. 10Daarna het die dissipels weer huis toe gegaan. Jesus verskyn aan Maria Magdalena (Matt 28:9–10; Mark 16:9–11) 11Maar Maria het buite by die graf bly staan en huil. Terwyl sy huil, het sy vooroor gebuk om in die graf in te kyk. 12Toe sien sy twee engele met wit klere aan daar sit waar die liggaam van Jesus gelê het, een waar die kop en een waar die voete was. 13Hulle vra toe vir haar: “Mevrou, waarom huil jy?” Sy antwoord hulle: “Omdat hulle my Here weggevat het en ek nie weet waar hulle Hom nou begrawe het nie.” 14Nadat sy dit gesê het, het sy omgedraai en vir Jesus daar sien staan, maar sy het nie geweet dat dit Hy is nie. 15Jesus vra haar toe: “Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?” Sy het gedink dit is die tuinopsigter, en sy het vir hom gesê: “Meneer, as u Hom weggevat het, sê vir my waar u Hom begrawe het, en ek sal Hom daar gaan haal.” 16Jesus het vir haar gesê: “Maria!” Sy draai na Hom toe en sê in Hebreeus vir Hom: “Rabboeni!” Dit beteken leermeester. 17Jesus sê toe vir haar: “Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie. Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: ‘Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is.’ ” 18Maria Magdalena het toe vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!” En sy het ook vertel wat Hy vir haar gesê het. Johannes 20:1-18

5 Familie-oomblik Familie-oomblik
Die uitbeelding by die Oorsig kan gebruik word. Of Wys die pragtige video uit die Jesus Storybook Bible: God’s Wonderful Surprise! Maak vooraf ’n regte paaseier – maak ’n klein gaatjie met ’n speld aan die bo- en onderkant van ’n eier. Blaas die eierwit- en geel saggies uit. Vra vir die kinders wat in die eier is. Breek die eier – en almal is verras dat dit leeg is! Verduidelik die verrassing en vreugde van die leë graf. Daarom eet ons sjokolade paaseiers – want dit herinner ons aan die leë graf en dis heerlik. Soos wat die lewe saam met die lewende Christus heerlik is! Gee vir almal paaseiers. (Jy sal dit dalk eers aan die einde wil doen, sodat die suiker-belaaide kinders nie in die erediens hoef stil te sit nie.) Hier is ’n inkleurprent van gelukkige dissipels by ’n leë graf. Hier is ’n paaseier-inkleurprent wat sê dat Jesus leef. Hier is ’n leë paaseier. Gee vooraf kryte, plakkers, ens. uit, sodat kinders die eiers tydens die preek kan versier. Laat hulle dit tydens die dankoffer op die Nagmaalstafel kom sit. Familie-oomblik

6 Jesus het waarlik opgestaan!
Preekriglyn Vandag is Paassondag en die kernboodskap van hierdie gedeelte is: Jesus het opgestaan! Hy het waarlik opgestaan! Jesus het waarlik opgestaan!

7 Hoop Hoop Paassondag beteken dat ons met hoop kan lewe.
Hoop omdat die graf oop is. Hoop omdat die klip weggerol, die doeke opgevou en die graf leeg is. Hoop, want Jesus het opgestaan juis sodat mense wat dink dat hulle perfek is, en dit nie is nie, met hoop kan lewe. Hoop

8 Miswolke verduister Miswolke verduister
Ongelukkig verdwyn hierdie boodskap in ’n wêreld wat deur miswolke geteister word. Die Engelse het gehoop hulle sou die Franse by Waterloo verslaan. So bou hulle ’n hele netwerk van telegraafpale waarlangs hulle die uitslag vanaf die slagveld aan die mense tuis kon oordra. Dit gebeur toe dat generaal Wellington die Franse onder leiding van Napoleon Bonaparte by Waterloo verslaan. Die Engelse stuur toe ’n gekodeerde boodskap per telegraaf aan die mense tuis om te vertel van die wonderlike oorwinning wat op die slagveld behaal is. Toe hulle in Engeland die boodskap ontvang, lees hulle: Wellington verslaan. Nodeloos om te sê, die Engelse het in sak en as op moedverloor se vlakte gaan sit. Sonder hoop op ’n toekoms. Wat hulle nie besef het nie, was dat die helfte van die boodskap vanweë digte mis langs die pad verlore geraak het. Toe die mis opklaar, kom die res van die boodskap deur: “Wellington verslaan” vir Napoleon. Met die lees hiervan, bars die Engelse uit van vreugde, want daar was weer hoop. Miswolke verduister

9 Ons omstandighede Ons omstandighede
Ons word daagliks deur miswolke verhinder om Jesus se oop, leë graf te sien. In plaas daarvan om hierdie boodskap van hoop te sien, sien ons hoe die regering se besluite Suid-Afrika se toekoms in gevaar stel. Dink maar aan die heersende politieke onsekerheid oor grond en eiendom. Opposisiepartye skarrel om munt hieruit te slaan, terwyl hulleself nie werklik alternatiewe bied nie. Ons sien korrupsie, nepotisme en die gevolge van die rommelstatus. Ons sien ons onvermoë om armoede, werkloosheid en rassisme aan te spreek. Ons sien plaasmoorde en hoe oppervlakkig sommige voorgestelde oplossings is. Ons sien hoe gewelddadig ons samelewing is, want mense sterf vir R10, ’n selfoon en ’n skootrekenaar. Opposisiepartye skarrel om munt hieruit te slaan, terwyl hulleself nie werklik alternatiewe bied nie. Padwoede het ’n uitlaatklep geword vir opgekropte woede. Vroue word verkrag, kinders seksueel gemolesteer en mans uitgekryt vir alles wat sleg is. Klimaatsverandering verdeel Suid-Afrika in ’n lower groen deel met bogemiddelde opbrengste, terwyl dit in ander dele van ons land kurkdroog is, met leë opgaardamme en mense wat by tenkwaens moet water tap. Ook die kerk sukkel om indruk in mense se lewe te maak, vanweë diepgewortelde historiese vooroordele. Baie mense is bang, verward en onseker, en sonder hoop. Ons omstandighede

10 Kyk nuut Maar ons sien ook hoe hooploosheid verdwyn as ons met ’n ander oog na die omstandighede kyk. Ons sien ons hoef nie bang te wees nie, want alles is nie verlore nie. Ons sien ’n toekoms te midde van bekommernisse. Ons sien in droë stoppellande sonder oes vooruitsigte, ’n plant met drie rooi blomme aan. Ons sien ’n leë graf, want Jesus het opgestaan. Ons sien weer lewe, want Hy lewe en daarom het ons hoop! Om dít te kan sien, moet ons anders kyk na die werklikheid. Nie om dit mis te kyk nie, maar om met geloofsoë daarna te kyk. Oë wat ’n leë graf sien omdat die Here opgestaan het en lewe. Dit het Maria gesien toe sy by die graf gekom het, ook Petrus en Johannes. Maria staan by die graf se ingang en sien dat die grafklip weggerol is. Versigtig loer sy na binne, sien die opgerolde grafdoeke en dat Jesus se liggaam weg is. Onmiddellik dink sy die ergste en bars in trane uit. Hy is gesteel en op ’n vreemde plek begrawe. Sy wou so graag Jesus se liggaam volgens Joodse gebruike versorg het. Dan stuur sy hierdie boodskap van wanhoop die wêreld in as sy vir Petrus en Johannes daarvan vertel. Toe sy vir ’n tweede keer by die leë graf kom, sien sy die twee engele en hulle praat met haar. Sy is egter steeds oortuig Jesus is gesteel. Dan sien sy ’n vreemde man wat by haar kom staan. Summier dink sy dit is die tuinier. Sy vra hom sommer direk of hy nie Jesus se liggaam gesien het nie. Kyk nuut

11 Jesus lewe Maar dan lig die mis as die sogenaamde tuinier met deernis in sy stem sê: “Maria.” Nou sien sy dit is Jesus, haar Here, wat met haar praat. Hy het uit die dood opgestaan. En sy glo Hy lewe. Dit gee haar hoop vir die toekoms. Maar terselfdertyd is dit ook vir haar ’n uitdaging. Sy moet dit vir die ander dissipels gaan vertel (17). Sy huiwer vir geen oomblik nie en met oorgawe sê sy vir die dissipels en almal wat wou hoor – en ook nie wou hoor nie – dat sy die opgestane Here gesien het (18). Jesus lewe

12 Geloofsoë Die grootste uitdaging waarvoor ons staan, is om met geloofsoë na die werklikheid te kyk. As ons dit doen, sien ons die daaglikse mistige lewensomstandighede – al die sleg en swaar waarmee ons moet saamleef. Maar ons sien saam met Maria ook hoe die miswolke lig – dat die klip weggerol is, die doeke opgevou is, die graf leeg is en dat die Here lewe. Wanneer ons dit sien, besef ons Jesus het die dood bloedneus geslaan. Nou kan niks ons van God se liefde skei nie. Ons sal ook in tye van swaarkry en verdrukking nie alleen wees nie. Ons het hoop, want die Here lewe! Die vraag is nie of Jesus opgestaan het nie. Hiervoor is daar genoegsame bewyse. Die vraag is of ons met geloofsoë na elke dag kyk. Is ons bereid om teen alle menslike logika in die leë graf as getuienis te aanvaar dat God in Jesus die onmoontlike gedoen het? Vir Maria en die dissipels, maar ook vir ons en vir die Suid-Afrika van 2018? Geloofsoë

13 Getuig Wanneer ons hieroor duidelikheid het, kan en moet ons soos Maria gaan vertel. Hierdie goeie storie moet ons vertel, nie omdat ons al die antwoorde op al die vrae het nie. Ook nie omdat al ons probleme opgelos is nie. Ons vertel dit omdat ons glo in die Here wat lewe. Sy opdrag is dat ons aan ander moet gaan vertel daar is hoop. Trevor Noah vertel die storie in sy eie woorde: In chemistry He turned water into wine. In biology He was born without a normal conception. In physics He disapproved the law of gravity by ascending into heaven. In economics He disapproved the law of diminishing return by feeding 5000 men with two fishes and five loaves of bread. In medicine He cured the sick and the blind without administering a single dose or drug. In history He is the beginning and the end. In government He said He shall be called wonderful counsellor, prince of peace. In religion He said no one comes to the father except through Him. So who is he? He is Jesus. The greatest man in history. He had no servant yet they called Him master. He had no degree yet they called Him teacher. He had no medicine yet they called Him healer. He had no army yet kings feared Him. He won no military battles yet He conquered the world. He committed no crime yet they crucified Him. He was buried in a tomb yet He lives today. I feel honoured to serve Jesus! Getuig

14 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Dankoffer Slotsang
Vonkk 5 Vreugde Vreugde [bekend: “Praat ek mense eng’le tale] of Flam 394 Wie Regeer (Ons Koning Kom) Nooi mense om na die erediens blomme te kom haal en te gee vir mense wat dit mag nodig hê of wat hulle wil seën. Seën V: Jesus Christus is die opstanding en die lewe. G: Hy is ons vrede. V: Wie in hom glo, sal in ewigheid nie sterwe nie. G: Hy is ons vrede, nou en tot in ewigheid. Amen Respons Vonkk 5 tweede vers laaste strofes Vreugde! Vreugde! Juig van vreugde | want ons Heiland het verrys. God stuur ons om te leef

15 Volgende erediens: Johannes 20:19-31
Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk Volgende erediens: Johannes 20:19-31

16


Download ppt "Johannes 20:1-18 PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google