Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
God se genadeteken vir sy genadekind
Kinderdoop God se genadeteken vir sy genadekind Dr Hennie van Wyk
2
Beplanning Verlossing – hoe? Verbond: drie dimensies
Doop: hoeveel dope? Hoekom is Jesus as volwassene gedoop? Matteus 3:14, 15 Numeri 8 Hoe moet daar gedoop word?
3
Verlossing – Hoe? Kultegroepe: die organisasie verlos Remonstrante:
Christus plus ‘n menselike inset. Gereformeerd: Christus alleen.
4
Verbond: drie dimensies
Genesis 17:7 - “Ek bring ‘n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is ‘n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag. Verlede Voor Christus Hede Jeremia 31:33 / Hebreërs 8:10: Dít is nou die verbond wat Ek met Israel na daardie dae sal sluit, sê die Here: Ek sal hulle my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek dit skrywe; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees. Na Christus Toekoms Openbaring 21: 6, 7 - “Dit het klaar gebeur Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees. Na Wederkoms Let op: Ek sal vir jou ‘n God wees, jy sal vir my ‘n kind wees kom in al drie bedelings voor. Dit dui dus op die INHOUD van die verbond.
5
Ou- en/of Nuwe Verbond? (1)
Möller: die ou verbond eindig aan die kruis as Jesus sterf Daar is eksegeties geen onderskeid tussen ZI¦X¥d en diayhkh nie Hebreërs 8:13: Deur van ‘n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar, en wat oud word en uitgedien raak, sal gou verdwyn. Onthou: Daar was geen hoofstukindeling toe Hebreërs geskryf is nie – dus moet gekyk word na die inhoud van hoofstuk 9: wat het “oud” geword? Hoofstuk 9: die einde van die tempelgebruike rondom die bloed- en offer rituele: aardse afbeeldings van die offer wat Christus moes bring en gebring het.
6
Ou- en/of Nuwe Verbond? (2)
Genesis 17:7 “Ek bring ‘n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is ‘n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag. (83-vertaling) En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. (53-vertaling)
7
Ou- en/of Nuwe Verbond? (3)
In al die woordeboeke is dit duidelik dat hierdie woord ’n tydsaanduiding is, maar nie tyd wat eindig nie. 05956 Mle ‘alam aw-lam’ a primitive root; TWOT-1629; v AV-hide 22, blind 1, dissemblers 1, hidden 1, secret 1, secret thing 1, any ways 1; 28 1) to conceal, hide, be hidden, be concealed, be secret 1a) (Qal) secret (participle) 1b) (Niphal) 1b1) to be concealed 1b2) concealed, dissembler (participle) 1c) (Hiphil) to conceal, hide 1d) (Hithpael) to hide oneself Dit is die enigste woord wat ook die ewigheid van God aandui (soos byvoorbeeld Genesis 21:33) Daar is dus GEEN bewys dat die verbond ooit sou eindig nie
8
Hoeveel verbonde? Slegs een. Ek sal vir jou ‘n God wees, en jy sal vir my ‘n kind wees. Dit bestaan wel in drie tydperke, naamlik vóór en ná Christus se dood en opstanding, en na die wederkoms “Ou verbond” bevat elemente wat nie deel van die “nuwe verbond” kan wees nie, naamlik die dele wat te doene het met die offerdiens, omdat Christus klaar geoffer is
9
Een verbond, twee tekens
Genesis 17: 10, 11 - Dit is my verbond wat moet geld vir jou en jou nageslag: elke lid van die manlike geslag onder julle moet besny word. Julle moet besny word aan die voorhuid. Dit is die verbondsteken tussen My en julle Ou Testament Hand. 2:38, 39 - Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.” Nuwe Testament Hebreërs 10:18 – 20a - Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie. Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op ‘n weg wat nuut is en na die lewe lei. Die bloed van die offerande het die dood beteken! Christus is begrawe. Moet ons nog vashou aan dood en begrafnis? Dus: Bloedteken is nie meer nodig nie – Christus se bloed het gevloei. Daarom die waterteken.
10
Ouderdom? Abraham – 99 jaar Ismael – 13 jaar
Instelling van besnydenis Abraham – 99 jaar Ismael – 13 jaar Bepaling van besnydenis Isak – 8 dae (soos elke latere Jood) Besnydenis Totaal broos en kan geen inset lewer nie – dan maak God Hom vas aan die kind. Waarom 8 dae? Let op: eers teken van verbond, dan geloof, ontvang die volle belofte Instelling van die doop Volwassenes word gedoop GEEN aanduiding of kinders gedoop is of nie. GEEN voorskrif oor ouderdom nie. Waarom nie? Dieselfde verbond met sy beloftes, die inhoud is dieselfde. Hoekom iets herhaal wat almal reeds weet? Doop Daarom: eers teken van verbond, dan geloof, ontvang die volle belofte
11
Waarom is Jesus as volwassene gedoop?
Matteus 3:14 - Maar Johannes het dit probeer verhinder deur te sê: “Ek moet eintlik deur U gedoop word en U kom na my toe?” Waarom weier Johannes aanvanklik? Vers 2: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Vers 6: Hulle het hulle sondes bely en hulle deur hom in die Jordaanrivier laat doop Vers 11: Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar Hy wat ná my kom, is my meerdere, en ek is nie eers werd om sy skoene uit te trek nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. Jesus het nie sonde nie – en kan nie dáárom gedoop word nie!
12
Waarom is Jesus as volwassene gedoop?
Matteus 3:15 Jesus het hom geantwoord: “Nogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen.” Daarna het Johannes ingestem. (83-vertaling) Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. (53-vertaling) Hoe verklaar ons Geregtigheid vervul / wil van God voldoen?
13
Waarom is Jesus as volwassene gedoop?
Matteus 3:15 Jesus het hom geantwoord: “Nogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen.” Daarna het Johannes ingestem. (83-vertaling) Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. (53-vertaling) Hoe verklaar ons Geregtigheid vervul / wil van God voldoen? John Gill (baptis) Christ having strongly urged the conveniency and equity of the administration of baptism to him, ... Barnes: There was no particular precept in the Old Testament requiring this, ..., for God publicly to declare his approbation of him, and his solemn appointment to the office of Messiah.
14
Waarom is Jesus as volwassene gedoop?
Matteus 3:15 Jesus het hom geantwoord: “Nogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen.” Daarna het Johannes ingestem. (83-vertaling) Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. (53-vertaling) Hoe verklaar ons Geregtigheid vervul / wil van God voldoen? Calvyn: Geen verklaring nie! Hendriksen: Koppel dit wel aan die nakom van die wet. Sien dit as sterk dat die doop teken is van die afwassing van sondes Grosheide: Die doop is vir Jesus nie noodsaaklik nie, maar deel van sy aanvaarde taak Steeds geen antwoord! Wat is die geregtigheid?
15
Numeri 8 6 Sonder die Leviete van die res van die Israeliete af en reinig hulle. 7 Jy moet hulle soos volg reinig: sprinkel reinigingswater oor hulle en laat hulle hulle hele liggaam kaalskeer en hulle klere was. So moet hulle hulleself reinig. 18 Die Leviete het Ek toe in die plek van Israel se eersgebore seuns geneem 24 Wat die Leviete betref, hulle moet vyf en twintig jaar of ouer wees voordat hulle hulle ampsplig in die tent van ontmoeting kan kom vervul Onthou: Toe Jesus met sy werk begin het, was Hy omtrent dertig jaar oud (Lukas 3:23)
16
Waarom is Christus gedoop?
Om die wet te vervul. Nie as teken van eie sonde of bekering nie. Hoewel Hy nie ‘n Leviet was nie, het Hy as eersgeborene sy Hoëpriesterlike werk kom doen. Om Priesterlike werk te doen moet Hy die tekens van reiniging ondergaan. Die fariseërs erken Hom as Priester deur Hom aan te spreek as “Rabbi” Christus is dus nie gedoop met dieselfde doop as die sondaar nie – want Hy het nie sonde gehad om af te was nie
17
Onderdompel / Besprinkel (1)
Baptizw klassieke Grieks: indompel NT Grieks: 80 keer waarvan 76 keer as seremoniële handeling. Beteken dit dat die inhoud van die woord die wyse van doop impliseer? Kyk na die gebruik van ander klassieke Grieks woorde, byvoorbeeld: In die klassieke Grieks het die betekenis nooit die element van “berou” nie metanoia Metanoia – Klassiek: Brown, C. Dictionary of NT Theology. Vol. 1 p357 Matteus 3! Totale gesindheidsverandering met berou en belydenis Gevolgtrekking: ‘n Mens kan nie uit die Klassieke Grieks die afleiding maak wat die woord in NT Grieks moet beteken nie
18
Onderdompel / Besprinkel (2)
Möller en Smith le Roux erken die doop is begrafnis en reiniging Möller en Smith le Roux reken die doop-metode moet begrafnis uitbeeld Romeine 6:4 Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei.
19
Onderdompel / Besprinkel (3)
20
Onderdompel / Besprinkel (4)
Waar die metode van doop onderdompeling is, dui dit op dood en begrafnis aan die een kant, en lewe en opstanding aan die ander kant. Ons kan hierdie beeld gebruik Watter beeld van ‘n graf het Paulus en sy lesers gehad toe hy Romeine 6:4 geskryf het? Opstanding Begrafnis Maar
21
Romeinse katakombes
22
Onderdompel / Besprinkel (5)
Wat is die beeld wat Paulus en sy lesers sien as hulle die woord “begrafnis” hoor? Begrafnis – gaan in die graf Opstanding – gaan uit die graf Dus: die beeld van “begrawe” as wyse van doop kan nie indompeling beteken nie!
23
Onderdompel / Besprinkel (6)
Nêrens in die reinigings-rituele is daar ooit van onderdompeling gebruik gemaak nie Reinigings-rituele is óf met water óf met bloed gedoen. 1 Petrus 1:2 Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!
24
Opsomming Indien die eenheid van die Skrif gehandhaaf word, moet ‘n mens besef dat God EEN verbond met die mens gesluit het, met twee tekens: bloed (voor Christus se sterwe en opstanding) en water. Water reinig – en word nie geassosieer met begrafnis nie Die verbond is 100% inset van God – die mens kan geen bydrae maak nie. God het ‘n doel met die besnydenis op 8 dae – dit beklemtoon dat die mens GEEN inset kan hê nie – jy is uit genade alleen gered Dieselfde geld vir die kind van die Nuwe Testament: hy ontvang die teken van die afwas van sy sonde voor hy enige inset kan lewer
25
Opsomming Christus is op grond van die wetsvervulling van Numeri 8 nie onderdompel nie, maar wel besprinkel. Christus is dus met ’n ander doop gedoop as die bekeringsdoop of volwassedoop – Hy het Hom nie bekeer of sonde gehad nie. Die mens kan dus nie die voorbeeld van Christus volg in die doop nie – dit is ’n ander doop. Die wyse van doop kan nie vergelyk word met die afsak van ’n kis nie – dis ’n valse beeld. God en God alleen verlos sonder enige hulp of bydrae van die mens
26
Die kinderdoop is die genadige God se genadeteken vir Sy genadekind!
27
Persoonlike besonderhede
Ek is predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, en bedien tans die gemeentes Bloemhof en Christiana Ek kan gekontak word via e-pos by Die Powerpoint is beskikbaar by Ek het my Th.M gedoen oor Die kinderdoop in gedrang. ’n Gereformeerde Apologetiese beoordeling van die siening van FP Möller My Ph.D se titel was: God se verlossende wil: ’n Dogmaties-Apologetiese studie met verwysing na die Mormoonse verlossingsleer. © 2016
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.