Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Rosa Keet Rosa Keet is in Senekal in die Vrystaat gebore en

Similar presentations


Presentation on theme: "Rosa Keet Rosa Keet is in Senekal in die Vrystaat gebore en"— Presentation transcript:

1 Rosa Keet Rosa Keet is in Senekal in die Vrystaat gebore en
sy is die dogter van A.D. Keet, ‘n digter en medikus. Rosa debuteer met Hystera, waarin sy die belewenis van swangerskap en die geboorte van ‘n kind met mitologiese verwysings verbind. In haar derde bundel, Hier kan ons asemhaal(1979) verander haar poësie na ‘n byna skeptiese soort kommentaar oor die mens se aardse bestaan as ‘n wese wat streef na verhewe bestaan. Hierdie gedig is opgeneem in haar Spookstories (1988) Rosa is al jare betrokke by die SABC waar sy opdragte vir Afrikaanse programme keur en vir die produksie daarvan sorg. (Sy is ook tans uitvoerende regisseur van Erfsondes)

2 Things that go bump in the night - Rosa Keet
1 jy los my alleen 2 in ‘n huis vol geluide 3 en hoe minder ek probeer luister 4 hoe harder klink die klank 5 van ‘n onbekende voetstap 6 op die donker trap 7 bang vaak verdwaal ek laat 8 in die gange op soek 9 na slaap 10 wat om elke naghoek verdwyn 11 ek skrik 12 vir die naaldekokerstraatlig 13 deur skaars bewegende blare 14 jou jas aan die kapstok 15 is ‘n man sonder bene 16 ek is bang 17 vir die stofsuierslang 18 op die vloer van die spens 19 en tot jy terugkom 20 sleep ek my vlees 21 soos ‘n kis agter my aan

3 Things that go bump in the night
Die mag van fantasie en verbeelding. As jy bang is, kan jy selfs drogbeelde sien. Kinders/mense is bang vir geluide in die nag. Things that go bump in the night Bekende Engelse frase – Titel dui op ‘n Skotse/Engelse (kinder)gebed wat vreemde bangmaakdinge moes weghou 1 jy los my alleen 2 in ‘n huis vol geluide 3 en hoe minder ek probeer luister 4 hoe harder klink die klank 5 van ‘n onbekende voetstap 6 op die donker trap 7 bang vaak verdwaal ek laat ironies alliterasie Paarrym(reël 5/6) Onheilspellende trap Assonansie – spreker is vaak

4 Enjambement – spreker wil wegkom van gevaar
8 in die gange op soek 9 na slaap 10 wat om elke naghoek verdwyn 11 ek skrik 12 vir die naaldekokerstraatlig 13 deur skaars bewegende blare metafoor Wind waai nie hard nie

5 14 jou jas aan die kapstok 15 is ‘n man sonder bene 16 ek is bang 17 vir die stofsuierslang 18 op die vloer van die spens 19 en tot jy terugkom 20 sleep ek my vlees 21 soos ‘n kis agter my aan metafoor Drie woorde staan alleen – beklemton die spreker se vrees metafoor en alliterasie Vrees sal verdwyn as die jy terugkeer Assonansie – lang e-klank is funksioneel Vergelyking Progressie – aan die einde dink die spreker selfs aan die dood. Sintuie – sig, gehoor

6 Bespreking Dit is duidelik dat die spreker haar alleen in ‘n huis bevind. Die afwesigheid van haar man word vervang met die aanwesigheid van ‘n “spook”. Sy hoor klanke en die klanke word selfs harder. Die afwesige man se jas hang aan ‘n kapstok, maar dit word ‘n spookgedaante “sonder bene” en die stofsuier se pyp word ‘n “slang”. Sy kan nie slaap nie, want die slaap verdwyn “om elke hoek.” Daar is duidelike progressie in die gedig want aan die einde dink die spreker selfs aan die dood asook ‘n vrees vir eensaamheid. Die vrese van ‘n kind sal altyd by jou bly, al is jy ‘n volwassene. In hierdie gedig is daar geen punktuasie nie en die digter maak van enjambemente gebruik om hierdie vrees voor te stel. Hoewel die spreker aan die einde wil wegkom van die gevaar, bly dit haar by en sy kan nie ontsnap daarvan nie. Sy sal net gerus wees as sy slaap, maar sy moet eers vasstel vanwaar die geluide kom.

7 Titel Dit klink soos ‘n frase uit ‘n kindergedig of kinderstorie. Kinders is bang vir die nag en die donker. Tema Hier gaan dit oor die mag van die fantasie of verbeelding. Die slegte kant van die verbeelding kan lei tot vrees en onsekerheid en drogbeelde, veral as jy bang is. Die vrese van ‘n kind bly by jou , al het jy volwasse geword.

8 Vrae en antwoorde 1. Waarom is die spreker so bang? Wat is die oorsaak waarom die spreker so bang is? Die spreker is alleen 2. Watter gevolge het dit vir die spreker dat hy alleen gelaat word? Hy/sy is bang. 3. Waarvan is die huis vol? geluide 4. Wat is baie ironies wanneer die spreker minder geluide probeer hoor? Die klank word al hoe harder.

9 5. Gee ‘n voorbeeld van paarrym uit die gedig.
“van ‘n onbekende voetstap”/ op die donker trap 6. Watter rymskema gebruik die digter vir die res van die gedig? vrye vers 7. Haal die woord aan wat die trap meer onheilspellend laat klink? “donker”  8. Haal een versreël aan wat beweer dat hy sukkel om aan die slaap te raak omdat hy beangs is. na slaap/wat om elke naghoek verdwyn Watter klank word dwarsdeur die gedig gereeld herhaal? s-klank 10. Gee ’n voorbeeld van s-alliterasie. sleep ek my vlees/soos ‘n kis agter my aan

10 Gee ’n bewys dat hy snags nie eers die plek waar hy bly, ken nie.
hy verdwaal  12. Waar dwaal hy snags rond as hy nie kan slaap nie? gange 13. Watter soort beeldspraak is ̎naaldekokerstraatlig̎ en ̎stofsuierslang ̎? metafoor 14. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord. Die wind waai hard. Onwaar. Die takke beweeg liggies. 15. Waarmee word die jas wat aan die kapstok hang, vergelyk? man sonder bene 16. Hierdie beskrywing maak die spreker nog .. banger

11 17. Waar sien hy die “stofsuierslang?”
spens 18. Wanneer sal die verskriklike vrees verdwyn? sodra die ander persoon terugkeer 19. Haal een woord aan wat sê dat hy swaar dra aan sy vlees. “sleep” 20. Waardeur word “vlees” en “sleep” goed aan mekaar geskakel? herhaling van die ʺeeʺ-klank 21. Waarom is die beeld van ‘n doodskis baie effektief? ʼn Dooie mens is gewoonlik in ʼn doodskis. Die spreker is tot die dood toe bang. 22. Wat is die tema van die gedig? ʼn Mens wat alleen is, verbeel hom allerhande dinge en hoor geluide en sien goed wat nie bestaan nie.

12 23. Watter atmosfeer oorheers in die gedig. gespanne 24
23. Watter atmosfeer oorheers in die gedig? gespanne 24. Wat is die denotiewe en konnotiewe betekenis van die titel van hierdie gedig? Denotief: Dinge wat regtig geluide maak in die nag. Konnotief: Geluide wat gehoor word as mens bang is en wat nie werklik bestaan nie. 25. Watter TWEE sintuie gebruik die spreker? gehoor en sig 26. Wat is die gevolg van die spreker se poging om die geluide te ignoreer? die klanke word harder 27. Hoe weet die leser dat die voetstap onherkenbaar vir die spreker is? “onbekende”

13 28. Wat is die kontras tussen die buitekant en die binnekant van die huis? buitekant: straatlig; wind wat waai. Binnekant: donker, stil en vreemde geluide. 29. Hoe weet die leser dat dit ’n groot huis is? Die spreker verdwaal. ( daar is trappe) 30. Waarna soek die spreker? slaap 31. Kies die korrekte antwoord om die volgende sin te voltooi: Wanneer ons TWEE dinge met mekaar vergelyk sonder om die woorde, as of soos te gebruik, noem ons dit C metafoor

14 32. Is daar ’n ligte windjie wat waai
32. Is daar ’n ligte windjie wat waai? Motiveer jou antwoord met ’n aanhaling uit die gedig. “deur skaars bewegende blare” 33. Na watter spesifieke vertrek in die huis word daar verwys? spens 34. Daar is TWEE beskrywings wat die gevoel gee dat die spreker verwag het om ’n vreemdeling in die huis raak te loop. van ‘n onbekende voetstap ; jou jas aan die kapstok is ‘n man sonder bene 35. Watter TWEE eienskappe van die gedig laat die gedig vinnig lees? enjambement, geen leestekens


Download ppt "Rosa Keet Rosa Keet is in Senekal in die Vrystaat gebore en"

Similar presentations


Ads by Google