Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Barnabas die Begeleier

Similar presentations


Presentation on theme: "Barnabas die Begeleier"— Presentation transcript:

1 Barnabas die Begeleier
Die deurlopende agtergrond is die bekende landmerk buite Port Elizabeth, die Van Stadensbrug. Telkens kom die brugbou-gawe van Barnabas na vore in die preekskets. Foto (Wicus Wait) geneem op 23 April 2011 met ‘n Panasonic DMC-FZ8, ietwat verander met Picasa 3 sowel as met die PICNIK funksie in Picasa. Barnabas die Begeleier

2 Die agtergrond op skyfie 2 is ‘n fiktiewe voorstelling van Barnabas in hoofsaaklik waterverf (Wicus Wait). Of ‘n mens nou kan peil trek op die 6de eeuse monnik van Siprus, Alexander Monachus, se beskrywing van Barnabas al dan nie – “his face was like that of an angel ... and he had sparkling eyes” (Laudatio Barnabae, 25). Die rooi en goud ruimte waarop aanvullende grafika geplaas kan word verteenwoordig die liturgiese kleure van Pinkster.

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Iemand lees Handelinge 2:1-4 Lied 444 (Kom kyk! Kom kyk!) of Flam 264 (Ek het U nodig) of Vonkk 110 (Saam wil ons die Here) Votum Handelinge 2:17-18 Seëngroet Sang Lied 443 (Wind kan jy nie sien nie) of Flam 104 (Weet jy nie jy’s ‘n tempel?) of Vonkk 113 (Kom, Heilige Gees) Wet “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing … Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.” (Galasiërs 5:22-25) Toewyding Lied 441 (O Heil’ge Gees, ons Heer) of Flam 178 (Die Kleur van die Kruis) of Vonkk 24 (Gees van God, kom woon in ons) Getuienisse Gee kans dat mense vertel wat hierdie week met hulle gebeur het – watter aspekte van die Gees se werk deur Barnabas het vir hulle uitgestaan; wat het met hulle gebeur in die beoefening van die verskillende dissiplines; ens. Gebed God nooi ons uit en ons kom tot rus

4 God praat met ons en ons luister
Familie-oomblik Vertel vir die kinders die verhaal van die Pinkster-gebeure en verduidelik vir hulle wat dit vandag vir ons beteken. God is nou by ons, omdat die Gees oor die kerk uitgestort is. of Verduidelik vir die kinders dat ons vandag die Kerk se verjaarsdag vier – en laat hulle partytjie hou! Sluit aan by die reeks oor Barnabas. Verduidelik vir die kinders hoe ons in iemand se anders se voetspore volg – van die dogtertjie wat op die sand van haar pa se een voetspoor na die ander spring, totdat sy eendag wanneer sy groot is, leef met dieselfde waardes as haar pa. Verwys dan na die verskillende dinge wat ons deur die week oor Barnabas geleer het. God praat met ons en ons luister

5 Handelinge 15:36-41 Skriflesing
Reël verskillende mense om die verskillende teksgedeeltes te lees. Handelinge 15:36-41 Tweede sendingreis: Paulus en Barnabas skei van mekaar 36’n Tydjie later het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan kyk hoe gaan dit met die gelowiges in al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het.” 37Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem. 38Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in Pamfilië verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie. 39Hieroor het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het. Barnabas het toe vir Markus geneem en met ’n skip na Siprus toe vertrek. 40Paulus het vir Silas gekies en vertrek, nadat hulle deur die gelowiges aan die genade van die Here toevertrou is. 41Hy het deur Sirië en Silisië gereis en die gemeentes geestelik versterk. Kol 4:10 10 Aristargos, wat hier saam met my gevange sit, stuur vir julle groete; ook Markus, die neef van Barnabas. Oor hom het julle reeds opdragte gekry: as hy daar by julle kom, moet julle hom gasvry ontvang. Filemon 24-25 23 Epafras, wat saam met my ter wille van Christus Jesus ’n gevangene is, stuur vir jou groete; 24 ook my medewerkers Markus, Aristargos, Demas en Lukas stuur groete. 25 Die genade van die Here Jesus Christus sal by julle wees! 2 Tim 4:9-13 9 Probeer so gou moontlik na my toe kom, 10 want Demas het die teenswoordige wêreld liefgekry en my verlaat en na Tessalonika vertrek. Kressens is na Galasië en Titus na Dalmasië toe. 11 Net Lukas is by my. Gaan haal vir Markus en bring hom saam met jou, want hy kan my tot groot diens wees. 12 Tigikus het ek na Efese toe gestuur. 13 As jy kom, moet jy die reismantel saambring wat ek by Karpus in Troas laat bly het, en ook die boeke, veral die perkamente. 1 Pet 5:12-14 Mededeling en groete 12Silvanus, wat na my mening ’n getroue broer is, het vir my hierdie kort briefie aan julle op skrif gestel. Ek het geskrywe om julle te bemoedig en julle te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan hierin vas! 13Die gemeente in Babilon, ’n uitverkore gemeente net soos julle, asook Markus, my seun, stuur vir julle groete. 14Groet mekaar met ’n soen van Christelike liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus is! Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (electronic ed.). Bybelgenootskap van Suid-Afrika: Cape Town, South Africa Handelinge 15:36-41

6 Die onderskatte verhaal van Barnabas
Preekriglyn Die verhaal van Barnabas is inderdaad een van die onderskatte en daarom onvertelde verhale in die Nuwe Testament. Wanneer mens sy verhaal naspoor, word jy bewus van die wonderlike manier waarop die Here mense, hulle gawes en hul lewenspraktyke gebruik in die kom van die koninkryk. Barnabas is iemand wat wys hoe ’n geseënde lewenstyl gevorm word deur die geestelike gewoontes wat jy beoefen: Die Here gebruik sy vrygewigheid om ’n stuk grond te verkoop en die opbrengs aan die gemeente in Jerusalem te skenk. Dit vorm deel van die platform wat geskep word om die Christelike geloof wêreldwyd te lanseer. Ons deel vandag nog in die seën van Barnabas se geskenk. Die kerk kon Saulus en sy bediening aanvaar weens Barnabas wat hom gasvry ontvang het. Hy het vir Saulus as borg opgetree. Daarmee word die kerk uiteindelik gehelp om nie eksklusief Joods te bly nie, maar onder die Here se leiding grense oor te steek – uiteindelik ook na Europa en die verre Suidpunt van Afrika waar ons vandag nog deel in die vrug van die grensoorskryding. Die jong Johannes Markus het in Barnabas ’n begeleier en mentor van formaat gevind wat hom deur sy gawe van bemoediging in staat gestel het om met Paulus te versoen en die skrywer van die eerste evangelie te word. Nêrens het Barnabas ooit die aandag op homself gefokus nie. By die nalees van die verhaal val die kollig altyd op God. Vir Barnabas is die bring van die eer aan die Here nie maar ’n mooi gebaar nie. Sy lewe was deurspek van die oortuiging dat die lewende Here altyd aanwesig is en beslissend handel. Waar die evangelie gehoor en geglo is, daar was dit vanweë die werk van die Drie-enige God in en deur die lewe van mense. Waar mense positief gereageer het op bemoediging, en versoening met God en met mekaar, was dit die Gees van God wat die gelowiges bygestaan en in die waarheid gelei het. Barnabas se lewensverhaal was dié van ’n gewone mens. Deur die Here se genade kan elkeen van ons só ’n lewensverloop hê. Hy was ’n Leviet (iemand wat tempeldiens gedoen het) wat op die eiland Siprus gebore is. Hy het die Grieks-Romeinse kultuur van sy tyd goed geken, en kom daarom later ’n belangrike rol speel waar die evangelie oor die Joodse grens na die Grieks-Romeinse kultuurwêreld gebreek het. Barnabas was ’n brugbouer juis omdat hy met ’n been weerskante van die groot kulturele grense van die antieke wêreld gestaan het. As Leviet sou hy ook ’n deeglike kennis van die Ou Testament gehad het. In sy rol in die tempel wat onder andere die liturgiese liedere wat gesing is, ingesluit het, was ook voorbereiding vir sy latere werk as gemeentelike leier. Barnabas se naam was eintlik Josef. Die apostels het hom Barnabas (“seun van bemoediging / vertroosting”) genoem vanweë die besondere manier waarop hy die gawe van bemoediging uitgeleef het. Die Griekse woord vir bemoediging is verwant aan die woord parakleet wat vir die Heilige Gees gebruik word – vandaar dat hy inderdaad ’n man vol van die Heilige Gees was (Hand 11:24). Dis onbekend hoe Barnabas in Jerusalem beland het. Het hy dalk vir die Pinksterfees opgedaag en toe die uitstorting van die Heilige Gees beleef? Het hy familie besoek, of in Jerusalem vir besigheid beland? Moontlik het hy in Jerusalem gewoon, sommige mense meen selfs hy en Paulus het saam hul opleiding aan die voete van Gamaliël ontvang. Hoe dit ook al sy, ons weet sy jong nefie, Johannes Markus, het tydens die begin van die Christelike kerk nog by sy ma Maria in Jerusalem gebly. Maria en Barnabas was dus óf broer en suster, óf aangetroude familie, d.w.s. swaer en skoonsuster. Barnabas is dus minstens danksy sy familieverbintenis met Maria ingetrek in die lewe van die vroeë Christelike gemeente in Jerusalem, en het ’n volgeling van Jesus Christus geword. Só het hy ’n stigterspionier van die kerk geword wat ’n beslissende invloed op die wêreldwye gestalte van die kerk tot vandag toe uitgeoefen het. Of ’n mens nou kan peil trek op die 6de eeuse monnik van Siprus, Alexander Monachus, se beskrywing van Barnabas al dan nie – “his face was like that of an angel ... and he had sparkling eyes” (Laudatio Barnabae, 25) – Barnabas verdien ’n plek in die harte van Christene oor die wêreld as ’n man wat uitnemend geslaag het daarin om sy gawes in diens van sy roeping in die kerk en koninkryk in te span. Die onderskatte verhaal van Barnabas

7 Konflik tussen 2 leiers Konflik tussen twee leiers
Na die vergadering in Jerusalem (Hand 15) het Barnabas en Paulus weer tyd aan die bediening in Antiogië gegee. Met die aanbreek van die tweede sendingreis ontstaan konflik tussen die twee swaargewigte. Paulus nooi Barnabas, en dié wil sy nefie Johannes Markus saamneem. Paulus wil dit nie hê nie, klaarblyklik omdat hy vertroue in Johannes Markus verloor. Markus het hulle op die eerste sendingreis in Pamfilië verlaat en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen nie. So sterk verskil Barnabas en Paulus dat hul weë skei. Paulus neem Silas saam, en – anders as met die eerste sendingreis – reis hy oor land deur Sirië en die Silisië om die gelowiges in al die stede waar die Woord van die Here voorheen verkondig is te gaan versterk. Barnabas neem Markus en reis per skip na Siprus. Konflik tussen 2 leiers

8 Mense wat nie end-uit volhou nie…
Hoe gemaak met mense wat nie end-uit volhou nie? Die kern van die konflik was die belangrike vraag: hoe maak mens met mense wat nie end-uit volhou nie? Mense wat terugdeins of afdwaal? Enige godsdiens het die probleem van mense wat hulself as “free riders” beskou. Dit is mense wat deel wil wees van die kerk, en in die voorregte deel, maar nie bereid is om die prys van dissipelskap te betaal nie. Sodra daar teenstand of moeilikheid kom, deins hulle terug. Die vroeë Christelike kerk het dikwels vervolging beleef. Vervolging het hulle in ’n groot mate gehelp om vry van “free riders” te wees. Die prys was net te hoog. As Johannes Markus alreeds in Pamfilië omgedraai het – nog voor die eintlike aksie begin het – wat sou hy doen in Antiogië in Pisidië of Ikonium waar die apostels uit die stad verdryf is, of in Listra waar Paulus gestenig en vir dood agtergelaat is? Waar lê die balans tussen die afwys van “free riders”, en die gee van ’n tweede kans vir iemand wat gefaal het? Vir Paulus swaai die skaal na die kant waar Markus nie kan saamgaan nie. Barnabas is oortuig dat Markus sy kant sal bring. Twee antwoorde op dieselfde vraag. Dit lei tot skeiding tussen die twee leiers. Mense wat nie end-uit volhou nie…

9 Barnabas se besluit Barnabas se besluit
Barnabas se vertroue in Johannes Markus was werklik profeties. Hy het ontwikkel in ’n belangrike en sterk geestelike leier in die kerk van die Here. Dit is gepas om aan mense ’n tweede kans te gee, minstens onder die regte omstandighede. Wat laat Barnabas kies vir Markus? Eerstens het hy die persoonlike onderskeidingsvermoë om Markus se persoonlike potensiaal raak te sien. Hy het ook die teologiese onderskeidingsvermoë om te weet dat God ons nooit verstoot nie, maar aan ons verskeie geleenthede vir skuldbelydenis en vergifnis gee. Hy eggo Jesus se optrede teenoor Petrus nadat dié Hom veraai het Tweedens gebruik hy sy gawe van bemoediging ter ondersteuning van Markus. Hy neem hom weer saam na Siprus, waar hulle reeds saam bedien het tydens die eerste sendingreis. Saam met Markus sou hy – dit kan ons seker weet – deur die probleemareas werk wat die eerste sendingreis vir Markus so katastrofies laat eindig het. Hoe effektief hy hiermee moes wees, blyk uit die feit dat Markus later onder baie moeiliker omstandighede getrou aan die evangelie bly. Barnabas het ’n lewenspraktyk van begeleiding, gebou op die gawes van onderskeiding en bemoediging, wat die lanseerplatform vir Markus se bediening in die vroeë kerk word. Barnabas se besluit

10 Vroeëre optrede herhaal
’n Herhaling van vroeëre optrede Hiermee doen Barnabas eintlik presies wat hy vroeër met Paulus self gedoen het. Toe niemand Paulus ’n kans wou gee nie, het hy hom in Tarsus gaan haal en ’n geleentheid in Antiogië gegee. Op ’n manier gaan hy nou ’n stappie verder: hy begelei nie net iemand wat die eerste keer tot bekering gekom het nie (Paulus), maar ook iemand wat gefaal het, en nou ’n tweede kans moet kry (Markus). Die gevolg hiervan is dramaties: Johannes Markus word as betroubare bedienaar van die evangelie herstel; Markus word ’n sleutelfiguur in die vroeë kerk, onder andere die skrywer van die oudste evangelie, en die vertroueling van Petrus (1 Pet 5:12-14) en selfs Paulus. Markus word uiteindelik met Paulus versoen. Dit is roerend om te lees hoe Paulus later oor hom skryf in Skrifgedeeltes soos Kol 4:10; Fil 24-25; 2 Tim 4:9-13 Met hierdie lewenspraktyk beliggaam hy die bemoedigende kern van die evangelie: tweede kanse. Vroeëre optrede herhaal

11 Broodnodige lewenspraktyk
Hiermee illustreer Barnabas ’n lewenspraktyk wat broodnodig vir die Here se kerk is. Dit is ’n praktyk wat: Bereid is om risiko’s met mense as mede-bedienaars te loop en daarom tweede kanse te gee Mede-bedienaars, lidmate van die kerk, toelaat om foute te maak en tekort te skiet Mede-gelowiges nie afskryf nie, maar betrokke te raak by mekaar, en mekaar te help vorm deur aanmoediging en die geleentheid tot praktiese bediening te gee Erkenning gee aan die feit dat bediening slegs in gemeenskap kan geskied – geen alleen-leierskap nie, maar vennootskap, Broodnodige lewenspraktyk

12 Die einde van die verhaal
Waar eindig Barnabas se verhaal? Daar is ’n tradisie wat sê dat hy op die eiland Siprus, naby die stad Salamis, deur Jode gestenig is. ’n Graf wat in 488 n.C. ontdek is, word met hom verbind. Dit beteken dat hy soos talle vroeë Christene en waarskynlik al die ander apostels, as ’n martelaar sterf vir Christus. In ’n sekere sin leef sy verhaal voort oral waar gelowiges lewenspraktyke van begeleiding, bemoediging, en vrygewigheid volg. Mag Barnabas se verhaal ook in ons gemeente voortleef. Barnabas se lewensverhaal was dié van ’n gewone mens. Deur die Here se genade kan elkeen van ons só ’n lewensverloop hê. Die einde van die verhaal

13 Nagmaal Nagmaal Broodnodige bevestiging
Die Here het vir ons ‘n teken gegee van sy teenwoordigheid ook in ons verhale – die Nagmaal. Deur hierdie sakrament word ons herinner dat die God wat ons dien, ook tweede kanse gee. Hierdie tafel bevestig dat mense wat foute maak en te kort skiet, welkom is by God, dat hy niemand afskryf nie. Dit herinner ons ook dat ons deur Jesus in gemeenskap met mekaar leef en daarom sáám in sy diens staan. [Sien paragraaf onder “Broodnodige lewenspraktyk” in die preek.] Lied 266 (Ons Vader wat woon in die hemel) of Flam 95 (Onse Vader) of Vonkk 112 (Ons Vader in die hemel) Geloofsbelydenis Nagmaal

14 God stuur ons om te leef “lewenspraktyk” God stuur ons om te leef
Ons het in die loop van die week na verskillende geestelike gewoontes gekyk in die lewe van Barnabas en soos dit deur die eeue ontwikkel het. Ons sou nog ’n hele paar kon identifiseer en inoefen tot ons dit bemeester het. Aan die einde van ons reis met Barnabas wil ons egter ’n geestelike gewoonte op die tafel sit, wat eintlik ’n oorkoepelende geestelike gewoonte is, die sogenaamde lewenspraktyk (rule for life) of as jy wil, lewensreël of direk vertaal “reël vir die lewe”. Lees die onderstaande beskrywing van lewenspraktyk (lewensreël of reël vir die lewe) as geestelike gewoonte wat in ’n basiese Christelike lewenstyl tot uitdrukking kom. Ons het almal sekere lewensreëls: “doen jou bes” of “aanhouer wen”. Dit druk ons lewenshouding en keuse van lewenstyl uit. Dit gee struktuur en doelgerigtheid aan ons lewens. Die eerste gemeente se 4 lewenspraktyke vind ons kernagtig beskryf in Hand 2:42 – “hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.” (Hand 2:44-47 brei daarop uit) In hierdie reeks het ons 10 geestelike gewoontes behandel wat ons in die lewe en bediening van Barnabas en die gemeente van Antiogië raakgesien het, wat ook deel van ’n mens se lewenspraktyk kan word: vrygewigheid, gasvryheid, bemoediging, omgee, daaglikse ondersoek, getuienis, nederigheid, gemeenskap, geloofsonderskeiding en dan vandag s’n lewenspraktyk. Die geheim is om ’n keuse te maak uit die volle getal van geestelike gewoontes en dit deel van die ritme van jou lewe te maak. Jy kan deur ’n hele aantal werk, dit beoefen en jou geestelike vorming daardeur bevorder. Maar ’n mens kan nie alles elke dag doen nie. Daarom moet jy keuses maak. Jy moet genoeg verskillende gewoontes kies dat dit jou voortdurend kan vorm. Maar jy moet min genoeg kies dat jy dit kan bemeester en volhoubaar kan doen. Kies nou vir jou ’n lewenspraktyk wat 1 tot 4 geestelike gewoontes kan insluit. Miskien help dit jou om te probeer om, as jy 4 kies, dit só te kies dat dit jou verhouding met God, met jouself, met ander mense of met die omgewing kan beïnvloed. Fokus dan daarop om dit deel van jou manier van lewe te maak, dat dit soos ’n huis word waarin jy woon. Besluit op ’n ritme en ’n frekwensie. Moenie meer afbyt as wat jy kan kou nie. Wees eerlik oor jou vermoëns en behoeftes. Skryf jou keuse neer waar jy dit elke dag kan raaksien, bv. in jou Joernaal. En beoefen die geestelike gewoontes as lewenspraktyk totdat jy dit bemeester het en jy nie meer daarsonder kan lewe nie. Gesels oor hoe julle mekaar daarin kan ondersteun. God stuur ons om te leef

15 Joernaal Skryf die volgende 4 weke elke dag neer wat met jou gebeur in die bemeestering van jou lewenspraktyk. Beskou dit as ’n “leefbladsy”. Wees eerlik oor jou ervarings. En onthou, jy is besig om ’n lewenspraktyk te vestig wat jou hele lewe gaan verander. (Gee geleentheid dat mense in stilte in hul joernaal skryf.) Gebed / verbintenis Nadat almal klaar geskryf het, gee geleentheid vir stil gebed waarin almal hul voorneme vir die Here kan gee en hulle daartoe verbind om volgens hul lewensreël te leef. ‘n Ritueel om die verbintenis te bevestig, sou ook goed kon werk: laat mense hul lewensreël neerskryf en voor ‘n kruis (of by die Nagmaalstafel – of die doopvont) kom neerlê. (Onthou om die simboliek te verduidelik van die plek waar hulle dit sit – hetsy kruis, Nagmaalstafel of doopvont.) Maak ’n afspraak met iemand anders wat saam met jou die reeks bygewoon het, om oor ’n maand weer by mekaar te kom, en te deel wat julle ervaar het in die beoefening van julle lewenspraktyk, en wat dit vir julle geestelik beteken het. En vertel jou leraar, vra om daaroor te getuig by ’n erediens of skryf iets vir ’n gemeentebrief oor jou ervaring. Joernaal

16 Wegsending Dankoffer Slotlied Lied 436 Seën
Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag. (Titus 3:5-7) Respons Lied 218 (Halleluja) of Fragment van Flam 33 – sing slegs die “Halleluja” Refrein. of Vonkk 122 (Halleluja) Wegsending

17 Barnabas illustreer vir ons hoe ’n Christelike lewenstyl werk
Barnabas illustreer vir ons hoe ’n Christelike lewenstyl werk. Sluit aan by die Seisoen van Luister se pinksterreeks ; Help gelowiges om geloofsgewoontes in te oefen. Prys: R Teikenmark: Bybelstudiegroepe en Kleingroepe.


Download ppt "Barnabas die Begeleier"

Similar presentations


Ads by Google