Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Die deurlopende PP-agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Die deurlopende PP-agtergrond"— Presentation transcript:

1

2 Die deurlopende PP-agtergrond
Die deurlopende PP-agtergrond (die PowerPoint Background Image) Die deurlopende PP-agtergrond is hierdie week die pre-historiese dinosourus Barney, wat ons daaraan kom herinner dat ons nie net mekaar moet liefhê nie, maar dat ons ook vir nuwe en anderse mense ruimte in ons bediening moet maak.

3 Addisionele hulpmiddels en volledige preek- en PowerPoint is beskikbaar by www.nous.org.za

4 God versamel ons en ons is bly
Teks Markus 7:24-37 Markus 7:24-37

5 Markus 7:24-37 Die Siro-Fenisiese vrou (Matt 15:21–28)
24Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan weggegaan na die gebied van Tirus toe. Daar het Hy in ’n sekere huis tuis gegaan, en Hy wou nie hê dat iemand dit te wete moes kom nie. Tog kon Hy nie onopgemerk bly nie. 25’n Vrou wie se dogtertjie van ’n onrein gees besete was, het gou van Hom te hore gekom. Sy het gekom en voor sy voete neergeval. 26Hierdie vrou was ’n Griek wat in Siro-Fenisië gebore is. Sy het Hom gevra om die bose gees uit haar dogter uit te drywe. 27Maar Hy het vir haar gesê: “Wag dat die kinders eers klaar eet, want dit is nie mooi om die kinders se kos te vat en vir die hondjies te gooi nie.” 28Sy het Hom geantwoord: “Here, die hondjies eet darem onder die tafel die kindertjies se oorskiet.” 29Toe sê Hy vir haar: “Op grond van wat jy gesê het, kan jy maar huis toe gaan; die bose gees het al klaar uit jou dogter uitgegaan.” 30Toe sy by die huis kom, kry sy haar kindjie op die bed lê en die bose gees was al klaar uit haar uit. Jesus genees ’n doofstom man (Vgl Matt 15:29–31) 31Jesus is weer uit die gebied van Tirus weg en deur Sidon na die See van Galilea toe in die gebied van Dekapolis. 32Die mense bring toe ’n dowe man wat ook ’n spraakgebrek het na Hom toe en vra Hom om tog sy hand op hom te lê. 33Hy het hom eers eenkant toe gevat, weg van die mense af. Toe het Hy sy vingers in die man se ore gesteek en spoeg aan sy tong gesmeer. 34Daarna het Hy na die hemel toe opgekyk, gesug en vir hom gesê: “Effata!” Dit beteken: Gaan oop! 35Sy ore het dadelik oopgegaan, die belemmering van sy spraak het verdwyn, en hy het reg gepraat. 36Jesus het die mense belet om dit vir iemand anders te vertel, maar hoe meer Hy hulle belet het, hoe meer het hulle dit verkondig. 37Hulle is geweldig aangegryp en het gesê: “Alles wat Hy doen, is goed: die dowes laat Hy hoor en die stommes laat Hy praat.”

6 God versamel ons en ons is bly
Ons fokus op God Ons fokus op God

7 Ninety percent of the game is half mental
You need to be careful if you don’t know where you’re going because you might not get there Ninety percent of the game is half mental Nobody goes there anymore; it’s too crowded. Always go to other people’s funerals; otherwise they won’t go to yours. Cut my pizza into four pieces instead of eight. I can’t eat eight pieces. It ain’t over ‘til it’s over. Yogi Berra was die Amerikaanse bofbalspeler wat sulke “wyshede” kwytgeraak het waarin die voor die hand liggende goed net beklemtoon is. Hulle het sy sê-goed later “Yogi Berrisms” of “Yogiisms” gedoop. Hy het goed gesê soos: You need to be careful if you don’t know where you’re going because you might not get there. Ninety percent of the game is half mental. Nobody goes there anymore; it’s too crowded. Always go to other people’s funerals; otherwise they won’t go to yours. Cut my pizza into four pieces instead of eight. I can’t eat eight pieces. It ain’t over ‘til it’s over.

8 “We can observe a lot just by looking.”
En die een wat ons op ons teks kan toepas: “We can observe a lot just by looking.” Daar is inderdaad verskillende vlakke van sien. Of Yogi dit so bedoel het, is ons onseker van, maar in elk geval, ons kan bloot kyk na ’n toneel en dan die visuele by ons laat registreer, dus net dit wat ons voor ons sien, bv. dis berge met sneeu op. Of ons kan op so ’n manier daarna kyk: saam met hierdie sien, kom daar ’n verstaan. Dis berge, maar Wie het dit gemaak...? As die berge so groot is... hoe groot moet die Skepper daarvan wees? Natuurlik geld dit nie net vir ons sien nie, maar ook vir ons hoor!  Mag die Gees ons help om vanoggend die twee stories in Markus dieper te sien en te hoor. Kom ons luister die eerste ronde na die twee stories in Markus 7: Indien jy ’n ander vertaling wil gebruik, kan jy gerus die ‘Bybel vir Almal’ gebruik.

9 God versamel ons en ons is bly
Familie-oomblik Familie-oomblik

10 Gelowige woorde 29Toe sê Hy vir haar: “Op grond van wat jy gesê het, kan jy maar huis toe gaan; die bose gees het al klaar uit jou dogter uitgegaan.” Geloof deur woorde: Hulle sê die beste bemarking is: “word of mouth”. Ek sê vir jóú, wat dit weer vir iemand anders sê. Hoekom? Mense glo wat ander mense vir hulle sê. Jesus kom draai dit om deur te sê mense sê omdat hulle sekere goed glo. Kom ons speel ’n speletjie: Julle moet elke keer die antwoord vir my hardop sê: Watter een van ons provinsies het die meeste water? (Vrystaat) Watter tekkie is die beste, Nike of Adidas (hang af wat jy glo)? Watter land het die meeste ‘non-violent crime’, SA of Australië (Aus)? Watter motor is die beste Mercedes of BMW (hang af wat jy glo)? Op vrae 1+3 het jy uit kennis geantwoord, maar jou antwoorde op vrae het jou geloof oor tekkies en motors gewys. Jesus sê vir die vrou Hy kan haar geloof in haar antwoord sien. Wat sy gekies het om te glo, is duidelik in haar antwoord. Kan mense geloof in jou woorde en antwoorde sien? Sien mense dit in die woorde wat julle in julle familie gebruik as ons praat oor ons land of oor die ekonomie of oor julle skool of oor wat jy eendag gaan doen? Ouers: Jesus genees ’n siek dogtertjie oor ’n gelowige reaksie van ’n ma op ’n moeilike situasie. Miskien sal ons gelowige reaksies op moeilike situasies in ons lewe ook ons kinders genees. Wat ons sê, kan dikwels situasies verbeter en mense gesond maak.

11 God praat met ons Ons luister Luister na die Woord Ons luister

12 - Om met almal brood te breek -
Markus 7:24-37 - Om met almal brood te breek - Inleiding Markus 7:24-37 – Om met almal brood te breek Dit is belangrik om in ag te neem dat beide die verhale oor nie-Jode (die Griekse vrou in Tirus en die dowe in die gebied van Dekapolis), wat albei in heidense gebiede afspeel, volg op Jesus se herinterpretasie van wat mense onrein maak in die voorafgaande gedeelte (7:18-23).  Jesus se siening dat niks ekstern mense onrein kon maak nie, het naamlik kontak met heidene moontlik gemaak.  Vervolgens kon Jesus in die gebiede van Tirus en Dekapolis Sy bediening voortsit.  Dié kontak met heidene was egter nie Jesus se eerste nie.  In 3:8 het die inwoners van Tirus reeds vir Jesus in groot getalle kom opsoek en in 5:1-20 het Hy ’n besetene in die heidense gebied oos van die see van Galilea genees. Die twee verhale wil egter nie die indruk skep dat Jesus sy sending na die Jode nou agterweë gelaat het vir een na die heidennasies nie (sien veral vers 27).  Die eerste verhaal (’n eksorsisme) begin met Jesus wat in die geheim na ’n huis in die gebied van Tirus gaan (vers 24), terwyl die tweede (’n genesingswonder) begin met Jesus wat met ’n ompad na Dekapolis reis.  Volgens vers 24 wou Jesus dus met sy reis buite Galilea nie soseer ’n sending onder die heidene begin nie, as wat Hy vir ’n tyd alleen wou wees nie (vgl. 6:31-34).  Dit is dan ook moontlik om dié rede dat Jesus met sy terugreis ’n ompad geneem het (vers 31) omdat Hy die Joodse gebiede (spesifiek Galilea), waar Hy baie bekend was, wou vermy.  ’n Ander moontlikheid is dat Jesus die bedreiging van die Fariseërs en van Herodes Antipas vir ’n tyd lank wou vryspring deur buite hulle politieke en religieuse invloedsfere te beweeg. Uitleg Vers   Tirus was in Fenisië geleë, noord van Galilea aan die Middellandse see.  Dit was ’n heidense gebied wat volgens Josefus die geswore vyand van die Jode was.  Soos reeds vermeld, het inwoners van die gebied in 3:8 reeds na Jesus toe gekom, en was Hy dus onder hulle bekend.  Nou gaan Jesus egter vir die eerste keer na hulle toe. In Tirus word Jesus deur ’n Griekse vrou (wat in Siro-Fenisië gebore is) genader wat by Hom pleit (sy val op haar knieë voor Hom) dat Hy haar dogter moes bevry van ’n onrein gees (vers 25).  Soos in 1:35-36, 45; 2:1-3 en 6:31-34 kan Jesus dus nie incognito bly soos sy voorneme was nie (vers 24).  Die Griekse vrou se dogter was nie net onrein omdat sy ’n heiden was nie, maar ook omdat sy ’n onrein gees gehad het.  Geen Jood sou dus met haar kontak wou hê nie.  Haar ma se versoek om haar bevryding, was egter ’n redelike een waarvan ’n mens sou verwag dat Jesus aan gehoor sou gee.  Hy het immers reeds in 5:1-20 ’n heidense persoon van ’n onrein gees in ’n heidense gebied bevry.  Daarom is Jesus se onwilligheid om aan haar versoek te voldoen, onverwags (vers 27).  Al is Jesus se antwoord aan haar nie so kortaf soos in Matteus 15:21-28 nie, is dit nog steeds nie ’n diplomatieke een nie.  Hy noem die vrou immer in vers 27 per implikasie ’n waardelose hond (“kunariois” is ’n klein hondjie - wat ons ’n “skootsitter” sou noem).  In Joodse literatuur is honde in die reël as negatief en onrein beskou en was “hond” ’n skelnaam vir heidene.  Anders as die Jode wat “kinders” is, was sy volgens Jesus dus as ’n heiden, ’n hond gereken.  Die vrou gryp egter dié belediging aan tot haar voordeel deur te verklaar dat selfs die honde van die krummels wat van die tafel val iets kry om te eet.  Sy fokus nie op die deel van Jesus se uitspraak wat verklaar het dat die kinders eers versadig moet word nie, maar op Jesus se tipering van haar en haar dogter as honde.  Sy wys Jesus daarop dat honde dikwels van die krummels eet terwyl ’n fees aan die gang is.  Sy vra dus nie om ’n deel gelykstaande aan die van die Jode nie, maar wel dat Jesus nou reeds ’n klein stukkie genade aan haar dogter sou betoon.  Op literêre vlak is dit opvallend dat die woord vir brood (6:37, 38, 41, 44, 52; 7:2, 5, 27; 8:4, 5, 6) en om versadig te wees (6:42; 7:27; 8:4, 8) deurlopend sedert die eerste voedingswonder in die Markus-narratief voorkom.  Jesus verrig dus ’n hele reeks van voedingswonders wat mense versadig laat – in die fisiese sin, maar ook in die geestelike - soos die meisie met die demoon.  Daar is ook uitleggers wat daarop wys dat met die eerste voedingswonder is die Jode daar teenwoordig versadig (6:42), waarna diegene teenwoordig by die tweede (moontlik heidene as gevolg van die geografiese ligging van die wonder) op hulle beurt versadig word (8:4, 8).  Ander uitleggers sien die uitleg egter as te subtiel om Markus se bedoeling te gewees het. In reaksie op haar antwoord, gun Jesus haar haar wens.  Hy verdryf die demoon uit haar dogter sonder om haar eens te sien.  Jesus “verloor” dus die woordewisseling met die vrou.  In alle waarskynlikheid het Markus Jesus se woorde aan haar oor die hondjies as ironies gesien – ’n uitnodiging tot gesprek – in die lig van Sy voorafgaande weergawe van Jesus se verstaan van reinheid en Sy bestaande bediening aan heidene. Vers   Ná die insident in die gebied van Tirus, het Jesus noordwaarts na Sidon toe gegaan en van daar oos en dan suid na die See van Galilea toe en by name na die oostekant daarvan, na die gebied van Dekapolis (vgl. 5:20).  Jesus se strategie om vir ’n tyd alleen te wees deur die ompad te neem, werk egter nie.  In die gebied van Dekapolis – wat ook grootliks ’n heidense gebied was - is ’n dowe man na Hom toe gebring wat ook moeilik praat (vers 32).  Hy was dus nie doof gebore nie, want dan sou hy glad nie kon praat nie.  Anders as met die Griekse vrou, reageer Jesus hier onmiddellik positief op die mense se versoek dat Hy sy hande op die man sou lê.  Hy vat die man eenkant toe, kyk op na die hemel (as simbool van die hemelse oorsprong van Sy gesag om te kan genees), sug (wat as ’n teken van ernstige gebed gesien is) en steek Sy vingers in die man se ore en smeer spoeg aan sy tong.  Daarna roep Hy in Aramees uit: Effata! wat “gaan oop” beteken.  Onmiddellik gebeur dit ook – die man se ore gaan oop en hy kan reg praat (vers 33-35).  Dié genesing vervul die woorde van Jesaja 35:5 (”Blindes sal kan sien, dowes sal kan hoor”) en bevestig só Jesus se aanspraak om die Messias te wees. Hierop belet Jesus die mense om daarvan te praat (vgl. 1:44), maar hulle ignoreer Hom en verkondig dit oral.  Hulle was so aangegryp dat hulle loop en verkondig dat alles wat Hy doen, goed is (vers 37).  In 5:19-20, met Jesus se vorige genesing in die gebied, is dit interessant om daarop te let dat Hy nie die geneesde opdrag gegee het om daaroor te swyg nie.  Dalk het Jesus nou ook in die gebied so bekend geraak, dat Hy privaatheid gesoek het. [] Dit is opvallend dat die genesing nie in Matteus óf Lukas voorkom nie.  Moontlik was hulle ongemaklik met die aspekte daarvan (die gebruik van spoeg) wat ooreenkomste getoon het met die praktyke van geneeshere, in die tyd van Jesus, wat deur middel van towerkuns gepoog het om mense te genees. Bronne geraadpleeg Lane, W L Mark (NICNT) Collins, A Mark (Hermeneia) France, R T The Gospel of Mark (NIGTC) Evans, C A Mark 8:27-16:20 (Word) Groenewald, EP Die Evangelie volgens Markus

13 Luister weer na die Woord
God praat met ons Ons luister Luister weer na die Woord Luister weer na die Woord

14 Hoe mal is/raak jy oor Barney?
“Hoe voel jy oor Barney?” Daardie pers, groot, singende, prehistories (of eerder prehisteriese!) dinosourus oor wie klein kinders al sedert die vroeë 90-tigs gek is en wat ouers van gekheid teen die mure wil uitdryf! (Jy kan ook die Veggie Tales, ens noem waaroor klein kinders oor mal is, maar ouers...). Gewoonlik is dit ’n tiener-ding waar ouers soms mal gemaak word deur teen-idols, maar Barney en soortgelyke programme laat ouers vinniger op dié stasie klim. Alhoewel ouers en volwassenes Barney se boodskappe van liefde, deel, omgee en samewerking goedkeur, bereik jy vinnig jou toleransie vlakke met hierdie prehisteriese, plomp, pers, singende dino. Veral sy liedjie waarmee hy sy “show” afsluit, raak na ’n tyd net te veel – alhoewel niemand teen die boodskap van die liedjie is nie (dis immers wat ons ons kinders orals leer): I love you, you love me, We’re a happy family With a great big hug and a kiss from me to you Won’t you say you love me too? Barney spreek kinders al lankal aan! Maar wat aan Barney spreek klein kinders so aan? Kinders reageer op liefdevolle aandag! Wanneer klein kindertjies na Barney kyk, weet hulle sonder dat dit aan hulle vertel hoef te word dat al die kreatiewe energie, verspotte liedjies en aktiwiteite op die skerm heeltemal op hulle GERIG is! Kinders (wie hulle is en waar hulle is) is die MIDDELPUNT van Barney se aandag!

15 “No matter how much Barney ‘bugs’ us as adults, we must admit that in achieving the goal of reaching and riveting little children with his messages and ideas, Barney has DONE WELL.” Soos die bekende Leonard Sweet dit skitterend stel: “No matter how much Barney ‘bugs’ us as adults, we must admit that in achieving the goal of reaching and riveting little children with his messages and ideas, Barney has DONE WELL.”

16 Die Barney-beginsel Om GOED TE DOEN in enige taak, moet ons bewus wees van én sensitief wees vir die behoeftes van daardie persone wat ons wil bereik en betrek Leonard Sweet het op grond hiervan die Barney Beginsel op die tafel geplaas. Die Barney Beginsel is: OM GOED TE DOEN in enige taak, moet ons bewus wees van én sensitief wees vir die behoeftes van daardie persone wat ons wil bereik en betrek.

17 Jesus was ’n Meester van die Barney-beginsel
Ons weet Jesus het hierdie beginsel meegeleef - dat mense van Hom in Markus 7:37 gesê het: “Alles wat Hy doen, is goed.” Jesus was dus ’n meester van die Barney-beginsel en hierdie twee stories vandag is ’n perfekte illustrasie daarvan! Ons as kerk kan gerus hierdie beginsel omarm en uitleef as ons as Jesus-volgelinge die impak wil hê wat ons Meester gehad het en steeds het.

18 1. Hy het na die hemel opgekyk…
Maar hierdie storie van die doofstom man gaan ons leidrade gee om die Barney-beginsel te snap en ons eie te maak! 1. “Daarna het Hy na die hemel opgekyk” (vs 34). Dit sê alles van Jesus en ook as Sy volgelinge - dié verhouding met God die Vader is ons kragbron - is waar die Barney-beginsel begin.

19 “Unless there is within us that which is above us, we shall soon yield to that which is around us”
Peter T. Forsyth het ’n ongelooflike diep ding gesê: “Unless there is within us that which is above us, we shall soon yield to that which is around us.” Dit gaan oor God...

20 2. Hy het gesug… 2. Hy het gesug (vs 34) Die woorde vertel van die Barney-beginsel: OM GOED TE DOEN in enige taak, moet ons bewus wees van én sensitief wees vir die behoeftes van daardie persone wat ons wil bereik en betrek. Sy sug was ’n saamvoel met die doofstom persoon... dis waar ons as Sy volgelinge ook moet wees.

21 “I’ve been looking for her ever since I made it difficult for her to believe that God, whom she hadn’t seen, loved her, when the priest, whom she had seen, did not.” Maar dikwels is ons soos Brennan Manning, die bekende skrywer. Hy vertel van ’n insident wat by hom spook. Dit was nog in die dae toe hy ’n katolieke priester was en invloedryke, ryk vriende hom genooi het om na ’n Broadway show daar in New York te gaan kyk. Hy het die kans met albei hande aangegryp. Gedurende die pouse het hulle op die sypaadjie gestaan en gesels en mekaar probeer beïndruk met hulle kennis van die teater. ’n Daklose vrou wat koerante verkoop het, het hom genader en sonder om sy gesprek te onderbreek, het hy ’n muntstuk uit sy sak gehaal en vir haar gegee. Sy het hom sy koerant aangebied, maar hy het haar weggewys. Die vrou het aan sy priesters boordjie opgemerk dat hy ’n priester is. Sy het saggies met hom begin praat: “Father, could I talk to you for a moment?” Manning vertel dat hy kwaai na haar gedraai het en vir haar gesê: “Can’t you see I’m talking with someone? Do you make it a habit of interrupting people? No wonder you’re in the condition you’re in. Wait over by the wall, and I’ll be there when I’m finished.” Die vrou het geretireer en saggies hakkelend vir Manning, wat toe al weer sy vriende in die gesig gestaar het, gesê : “Jesus would not have talked to Mary Magdalene that way.” In die oomblik wat die woorde by Manning ingesak het en hy kon terugdraai na haar, was sy weg! Hy het naarstiglik gesoek na haar, maar kon haar nie weer kry nie. In sy kommentaar op hierdie storie merk hy later op. “I’ve been looking for her ever since, I made it difficult for her to believe that God, whom she hadn’t seen, loved her, when the priest, whom she had seen, did not.” Ons vertaling van ’n ‘homeless woman’.

22 3. “Effata! Gaan oop!” 3. Die volgende belangrike punt om regtig hierdie Barney beginsel te omarm, is miskien waar alles vir ons almal moet begin, omdat ons so vasgevang is in ons maniertjies van doen en dink dat ons ook nodig het dat Jesus vir ons sê: “Effata! Gaan oop!”

23 “Your mind is like a parachute. It only works if its open!”
Soos ’n bekende aanhaling dit graag onderstreep: “Your mind is like a parachute. It only works if its open!”

24 Hoe oop is ons vir die nuwe en die anderse?
Hoe oop is ons vir die nuwe en anderse? As ons goed wil doen met die Barney-beginsel en mense wil bereik en betrek soos Jesus gemaak het, sal van die goed wat die kerk doen, nie altyd in jou smaak, genot, of voorkeure val nie.

25 Hoe weet mens ons gemeente doen goed met ons kinder- en jeugbediening?
Leonard Sweet het ’n paar interessante vrae gestel om die Barney-beginsel in ons gemeentes te toets, met ander woorde om uit te vind hoe oop is ons verstand vir die anderse en die nuwe: Hoe weet julle julle doen goed met julle Kinderbediening? Die Barney-beginsel sê dat jy weet jy jou bediening met kinders is besig om hulle te betrek en bereik, as daar goed is wat julle as volwassenes teen die mure uitdryf. (Dinge is bietjie morsig, raserig...) Hoe weet julle julle doen goed met julle jeugbediening? Die Barney-beginsel sê julle jeugbediening is effektief as van die dinge wat hulle doen, sing, ens vir julle as volwassenes soos die klank van naels is wat op ’n swartbord krap! So kan ’n mens dit op ander bedieninge ook toepas...

26 Jy hoef nie van alles te hou nie…
Soos Leonard Sweet dit baie skerp stel: “We don't all have to like everything that our church does: Every activity it plans, Every workshop it offers, Every retreat it sponsors, Every sermon that is preached, Every song that is sung, Every guest speaker brought in, Every concert put on, Every policy presented. Indeed, if everything that goes on in your church is pleasing to you, then you and people exactly like you are the only people your church is reaching. What matters is that all your church does is done for Christ's sake and is “done well.”

27 “Wil jy graag hê dat die gemeente nog teen 2025 moet bestaan - bruis met lewe?”
Kerk-analis Herb Miller stel ’n belangrike vraag: “Wil jy graag hê dat die gemeente nog teen 2025 moet bestaan - bruis met lewe?” As ons antwoord ja is, dan stel hy voor dat ons oop moet wees vir die nuwe en die anderse. Nie net vir nuwe en anderse MANIERE van doen nie, maar ook vir nuwe en anderse MENSE!

28 Laat Mev O’Leary van die bus afklim!
Iemand vertel van ’n prof wat baie predikante in Amerika in prediking opgelei het, dat hy altyd vir hulle vertel het dat ’n titel van ’n preek alles is. Dan het hy altyd dieselfde voorbeeld tot vervelens toe gebruik van Mev O’Leary wat elke Sondag op die New Yorkse bus ry op soek na ’n kerk wat sy kan bywoon en die titel van die preek op die kennisgewingbord gaan haar laat stop en afklim of laat aanry. Sy woorde was, kies ’n titel wat Mev O’Leary van die bus sal laat afklim. Daarom moes studente altyd eers die titel van die preek hardop sê voordat hulle hulle klas preek kon begin. Eendag het een van die een van die studente met Mev O’Leary in gedagte aankondig dat sy preek se titel vanoggend is: “Daar is ’n bom op die bus!” Hierdie Barney-beginsel waarmee die teks ons vanoggend konfronteer, is soos ’n bom op die bus van die kerk om ons te laat afklim van die roete waarop ons is, op die spoor van Jesus, of dis koebaai met 2025!

29 “Jy hoef nie dieselfde te dink om dieselfde lief te hê nie.”
Daar is ’n aanhaling op ’n New Yorkse kerk naby aan Broadway wat so lui: “Jy hoef nie dieselfde te dink om dieselfde lief te hê nie.”

30 “Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.”
Miskien som die volgende Jesus-woorde die Barney-beginsel die beste op: “Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.”

31 “What matters is that all your church does, is done for Christ’s sake and is ‘DONE WELL’.”

32 FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by www.flam.co.za
Lied FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by By kan jy na demonstrasie-snitte luister van die bladmusiek. Sommige liedere is ook aflaaibaar in mp3-formaat.

33 Kliek op die hyperlink om na ’n demonstrasie-snit van die lied te luister. Jy kan ook ’n mp3 en bladmusiek van die lied hier aflaai. F167. Wees Bly (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Diens en Getuienis / Wegsending) Oorspronklike titel: Rejoice! Teks en Musiek: Graham Kendrick © 1983 Kingsway's Thankyou Music Refrein: Wees bly, want Hy, Koning Jesus, die Hoop, die Vrede, woon in ons! Hy leef! Hy leef! Sy Gees is in ons! Staan op! Staan op! Gemeente, juig: Hy regeer ! 1. Die tyd het aangebreek, bou aan Sy Koninkryk. Die oes is groot, maar die arbeiders is min. Hy kom in majesteit, bring die oorwinning in die stryd Almal moet sien dat Hy regeer! 2. Jesus werk in ons, Hy volvoer deur ons sy plan. Hy bou sy ryk, nie van woorde maar van krag! Selfs die onmoontlike, dit doen Hy met sy wondermag Almal moet sien Hy is die Heer 3. Al is ons swak, deur sy genade is ons sterk Ons is soos klei, en Hy vorm ons na sy beeld Juis as ons swak is, weet ons sy Naam word deur ons geëer Dan sien die wêreld Hy is Heer!

34 Omdat ons lank vooruit werk aan die PP, kry ons dikwels nader aan die Sondag nog waardevolle idees en voorstelle. Ons het egter geen manier om jou te laat weet as ons nie jou e-posadres het nie. Indien jy op ons poslys wil wees, stuur vir ons ’n e-pos na met die woord ‘Nous E-poslys’ in die ‘Subject’-lyn. Jy kan ook aansluit by ons Facebook-groep ‘Nous – Common sense wysheid’ of volg ons op Twitter @NousWisdom.

35 Addisionele hulpmiddels en volledige preek- en PowerPoint is beskikbaar by

36 ’n Slide waarmee jy absoluut niks kan maak nie – maar ons hoop dit laat jou so effe glimlag!

37 Volgende week: Mark 8:27-38 Volgende week: Mark 8:27-38


Download ppt "Die deurlopende PP-agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google