Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
KONTRAKTEREG DEEL III KONTRAKBREUK
2
INLEIDING: Kontrakbreuk: Oorspronklik beskryf as ‘Wanprestasie”.
Breuk van belofte om te presteer deur kontraktant. Sluit in laat prestasie (negatiewe wanprestasie, foutiewe prestasie (positiewe wanprestasie)
3
Kontrakbreuk kan gepleeg word deur skuldenaar en skuldeiser.
Bv. As skuldeiser ‘n verpligting het om saam te werk ten einde skuldenaar in staat te stel om prestasie te lewer. Bg kan voorkom in die vorm van negatiewe wanprestasie of repudiasie.
4
Die 5 vorme van kontrakbreuk:
1. Mora debitoris (Negatiewe wanprestasie deur skuldenaar). 2. mora creditoris (negatiewe wanprestasie deur skuldeiser) 3. repudiasie. 4. onmoontlikmaking van prestasie. 5. positiewe wanprestasie.
5
Eenheid 12 Mora Debitoris
7
Leeruikomste: Verskaf ‘n kritiese inleiding tot die aard van kontrakbreuk, en noem ook kortliks die vorme en kategorieë van kontrakbreuk en wat dit behels. Bespreek die aard en vorme van mora debitoris. Lys en verskaf ‘n kritiese bespreking van die vereistes vir mora debitoris. Onderskei tussen die terme mora ex re en mora ex persona. Onderskei tussen mora debitoris en ander vorme van kontrakbreuk in die algemeen. Analiseer die aspek van kansellasie op grond van mora debitoris met spesifieke verwysing na die saak van Kragga Kamma Estates CC v Flanagan 1995 (2) SA 367 (A).
8
Sake: Ponisammy v Versailles Estates 1973 1 SA 372 (A)
Nel v Cloete 1972 (2) SA 150 (A) Willowdene Landowners v St Martin’s Trust (1) SA 302 (T) South African Forestry Co Ltd v York Timbers Ltd (3) SA 323 (SCA) Kragga Kamma Estates CC v Flanagan 1995 (2) SA 367 (A)
9
Bestudeer: Hutchison et al. Hoofstuk 12 pp
10
Aard en Vorme: Die wederregtelike versuim van die skuldenaar om betyds te presteer. Mora: Versuim om betyds iets te lewer OF betyds ‘n gebrekkige prestasie lewer. Mora debitoris: Skuldenaar presteer glad nie: negatiewe wanprestasie deur skuldenaar.
11
Mora = versuim. Prestasie moet moontlik bly vir mora om plaas te vind. Soms is dit sinneloos om na die prestasiedatum te presteer- sien voorbeeld van fotograaf op p. 101 van studie.
12
Mora kan oor ‘n periode van krag bly.
Indien skuldenaar laat presteer, stel dit nie die kontrakbreuk van die verlede ter syde nie. So skuldenaar sal steeds skuldeiser moet vergoed vir kontrakbreuk gepleeg. Die mora/versuim sal egter tot ‘n einde kom.
13
Vereistes:
14
I. Skuldenaar moet in mora wees.
Ponisammy v Versailles Estates: Feite: Kontrak bevat volgende bepaling: “Payment of the purchase price shall be secured by a banker’s guarantee to be furnished within thirty (30) days after approval of the diagrams of the property sold by the Surveyor-General”
15
Koopkontrak bevat geen kansellasie- klousule nie.
24 September 1970 keur LG diagram goed. Appellant word eers ingelig van goedkeuring in laat November 1970.
16
Dit het beteken dat die 30 dae vir die lewering van ‘n waarborg reeds verval het teen die tyd wat die appellant gehoor het van goedkeuring. Op 24 November 1970 skryf appellant se prokureur brief aan respondent ingevolge waarvan lg teen 23 Desember 1970 ‘n waarborg moet lewer.
17
Vroeg in Desember 1970 lig respondent appellant in dat hy nie teen 23 Desember die waarborge sou kon lewer nie. Partye stem toe in dat Pienaar R200 sou betaal en die keerdatum vir waarborge 23 Januarie 1971 sal wees. Op 21 Januarie 1971 laat weet respondent dat hy steeds nie die waarborge kan lewer nie.
19
Appellant kanselleer ooreenkoms en verkoop eiendom aan ‘n ander persoon.
Respondent voer aan daar was geen gronde vir kansellasie nie, en lewer (uiteindelik) die nodige waarborg. Hof a quo beslis eiendom moet aan respondent oorgedra word.
20
Appellant voer aan dat hy die respondent in mora geplaas het.
Effek: “Kennisgewing van terugtrede” indien respondent sou versuim om te presteer.
21
Beslissing: Alhoewel die appellant die respondent in mora geplaas het, kan die plaas van iemand in mora nie kansellasie van die kontrak meebring nie. Hof a quo se beslissing bekragtig.
22
Ratio decidendi: Where time is not of the essence of the contract, but one of the contracting parties elects to make it so, giving a notice of rescission (a unilateral act), he should at least take care that the notice is clear and unequivocal, so that the other contracting party is aware of the consequences of a failure on his part to perform timeously.
23
MORA EX RE: Soms kom partye nie ooreen op ‘n spesifieke prestasiedatum nie. Indien hulle egter wel ooreenkom op datum, en skuldenaar versuim om teen daardie datum te presteer: prima facie onregmatig.
24
Skuldeiser hoef dan nie van skuldenaar te eis nie.
Dies interpellat pro homine: “die dag vereis van die persoon” Kontrak moet presiese datum bevat.
25
Mora ex persona Kontrak stipuleer nie prestasiedatum.
Skuldeiser moet skuldenaar in mora plaas. Aanmaning/kennisgewing.
26
Doel van aanmaning: om skuldenaar in kennis te stel wanneer hy moet presteer.
Aanmaning moet skuld aandui en redelike tyd vir prestasie bepaal. Onvoorwaardelik + duidelik.
27
Redelikheid van datum word bepaal na gelang van omstandighede.
Indien prestasiedatum nie uitdruklik in aanmaning uiteengesit word nie: prestasie onmiddellik vereis.
28
Willowdene landowners v st martin’s trust:
“die tyd wat vir prestasie verleen word, moet redelik wees in die omstandighede. Indien dit nie die geval is nie, het die aanmaning geen effek nie.”
29
II. Prestasie moet opeisbaar wees.
Prestasie kan nie plaasvind in terme van ‘n ongelikwideerde skuld nie.
30
III. Versuim moet veroorsaak word deur die skuldenaar en/of sy werknemers.
IV. Die prestasie moet moontlik bly ondanks versuim om te presteer.
31
Gevolge: Stel die verbintenis uit.
Kontrak kan gekanselleer word (sien p. 106). Verbintenis kan egter voortgesit word. Rente a temporae morae: Rente op verlies van inkomste. Rente in duplum: Rente mag nooit kapitale skuld oorskry nie. Koopkontrak: Risiko vanag verkoper na koper wanneer kontrak perfecta is.
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.