Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Jeremia 18:1-11 Jeremia 18:1-11   1 Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2 Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat.

Similar presentations


Presentation on theme: "Jeremia 18:1-11 Jeremia 18:1-11   1 Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2 Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat."— Presentation transcript:

1 Jeremia 18:1-11 Jeremia 18:1-11 1 Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2 Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat. 3 Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. 4 Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê. 5 Toe kom die woord van die Here tot my: 6 Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel. 7 Een oomblik kondig Ek aan dat Ek ’n nasie, ’n koninkryk sal afbreek, sal uitroei, sal vernietig. 8 Maar wanneer dié nasie hom bekeer van sy boosheid waaroor Ek hom wou straf, sien Ek af van die straf wat Ek oor hom wou bring, 9 en die volgende oomblik kondig Ek aan dat Ek die nasie en die koninkryk sal bou en sal vestig Maar wanneer hy doen wat verkeerd is in my oë en ongehoorsaam is aan My, sien Ek af van die goeie wat Ek aan hom wou doen Maar sê nou vir die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem: So sê die Here: Ek berei vir julle ’n ramp voor, Ek is besig om ’n besluit oor julle te neem. Elkeen moet hom van sy verkeerde lewe bekeer. Maak julle lewe en julle dade reg.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

4 Speel met die klei Familie-oomblik Opsie 1:
Deel aan die begin van die diens vir elke kind ’n stuk klei uit en moedig hulle aan om die heeltyd daarmee te speel. Klei-resep – die resep maak genoeg klei vir 25 kinders. 3 koppies koekmeel (nie bruismeel nie) 375 ml sout (1½ koppie) 6 teelepels kremetart ½ botteltjie koek kleursel 3 koppies kookwater 6 teelepels kookolie Opsioneel: 10 druppels Dettol Spuit swart pot met ‘Spray&Cook’. Plaas die water, kleursel en olie in pot. Voeg die sout, kremetart en meel by. Kook teen medium hitte vir ongeveer 3 minute of tot die mengsel lostrek van die kante. Roer die hele tyd. Haal die mengsel dadelik uit die pot en, terwyl dit nog warm is, knie dit op ’n plat oppervlak vir 5 minute lank. Bêre dit in ’n lugdigte houer totdat jy dit wil gebruik.

5 Opsie 2: Die konsep ‘vertroue’ word maklik geïllustreer deur die bekende beeld waar ’n kind terug moet val in die arms van vriende wat hom/haar vang. Die teks gebruik die beeld van die pottebakker en die klei. Dit sou natuurlik die ideaal wees om ’n regte pottebakkerswiel daar te hê, met ’n pottebakker wat iets daarvoor hulle oë uit die klei skep – maar as julle diens dit nie toelaat nie, reël dat kinders dit iewers na die diens kan sien of wys ’n video waar iemand met klei op ’n pottebakkerswiel werk. Jy sou hierdie video by youtube.com kan gebruik: [1] of die bewegende prentjie in die PowerPoint. [1] Indien jy die video wil aflaai, kan jy die URL op intik. Hierdie video is sowat 12Mb groot – moenie dit eens probeer aflaai as jy nie ADSL het nie!

6 Soos die klei in die hand van die pottebakker,
so is jy in My hand sê die Heer . so maak Ek jou ’n beeld tot my eer. Vorm my, Here God, vorm my en vou my al kry ek seer. Vorm, my Here God. U weet hoe U my wil hê, o Heer. Opsie 3 Sing ‘Soos klei in die hand van die Pottebakker’ (Jan de Wet en die Loflaaities) Soos die klei in die hand van die pottebakker, so is jy in My hand sê die Heer . Soos die klei in die hand van die pottebakker, so maak Ek jou ‘n beeld tot my eer. Vorm my, Here God, vorm my en vou my al kry ek seer. Vorm, my Here God. U weet hoe U my wil hê, o Heer. (2x)

7 “Stress ball” vs klei Opsie 4
Gebruik ’n ‘Stress ball’ wat die gevoel van klei het. Neem ’n stuk klei en die bal en wys hoe dit die vorm van jou hand aanneem. Die ‘stress ball’ gaan terug in sy oorspronklike vorm, maar klei hou die vorm wat die pottebakker dit gee. Ons moet soos klei wees in die Pottebakker se hande - nie soos stres-balletjies nie!

8 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

9 In God se hande Jeremia 18:1-11 – In God se hande
Jeremia was ’n jong priester seun (dus uit ’n goeie huis) wat God se oordeel en herstel oor sy volk moes aankondig. Hy was die seun van die Priester Gilkija uit Anatot (een van die sogenaamde Priester stede) in Benjamin (1:1). Hy tree op vanaf ongeveer 627 tot 586 v.C. in Judea. Hy het dus vir meer as 50 jaar probeer om Judea tot God te bekeer. Met die inname van Jerusalem het hy na Egipte gevlug. Die boodskap wat Jeremia moes bring, was ’n swaar een - die dat hy eers probeer om daaruit te kom (te jonk, praat moeilik en bang - 1:6 tot 8). Definisie van ’n Profeet Om Jeremia 18 te verstaan, is dit belangrik om te verstaan wat ’n profeet is. ’n Profeet is nie in die eerste instansie iemand wat bloot die toekoms sien nie. Hulle is nie familie van Siener van Rensburg nie! Die Bybelse profete was eerder iemand wat in die eerste plek vir God raak gesien het – en sy verlangde toekoms. Anders gestel: Profete het insae gehad in die hart van God. Hulle het gesien hoe God oor die sonde van die wêreld voel en wat hy daaraan sou doen. Profete maak bekend dat as ons onsself bekeer, sal God X doen (vers 8-9). So nie sal Hy Y doen (vers 10). En dis altyd beter om Y te vermy (vers 11)! Ons toekoms is dus iets anders as ’n onveranderde gegewe wat ons dryf tot fatalisme. Die hede is eerder ’n geleentheid om deur ons optrede (bekering) te deel in God se "preferred future" (Pat Keifert se term, X volgens myne). Jeremia 18:1-11 Jeremia 18:1-11 is God se antwoord op die vraag in 17:15 na wanneer sy oordeel sy volk sou tref. Die antwoord: God se oordeel oor Juda sal nie meer lank wegbly nie. Jeremia kry naamlik die opdrag om na ’n pottebakker (letterlik "die vormer") se huis te gaan om daar God se boodskap te ontvang.[1] Eers in vers 11 word Jeremia deur die Here bekendgemaak wat hy moes sê. Soos in 13:1–11 het ons hier met ’n simboliese handeling te make, hoewel Jeremia dit dié keer nie self uitvoer nie. Nie alle profete speel (soos sommige kunstenaars) met klei nie. Die alledaagse werk van die pottebakker gee vir Jeremia ’n illustrasie van hoe God met Sy volk werk. Nie alleen werk God planmatig en geduldig met sy volk nie. Hy is ook soos ’n pottebakker wat mislukte pogings oormaak (vers 4).[2] Juda loop dus die gevaar om eers afgebreek te word tot ’n homp klei en dan weer vervorm te word tot iets nuut. God se geduld is dan ook besig om op te raak en is Hy reeds besig om te besluit of Hy nie maar eerder met Juda moet oor begin nie (wat impliseer dat hulle eers ’n homp moet word). Die voorbeeld van die pottebakker hou dus vir hulle (Juda) in die eerste instansie ’n waarskuwing in. Hulle moet hulleself bekeer en hulle lewe en dade reg maak (vers 11). As hulle nie hulleself gewillig maak om deur God gevorm te word nie, gaan hulle vernietig word. Die keuse wanneer dit gaan gebeur, is nie die klei (Juda) s’n nie, maar God s’n. Die voorbeeld hou egter ook tweedens troos vir Juda in. Die pottebakker gooi nie die klei weg wanneer die kruik wat hy besig is om te maak nie na sy sin is nie. Hy begin eerder om ’n nuwe voorwerp daaruit te skep. Só sal God met Juda besig bly, selfs al gebeur die ergste. Hy is immers die Skepper God wat uit dieselfde nasie vir Hom ’n nuwe volk kan skep. Hy is nie net daar om volke uit te ruk en te vernietig nie, maar Hy is ook gereed om te plant en te bou (18:9, vgl 1:10). [1] Pottebakkers het gewoonlik aan die voorkant van hulle huise werkswinkels gehad en het dikwels aan die onderkant van die dorp gewoon waar daar ’n konstante vloei van water was (vgl vers 1 "gaan af"). [2] Die Hebreeus maak nie duidelik of die fout by die klei was (onsuiwerhede of te droog of te nat nie) en of die ontwerp en tegniek van die pottebakker gebrekkig was nie. Die konteks suggereer egter dat iets met die klei – Juda – fout was.

10 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

11 “God gaan nie net probeer om my reg te maak nie
“God gaan nie net probeer om my reg te maak nie! Hy gaan my heeltemal oormaak!” Nadat ’n gelowige die teks gehoor het, was sy reaksie dat dit hom geweldig moed en hoop gee. Hy sê: “God gaan nie net probeer om my reg te maak nie! Hy gaan my heeltemal oormaak!” Ten spyte van al die droogmaak in sy lewe, al die sleg, het hy geweet dat hy nog op die Pottebakker se wiel was. Dit is beter om ’n homp klei te wees, as om ’n onbruikbare, halfgebakte stuk pot te wees. Wat hoor jy oor jouself wanneer jy na die teks luister?

12 Wat hoor jy oor jouself wanneer jy na die teks luister?

13 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

14 Uit die 1967 fliek Cool Hand Luke is daar teen die einde van die fliek die veelseggende toneel waar die hoofkarakter, Cool Hand Luke, nadat hy uit die tronk ontsnap het, in ’n ou kerkie staan en met God praat. Hy sê dan hierdie diep woorde: “Why did you make me like I am?” I am verwys natuurlik ook na Jahwe-“Ek is”. Ons is gemaak na die beeld van God... Daarom vorm Hy ons gedurig... (Foto’s uit die fliek ‘Cool Hand Luke’)

15 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

16 Onesimus Die Pottebakkerswinkel:kleipotte, klei en die Pottebakker. (Jer 18:1-11 & Filemon- die ander teks vir die dag) Jy sou hier die Filemon video-clip kon wys (wat jy kan aflaai) in plaas daarvan om die storie self te vertel. Daar is ’n besonderse pottebakkerswinkel. As jy by die venster inloer, dan sien jy die pragtigste kleipotte denkbaar. Die Pottebakker sit by Sy pottebakkerwiel en Hy is besig om 24/7 die klei te vorm. Sy kunswerk is nog nie voltooi nie... My oog vang een van sy voltooide kleipotte- ek ken die naam en storie daaragter. Die naam is Onesimus. Sy storie... wel hy’s ’n slaaf wat sy baas, Filemon, verskriklik kwaad gemaak het, want hy het weggeloop met sy geld. So kwaad was Filemon dat hy Onesimus in die tronk gestop het, want hy was nie meer vir hom bruikbaar nie. Maar in die tronk loop Onesimus vir hom vas in Paulus... die pottebakkerswiel draai... die Pottebakker werk. Onesimus die slaaf, verander in Onesimus, die gelowige... een van die Pottebakker se pragtige kleipotte. Onesimus word deur Paulus teruggestuur na Filemon om sy brouwerk reg te maak en Filemon word deur Paulus gevra om Onesimus te vergewe. Sodat hulle gebroke verhouding heelgemaak kan word deur die genade van die Pottebakker. Sy genade werk altyd soos gom om die skerwe van die gebroke kleipotverhoudings aanmekaar te sit. Daar is ’n stertjie aan die storie - hoe waar dit is, weet ons nie- van die geleerdes sê ja, ander sê weer nee, maar Onesimus het die biskop van die Efese-gemeente geword. Vir ons Pottebakker is so iets natuurlik glad nie so vergesog nie, want die onmoontlike bly Sy werk.

17 ‘Sinner’ of ‘Saint’ ? My oë skuif na ’n ander voltooide kleipot - ek ken nie die naam nie, maar ek ken wel die storie. Die man het in die 1800’s skape gesteel. In Engeland is skaapdiewe destyds swaar gestraf. Hy is deur die landdros vir baie lank tronk toe gestuur. Maar voordat hy tronk toe gestuur is, laat brand die landdros die letter “S” op sy voorkop, terwyl hy vir hom sê: “You (and everyone else) must remember that you’re a sinner!” Na jare in die tronk keer die man, nou reeds ’n ou man, weer terug na die dorp waar hy die skape gesteel het. Maar die Pottebakker se wiel het intussen begin draai... hý oorlaai sy tuisdorp met liefde, staan mense by in nood en mense kom klop by sy deur aan om hulp en raad. Toe die ou man eendag verby twee seuntjies stap, vra die een vir die ander een: “Waarvoor staan die letter S op die man se voorkop?” Die ander seuntjie antwoord: “Wel as ek luister na al die stories wat my ma en ander oor hom vertel, dink ek dit staan vir Saint!” Die Pottebakker het gewerk...

18 Nou beweeg my oë na die Pottebakker waar Hy by Sy wiel sit
Nou beweeg my oë na die Pottebakker waar Hy by Sy wiel sit... wat ’n wonderlike gesig! My hart klop warm, want Jeremia sê vir my: “Die Pottebakker – ons God - gee nooit op nie. Hy gooi nie weg wat skeef, krom en misvorm lyk of is nie. Nee, Hy het ’n bietjie skeef en krom ook lief. Hy skryf niemand af nie. As my oë voltooide potte vang van mense wie se name en stories ek ken, soos Jakob, Ragab, Gideon, Simson, Naomi, Rut, Dawid, Petrus en Paulus, dan weet ek dis waar. Hy is liefdevol besig om die klei - ek en jy - te vorm. Hy is met deernis besig om die klei – ons lewens - te verander/ vorm in iets wat bruikbaars en mooi is. Die Pottebakker wil net die beste vir Sy klei hê. Daarom is Sy plan, wat ’n lewenslange proses is, so buigbaar soos nat klei in die hande van ’n pottebakker. Hy roep ons altyd om meer te word as wat ons is! Ek ken die klei wat die Potterbakker vorm se naam, maar die storie is nog besig om geskryf te word. Die klei is EK en JY! Ek besef net dis slegs genade dat ek nog op die pottebakkerswiel is en nie as misvormde klei rondstap nie. Dan eggo daar ’n teks (Jesaja 64:8) in my kop wat my oë sag maak vir misvormde bondels klei wat buite die pottebakkerswinkel rondloop soos wegloop Onesimusse: “U is ons Vader, Here. Ons is klei en U het ons gevorm. Ons is almal die werk van U hande.” Daarom kan ek nie my oë glo as ek sien hoe ’n bondel misvormde klei af en toe by hierdie winkel uitstap en kliphard sê: “Los my uit, ek gaan my eie ding doen!” nie. Dis so onnosel, maar deur die eeue heen het bondels misvormde klei dit gedoen... die volk Israel het dit in Jeremia se tyd gedoen. Die uiteinde is/was nog altyd chaos.

19 Behandel elke ‘wegloop slaaf’ soos ’n ‘biskop’
Daarom laat ek elke wegloop Onesimus 24/7 behandel soos God hulle sien -’n potensiële biskop Onesimus!

20 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

21 Well, I've been loving you for such a long, long time.
Expecting nothing in return Just for you to have a little faith in me I said I will hold you up, I will hold you up All ya gotta do is have a little faith in meA little faith in me Well, I've been loving you for such a long, long time. Expecting nothing in return Just for you to have a little faith in me I said I will hold you up, I will hold you up All ya gotta do is have a little faith in me A little faith in me ( Woorde uit die liedjie ‘Have a Little Faith in Me’ – Jewel het dit gesing )

22 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

23 Geen verskonings meer nie!
Onthou volgende keer as jy sleg oor jouself of nutteloos voel, of wanneer jy weet jy te ver van God af is: Noag was ’n dronklap, Abraham was te oud, Isak was ’n dagdromer, Jakob ’n leuenaar, Lea was te lelik, Josef was misbruik, Moses het ’n spraakgebrek gehad, Gideon was te bang, Simpson het lang hare gehad en ’n probleem met mooi vroue, Ragab was ’n prostituut, Jeremia en Timoteus was te jonk, Dawid het ’n buite-egtelike verhouding gehad en was boonop ’n moordenaar, Elia wou selfmoord pleeg, Jesaja het kaal gepreek, Jona het van God af probeer weghardloop, Naomi was ’n weduwee, Job het bankrot gespeel, Johannes die Doper het insekte geëet, Petrus het Jesus verloën, die dissipels het aan die slaap geraak terwyl hulle gebid het, Martha was oor alles bekommerd, die Samaritaanse vrou het meer as een huwelik op haar kerfstok gehad, Saggeüs was te kort, Paulus te godsdienstig, Timoteus het ’n maagseer gehad … en Lasarus was dood! Daar is ongelukkig geen verskonings meer vir jou nie. God kan en wil jou volle potensiaal uitbring en gebruik.


Download ppt "Jeremia 18:1-11 Jeremia 18:1-11   1 Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2 Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat."

Similar presentations


Ads by Google