Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Psalm 97 Oorsig Ons vier Kersfees oor die misterie dat die Heilige God die hemel skeur en in Jesus Christus mens word en onder ons kom woon. Dit is nie.

Similar presentations


Presentation on theme: "Psalm 97 Oorsig Ons vier Kersfees oor die misterie dat die Heilige God die hemel skeur en in Jesus Christus mens word en onder ons kom woon. Dit is nie."— Presentation transcript:

1 Psalm 97 Oorsig Ons vier Kersfees oor die misterie dat die Heilige God die hemel skeur en in Jesus Christus mens word en onder ons kom woon. Dit is nie maar net nog ’n geboorte wat feestelik herdenk word nie, maar die koms van die Een wat as God se Verlosser na die wêreld gestuur is. Die karakter van die Kersdiens is een van uitbundige vreugde. Dit vind veral uitdrukking in die sang en musiek wat vir hierdie viering gebruik word. Moet daarom nie te veel tyd aan die prediking afstaan nie, maar laat die viering die boodskap dra. Vier beslis die nagmaal as bewys van God se groot geskenk aan ons. Dit liturgiese kleure is wit en goud, die feestelike kleure van die koning wat gebore is. Gebruik baniere en ander versierings om die liturgiese ruimte feestelik te klee. As die stal tydens Advent gebruik is, behoort dit steeds die eenvoud van die geboorte te dra. Die Here God regeer, maar dit is ook Hy wat verlossing en lig bring vir die hele aarde. Almal moet hulle daarin verheug. Want daar kom ’n Redder wat alles sal herstel en ’n nuwe lewe bied. Die Redder word in Betlehem gebore as seun van ’n maagd en Hy word groot eer bewys. Daar is uitbundige vreugde oor sy geboorte. Ander tekste Jesaja 62:6-12; Titus 3:4-7; Lukas 2 (1-7) 8-20 Fokusteks: Psalm 97 Vir die regverdiges het daar lig gekom Die Here regeer, die aarde moet juig, al die baie eilande moet bly wees! 2 Die Here is omgewe van donker wolke; sy troon is gebou op reg en geregtigheid. 3 ’n Vuur trek voor Hom uit en verteer sy vyande aan alle kante. 4 Sy weerligstrale verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe. 5 Berge smelt soos was voor die Here, voor die Here van die aarde. 6 Die hemel getuig dat Hy regverdig is en al die volke sien sy magtige verskyning. 7 Almal wat beelde dien, wat nikswerd afgode vereer, word ontnugter, want al hulle gode moet voor die Here buig. 8 Sion is bly, die stede van Juda juig wanneer hulle hoor wat U as regter gedoen het, Here. 9 U, Here, is die Allerhoogste oor die hele aarde, hoog verhewe bo alle gode. 10 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose. 11 Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. 12 Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam. Vorige riglyne Daar is geen vorige riglyne nie. Eksegetiese opmerkings Raadpleeg Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar , uitgegee deur Bybelmedia, vir eksegetiese en kontekstuele opmerkings oor dié teks. Erediens Tema In groot geselskap: God is hier teenwoordig

2 PowerPoint Die beeld van twee moderne mense met die skaduwee van ‘n kerstoneel in die lug, dra die boodskap van God se teenwoordigheid oor. Foto van imagebase.davidniblack.com. Lettertipe “Aquaduct” kan gratis afgelaai word by Kleurskema by Design/Color is Equity. Word Art tweede reël, tweede van regs.

3 As jy ‘n meer tradisionele kers-beeld wil gebruik, kan jy een van hierdie opsies oorweeg. Dit kom van en mag, sover ons kon vasstel, vir nie-kommersiële doeleindes gebruik word. By is ‘n aantal gratis Kersfees-videos beskikbaar. Sommige daarvan is bewegende agtergronde wat jy in jou PowerPoint kan gebruik.

4 As jy ‘n meer tradisionele kers-beeld wil gebruik, kan jy een van hierdie opsies oorweeg. Dit kom van en mag, sover ons kon vasstel, vir nie-kommersiële doeleindes gebruik word. By is ‘n aantal gratis Kersfees-videos beskikbaar. Sommige daarvan is bewegende agtergronde wat jy in jou PowerPoint kan gebruik.

5 As jy ‘n meer tradisionele kers-beeld wil gebruik, kan jy een van hierdie opsies oorweeg. Dit kom van en mag, sover ons kon vasstel, vir nie-kommersiële doeleindes gebruik word. By is ‘n aantal gratis Kersfees-videos beskikbaar. Sommige daarvan is bewegende agtergronde wat jy in jou PowerPoint kan gebruik.

6 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Jy kan uittreksels uit die fliek “The Nativity Story” wys op verskillende plekke in die erediens. ‘n Uittreksel uit die fliek “God grew tired of us” ( kan ook goed werk by die preek. Vir die “lost boys” se reaksie op Kersfees-vieringe in die Weste, kan jy hierdie video gebruik: Verwelkoming Hoor by die kinders wat gekry het vir Kersfees. Baie van hulle sal ook hul geskenke by hulle hê, so jy kan vra dat hulle dit vir die gemeente wys. Jy kan self ook wys wat jy gekry het! Votum Die volk wat in donkerte geleef het, het ‘n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het ‘n lig geskyn. Vandag is daar vir julle in die Stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! Toewyding: Reël iemand om die groot wit kers aan te steek (die ander moet reeds brand). Reël ook mense om goud, wierook (probeer van die wierook kry wat in kerke gebruik word) en mirre (te koop as ‘n aromatiese olie – gewoonlik by winkels wat alternatiewe gesondheidsmiddels aanhou) in te bring. (Die verskillende bewegings kan met liedere afgewissel word.) Liturg: Ons steek die Christuskers aan om ons te herinner dat die Lig vir die wêreld op daardie eerste Kersnag gebore is. Gemeente: Die volk wat in donkerte geleef het, het ‘n groot lig gesien; oor dié wat in die donker land was, het ‘n lig geskyn. Liturg: Vir ons is ‘n Seun gegee. Hy sal heers, en hy sal genoem word: Gemeente: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy naam is ook Immanuel, omdat God deur hom in ons kom bly. Liturg: Die wyse manne het by Herodus gekom en gevra: Waar is hy was as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan hom hulde te bewys. En nadat hulle hom gevind het, het hulle gekniel en aan hom hulde bewys. Daarna het hulle hul reissakke oopgemaak en vir hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. Liturg: Kom ons bewys nou ook ons hulde aan hom: Die Here God sal hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en hy sal as koning oor die nageslag van Jokob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap is sal daar geen einde wees nie (Luk 1:32-33). Ons bring die goud as simbool daarvan dat ons ons lewens vir u gee. Gemeente: U is ons Koning, Vredevors, Heerser vir ewig! Liturg: In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder hom tot stand gekom nie. In hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. (Joh 1:1-4) Ons bring die wierook as simbool daarvan dat ons ons lewens vir u gee. Gemeente: U is ons God, Magtig en Ewig, die Een wat lewe gee. Liturg: Sy sal ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet hom Jesus noem, want dit is hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. (Matt 1:21) Ons bring die wierook as simbool daarvan dat ons ons lewens vir u gee. Gemeente: U is ons verlosser, dié Een deur wie se dood ons kan lewe.

7 Liedere Flam Kersliedere: F103. Kersfees Is ‘n Vreugdefees F216. Heilig, Heilig, Heilig, Heer F319. Want 'n Kind Is Vir Ons Gebore (Immanuel) F320. Halleluja F323. Goeie Nuus Vonkk Kersliedere Vonkk 29 Lank, lank terug in Bethlehem Vonkk 65 Eer aan God in die hoogste! Vonkk 97 Christus, lank reeds verwag

8 God praat met ons en ons luister

9 Familie-oomblik Vertel Leo Tolstoy se verhaal van Vader Panov. Bestel die boek met pragtige prente by Die Afrikaanse vertaling, “’n Spesiale dag vir Vader Panov”, is uitgegee deur Struik Christelike Boeke. (As jy die boek bestel het, maar dit nie betyds by jou gaan wees nie, kan jy solank die Afrikaanse weergawe se sketse kry by - 6MB.) Dit was Oukersaand. Al was dit nog middag, het al meer liggies in die winkels en huise se vensters aan gekom, want die dae was kort in die Russiese dorpie. Vader Panov, die dorp se skoenmaker, het buite sy winkel gestaan en in die straat afgekyk. Die geluid van mense wag lag, die liggies wat flikker en die reuk van heerlike Kersfees-kos, het om laat verlang na die tyd toe sy vrou nog geleef en sy kinders nog klein was. Nou is almal weg. Sy gewoonlik vriendelike gesig is hartseer. Hy gaan terug binnetoe en sit ‘n pot koffie op die stoof. Met ‘n groot sug gaan sit hy in sy groot, sagte stoel. Vader Panov het nie gereeld gelees nie, maar vanaand trek hy die groot ou Familiebybel nader. Hy volg met sy vinger terwyl hy die Kersverhaal lees. Hy lees hoe Maria en Josef, moeg van die reis na Betlehem, nie blyplek kon kry in die herberg nie. “As hulle hierheen gekom het”, dink Vader Panov, “sou ek my eie bed vir hulle gegee het en die baba met my warm kombers toegemaak het.” Terwyl Vader Panov lees, raak hy vaak. Die letters begin voor sy oë swem en kort voor lank is hy vas aan die slaap, so met die Bybel op sy skoot. Vader Panov droom. Hy droom daar is iemand in sy kamer en hy weet sommer dat dit Jesus is. “Wees môre op die uitkyk vir my, Vader Panov. Ek gaan môre by jou kom kuier. Maar kyk mooi, want ek gaan nie vir jou sê wie ek is nie”, hoor hy die stem van Jesus. Toe Vader Panov wakker word, is dit reeds oggend – Kersdag. Stywerig staan hy op en begin gereed maak. Jesus kom vandag na hom toe! Hy moet heel dag op die uitkyk wees, sodat hy vir Jesus sal herken wanneer hy opdaag. So Vader Panov staan op en maak ‘n heerlike pot koffie. Hy loer by sy winkel se venster uit. Daar is nog niemand in die straat nie, behalwe ‘n ou straatveër. Die straatveër vee aanmekaar so entjie, dan gaan hy staan en blaas op sy hande om warm te word. Vader Panov kry hom jammer en nooi hom in. “Hier is lekker koffie wat jou sal warm maak.” Die straatveër sit dadelik sy besem neer en kom dankbaar in. Hy hou die warm koffie met albei hande vas. Maar Vader Panov kan nie sy oë van die venster af hou nie. “Verwag jy iemand?” vra die straatveër terwyl hy loop. “Wel, ek hoop hy kom.” antwoord Vader Panov. Vader Panov glimlag terwyl hy begin sop maak. Dan skrik hy – sê nou Jesus het verby gekom terwyl hy gestaan en sop maak het? Hy gaan loer weer by die deur uit. Niemand. Nee wag, daar loop ‘n jong vrou met ‘n baba. Sy het so koud en hartseer en alleen gelyk, dat Vader Panov haar jammer kry en haar innooi. “Kom sit hier by die vuur en rus.” Terwyl Vader Panov vir haar sop gee en melk warm maak vir die baba, vertel sy dat hulle hul blyplek verloor het. Hulle is nou op pad na ‘n naburige dorpie om by familie van haar te gaan bly. Dis al laat toe die jong vrou regmaak om te gaan. “Jy was baie goed vir ons. Ek hoop jou Kersfees-drome word waar.” Maar Vader Panov begin wonder of sy droom gaan waar word. Dis al amper aand. Miskien het hy Jesus se besoek gemis? Dalk het Jesus verby gestap terwyl hy besig was om die baba te voer! Te vinnig is dit donker. Die straat buite Vader Panov se winkel is stil. Moedeloos gaan sit hy op sy stoel. Hy het nie gekom nie. Jesus het nie gekom nie. Ewe skielik voel Vader Panov dat hy nie meer alleen in die kamer is nie. Hy sit regop, soek-soek met sy hand na sy bril. “Het jy my nie gesien nie, Vader Panov?” hoor hy ‘n stem vra. “Wie is jy?” Toe die stem antwoord, weet hy wie dit is. Dis die stem van sy droom – Jesus. “Ek was honger, en jy het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en jy het My iets gegee om te drink; koud en jy het my warm gemaak. Ek het jou vandag besoek in die mense wat jy verwelkom en gehelp het.” Daarna is alles stil. ‘n Diep vrede sak op die vertrek neer. Vader Panov glimlag terwyl hy terug sit in sy stoel. “So hy het toe tog gekom”, glimlag Vader Panov.

10 Preekriglyn Toe hy gevra is, “Indien jy enige persoon in die wêreldgeskiedenis kan kies vir ’n onderhoud, wie sal dit wees?,” het die bekende gesprekskoning Larry King gesê hy sal ’n onderhoud met Jesus Christus wil voer. Toe hy gevra is, “Wat sou jy Jesus vra?,” het King gesê: “Ek wil Hom vra of Hy inderdaad uit ’n maagd gebore is. Jesus se antwoord op daardie vraag sal my die hele geskiedenis in ’n ander lig laat sien.” Toe die bekende evangelis, Ravi Zacharias, toestemming vra om hierdie opmerking van King aan te haal, het King gesê: “Onthou om te noem ek het nie enigsins snaaks probeer wees nie.” [Foto van Larry King by commons.Wikimedia]

11 Alles verander met Kersfees
Jesus se geboorte verander die hele geskiedenis. Stel die wêreld in jou gedagtes voor as ’n groot meer waarin almal wat leef, en reeds geleef het, gelyktydig besig is om te swem. Ons deel almal in dieselfde menslike toestand, ons swem saam in dieselfde water. Jesus, die Seun van God, se geboorte uit ’n maagd verander die water waarin ons swem onherroeplik. Ons omgewing, ons wêreld is nie meer dieselfde. God het ons wêreld aangeraak. God het ons lewe en ons omgewing kom verander. Dit is wat die bekende teoloog Walter Brueggemann bedoel: In Christmas the church does not simply celebrate the birth of a wondrous baby. Through that birth we celebrate the cosmic reality that God has entered the process of the world in a decisive way that changes everything. God kom as ’n mens op aarde aan en verander die karakter van die ganse wêreld. Alles verander. Psalm 97 vier God se aanraak van die wêreld. Ontsagwekkend is God se werke, verstommend sy teenwoordigheid, kragtig en dinamies sy dade. “Die Here regeer, die aarde moet juig, al die baie eilande moet bly wees!” (vers 1).

12 God is teenwoordig God is teenwoordig
Verse 2 tot 6 sing in die oortreffende trap van God se kragtige teenwoordigheid. Die Here is nie ver nie, Hy is naby, die Here is nie passief nie, Hy regeer aktief. Watter taal gebruik mens om hierdie God te beskryf? Sal woorde soos “wolke” en “aarde” en “vuur” en “weerlig” en “berge” en “hemele” help? Die hele aarde, sê Psalm 97, daardie bol wat in die hemel om die son draai, is op die een of ander manier besig om hande te klap en die Here se Naam groot te maak. Die psalm getuig dat God dinamies in ons wêreld betrokke is. Op paradoksale manier is Hy hier, soms verskuil, ander kere so helder dat berge smelt. Hy is regverdig in sy dade.

13 Die afgode is niks Die afgode is niks
Teenoor God se magtige teenwoordigheid word die beeld en afgode in vers 7 as nikswerd geteken. Daar is niks op hierdie aarde wat nie die knie voor God moet en sal buig nie. Voor Hom hou niks stand nie, ook nie die valse sekerhede waaraan ons onsself so graag uitverkoop nie. Karl Barth, bekende teoloog, sê mens vrees óf mense en dinge, óf jy vrees God – maar nooit albei nie. Jy is óf uitverkoop aan die almagtige God, óf jy loop agter afgode aan. Dit is dwaas om ander gode en dinge te dien. Beelde en afgode is nikswerd, en almal wat hulle dien sal ontnugter word. Rob, ’n suksesvolle sakeman, vertel sy groot lewensdoel was om die hoofuitvoerende amptenaar (CEO) van ’n groot maatskappy te word. Hy het al sy energie agter dié droom ingewerp. Dit het sy lewe oorgeneem. Uiteindelik was hy toe die nek van die plek. Sy huwelik was egter daarmee heen, en sy kinders vreemdelinge. Sy lewe was leeg. Die sukses was nie so soet soos hy gedink het dit gaan wees nie. Met ’n maandelikse salaris van R200,000 in sy sak, het hy eendag tot homself gekom en ’n groot kennisgewing oor sy lewenspad geskryf sien staan: “Mislukking.” Dit is inderdaad dwaas om dinge te dien.

14 Die Here bring lig Die Here bring lig
In Ou Testamentiese taal besing Psalm 97 die Here as dié Een wat waarlik lig bring. Die Here vul die lewe met blydskap, sin en betekenis. Die Here raak die meer waarin ons almal swem vir oorlewing aan, en verander dit onherroeplik. Die Here: • regeer regverdig (vers 8) • hou die hele wêreld in sy hande (vers 9) • bewaar die lewe van sy troue dienaars, red hulle van die goddeloses (vers 10) • bring lig vir die regverdiges en blydskap vir die opregtes (vers 11). Hierdie woorde herinner aan die engele se loflied daardie eerste Kersnag: Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het! (Lukas 2:14)

15 Reaksie van lofprysing en aanbidding
’n Reaksie van lofprysing en aanbidding Die gepaste reaksie is om bly te wees in die Here en sy Naam te prys (vers 12). Ons word met hierdie woorde opgeroep om ’n erediens te hou. Om lofsange te sing. Die Here wys in Psalm 97 dat juig en jubel, lofprysing en aanbidding, nie veel te make het met hoe dit met jou gaan nie. Trouens, die psalm vra wat doen die lewe, selfs die stukkendheid van die lewe, aan jou aanbidding van God? • Maak dit jou “dood”? • Maak dit jou “hard”? • Maak dit jou “verbitterd”? • Of maak dit dat jy die Lig van Kersfees elke dag soveel helderder kan sien? • Maak dit dat jy in jou verhouding met die Here vreugde beleef? • Maak dit dat jy weet God jou sal beskerm en dra? Die Psalm sê nie ons moet die huidige wêreld ontken nie. Dit gee ons God se perspektief op die werklikheid. Dit wil juis sê dat die Here op ’n misterieuse wyse aanwesig en nie afwesig is nie. Daar is genoeg bandwydte by God dat elkeen van ons lig en blydskap en beskerming kan kry. Ons kry immers ’n vlugtige blik op God se mag. O ja, net voor ons te veel vrae het oor die sogenaamde onregverdigheid van alles – hierdie psalm is mos ’n himne, dit moet “gesing” word! Kom ons sing: Kersliedere, lofliedere en selfs klaagliedere, maar kom ons sing! Want: Die Here regeer en die aarde, ons en die hemele moet juig! Jesus het op aarde aangekom. Niks is meer dieselfde nie. Nét lofprysing en aanbidding pas by die glorie van God se teenwoordigheid.

16 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef
Sing geliefde Kersliedere. Terwyl die gemeente sing – dalk Lied 349 – laat die kinders vorentoe kom en smeer hul hande en arms vol “body glitter”. Verduidelik vir hulle dat hulle ook geskenke vir Kersfees is wanneer hulle hul lewens vir Jesus gee.

17 Volgende erediens Hebreërs 2:10-18 Volgende erediens Hebreërs 2:10-18
___ Danie Mouton Rethie van Niekerk Chris van Wyk

18


Download ppt "Psalm 97 Oorsig Ons vier Kersfees oor die misterie dat die Heilige God die hemel skeur en in Jesus Christus mens word en onder ons kom woon. Dit is nie."

Similar presentations


Ads by Google