Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Romeine 6:12-23 12Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat.

Similar presentations


Presentation on theme: "Romeine 6:12-23 12Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat."— Presentation transcript:

1 Romeine 6:12-23 12Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. 13Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as ’n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. 14Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade. In diens van wat God wil 15Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade? Beslis nie. 16Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe. 17Maar ons dank God dat julle wat slawe van die sonde was, van harte gehoorsaam geword het aan die leer soos julle dit deur die oorlewering ontvang het. 18Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen. 19Weens julle beperkte begrip gebruik ek ’n beeld uit die alledaagse lewe: soos julle elke deel van julle liggame in diens van sedelike onreinheid en wetteloosheid gestel het en losbandig gelewe het, so moet julle nou elke deel van julle liggame in diens van God stel om heilig te lewe. 20Toe julle slawe van die sonde was, was julle nie in diens van God nie. 21Wat was die vrug wat dié dinge waaroor julle nou skaam kry, toé vir julle opgelewer het? Die uiteinde van dié dinge is die dood. 22Maar nou—julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe. 23Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Paulus vertel dat ons op Golgota vrygemaak is van sonde en ’n nuwe lewe gegee is - kinders van die Koning, soos die Bybel vir ons verduidelik. William Willimon vertel van Clayton, ’n jong seun, wat deur sy ma gevra is watter soort partytjie hy op sy 5de verjaardag wou hê. Sy antwoord was dat hy wou hê dat almal ’n koning of ’n koningin moet wees. Toe het hy en sy ma aan die werk gespring en krone en ’n koninklike kleed is vir almal gemaak. Op die dag van sy verjaarsdag is elke gas aangetrek as ’n koning óf koningin! Hulle het roomys en koek geëet. Almal het ’n wonderlike dag gehad. Hulle het selfs in die straat af geloop soos konings en koninginne. En toe alles verby is, het almal geweet hulle het ’n koninklike dag gehad! Toe Clayton se ma hom die aand in die bed sit, het sy vir hom gevra waarvoor hy gewens het toe hy sy vyf kerse doodgeblaas het. “Ek het gewens dat almal, almal in die wye wêreld, ’n koning óf koningin kon wees - nie net op my verjaarsdag nie, maar elke dag!”

4 “… something very much like that happened one day at a place called Calvary. We, who were nobodies, became somebodies. Those who were no people became God’s people. The wretched of the earth became royalty.” Toe skryf Willimon dit: “Clayton, something very much like that happened one day at a place called Calvary. We, who were nobodies, became somebodies. Those who were no people became God’s people. The wretched of the earth became royalty.”

5 “Sin is the best news there is. Because with sin there's a way out
“Sin is the best news there is. Because with sin there's a way out. You can't repent of confusion or psychological flaws inflicted by your parents - you're stuck with them. But you can repent of sin. Sin and repentance are the only grounds for hope and joy, the grounds for reconciled, joyful relationships.” John Alexander het dit anders gestel: “Sin is the best news there is. Because with sin there's a way out. You can't repent of confusion or psychological flaws inflicted by your parents - you're stuck with them. But you can repent of sin. Sin and repentance are the only grounds for hope and joy, the grounds for reconciled, joyful relationships.”

6 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

7 Familie tyd: Na aanleiding van vers 23 (vertaal self): Begin by asking the children if they get paid for what they do every day. Admit that no, they don’t get money for going to school, and playing sports, and doing artwork — but they get paid in other ways. Explain that the pay they get for going to school is the ability to read and write and do math, and the pay they get for playing sports, is learning how to throw a ball and be a good member of a team. Hold up a pad of paper and a crayon, and draw a picture; as you are drawing, tell them that the pay they get from doing artwork, is the ability to be a good artist. Admit that you haven’t been paid very well for all your work! Tell them that the apostle Paul believed that we get paid for everything we do, even sinning — he says that “the wages of sin is death” (v. 23), which is not a very good paycheck! But then explain that Jesus has given us another kind of paycheck, if we trust in him and follow his example — “the free gift of God is eternal life in Christ Jesus our Lord” (v. 23). Let them know as followers of Jesus we get a wonderful payment called eternal life, something that is more valuable than all the money in the world. It makes you happy and gives meaning to this life!

8 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

9 Romeine 6:12-23 In dié hoofstuk hanteer Paulus die vraagstuk van sonde in gelowiges se lewens. Spesifiek wil hy op die moontlike misverstaan van sy uitsprake in die vorige hoofstuk, dat “hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword” (5:20), reageer. Paulus wou naamlik in hoofstuk 5 beklemtoon dat niks by God swaarder weeg as sy genade nie. Sy beklemtoning van die genade van God kon egter verkeerdelik sommige Christene laat glo het dat hulle maar kon – en selfs moes – aanhou sondig. In hoofstuk 6 hervat Paulus daarom sy stryd gesprek met sy denkbeeldige opponent deur daarop te wys dat dit dwaas – en selfs onlogies - sou wees om aan te hou met sondig. Hy wil duidelik ’n logiese argument daarstel soos wat die uitdrukking "of weet julle nie" (vers 3) en "ons weet tog" (vers 6), "ons weet" (vers 9), “julle weet tog” (vers 16) duidelik maak. Paulus argumenteer eers dat Christus ons van ons vorige eienaar – die sonde - bevry het (6:1–11), en dan dat Jesus ons roep om onsself nou in diens van God te stel (6:12–20), voordat hy op die resultate (vrugte) van die twee verskillende lewenswyses (of te wel "verslawings") wys (6:21–23). Paulus se argument In vers 1 tot 2 stel Paulus die argument dat om aan te hou met sondig goed is, want dit vermeerder God se genade, waarna hy dit ten sterkste afwys as ’n geldige argument. Gelowiges mag beslis nie aanhou om te sondig nie. Die feit dat God met genade op sonde reageer, beteken nie dat sonde ’n goeie ding is omdat dit genade na voorskyn bring nie. Paulus staaf sy uitspraak met ’n teenvraag: Christene is dood vir die sonde. Hoe kan hulle dan nog daarin voortlewe? In vers 3 tot 11 gee Paulus sy eerste motivering waarom Christene nie ’n lewe in die sonde kan en mag voer nie, maar vir God moet lewe. Christene is vir hom as gedooptes radikaal nuwe mense. Hulle het gesterf vir die sonde (vers 3-7) en leef nou vir God (vers 8-10). Om in Christus Jesus gedoop te word, dui hier op ’n absolute verbondenheid met Christus. Christene is in Sy dood gedoop (vers 3) wat beteken dat net so seker as wat Hy gesterf het, is Christene saam met Hom begrawe. Dis egter nie al nie - hulle is egter ook met Hom opgewek, sodat hulle nou ’n nuwe lewe kan lei (vers 4). In hulle kruisiging saam met Christus, is hul sondige bestaan beëindig en is hulle bevry van hul slawerny aan sonde. Deel 2 (volgens die RCL, maar ek sou vers 15 die begin van deel twee maak) Verse 12–14 is ’n oproep deur Paulus dat aangesien Christene nuwe mense is, hulle die sonde nie langer oor hulle moet laat regeer nie, maar eerder vir God moet lewe. Sonde is doodgewoon nie meer Christene se baas nie. Die redding deur Jesus Christus bring ’n radikale verandering – ’n Christen is nie meer werktuig (wat selfs vertaal kan word as ’n wapen) in diens van die sonde nie, maar ’n werktuig in diens van God (vers 13). In vers 15 herhaal Paulus weer die oorspronklike vraag van vers 1–2. Hy stel egter nou die vraag vanuit die perspektief van die wet: Sal die Christen nou aanhou sondig omdat hy nie meer onder die wet met sy streng vereistes staan nie, maar onder die heerskappy van die genade? Weer eens is sy antwoord ’n besliste nee. Ons mag nie wetteloos lewe nie. In vers 16 tot 20 gee Paulus ’n motivering waarom Christene met alle sonde moet breek. Hulle staan in ’n nuwe diens met ’n nuwe dienskontrak en ’n nuwe eienaar. Hulle dien nie meer die sonde nie; maar vir God. Volgens Paulus is mense óf slawe van die sonde (vers 16–18), óf slawe van God wat Sy wil doen (vers 16-17). Christene is mense wat hulle vermoëns (elke deel van julle liggame) moet gebruik om God se wil te doen deur heilig te lewe (vers 19) In vers 21 tot 23 gee Paulus ’n derde motivering deur die uiteinde van ’n lewe in die sonde met dié van ’n lewe vir God met mekaar te vergelyk. Hoe lyk die toekoms van mense wat onderskeidelik vir of God of die sonde dien? Die vrug (of die uiteinde) van dié dinge waaroor die gelowiges nou skaam kry (dit wil sê hulle vroeëre sondige optredes), is die dood. Aan die ander kant is die vrug van die heiliging van hulle lewe: die ewige lewe. [1] [1] Bronne geraadpleeg Dunn, J. D. G Romans 1-8. Word Biblical Commentary. Jewett, R Romans: A commentary. Hermeneia Moo, D Romans NICNT

10 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

11 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

12 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

13 Tussen D-dag en V-dag Oscar Cullmann het gesê ons lewe tussen ‘D-day and V-day’. Ons situasie is baie soos wat daar in die Tweede Wêreld oorlog geheers het. Die beslissende stryd wat die Duitsers se rug gebreek het, was op 6 Junie 1944 toe die Duitsers deur die Geallieerde magte verslaan is. Die dag staan bekend as D-Day. Maar alhoewel die oorlog gewen was, het die stryd nog aangegaan vir amper 11 maande tot op V-Day, op 8 Mei 1945, nadat Hitler selfmoord gepleeg het en die Duitsers oorgegee het. Die skrikwekkende is dat daar beweer word dat daar meer lewens verloor is in hierdie 11 maande tydperk tussen D-Day en V-Day, as gedurende die hele Tweede Wêreldoorlog! Ons oorlog het in die tuin van Eden begin en is op die kruis en deur die leë graf gewen! Vir Christene is ons D-Day Paassondag toe Christus uit die dood opgestaan het. Ons V-Day is as Christus weer terugkom! Nes daar tussen D-Day en V-Day mense hulle lewens verloor het, kan Christene weet soos Jesus dit stel in Johannes 16:33: “In die wêreld sal julle dit moeilik hê, maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

14 Daar is net twee soorte mense: sondaars wat dink hulle is heiliges en heiliges wat weet hulle is sondaars Daar is net twee soorte mense: sondaars wat dink hulle is heiliges en heiliges wat weet hulle is sondaars- Anoniem.

15 Ons is slawe van God wat optree soos slawe van die sonde
Ons is slawe van God, maar soms tree ons nog op soos slawe van die sonde. Lees vs

16 Maak UITSTEKENDE foute!
Maar laat ons dan uitstekende foute maak. Uitstekende foute is foute waaruit jy leer en dit nie weer doen nie... moenie gedurig in die moddergat van die sonde gaan rol nie!

17 Portia Nelson se outobiografie in vyf kort hoofstukke
Portia Nelson het ’n wonderlike stuk oor uitstekende foute geskryf. Sy noem dit ’n outobiografie in 5 kort hoofstukke... Hoofstuk 1 Ek loop in ’n straat. Daar is ’n diep gat. Ek val daarin. Dis nie my fout nie. Dit neem lank om daaruit te kom. Hoofstuk 2. Ek loop in dieselfde straat af. Ek val weer in die gat. Ek kan dit nie glo nie! Maar … dis nie my fout nie. Hoofstuk 3. Ek loop in dieselfde straat af. Ek val weer daarin. Dit word nou ’n gewoonte. Ek’s ’n mislukking. Dis my fout! Ek klim onmiddellik uit! Hoofstuk 4. Ek loop in dieselfde straat af. Daar is ’n diep gat. Ek loop verby dit! Hoofstuk 5. Ek loop in ’n ander straat…

18 Loop in die straat van GENADE!
Wat beteken “jy loop in ’n ander straat”? Tussen D-Day en V-day stap ons in die ander straat - die straat van Genade (vs 14, 23) waar jy jouself in diens van God stel!

19 Die ‘loon’ en die ‘onverdiende genadegawe’
Kom ons verduidelik gou die dankbaarheid van vers 23. In vers 23 sluit Paulus af met ’n dubbele beeld (metafoor). Hy gebruik twee militêre woorde. Eerstens “die loon wat die sonde gee”- vir “loon” gebruik hy opsonia - dis die betaling wat ’n soldaat toekom omdat hy daarvoor gewerk het. Vir die “genadegawe (geskenk) wat God gee” gebruik hy charisma wat ’n totaal onverdiende geskenk was wat die hele weermag soms ontvang het. Op spesiale geleenthede, byvoorbeeld op die keiser se verjaarsdag of op die dag wat hy keiser geword het of die herdenking daarvan, gee die keiser ’n vry geskenk van geld aan die weermag. Dit is nie iets wat hulle verdien het nie, maar die geskenk was ’n teken van die keiser se goedheid en genade.

20 “Your old paycheck had nothing but slow death crawling out of it
“Your old paycheck had nothing but slow death crawling out of it. But God’s gift is quality life that lasts and has no sell by date, ‘cos of Jesus the Boss” Paulus sê dus met vers 23: “As ons die betaling gekry het wat ons verdien het, sou dit die dood wees, maar uit Sy genade het God aan ons die (ewige) lewe gegee!” Soos die Word on the Street dit vertaal: “Your old paycheck had nothing but slow death crawling out of it. But God’s gift is quality life that lasts and has no sell by date, ‘cos of Jesus the Boss”.

21 The Message “Work hard for sin your whole life and your pension is death. But God's gift is real life, eternal life, delivered by Jesus, our Master.” The Message vertaal dit so: “Work hard for sin your whole life and your pension is death. But God's gift is real life, eternal life, delivered by Jesus, our Master.”

22 Lyk al meer soos Hy! Deur dit wat Hy in Jesus vir jou en my gedoen het, word jy en ek Sy slaaf. Uit dankbaarheid maak ek soos Hy wil, en word ek heilig (vs 19 se laaste deel en 21). Heilig beteken jy word Sy UITstaanmens!! Heilig beteken mos die Heilige Gees is besig om volgens 2 Kor 3:18 jou te maak dat jy al meer lyk soos die beeld van Christus...

23 “Hy het gegaan en geword soos jy. Hy lyk nes jy!”
Daar is ’n storie wat dit pragtig verduidelik: Don Shelby, ’n Metodiste predikant, vertel van ’n kollega wie se ouers sendelinge was. Toe die kollega 12 was, het sy ouers weer teruggegaan na hulle sendingstasie in Indië. Hulle het hom by sy ouma gelos - hulle het gedink dit sal nie lank wees nie voordat hulle weer reëlings kon tref dat hy by hulle aansluit. Maar net nadat hulle na Indië vertrek het, het die Tweede Wêreld uitgebreek en hy het sy ouers vir 8 jaar glad nie gesien nie! Toe, op sy 20ste verjaarsdag, is hy en sy ouers weer verenig! Dit het so gebeur: Toe sy ouers weer in die VSA kon kom, het hulle vir hom ’n telegram gestuur dat hulle op ’n trein geklim het en dat hulle oppad was na hom toe. Hulle sou op ’n sekere dag op ’n spesifieke tyd by sy universiteitsdorp aankom. Hy moes hulle op die stasie ontmoet. Die predikantsvriend van Don Selby skryf as volg: “Dit was amper donker toe die trein by die stasie intrek. Ma en pa was die enigste mense wat afgeklim het. Ek kon hulle skaars sien in die skemerte en hulle kon nie regtig vir my sien nie! Ons het mekaar in semi-donkerte omhels, toe vat my ma my hand en ons het in die wagkamer waar daar lig was, ingestap. Met trane wat by haar wange afrol, het my ma na my gekyk, sy het aangehou kyk na my gesig - lank gekyk - my aangestaar. Toe draai sy na my pa toe en roep hom op sy naam: “Arnette,” het sy uitgeroep, “Arnette, hy het gegaan en geword soos jy.  Hy lyk nes jy!”  

24 Ek wil meer lyk soos Jesus
Dink hieraan... daar gaan ’n dag V-Day kom, wat die Vader na jou en my sal kyk en dan na die Seun sal draai en sê: “My Seun, hierdie kind van My, die kind het gegaan en geword soos jy.  Die kind lyk nes jy!”   Intussen hier tussen D-Day en V-day moet daar spatsels hemel in ons lewe wees, sodat mense wat met ons in aanraking kom, kan getuig “my lewe is verander, want ek het vandag Jesus in ’n mens gesien!”

25 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

26 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

27 Flam 172: Meer en meer Teks en Musiek: Elsche van Wyk © 2006 MAR Gospel Music Publishers Opgeneem op ‘Roeping: Lof’ Refrein: Meer en meer, Vader, meer soos U Meer en meer soos U, Heer Meer en meer, Jesus, meer soos U Meer en meer buig ek voor U neer 1. Meer en meer, Vader, meer soos U Ek vra myself elke dag: Laat my lewe U glimlag? Meer en meer, Christus, meer soos U Heer, ek gee myself aan U meer en meer Meer en meer, Vader, gee my meer van U Meer en meer smag ek na U Meer en meer, Here, meer van u Beeld Deur u Gees word ek meer en meer soos U Brug: U's die pottebakker, ek die klei Vorm my net soos U wil Volledige bladmusiek is aflaaibaar by

28 Dit sou ook as agtergrond gebruik kon word.

29 Waar was God? Prys: R49.95 Andries Cilliers
10-Week-Bybelstudie oor hoe om as gelowige in ’n wêreld vol misdaad te (oor)leef Bestel by:


Download ppt "Romeine 6:12-23 12Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat."

Similar presentations


Ads by Google