Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Matteus 15:21-28 Matteus 15:21-28 Die Kanaänitiese vrou (Mark 7:24–30)

Similar presentations


Presentation on theme: "Matteus 15:21-28 Matteus 15:21-28 Die Kanaänitiese vrou (Mark 7:24–30)"— Presentation transcript:

1 Matteus 15:21-28 Matteus 15:21-28 Die Kanaänitiese vrou (Mark 7:24–30)
21 Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon toe vertrek. 22’n Kanaänitiese vrou wat in daardie gebied gewoon het, het onverwags by Hom aangekom. Sy het aanhoudend geroep: “Ontferm U oor my, Here, Seun van Dawid! My dogter is in die mag van ’n bose gees, en dit gaan sleg.” 23 Maar Hy het haar niks geantwoord nie. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Stuur haar weg, want sy hou aan met skreeu hier agter ons.” 24 Jesus antwoord: “Ek is net na die verlore skape van die volk Israel toe gestuur.” 25 Maar die vrou kom kniel voor Hom en sê: “Here, help my!” 26 Hy sê vir haar: “Dit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.” 27 “Dit is waar, Here,” sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.” 28 “Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 ’n Eksentrieke vrou het die predikant van die plaaslike NG Kerk gebel en gevra of hy nie haar hond sal begrawe nie. Die predikant was nie net verbaas oor die versoek nie, maar het ook met ’n kwaai, geïrriteerde stem geantwoord: “Ek kan op geen manier so iets doen nie. U moet maar een van die ander kerke op die dorp vra…” Sy het ingestem, maar voor sy aflui, het sy vir raad gevra: “Ek wou ’n skenking aan die kerk maak wat my geliefde hond begrawe, dink dominee R1 miljoen is genoeg?” Die dominee het vinnig sy keel skoon gemaak en gesê: “Wag ’n bietjie, Mevrou, hoekom het u my nie eerder gesê dit is ’n NG hondjie nie!” Ons behandel baie keer mense so. Ons vooroordele is soms net so oppervlakkig en ondeurdag. Matteus 15 wil ons vandag op hierdie punt kom aanspreek - ons is soms te rigied oor ons menings.

4 “Marriages are all happy
“Marriages are all happy. It's having breakfast together that causes all the trouble.” Soos iemand tong in die kies gesê het: “Marriages are all happy. It's having breakfast together that causes all the trouble.”

5 Wat hou huwelike (en alle ander verhoudings) vars en lewend?
Die vermoë om te verander, om buigbaar en aanpasbaar te wees Wat hou huwelike en alle ander verhoudings vars en lewend? Die vermoë om te verander, om buigbaar en aanpasbaar te wees. Matteus 15 wil ons daarmee help.

6 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

7 Hoe langer die rek, hoe groter die geloof
Alternatief 1: Hoe langer die rek, hoe groter die geloof In die gedeelte leer ons dat iemand se geloof (in hierdie geval die vrou s’n) wys in die aanhoudendheid van haar versoek. Geloof wys dus in aanhou, in deursettingsvermoë. Om dit aan kinders te demonstreer, kan die volgende aktiwiteit gedoen word: Sny ’n stuk rubber uit ’n binneband van ’n fiets of motor. Die stuk kan so 2cm dik wees en moet ’n minimum van 60cm lank wees. Roep twee kinders vorentoe, maar waarsku hulle baie beslis dat dit ’n gevaarlike aktiwiteit is wat hulle dalk mag seermaak. Verduidelik vir hulle dat hulle elkeen aan die punt van die rubberband moet trek en dat hulle die rubberband so ver as wat hulle dink veilig is, moet uitrek. Die gevaar is dat die rubberband kan breek en dat dit kan terugskiet. Of die ander persoon se hand kan gly of s/hy kan laat los... Laat hulle dan die rubberband rek tot sover hulle daarvoor kans sien. Die afstand waarmee hulle dit gerek het, is direk ekwivalent aan die geloof wat hulle het in die sterkte van die ruberband en in die vermoë van die ander persoon. Hoe langer hulle die band uitgerek het, hoe groter was hulle geloof. Daar word ook so ’n storie vertel in die Bybel van ’n Kanaänitiese vrou wie se aanhoudende gesmeek by Jesus, haar geloof vir Hom gedemonstreer het.

8 Wie’s in en wie’s uit Alternatief 2: Wie’s in en wie’s uit
Speel met die kinders ’n speletjies soos ‘Kat en Muis’ waar sommige deelnemers ‘buite’ die groep gehou word. Gesels dan met hulle oor hoe ons in die kerk ook baie keer sekere mense probeer buite hou, maar dat Jesus vir alle mense plek maak.

9 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

10 Matteus 15:21-30 - Krummel-vreters! - Krummel-vreters
Matteus 15:21-28 is ’n ietwat vreemde verhaal in Matteus.[1] Vreemd omdat Jesus daarin op die oog af onwillig blyk om iemand te help deurdat Hy eers na Hy ’n argument verloor het, inwillig om te help. Waar Jesus telkens die Fariseërs kon troef en die skare tot verbasing bring, is dit Hy wat hier getroef word en wat verbaas staan. Daar is twee sulke verhale in Matteus wat geweldig met mekaar ooreenstem. Die ander een is Matt 8:5-13 (die offisier in Kapernaüm). In beide is die persoon wat Jesus om hulp nader, ’n heiden. Die een ’n man en die ander ’n vrou. In beide word Jesus oorgehaal om te help. In beide gaan dit om iemand anders (’n dienskneg en ’n dogter) wat in nood verkeer en nadat Jesus hulle geloof gekwantifiseer het, geskied die genesing oor ’n afstand (net hier in Matteus). By die offisier is Jesus egter wel gewillig om te help. Die verhaal in Matteus begin met Jesus wat in die area van Tirus en Sidon kom (d.w.s. heidense gebied) en daar onverwags deur ’n Kanaänitiese vrou gekonfronteer word wat aanhoudend uitroep dat Hy haar dogter moet bevry van ’n bose gees. Op grond van Jes. 61:1ev beroep sy haar op die Messias as die barmhartige. Die versoek van die vrou om hulp, was dalk onverwags, maar beslis nie vreemd nie. Matteus vertel ons van talle dorpe wat presies dit gedoen het. Wat wel vreemd is, is dat Jesus haar nie geantwoord het nie. Hy swyg. Oënskynlik het dit die vrou egter net nóg harder laat skree. Hierop vra die dissipels dat Jesus haar moet wegstuur. Hulle het nogal ’n gewoonte gehad om die, wat volgens hulle pla (soos die skare sonder kos in Matt 14:15, die kinders in Matt 19:13 en die vrou hier), te wil wegstuur. Hulle is meer oor hulleself besorg as oor die vrou se nood. In reaksie op die dissipels se versoek, antwoord Jesus die vrou uiteindelik. Maar in ’n bepaalde sin is dit egter nóg erger en vreemder as Jesus haar wel antwoord. Jesus stel dit aan haar dat Hy net na die in Israel gestuur is wat verlore is. Hiermee verklaar Hy dat sy buite die verbond staan en daarom verlore is (vers 24). Kan dit waar wees? Hier is tog sprake van diskriminasie! Die vrou van Kanaän laat haar egter nie onderkry nie. Sy hou op met skree en val voor Jesus neer met net een kort versoek: “Here, help my!” (vers 25). Hoe groter ons nood, hoe korter ons gebede (Iswand). Klaarblyklik is haar fut uit. Jesus se respons hierop is amper skokkend. Hy noem die vrou in haar gesig per implikasie ’n waardelose hond of te wel ’n “kunariois” - wat ons ’n huishondjie sou noem. Hy noem haar dus wat die Jode die heidene genoem het: ’n hond. Wel ’n huishondjie, maar nog steeds ’n hond. Die vrou gryp dié belediging egter aan tot haar voordeel deur te verklaar dat selfs die honde van die krummels wat van die tafel val, iets kry om te eet. - Krummels as oorskiet of moontlik as servet (die Jode het die kors van die brood gebruik as ’n servet om die vet van hulle hande mee te verwyder). - Jesus se reaksie. Uiteindelik gee Jesus in. Hy loof haar groot geloof en gun haar haar wens. Hy verdryf die demoon uit haar dogter sonder om haar eens te sien. Wie volhard, word geantwoord. Die wonder is dat geloof iets aan God se hart doen. God verander in Jes. 38 Sy besluit oor Hiskia, die koning van Juda, en verleng sy lewensduur met 15 jaar. - Die prioriteit van Israel. In die begin word met die geboorte van Jesus aangekondig dat Hy Sy volk sou kom verlos (Matt 1:21 - Hy sal Sy volk van hulle sonde verlos). Tog is daar aanduidings van die begin van Matteus af dat iets aan die gebeur is in die heilsgeskiedenis. Van die teenwoordigheid van nie-Jode in die geslagregister tot die besoek uit die Ooste, tot die vlug na ’n heidense land (Egipte), toe Herodes, die Joodse koning, wat Hom wou laat doodmaak. Ondanks die fokus op Israel, blyk dit dat hulle Hom verwerp het. In Matteus 22 vertel Jesus dan ook die gelykenis van die bruilof waarin Hy verwys na die bruilofgaste wat nie op hulle uitnodiging gereageer het nie, met die gevolg dat die koning ander gaste genooi het. Aan die einde van die Evangelie is dit ’n Romeinse offisier (27:54) wat bely dat Jesus die Here is. Die Evangelie eindig dan ook met die opdrag in Matt 28:19 om na al die nasies te gaan. [1] Ons word "Flink in verwarring gebracht."

11 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

12 Hoe groter ons nood, hoe korter ons gebede
Iswand Hoe groter ons nood, hoe korter ons gebede. Iswand

13 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

14 Made-up minds belong to some of the loneliest people around
Anoniem “Is your mind made-up? Then, you live alone. For like a bed that's already made-up, no one can get in with you unless you're prepared to unmake it. In fact, you can't even get into your own bed or into your life until that made-up bed is unmade. Made-up minds belong to some of the loneliest people around.” Anoniem Dis ook wat Matt 15 vir ons vertel.

15 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

16 Jy kan nie ’n goeie man onderkry nie
’n Predikant vertel wat een keer met hom gebeur het: “Die ander aand het ek en my driejarige seun deur die gebruiklike aand-roetine gegaan: storie, gebed en drukkies. Toe my hand die lig afskakel, kom daar ’n stemmetjie wat sê: “Ek wil iets dink.” Hy kan nie drink sê nie en dit was nogal oulik – “dink”. Ek was egter ferm: “Jy het nou net iets gedrink. Dis tyd om te slaap.” Ten einde laaste was die kinders almal in die bed. Vrede. Stilte. Ek het in my lekker gemakstoel ingewikkel... “Ek wil iets dink” het die stem uit die donkerte gepraat. “Dink” was besig om sy oulikheid te verloor. “Geen water! Gaan slaap nou!” Stilte het vir 60 sekondes geheers: “Pappa, ek wil iets “dink”! “Bly nou stil” “Ek wil iets “dink!!! ” Toe skielik weet ek hoe Moses in die woestyn moes gevoel het toe ’n miljoen Jode almal uitgeroep het: “Ons wil iets “dink”.” Nou was “dink” glad nie meer oulik of snaaks nie. Ek het hard by die gang afgeroep: “As jy nog een keer vra vir iets om te drink, gaan ek jou iets gee om oor te dink. Ek gaan vir jou ’n pak slae gee en ek maak nou geen grappies nie. Bly stil en slaap nou!” Dit was doodstil. Jy kon ’n speld hoor val. Dit was so stil, ek kon eers nie verder konsentreer nie. Toe kom die kinder-stemmetjie wat die oorwinning ruik: “Pappa, wanneer jy kom om vir my pak te gee, sal jy ook vir my iets bring om te “dink”!” Jy kan nie ’n goeie man onderkry nie.

17 Dis nie sommer enige krummels nie!
Dis die beste beskrywing van die vrou – sy gee nie om wat haar oorkom nie - solank sy tog net krummels genade uit Christus se hand kan ontvang! Sy weet van die grote God wat berge vlak maak en seë droogmaak. Daarom is sy bereid om van Sy krummels te leef. Maar dis nie sommer enige krummels nie: want dis genade krummels wat mense kan voed! Sy vra vir krummels en kry ’n bakkery!

18 Hoe goed ken jy jou Hemelse Pa en vir Jesus?
Miskien moet ons onsself afvra: “Hoe goed ken jy en ek vir Jesus en ons Hemelse Pa?” Want dis wat Matteus hier met die storie wil tuisbring. Hy vertel van ’n dag toe Jesus en Sy dissipels so deur Tirus en Sidon (wat vergelyk kan word met enige minder-gegoede buurt in jou omgewing) stap, die plek waar daar regtig nie goeie mense gebly het nie, allermins mense wat jy graag mee wou gesien wees. Mense aan wie jy jou nie steur nie, wat nie in jou klas was nie - nie jou soort nie - julle weet mos van wie ek praat...

19 Wat is die kans dat Jesus haar sou help?
So iemand was die Kanaänitiese vrou wat in haar nood na Jesus toe storm. Wat is die kans dat sy gehelp sou word ? Sy is eerstens ’n vrou - destyds iemand met geen regte nie! Verder is sy nog ’n heiden ook -’n verworpe Kanaäniet – minder as niks in die oë van die Jood. Dit maak haar kanse nul. Haar huis vol bose geeste - dit maak haar kanse minder as nul !

20 Ons wens hulle wil verdwyn
Maar ten spyte daarvan is sy so desperaat, dat sy nie NEE vir ’n antwoord gaan aanvaar nie. So desperaat, dat die dissipels oor haar gevoel het soos ons voel oor die bedelaars by die robot wat teen jou motor se venster leun of die een by die voordeur, die een wat deur drank en koue verwoes is. Jy sien nie meer hulle nood raak nie, daar is geen barmhartigheid meer oor nie - geen genade – ons is net siek en sat vir hulle. Hulle is eintlik nie daar nie … “invisible”, onsigbaar! “Here, sy is ’n verleentheid, stuur haar weg… Hy is nie daar vir haar nie, sy moet gaan, sy vra nou by die verkeerde deur.” Jesus ignoreer haar. “Dis my tipe Jesus dié!” fluister ons in ons binneste.

21 “Ons kan nie kos vir die hondjies gee nie…”
“Nee, weg is jy – hier is nie vir sulkes soos jy en wat soos jy maak, plek by ons nie, ons kan nie die kos vir die hondjies gee nie.”

22 Hoe lank moet hulle honger ly?
Hoe lank sal Jesus moet uithou voordat die DISSIPELS die vrou se nood (en ook ons!!!) – haar gesmeek vir krummels, vir genade - raaksien EN voordat hulle ook sien hulle ken vir Jesus regtig baie swak!! Dan praat sy haar beroemde sin (lees weer vs 27: “Dit is waar, Here,” sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval”) en dan kan Jesus nie meer langer aan die spel deelneem nie.

23 God is vir ALMAL! Sy genade breek teenoor haar oop soos ’n damwal wat breek… Hy het vir ALMAL gekom, daar is nie onderskeid by Jesus nie - Sy genade strek oor almal en alles uit! GOD IS VIR ALMAL!

24 Jesus sien jou raak! Daar is hoop vir alle mense wat in die lewe voel hulle is onsigbaar, “invisible”- niemand sien hulle raak nie, hulle word deur niemand waardeer nie – hulle kan net sowel nie lewe nie. Matteus sê, Jesus sien jou raak!

25 Maar Liefde en ek het hul uitoorlê: Ons het ’n sirkel getrek
Hulle trek ’n sirkel om my uit te sluit… Hang etikette om my nek, noem my name Maar Liefde en ek het hul uitoorlê: Ons het ’n sirkel getrek wat hulle ingesluit het ! Edwin Markham, Outwitted Hulle trek ’n sirkel om my uit te sluit… Hang etikette om my nek, noem my name Maar Liefde en ek het hul uitoorlê: Ons het ’n sirkel getrek wat hulle ingesluit het! (Edwin Markham, Outwitted)

26 Geen ongewenste persone!
Jesus kom sê: Julle sê geen ongewenste persone word hier toegelaat nie, MAAR in God se koninkryk is daar geen ongewenste persone nie! Besef ons dit? Is dit hoe ons is - genadig teenoor almal?

27 “Change our minds, but keep the change.”
Sien ons die onsigbares van die samelewing raak? Is dit hoe ons gemeente is? Soos iemand gesê het: “Change our minds, but keep the change.” Jesus wil vanoggend dit vir ons leer: Verander jou gedagtes oor hoe jy en ek dink oor Jesus én oor mense! Maar leef dan daardie verandering prakties (Keep the change) uit, deur die onsigbares met genade te hanteer.

28 Fred Craddock, ’n Amerikaanse professor in prediking, vertel van ’n ontbyt-ervaring wat hy gehad het. Hy was vasgevang in Winnipeg, Kanada, te midde van ’n ‘vroeë Oktober’ sneeustorm wat die hele stad verlam het. Alles was gesluit en sy gasheer kon dit nie eens vir ontbyt na Fred se hotel nie maak nie. Daardie oggend het Fred hom so twee strate van sy hotel af in ’n oorvol restaurant, wat langs ’n bus-depot was, vir ontbyt bevind. Iemand het hom na 'n tafel geneem. ’n Groot man met so ’n smerige voorskoot het na sy tafel aangekom en sy bestelling gevra. Hy het natuurlik nie geweet wat die plek bedien nie en daarom het hy vir die spyskaart gevra. “Waarom wil jy ’n spyskaart hê?” het die man onvriendelik gevra, “Ons het sop.” “Sop is reg.” het hy gesê. Net wat hy vir ontbyt wou hê - sop! Die man het die sop gebring en Fred het die sop beskryf as vreemd. Dit was grys, amper die kleur van ’n muis! Hy het nie geweet waarvan dit gemaak is nie, maar hy het dit geproe. Aaklig ! “Ek sal dit nooit in my lyf kry nie.” het hy by homself gedink. Toe het hy maar in die oorvol plek gesit en sy hande met die sop-bak warm gehou. Toe gaan die deur oop en iemand skreeu: “Maak die deur toe!” en die vrou het. Sy is ook na ’n tafel gelei en die man met die smerige voorskoot is na haar toe en het kliphard gevra: “Wat wil jy hê?” “Bring vir my ’n glas water.” het sy gesê. Die man het die water gebring en weer gevra: “Wat wil jy hê?” “Net die water” “Dame, jy moet iets bestel .” “Net die water.” Die man se stem het al harder geword: “Dame, jy moet iets bestel of jy moet loop!” “Kan ek nie bly en myself warm maak nie?” “Bestel of loop!” Sy het toe maar opgestaan. Die mense aan haar tafel het ook opgestaan, sowel as die mense rondom haar en ook die mense aan Fred se tafel! Fred het ook opgestaan. Almal het na die deur beweeg. “Goed” het die man met die smerige voorskoot gesê, “Sy kan maar bly!” Almal het weer gaan sit. Hy het selfs vir haar ’n bord sop gebring! Fred het vir die man langs hom gevra: “Wie is sy?” “Ek het haar nog nooit gesien nie”, het hy geantwoord, “maar as sy nie welkom is nie, dan is niemand welkom nie.” Daarna is net die klank van soplepels gehoor soos wat die mense sop geëet het. “Wel, as hulle dit kan eet, kan ek dit ook doen,” het Fred by homself gedink. Hy het sy lepel opgetel en daarvan begin eet . “Dit was goeie sop. Ek het al die sop opgeëet. Dit was ’n vreemde sop. Die sop het geproe NES brood en wyn. Ek wens dit het in ’n kerk gebeur”, het hy verder gedink “Maar soms gebeur dit. Miskien hier, miskien in hierdie kerk, miskien…maar so behoort die kerk altyd te wees…”

29 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

30 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

31 Forgive us, O God… Sluit af met hierdie gebed (vertaal self):
Forgive us, O God, for thinking we have You all figured out. We pretend we know who is in and who is out of Your family, as if Your care were not for all of us. We want people to be like us before we help them, and we welcome into our company only those who will benefit us. Forgive us. Reconcile us to those we have treated as worthless or unwanted; mold us into a community where all Your children are accepted, included and loved. (Lavon Bayler) Kliek op die hyperlink om ’n 7MB-grootte video clip van hierdie gebed af te laai.

32


Download ppt "Matteus 15:21-28 Matteus 15:21-28 Die Kanaänitiese vrou (Mark 7:24–30)"

Similar presentations


Ads by Google