Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Psalm 27 1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? 2 As misdadigers op my afstorm om my.

Similar presentations


Presentation on theme: "Psalm 27 1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? 2 As misdadigers op my afstorm om my."— Presentation transcript:

1 Psalm 27 1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? 2 As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel en val Al sou ’n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê. 4 Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. 5 Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op ’n rots laat staan; 6 ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring, ek sal ’n lied sing, ek sal sing tot die eer van die Here terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my Luister tog na my, Here, as ek roep; wees my genadig en verhoor my gebed. 8 Ek onthou wat U gesê het: “Julle moet My kom dien!” Ek is hier om U te dien, Here Moet U tog nie vir my verberg nie, moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie, want U was nog altyd my hulp. Moet my tog nie verstoot en verlaat nie, want U alleen is die God wat my red Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem Leer my u wil, Here, en lei my op ’n gelyk pad sodat my vyande nie hulle sin kry nie Moet my tog nie oorgee aan die venyn van my teëstanders nie, want daar staan vals getuies teenoor my en hulle blaas geweld teen my aan As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...! Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

4 Wat maak ’n huis lekker of sleg?
Wat maak ’n huis lekker? Wat maak ’n huis sleg? Vir Dawid was die ‘huis van God’ iets goed en positief en veilig en hy gee vir ons twee redes: v4 Ek beleef God se goedheid daar (‘huis’ is/was vir my lekker omdat ek my ma se goedheid beleef het, omdat sy my versorg het). v5 Die Here steek my weg in sy huis (ek onthou tye waar die donderweer my so bang gemaak het en dan het my pa my in hulle bed getel en ek kon tussen hulle slaap). Dis al wat enige mens nodig het: Veiligheid en versorging/ goedheid. (Vergelyk Maslow se hiërargie).

5 Om veilig en versorg te voel, help ons om geestelik te groei
Tydens ’n onderhoud vra ’n predikant een van sy finale jaar katkisante of sy hom kan vertel hoe sy geloofsekerheid gekry het.  Sy vertel hom toe dat haar ma, vandat sy kan onthou, die skriba van die gemeente was en dat daar tye was, toe sy ‘n klein dogtertjie was, wat haar ma haar noodgedwonge moes saamvat werk toe, ‘kerk’ toe.  Sy onthou dat sy altyd haar pop en sommer nog ’n paar ander speelgoed saamgevat het en dan was haar lekkerste speel die speel in die kerkgebou self.  Sy het vertel hoe sy veral gereeld met haar pop in die liturgiese ruimte gespeel het. En dáár, op haar eie en met haar verbeelding, het sy die wonderlikste tye gehad.  Sy het vertel hoe sy van kleins af van Jesus geleer het en dat sy van vroeg af geweet het Hy is lief vir haar - en sy vir Hom. “Maar”, het sy verder vertel, “nou dat dominee my so direk vra van my pad van geloofsekerheid het hierdie tyd van my lewe nou weer hier in my gedagtes opgekom.  Ek besef nou dit was eintlik daar voor die kansel en tussen die kerkbanke waar ek vir die eerste keer geglo het. Want daar het ek altyd so veilig gevoel.  As ek bang was, het ek baie keer daar gaan wegkruip. En ek het altyd weer daar rustigheid gekry.  So ja, dominee, ek het geloofsekerheid as klein dogtertjie gekry, daar in die kerkgebou, op die trappies van die kansel, saam met my pop.”

6 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

7 Om in God se teenwoordigheid te kan skuil
Walter Brueggemann noem die Psalm ’n reoriëntasie Psalm. As sulks is dit ’n Psalm waarin die digter (hier as “Dawid” geïdentifiseer) na ’n tyd van onsekerheid (disoriëntasie) weer sekerheid beleef as gevolg van die optrede van God self. Die tipe Psalm word gekenmerk deur ’n besef dat dié nuwe sekerheid ’n gawe van God is. Psalm 27 bestaan uit twee dele: in die eerste deel (vers 1–6), sing Dawid ’n loflied oor God se trou; in die tweede deel bid hy tot God in ’n tyd van nood (vers 7-12) en spoor hy ander gelowiges aan om soos hy op God te vertrou (vers 13-14). Die eerste deel getuig van ’n diepgaande vertroue in God, terwyl die tweede ’n gebed tot God is. In die eerste vers beklemtoon Dawid die vertrouensverhouding tussen hom en God (Die Here is my lig en my redder en Die Here is my toevlug). Volgens Kraus het lig in die Ou Testament altyd ’n konnotasie van vreugde. Die twee stellings oor God vorm die uitgangspunt van die Psalm.  In verse 2 tot 6 gee Dawid voorbeelde van dinge waarvoor ’n mens behoort te vrees. Dit klink of hy iewers in Gauteng of in die Kaap bly (as misdadigers op my afstorm), tog bely hy hoe God Hom bewaar van sy vyande deur hulle te laat val; hom weg te steek in gevaar en hom op ’n rots te laat staan. Daarom is hy vir niks en niemand bang nie.  In vers 4 verwoord die digter sy begeerte om altyd in die teenwoordigheid van die Here te mag wees (sien ook vers 9a). Al wat Hy soek, is God se gasvryheid. In sy konteks verwoord hy dit as dat hy in die tempel by God teenwoordig wil wees (vers 4-6) soos wat Israel in die verlede in God se tent Hom kon beleef het (vers 5 meer letterlik vertaal). Daar sal hy hoog op ’n rots staan waar geen brander hom kan aanraak nie. Vanaf vers 7 tot 12 rig Dawid tien versoeke aan die Here wat sy behoefte om in God se teenwoordigheid te kan bly, artikuleer. Vyf hiervan is positief (Luister … na my; wees my genadig; verhoor my … ; leer my … ; en lei my …) en vyf weer negatief (Moet U … nie vir my verberg nie … ; (moet) my nie wegstuur … nie; … nie verstoot en verlaat nie; … nie oorgee … nie). Let op hoedat hy uitroep tot God om genade (vers 7). Dis nie ’n stilgebed nie, maar ’n diep versugting wat luid tot God gerig word. Hy maak ook drie stellings; twee oor sy trou aan die Here (Ek onthou wat U gesê het … ; Ek is hier om U te dien …) en een oor God se trou (Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem.). Dawid vermeld ook redes waarom hy tot God mag bid: want U was nog altyd my hulp en … U alleen is die God wat my red.

8 Vyande en teenstanders is realiteite vir gelowiges
Ons diepste vrees moet wees dat ons God se teenwoordigheid sal verbeur God kan in die middel van konflik beleef word God sal ons nooit verlaat nie Ons kan God nooit ‘verloor’ nie  Wat maak ons met Psalm 27? Kan ons dié Psalm nog bid en glo? Myns insiens kan ons die volgende na aanleiding van die Psalm verkondig. 1. Vyande en teenstanders is realiteite vir gelowiges. Dit sal altyd so wees. Gelowiges sal nie op aarde die haat van ander vryspring nie. Vra maar vir Jesus, Jakobus, Stefanus, Petrus en Paulus. 2. Ons diepste vrees moet egter nie wees dat ons motor gesteel sal word, of dat iemand ons sal aanval nie, maar dat ons God se teenwoordigheid sal verbeur in die lewe. Dis waarna Dawid/die digter smag (vers 4 & 9). Ons kan veilig in die wêreld wees, maar as ons God verloor het, is ons so goed soos Dood. 3. God kan nie net in Sy tempel nie, maar ook in die middel van konflik en vrees (verse 2-3) beleef word. Dikwels is dit eers in konflik dat ons na God roep. 4. Al struikel en val geen misdadiger nie, beteken dit nie dat ons deur God verlaat is nie. Wat kan hulle immers doen om ons van God weg te vat? Doodmaak? Selfs die dood neem ons nou eerder nader aan God as weg van Hom. Rom. 8:33 bevestig dit – daar is dinge wat ons van God wil skei (nie net van ons goeters nie), maar God self sal verhoed dat dit gebeur! 5. Ons kan dus banger wees om ons lewe te verloor, as om God in ons lewens te verloor.

9 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

10 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

11 “If there is any metaphor rising in movies that seems prophetic and timely, it is that of the “panic room”: a place where people retreat and try to wall themselves off from some terrible evil pursuing them.” Daar was ’n paar jaar gelede die spannende Jodie Foster fliek, “The Panic Room”. Dit het gegaan oor die kamer in haar huis waar sy veilig kon wegkruip van skelms totdat die polisie of wie ook al, haar kon red. Hierdie “panic rooms” het “bullet-proof” deure en “pickproof” slotte. In die lig hiervan sê die film kritikus, Jeffrey Overstreet: “If there is any metaphor rising in movies that seems prophetic and timely, it is that of the “panic room”: a place where people retreat and try to wall themselves off from some terrible evil pursuing them.”

12 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

13 Vrees is die mees algemene vyand waarmee ons sukkel
Vrees is die mees algemene vyand waarmee ons almal sukkel. Psalm 27 zoom daarop in.

14 Vrees laat ons die bobbejaan agter die bult haal
Ek is ’n aanhanger van die Peanuts-strokiesprent. In een van hulle stap Charlie Brown by die skool verpleegster se kantoor in. In strokie een sê hy: “Ek’s by die skool verpleegster.” Dan in strokie 2: “Sy gaan waarskynlik my temperatuur meet en in my keel kyk.” In die derde strokie is hy bekommerd: “Miskien gaan sy bloed trek... ek hoop nie sy trek bloed nie. Miskien weeg sy my net.” In die laaste strokie is Charlie vreesbevange: “As sy ’n operasie voorstel, sal ek skreeu!!” Baie van ons is soos ou Charlie Brown. Ons laat ons vrese die bobbejaan agter die berg gaan haal!

15 “Die werklikheid van Sy teenwoordigheid is veel groter as die werklikheid van die hel rondom ons...”
Betsie ten Boom het saam met haar suster Corrie hel belewe in Ravensbruck konsentrasiekamp. Sy is selfs later daar dood, maar sy het altyd vir haar suster gesê: “Ons moet vir almal vertel dat Jesus die enigste antwoord vir al ons vrese is. Omdat ons uit ervaring vir ander kan vertel dat Sy lig kragtiger is as die diepste donkerte. Die werklikheid van Sy teenwoordigheid is veel groter as die werklikheid van die hel rondom ons...” Dis presies wat Psalm 27 in vers 1 bely: “Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees”. (Die foto’s is van Corrie ten Boom en die vroue prisoniers van Ravensbruck)

16 “As ek darem nie geglo het nie...”
Die hoogtepunt van die Psalm is seker die belydenis in vers 13,14: “As ek darem nie geglo het nie...”

17 1. Hou aan God vas, selfs al is daar geen antwoord in sig nie
Dit kan van twee hoeke benader word: Hoek 1: Sommige Psalms sluit af met ’n versekerde antwoord of ’n lof uitbarsting vir die antwoord, maar hier hou hierdie Psalmdigter aan God vas en pleit by almal om dit ook te doen, al is daar nog geen antwoord in sig nie...

18 ‘Thin places’ – plekke waar ons God se nabyheid ervaar
Die Kelte het lank terug geglo dat jy na sekere plekke kon gaan om nader aan God te wees. Hierdie plekke het hulle “dun plekke” (thin places) genoem. Psalm 27 gaan oor sulke dun plekke waar menslike en Goddelike ontmoet in onbeskryflike pragtige nabyheid. As ek darem nie geglo het dat daar “dun plekke” is waar ek die goedheid van die Here sal sien nie.

19 “Waar het jy vandag vir God ontmoet?”
Dorothy Bass is iemand wat graag skrywe oor hierdie “dun plekke” (thin places). Sy vertel dat ons graag vir mekaar vra: “Hoe was jou dag?” Soms luister ons nie eers ordentlik na mekaar se antwoorde nie. Sy vertel dan van ’n ma wat van ’n ander hoek die vraag gevra het. Voor haar kinders gaan slaap, vra sy hierdie vraag: “Waar het jy vandag vir God ontmoet?” En hulle vertel haar een vir een: ’n onderwyser het my gehelp, daar was ’n daklose in die parkie, ek het ’n boom gesien wat oortrek was met bloeisels. Dan vertel sy hulle waar sy God ontmoet het. So gaan hulle saam ’n dun plek binne en beleef hulle hoe naby God aan hulle is . Probeer dit gerus en sien hoe jy ook sulke dun plekke ontdek waar God en jy naby aan mekaar is!

20 Here, ek weet die aarde is vol van hierdie dun plekke
Here, ek weet die aarde is vol van hierdie dun plekke. Maak my sensitief om U teenwoordigheid hier raak te sien Bid daagliks: Here, ek weet die aarde is vol van hierdie dun plekke, maak my sensitief om U teenwoordigheid hier raak te sien!

21 2. Moenie bang wees nie, want God beskerm ons 24/7
Hoek 2: Wat beteken so ’n belydenis soos vers 13 en 14? Baie van ons probleme en moeilikhede is bestuurbaar. Hulle het geen vernietigende mag behalwe wanneer ons deur ons vrees aan hulle mag gee nie. Daarom is daar 365 “Moenie bang wees nie”-tekste in die Bybel en hierdie Psalm sê jy hoef nie bang te wees. Die rede is God se 24/7 beskerming...

22 “I don't care for it. Take away the ocean and then what have you got?”
Ek het iewers gelees van die beroemde komediant, Groucho Marx (die ‘Marx Brothers’ het klassieke komedies gemaak), wat deur ’n Kaliforniese eiendomsagent oorreed is om na ’n pragtige seefront paleis van ’n huis te kom kyk. Die verkoopsman het vir Groucho die etlike uitstaande kenmerke van die plek gewys - die huis, perdestalle, tuine, ens. Groucho het geduldig agter hom aangeloop en hier en daar instemmend sy kop geknik, skynbaar beïndruk met alles. Uiteindelik het die agent vir Groucho op die terras uitgelei en hom die asemrowende uitsig op die Stille Oseaan gewys. “Nou wat dink jy daarvan?” vra die agent hom. Groucho se antwoord was, terwyl hy na die asemrowende uitsig gekyk het: “I don't care for it. Take away the ocean, and then what have you got?”. Groucho was sy gebruiklike snaakse self! Die waarheid is: jy kan nie die see wegneem nie! Dis die punt van Psalm 27 - jy kan nooit vir God uit die prentjie neem nie - Hy is die werklikheid waarmee ons altyd rekening moet hou!

23 Jy kan nie die see wegneem nie – net soos jy God nooit uit die prentjie kan neem nie
Die waarheid is: jy kan nie die see wegneem nie! Dis die punt van Psalm 27 - jy kan nooit vir God uit die prentjie neem nie - Hy is die werklikheid waarmee ons altyd rekening moet hou!

24 Location! Location! Location!
’n Gelowige het altyd die beste uitsig op God! Location! Location! Location! ’n Gelowige se ‘location’ verander nooit! Ons het altyd die beste uitsig op God. “As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van God sal sien in die land van die lewendes nie...! Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!”

25 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

26 Raak ’n oomblik stil en dink na oor die week wat verby is: waar in die week het jy God in mense of ervarings ontmoet? Waar het jy die week dun plekke gesien of beleef? Raak ’n oomblik stil en dink na oor die week wat verby is: waar in die week het jy God in mense of ervarings ontmoet? Waar het jy die week dun plekke gesien of beleef?

27 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

28 Daar is liefde waar die Heer teenwoordig is Daar is vrede as die Here
by ons woon Daar’s genesing en rus in Sy teenwoordigheid Heer, ek staan met my lewe voor U troon Flam 189 “Daar is liefde” Teks en Musiek: In the presence of the Lord; Gill Harrison; Vertaling: Jacques Louw © 2006 MAR Gospel Music Publishers Daar is liefde waar die Heer teenwoordig is Daar is vrede as die Here by ons woon Daar’s genesing en rus in Sy teenwoordigheid Heer, ek staan met my lewe voor U troon

29 Nuut op die rak Prys: R69.95 Die Kerkorde van die NG Kerk Bestel by:
Met reglemente, kerkordelike riglyne en funksionele besluite soos vasgestel deur die Algemene Sinode in Junie 2007 Bestel by: Prys: R69.95


Download ppt "Psalm 27 1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? 2 As misdadigers op my afstorm om my."

Similar presentations


Ads by Google