Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Handelinge 1:1-11 PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Handelinge 1:1-11 PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 Handelinge 1:1-11 PowerPoint agtergrond
Agtergrond bekom met Google advanced search, kopiereg uitgeskakel. Geknip met Picasa III. Dit is beskikbaar by Handelinge 1:1-11

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Lied 166 Kom, Heil’ge Gees of VONKK 27 Kom En Lei My, Skepper-Gees Votum Soos ‘n blom na die son draai; Soos riviere na die see loop; Soos ‘n boom na die hemel opreik; Soos skape agter hulle herder aanloop – So rig ons ons hart op die Here. Rig julle hart op die opgestane Here! (Uit Cas Wepener se “Soos ‘n blom na die son draai”, Bybel-Media) Seëngroet (op grond van Nicea) V: Genade en vrede van een Skepper-God G: van alle sienlike en onsienlike dinge. V: Genade en vrede van een Here, Jesus Christus, Lig uit Lig, G: wat sit aan die regterhand van die Vader. V: Genade en vrede van die Heilige Gees, G: wat ons Here en Lewendmaker is. A: Amen. Lofsang Lied 425 Kyk die Heer het opgestaan VONKK 96 Wees Bly En Loof Die Heer Flam 9 Ons Redding Kom Van Ons God [Bekend: Salvation belongs to our God] [Aangesien hierdie ‘n biduur is, is hier nie ander liturgiese elemente nie. As jy ‘n meer uitgebreide liturgie wil gebruik, oorweeg om die Verootmoediging en Genadeverkondiging in aansluiting met die doop – en by die doopvont – te doen. Vir die Geloofsbelydenis kan jy kyk na Nicea of ‘n gedeelte van Blydenuus van Geloof) God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Handelinge 1:1-11 Familie-oomblik Preek God praat met ons en ons luister

4 Handelinge 1:1-11 Fokusteks: Handelinge 1:1-11
Die belofte van die Heilige Gees 1 My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af 2tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het. 3Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat. 4Terwyl Hy 'n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: "Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. 5Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne 'n paar dae met die Heilige Gees gedoop word." 6Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: "Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?" 7Hy het hulle geantwoord: "Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. 8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld." Jesus se hemelvaart 9Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. 10Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. 11Dié sê toe vir hulle: "Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het." Handelinge 1:1-11

5 Familie-oomblik Familie-oomblik
Lees die verhaal uit ‘n kinder-vriendelike Bybel, dalk met behulp van ‘n video soos dié. Daar is allerhande kreatiewe hulpmiddels waarmee jy die verhaal kan vertel, soos hierdie bewegende prentjie – instruksies by Kinder sal dit ook geniet om hulle eie te maak terwyl hulle luister na die preek. Of gee vir elkeen hierdie prentjie en ’n splitpin en gebruik self een om te wys hoe Jesus agter die wolke verdwyn. Jy kan kinders nooi om saam met jou rondom die doopvont te staan (maak seker daar is water in). Gesels met hulle oor die betekenis van die doop en die bemagtiging en gestuurdheid wat daarmee saamkom. Gesels oor wag, hoe dit voel om te wag en die rol van wag in geloof. Jy kan die storie “Waiting” hiervoor gebruik - $11.49 op Kindle, of op YouTube. Familie-oomblik

6 Evangelie van Lukas vervolg…
Preekriglyn Handelinge 1:1-11 vestig onmiddellik ons aandag daarop dat hierdie 'n vervolgverhaal, 'n tweede boek, is. "My eerste boek, Teofilus ...." (1) verwys na die Lukasevangelie, Lukas se eerste boek oor Jesus, vanaf sy geboorte tot en met sy hemelvaart. In die eerste ses verse van ons teks word gebeure en temas uit die Evangelie van Lukas weer aangeraak. Ons word herinner – saam met Teofilus – dat ons reeds gehoor het van alles wat Jesus gedoen en geleer het. Ons aandag word ook op die Heilige Gees gevestig. Die Gees het 'n deurslaggewende rol in Jesus se bediening gespeel. Dieselfde Gees sal nou in Handelinge die apostels lei en vorm gee aan die kerk. Die apostels wat deur Jesus self gekies is (Lukas 5) word reeds in vers 2 vermeld. Vanaf vers 3 begin hulle 'n sentrale rol te speel. Jesus bewys aan hulle onbetwisbaar dat Hy lewe en verskyn oor 'n periode van 40 dae aan hulle en onderrig hulle oor die koninkryk van God. Evangelie van Lukas vervolg…

7 Koninkryk van God Koninkryk van God
Die koninkryk van God is die skakel tussen Lukas se evangelie (eerste boek) en die gebeure wat van nou af in Handelinge gaan begin ontvou. Jesus se boodskap was van die begin af dat die koninkryk van God naby gekom het. Jesus is aangevuur deur die koningskap van God soos dit deur sy genesings, lering, prediking en dade sigbaar geword het. Jesus se opstanding is 'n teken dat God se koningskap onmiskenbaar en kragtiger sigbaar word. Die koninkryk van God gaan onkeerbaar voort. Nou gebeur dit deur die kerk wat toegerus word met die Heilige Gees. Die kerk sal van Jesus getuig, in Jesus se Naam voortgaan met bediening, en die koninkryk van God deur hul getuienis en trou aan die aanwesige en werkende Here uitbou. Koninkryk van God

8 Doop, belofte en vervulling
Dit is nie toevallig dat die apostels 'n doop moet afwag vir die nuwe bedeling in die koninkryk van God nie. Dit is 'n doop vir die bedeling van die Heilige Gees en van die kerk. Dit is 'n doop met die vuur van die Gees. Johannes die Doper het reeds van hierdie doop met die Gees en met vuur getuig (Lukas 3:16). Die Ou Testament het verwag dat God sy Gees sal uitgiet, en so vernuwing in Gods koninkryk, sal bring. Daarom Jesus se instruksie in vers 4: "Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het...." Hierdie gawe is die belofte van die Heilige Gees. Die doop met die Gees is die vervulling van profesieë wat oor eeue kom, met Johannes die Doper se profesie enkele jare vantevore. Die belofte word nou vervul, en toon dat God betroubaar is. Maar die belofte van die Gees wys ook vorentoe, wys ook na die toenemende vervulling van God se beloftes wat sal uitloop op die volledige aanbreek van God se koninkryk op 'n nuwe aarde onder 'n nuwe hemel. Elke belewenis van vervulling skep groter vertroue op God wat herstel, geregtigheid en onbevange aanbidding belowe (sien bv. die Loflied van Sagaria, Lukas 1:74). Die aksent op God wat beloftes vervul lê ingebed in vers 5: Julle sal binne 'n paar dae met die Heilige Gees gedoop word. Die opstanding van die gekruisigde Jesus was 'n keerpunt, maar dit lui 'n nuwe bedeling in. Daar is nog 'n groot toekoms wat wag, daar is 'n koninkryk wat nog ten volle moet kom. Daar is getuienis wat gelewer moet word. Die apostels, die Here se kerk, moet na God se toekoms bly kyk. Doop, belofte en vervulling

9 ʼn Groter toekoms 'n Groter toekoms
Let op dat Jesus ook deur die Heilige Gees bevele gee. Die Heilige Gees bemagtig die apostels en die kerk. Wanneer die dissipels Jesus uitvra oor die koninkryk van God (vers 6) blyk dat hulle nog heeltemal te klein dink oor die koninkryk. Hulle wonder of die Here die koninkryk weer vir Israel gaan oprig. Aan die een kant is hulle nie verkeerd nie: die koninkryk bou op die beloftes wat aan Abraham, Isak en Jacob gemaak is en in koning Dawid 'n hoogtepunt bereik het. Maar die nuwe bedeling van die koninkryk, deur die bemagtiging van die Heilige Gees, is soveel groter. Die koms van die koninkryk wat die Gees verder voer is veel meer as die herstel van vervloë glorie in Israel se geskiedenis. Nou sal die kerk krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor hulle kom, en hulle sal Jesus se getuies wees tot aan die uithoeke van die wêreld. Die koninkryk kom deur die krag van die Heilige Gees waarin die kerk getuienis lewer. ʼn Groter toekoms

10 Vanaf Jerusalem Vanaf Jerusalem
Waar die beweging in die Lukas-evangelie na Jerusalem was, waar die Seun van die mens moes ly en sterf, is die nuwe bedeling 'n beweging weg van Jerusalem. Mense sal nie langer na Jerusalem kom, en so 'n sterk koninkryk vir Israel vestig nie. Nee, diegene wat vertrou op die opgestane Jesus, bekragtig deur die Heilige Gees, sal van Jerusalem af wegbeweeg die hele wêreld in om oor Jesus te getuig. Die toekoms gaan meer as wag op die glorie van God wees. Dit gaan 'n aktiewe proses van getuienis oor Jesus wees. Die fokus is gelyktydig die omgewing (Jerusalem), die groter konteks (Judea en Samaria) tot aan die eindes van die wêreld. Al hierdie dinge gaan deur die krag van die Heilige Gees gebeur: "Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom ..." (vers 8). Vanaf Jerusalem

11 Staan en kyk Staan en kyk
Na hierdie woorde van Jesus neem 'n wolk Hom weg. Lukas vermeld spesifiek dat hulle stip na die hemel bly staar het. Dalk was hulle versteen. Wat sou deur die dissipels se koppe gegaan het? Hoekom het hulle bly staan toe hulle sien hoe Jesus wegvaar? Het sommige van hulle dalk verwag Jesus gaan weer uit die wolk te voorskyn kom, dalk in nog groter heerlikheid as toe dit die vorige keer gebeur het? Was van hulle net eenvoudig te hartseer en onseker om weg te beweeg, veral as mens dink hoe hierdie groep mense al deur die trauma van 'n eerste "wegneem" van hulle Leermeester was toe Hy gekruisig is, daarna die vreugde van sy opstanding en lewe, en nou weer weg is? Of was sommige van hulle net heeltemal verbyster en in die war, nadat hulle pas die ontsettende opdrag van vers 8 gekry het, en dit nou blyk dat hulle hierdie opdrag (oënskynlik) sonder Jesus moet uitvoer? Staan en kyk

12 Beweging Ongeag wat die rede was dat hulle stilstaan en "stip na die hemel kyk", blyk dit uit die engele se woorde dat dit nie die gepaste respons was nie. Hulle was nie geroep om passief op een plek te staan en wag nie. Terselfdertyd bevestig die engele dat hierdie weggaan van Jesus nie die einde is nie. Hierdie Jesus, presies Hy wat julle leer ken het in sy tyd op aarde, sal weer terugkeer. Met hierdie vermaning en bevestiging kom die dissipels in beweging en keer terug na Jerusalem, om daar te volhard in gebed (14). Jerusalem, die plek waar so baie gebeur het oor die laaste weke, waar hulle Here gekruisig is, maar ook die plek waar hulle beveel is om te wag (4) en waarin hulle beveel is om te getuig (8). Hulle terugkeer is dus die eerste treë in gehoorsaamheid, die eerste treë om die groot getuienisopdrag van vers 8 uit te voer. Beweging

13 Vandag Vandag, wanneer ons Hemelvaartfees vier, word ons ook uitgedaag om na te dink oor ons reaksie op die gebeure. Die versoeking is altyd daar om te reageer soos die dissipels aanvanklik reageer het: passief, deur op een plek te bly staan en nie te doen waarvoor hulle geroep is nie. Dalk het ons as indiwidueel gelowiges ook onsself al bevind. Oor die jare heen het gelowiges dikwels in die strik getrap om vas te haak by vers 11 se belofte dat Jesus terugkeer, om te begin spekuleer oor wanneer dit gaan wees. So is daar interpretasies gegee, datums voorgestel en kalenders opgestel oor die wederkoms, maar min is gedoen om die opdrag van vers 8 uit te voer. Dalk is die grootste gevaar nie eers dat ons passief is nie, maar met die verkeerde goed besig is. Is ons dalk besig om die een of ander koninkryk op te rig wat nie in pas is met wat God vir ons wil nie, soos die dissipels gehoop het dat God Israel se koninkryk in daardie tyd sal herstel, maar Jesus hulle daarop gewys het dat dit nie vir hulle is om iets daarvan te weet nie? Ons is nie geroep om stil te staan, te spekuleer of om ander koninkryke te bou nie, maar juis om terug te keer na ons konteks (ons "Jerusalem"?), om daar en verder weg te getuig. Vandag

14 Saam met Jesus Saam met Jesus
Die troos is dat ons dit nie alleen doen nie. Vers 1 gee die indruk dat Jesus nooit ophou "doen en leer" het nie. Dit is immers die verhaal van Handelinge dat Jesus nou deur sy Gees, in die kerk, steeds "doen en leer". Al het dit dalk vir die dissipels 'n oomblik gelyk asof Jesus vir hulle die groot taak van vers 8 gee, die pad vat en hulle los om dit self te doen, was dit toe nooit die geval nie. Hulle het kort daarna die gawe wat die Vader belowe het (4) ontvang: die Heilige Gees. Die Gees waardeur Christus werk, is ook in ons. Saam met Jesus

15 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Slotlied
Vonkk 96 as dit nie as as loflied gesing is nie of Lied 429 Die Heer regeer, Hy’t opgevaar Seën Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. Gaan wees dan nou getuies met die liefde van God, die genade van Jesus en die krag van die Heilige Gees. Amen Respons VONKK 96 Wees Bly En Loof Die Heer refrein Verhef jou stem en sing nou saam! Wees bly en prys die Heer se Naam! of Lied 425 v 2 se eerste reël Kyk die Heer het opgevaar. Halleluja! God stuur ons om te leef

16 Volgende erediens: Handelinge 1:15-17, 21-26 Volgende erediens
Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk Volgende erediens: Handelinge 1:15-17, 21-26

17


Download ppt "Handelinge 1:1-11 PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google