Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byMeike Schumacher Modified over 6 years ago
1
Hebreërs 13:1-8 en 15-16 1 As broers moet julle mekaar altyd liefhê. 2 Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves. 3 Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word. 4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom. 5 Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie. 6 Daarom kan ons met vertroue sê: Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen? 7 Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het. 8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. 15 Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ’n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.
2
Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God
3
Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
4
Familie-oomblik Roep twee kinders uit een gesin vorentoe en gee aan die een ’n sjokolade (bv ’n Bar-One of iets). Sê vir die een dat jy die sjokolade vir hom/haar gee, maar dat jy graag wil hê hy/sy ook ’n stukkie vir die boetie/sussie moet gee. Hy/sy kan egter self besluit hoe groot die stukkie moet wees. Sê vir die hom/haar dat s/hy met ’n mes ’n merkie moet maak voordat dit gedeel word, maar bevestig net weer dat dit regtig aan die een gegee is en dat s/hy die volste reg het om te besluit hoe groot die stukkie moet wees. Terwyl die kind dan nog besig is om te besluit hoe groot die stukkie moet wees, stop jy die aktiwiteit en sê dat jy nou besluit het om eerder die sjokolade aan die ander kind te gee. Gee dan dieselfde opdrag, maar die keer kan die ander een besluit hoe groot die stuk moet wees. Laat die ander een nou ’n strepie met die mes op die sjokolade maak en kyk hoe dit verskil van die eerste merkie. In vers 1 en vers 16 word daar gepraat van gasvryheid en mededeelsaamheid. Om regtig gasvry te wees, moet ons ons eers in die skoene van die ander kan indink, soos vers 3 sê. Dan sal ons heeltemal anders dink oor hoe mededeelsaam ons sal wees.
5
Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
6
Hoe moet ons leef? Hebreërs 13:1-8, 15-16 - "wees tevrede..."
Hoe moet ons, volgens die skrywer van die Hebreërbrief, teenoor ander leef? Hoofstuk 13 konkretiseer die Christelike lewenswandel waarvoor hoofstukke 1-12 gepleit het. Hoe moet ons dus leef?
7
1. Ons moet mekaar soos broers liefhê
Vers 1 - [Liefde] Ons moet mekaar liefhê soos broers. Dit bly die hart van die evangelie dat ons mekaar soos broers moet liefhê. Nie net in die algemeen nie, maar op ’n besondere manier: soos broers. In die antieke wêreld was die verhouding tussen broers voorgehou as die ideale verhouding. Mans was nader aan hulle broers as aan hulle vrouens. ’n Broer is gesien as een siel wat in twee liggame woon.
8
2. Ons moet gasvry wees Vers 2 - [Koinonia of gemeenskap] Ons moet gasvry wees. In die antieke wêreld was herberge min en moreel onder verdenking. Daarom was mense afhanklik van die sorg van ander vir hulle veiligheid. Om gasvry te wees, was om te bely dat almal – selfs die vreemdeling wat op pad is – deel is van dié wat ek moet versorg. Die skrywer verwys na Abraham (Gen 18:1–5) wat, sonder dat hy dit geweet het, engele as gaste gehuisves het.
9
3. Ons moet aan die gevangenes en die mishandeldes dink
Vers 3 - [Barmhartigheid] Ons moet aan die gevangenes en die mishandeldes dink. Die vreeslikste behandeling het gevangenes in die antieke wêreld te beurt geval. Hulle moes dikwels in myne werk, onder omstandighede wat hulle gesondheid gebreek het. Óf, indien hulle vir skuld opgesluit is, is hulle gemartel sodat hulle familie en vriende geld sou bymekaarmaak om hulle los te koop, deur hulle skuld te betaal namens hulle (vandaar die gelykenis in Matt 18 dat die ou in die tronk gegooi word en gemartel word, totdat sy skuld betaal word). Gevangenes was meestal vir kos en klere van besoekers afhanklik. In navolging van Jesus het die vroeë Christene ’n reputasie gehad dat hulle vir gevangenes omgegee het.
10
4. Ons moet getrou wees aan ons huweliksmaat
Vers 4 - [Getrouheid] Ons moet getrou wees aan ons huweliksbeloftes. Christene moet hulle tafels (kos) deel, maar nie hulle beddens nie!
11
5. Ons moet te vrede wees met dit wat ons het
Vers 5 - [Tevredenheid] Ons moenie geldgierig wees nie, maar tevrede wees met wat ons het. Letterlik sê die skrywer dat ons vry van ons liefde vir geld moet kom. Ons glo egter moeilik dat dit moontlik is. Niemand is immers tevrede met wat hy het nie! “Wat koop jy vir mense wat reeds alles het of dit self sou kon bekostig? Die verrassende antwoord? Niks. Jy koop eerder iets vir die armes.” Tony Campolo
12
6. Ons moet op God vertrou Vers [Geloof] Ons moet op God vertrou. Die skrywer haal hier Deut 31:6 en Jos 1:5 aan om ons daarvan te oortuig dat God ’n mens nooit in die steek laat nie. Dit word gevolg met ’n aanhaling uit Ps 118:6, waar die digter bely: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ’n mens aan my doen?” Ons moet glo dat God aan ons gee wat ons nodig het.
13
Aktiewe broederliefde
In vers 7 tot 8 (wat ’n nuwe gedagte-rigting inlei) herinner die skrywer van Hebreërs sy lesers aan hulle voorgangers (die gelowiges wat reeds dood is). Hulle is deel van die skare geloofshelde en hulle lewe van ontbering en getrouheid tot die einde toe, kan dien as voorbeeld van geloof vir die huidige geslag van gelowiges. Omdat Jesus nooit verander nie (vers 8), verander Sy verwagting ook nie van Sy navolgelinge nie. Daarom moet ons leef soos ons voorgangers. Vers Die verband tussen hierdie twee verse en die voorafgaande gedeelte wat oor offers gaan (vers 10-12), word gelê deur die laaste gedeelte van vers 16 wat ook oor offers handel. Watter soort lofoffers het die Here behae in? Dit bestaan eerstens uit “die vrug van die lippe” (soos in die Grieks) wat Jesus se Naam bely. Die lippe word dus gesien as ’n boom wat vrugte van lof dra. Hierdie vrug kan alleen gedra word aan ’n boom wat in die belydenis van die Naam van God staan. ’n Lofoffer beteken immers om God te erken vir wie Hy is en om dit teenoor Hom te bely. Dit bestaan tweedens egter nie net uit lofliedere nie (vers 15), maar ook uit mededeelsaamheid en die doen van dit wat goed is. Wat beteken dat Christene aktiewe broederliefde onder mekaar moet beoefen. Hiervan het vers 1 tot 6 praktiese riglyne en voorbeelde gegee.
14
Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons
15
Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
16
Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
17
Ons fokus op vers 15,16 Yakov Smirnoff – ’n Russiese komediant – het toe hy die VSA vir die eerste maal besoek het, nadat hy die ongelooflike klomp kits produkte gesien het wat in Amerika beskikbaar is, die volgende te sê gehad: “On my first shopping trip, I saw powdered milk – you just add water, and you get milk. Then I saw powdered orange juice – you just add water, and you get orange juice. And then I saw baby powder, and I thought to my self, ‘What a country!’ ”
18
Geloofsgroei is ’n lang pad
Ongelukkig dink baie mense so oor Christenskap – dat mense onmiddellik verander as hulle tot bekering kom. Ons gaan kerk toe asof ons Spar of Pick ‘n Pay besoek, ons soek “Christen-poeier” daar. Voeg net water by en volgelinge van Jesus word gebore. Wat ’n kerk! Daar bestaan nie so iets nie – geloofsgroei is ’n lang pad – daar is geen kitsoplossings nie!
19
The giving tree Daar is net een manier van groei! Wat is dit? Die wonderlike kinderstorie – The giving tree – van Shel Silverstein gaan ons help: Daar was ’n appelboom wat baie lief was vir ’n seuntjie. Die seuntjie het elke dag in die boom se takke en onder die boom se koelte gespeel. Die seun was lief vir die boom en die boom was gelukkig! Die seun het ouer geword en die boom was dikwels alleen. Op ’n dag het die seun vir die boom vertel dat hy geld nodig het. “Pluk my appels en verkoop dit!” was die boom se raad. Die seun het. Hy het eers na ’n lang tyd weer na die boom teruggekeer, want hy wou ’n huis hê. Toe stel die boom voor dat hy hom afkap en daarmee ’n huis bou! En die seun het! Uiteindelik toe die seun baie oud was, het hy weer daar ’n draai gemaak. Hy wou net rus en die boom se stomp was die ideale plek. Die boom was gelukkig, want hy het sy alles gegee! Die gee van offers gaan jou help om te groei en as jy onthou dat elkeen in die familie van God ’n priester is. Daar is offers wat uit Hebreërs 13:15, 16 kom.
20
Gee ’n lof- en dankoffer
Eerste offer: Gee ’n lof- en dankoffer Die Eerste offer kom uit Heb 13 :15 a. Gee ’n lof- en dankoffer. Daarmee vergeet ons van onsself en fokus geheel en al op ons God! Onthou ons loof God vir Wie Hy is en dank Hom vir wat Hy doen! Kan julle sien hoe GROOT en hoe GOED Hy vir ons is? Lofprysing is ’n kragtige offer – die priesters het verskeie veldslae gewen met lofprysing – dink maar aan die Jerigo-mure en die storie van Koning Josafat (2 Kron 20). Laat ons nou ’n lofoffer bring met die sing van ’n loflied (enige loflied wat in jou konteks sal pas. Flam 93 is ’n uitstekende voorbeeld).
21
God van krag U stem kom skeur die hemel soos weerlig in die nag
God van krag U stem kom skeur die hemel soos weerlig in die nag. U woorde vernietig elke twyfel en vrees, want U lewe. U lewe! FLAM 93 God van krag is opgeneem op die nuwe Flam CD ‘Roeping: Lof’ Besoek Flam se webwerf by God van krag U stem kom skeur die hemel soos weerlig in die nag. U woorde vernietig elke twyfel en vrees, want U lewe. U lewe!
22
Ek sal sing al huil die stormwinde, al dreun die vloed met mag
Ek sal sing al huil die stormwinde, al dreun die vloed met mag. 'n Ewige vlam van hoop brand diep in my, want U leef! U leef! U lewe! Ek sal sing al huil die stormwinde, al dreun die vloed met mag. 'n Ewige vlam van hoop brand diep in my, want U leef! U leef! U lewe!
23
Meer as wat ek kan dink of kan droom, kan U waar maak in my lewe
Meer as wat ek kan dink of kan droom, kan U waar maak in my lewe. U regeer oor my donkerste nag. Ek vertrou U, God van krag. my God van krag, ek vertrou, ek vertrou. U is my rots. Meer as wat ek kan dink of kan droom, kan U waar maak in my lewe. U regeer oor my donkerste nag. Ek vertrou U, God van krag. my God van krag, ek vertrou, ek vertrou. U is my rots.
24
Gee ’n getuienis-offer
Tweede offer: Gee ’n getuienis-offer
25
“Christians are not those who claim to have the truth
“Christians are not those who claim to have the truth. They are the ones who do the truth.” Anoniem “Christians are not those who claim to have the truth. They are the ones who do the truth.” Anoniem. Dis getuienis.
26
“Dam up the Detroit River, and baptize the entire plant.” Henry Ford
(Verduideliking van die agtergrond). Daar is ’n verhaal wat vertel word oor die beginjare van Henry Ford en die Ford-maatskappy: ’n Werker het oor jare gereedskap en ander motoronderdele by die fabriek “geleen”. Alhoewel dit teen die maatskappy se reëls was, het almal dit gedoen. En die bestuur het nooit iets daaraan gedoen nie. Eendag het die werker tot bekering gekom. Omdat hy nog nooit deel was van ’n kerk nie, is hy toe ook gedoop. Hy was ’n gelowige wat sy doop ernstig opgeneem het. En die dag ná sy doop, het hy al die “geleende” gereedskap en onderdele na die fabriek teruggeneem en dit aan die voorman oorhandig. Hy het sy hele storie vir hom vertel en hom om vergifnis gevra. Die voorman was so oorweldig deur die man se eerlikheid, dat hy vir Henry Ford, wat op daardie tydstip oorsee was, ’n telegram met die nuus gestuur het. Henry Ford het soos volg geantwoord: “Dam up the Detroit River, and baptize the entire plant.” Omdat ons Jesus volg, behoort ons anders te lewe... dis ons sterkste getuienis.
27
Gee ’n barmhartigheids-offer
Derde offer: Gee ’n barmhartigheids-offer Die Derde offer kom uit Heb 13:16a. Gee ’n barmhartigheidsoffer (goed doen).
28
“Evil is not driven out, but crowded out
“Evil is not driven out, but crowded out ... through the expulsive power of something good.” M L King Martin Luther King het mos gesê: “Evil is not driven out, but crowded out ... through the expulsive power of something good.”
29
“Om jammer te wees vir ’n mens in nood, is nie die kenmerk van ’n Christen nie, maar om daadwerklik te help, is wel” “Om jammer te wees vir ’n mens in nood, is nie die kenmerk van ’n Christen nie, maar om daadwerklik te help, is wel!”
30
Wanvoeding in SA! Armoede is ’n ernstige probleem in Suid Afrika. 41% van kinders tussen 1 en 5 jaar in SA, bereik slegs 90% van hulle potensiële lengte – weens wanvoeding! Daar is gemeenskappe waar byna die helfte van die kinders minder as 80% van hulle standaard liggaamsgewig weeg, waar tot 13,5% van kinders voor hul vyfde verjaarsdag sterf. Suid Afrika produseer genoeg kos om 6000 kal. per persoon beskikbaar te maak – ons het net regtig kal. nodig. Tog is daar ondervoeding, wanvoeding… Daar is broodgebrek in SA ! Die gee van lewensmiddele is nie “minder geestelik” nie! Dit openbaar Jesus as Seun van God.
31
“Moruti, volgende keer voor jy ’n Bybel bring, bring net eers ’n brood
Prophet Prophet se lied: “Moruti, volgende keer voor jy ’n Bybel bring, bring net eers ’n brood.”
32
“Geen mens kan op ’n leë maag tot bekering kom nie
“Geen mens kan op ’n leë maag tot bekering kom nie. Met brood in sy maag, ontdek hy die Brood wat in sy hart wil bly” Woodrow Wilson Woodrow Wilson sê: “Geen mens kan op ’n leë maag tot bekering kom nie. Met brood in sy maag, ontdek hy die Brood wat in sy hart wil bly.”
33
“Our lives are bread by which hungry men and women are to be fed
“Our lives are bread by which hungry men and women are to be fed. We are in the world like our Master, not to be ministered unto, but to minister, and give our lives!” Robert Speer “Our lives are bread by which hungry men and women are to be fed. We are in the world like our Master, not to be ministered unto, but to minister, and give our lives!” (Robert Speer). Goed doen, kan ook terug verwys na Hebreërs 13:2; dat jy ’n gasvryheidsoffer sal gee. Dis ons taak as gelowiges om vreemdelinge tuis te laat voel.
34
“People are strange when you're a stranger,
faces look ugly when you're alone. Women seem wicked when you're unwanted. Streets are uneven when you are down. When you're strange, faces come out of the rain, when you're strange. No one remembers your name, when you're strange, when you're strange.” The Doors, ’n “band” van die laat-60’s en vroeë 70’s, het ’n lied, “People Are Strange”, gehad. Die lied gaan oor die feit dat jy die vreemdeling is. Die woorde is: "People are strange when you're a stranger, faces look ugly when you're alone. Women seem wicked when you're unwanted. Streets are uneven when you are down. When you're strange, faces come out of the rain, when you're strange. No one remembers your name, when you're strange, when you're strange." In die kerk is almal welkom. In die kerk moet almal welkom wees.
35
For those who like to ride fast, we have fast horses.
For those who like to ride slow, we have slow horses. For those who are big, we have big horses. For those who are little, we have little horses. Robert Schuller vertel dat hy en sy familie op ’n keer gaan perdry het. By die perde plaas was die volgende bordjie opgesit: For those who like to ride fast, we have fast horses. For those who like to ride slow, we have slow horses. For those who are big, we have big horses. For those who are little, we have little horses. Res op volgende skyfie
36
For those who have never ridden horses before, we have horses
that have never been ridden” Res van aanhaling For those who have never ridden horses before, we have horses that have never been ridden. Daar is beperkings op verwelkomings, want ek dink nie onervare ruiters wil op onervare perde klim nie! By die kerk werk dit egter anders. Enigiemand kan maar inkom. Ons sal hom of haar wil versorg.
37
Gee ’n offer van mede-deelsaamheid
Laaste offer: Gee ’n offer van mede-deelsaamheid Die laaste offer kom uit Heb 13:16 b. Gee ’n offer van mededeelsaamheid. Letterlik staan hier: stort jou geld (en ander lewensmiddele) in die “fellowship”-fonds. Ons moet dit wat ons het, met ander deel. Want alles wat ons het, is God s’n.
38
“Where your pleasure is, there is your treasure;
where your treasure is, there is your heart; where your heart is, there is your happiness.” Augustinus “Where your pleasure is, there is your treasure; where your treasure is, there is your heart; where your heart is, there is your happiness.” (Augustinus).
39
There was a man, they called him mad;
The more he gave, the more he had Onbekend Jou dankoffer verraai nogal waar jou hart staan met God. There was a man, they called him mad; The more he gave, the more he had. Kom ons gee ons dankoffers aan die Here. Die Bybel het vandag vir ons ’n paar dinge op die tafel geplaas. Maar soos iemand tereg gesê het: “Sê die Bybel nie ons moet mekaar liefhê en om dit wat ons het, met ander te deel nie. Die Bybel? O, ja, die Bybel sê baie dinge, maar niemand dink tog daaraan om dit te doen!” Harriet Stove in Uncle Tom’s cabin. Wat gaan ons doen ?
40
Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig
41
Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.