Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

2 Tessalonisense 1: PowerPoint agtergrond Die vuur van geloof…

Similar presentations


Presentation on theme: "2 Tessalonisense 1: PowerPoint agtergrond Die vuur van geloof…"— Presentation transcript:

1 2 Tessalonisense 1:1-12 2.2 PowerPoint agtergrond Die vuur van geloof…
Titel: Day through the fire and flames, eiendom van Brian J. Matis. Die foto is geneem op 24 Oktober 2009 met ‘n Canon EOS 50D. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe. Dit is beskikbaar by

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Lied 151 Skenk ons, Here, u beskerming of VONKK 24 Gees Van God, Kom Woon In Ons of Flam 305 Daar’s ’n Vlam (Vlam) Votum (N.a.v. Ps. 17:6-8 - bidded) Ons roep U aan, want U sal ons antwoord, ons God! Luister tog na ons. Toon u wonderlike trou, U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil. Beskerm ons soos die appel van u oog, steek ons weg in die skaduwee van u vleuels. Seëngroet Vriende, ek groet julle in die Naam van die Drie-enige God. 4Hy beskut ons onder sy vleuels en is vir ons ’n veilige skuilplek. Sy trou beskerm ons aan alle kante. (Ps 91:4). Lofsang Lied 470 U, Here, is ons koning of VONKK 174 Strome Van Seën Uit Die Hemel Wet V: Wat is ons alles aan mekaar verskuldig? G: Net om mekaar lief te hê. V: Watter deel van God se wet voer ons uit wanneer ons mekaar liefhet? G: Die hele wet van God, want al die gebooie word daarin saamgevat. V: Die samevatting van die wet van God is: G: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. V: Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. G: Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. (Uit Wepener, C 2011 Soos ’n Blom na die Son Draai. Wellington, Bybelmedia.) Lied 526 Waar daar liefde is of Vonkk 57 Ek gee aan julle ’n nuwe gebod of Flam 173 Dis Die Opdrag Van God Toe-eiening (as Toewyding en Geloofsbelydenis) (Ps. 119: ) 137U is regverdig, Here, wat U bepaal, is reg. 138In groot regverdigheid en trou het U u verordeninge uitgevaardig. 139Ontsteltenis verteer my omdat my teëstanders u woord verontagsaam. 140U woord is baie suiwer, ek het dit lief. 141Al is ek gering en verag, u bevele verontagsaam ek nie. 142U is altyd getrou en regverdig, u wet staan altyd vas. 143Al oorval angs en benoudheid my, in u gebooie bly ek my verlustig. 144U verordeninge is altyd regverdig; gee my insig daarin, dat ek kan lewe.

3 God praat met ons en ons luister
Gebed O Here, onuitputlike bron van alle goeie dinge, Ons eer U vir die gawes van u liefde. Gee dat ons u Woord mag hoor meet ’n opregte begeerte om te ontvang wat dit belowe en ta gaan doen wat dit van ons vra. Graveer u Woord nie net in ons verstand nie, maar ook in ons harte. Verander ons deur u Heilige Gees om al meer aan die beeld van u Seun gelyk te word. Ons wil ons verwonder oor u heerlikheid Terwyl ons in hierdie helder spieël van u evangelie kyk. Amen (Uit: Van der Merwe, J (red.) Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle. Wellington, Lux Verbi.BM.) Skriflesing 2 Tessalonisense 1:1-12

4 Familie-oomblik 4.1 Familie-oomblik
In die brief wat ons vandag lees, word daar gepraat van die mense in Tessalonika se goeie voorbeeld. Daar word vertel van hulle geloof, liefde en volharding, wat vir ander mense ’n voorbeeld is. Vertel die storie van Mean Jean, the Recess Queen deur Alexis O’Neill (beskikbaar by Mean Jean het oor die speelgrond regeer – niemand kon swaai voor sy geswaai het nie, niemand kon op die glyplank gly voor haar nie. Sy het almal geboelie. En dan, een dag, kom daar ’n nuwe dogtertjie – Katie Sue. Katie Sue stel ’n nuwe voorbeeld. Sy vra Mean Jean om saam met haar te speel! En so word die speelgrond weer ’n wonderlike plek vir almal om te speel. Katie Sue stel ’n goeie voorbeeld vir almal om te volg. Net soos wat die mense van Tessalonika se optrede oral vir mense ’n voorbeeld was, word Katie Sue se optrede die voorbeeld vir almal – en word die skool ’n beter, lekkerder plek! As jy nie die boek koop nie, kan jy die storie kyk by en dit in jou eie woorde en styl oorvertel.

5 2 Tessalonisense 1:1-12 1.2 Fokusteks: 2 Tessalonisense 1:1-4, 11-12
1 Van Paulus, Silvanus en Timoteus. Aan die gemeente van die Tessalonisense wat aan God ons Vader en die Here Jesus Christus behoort. 2Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Die oordeel met die wederkoms van Christus 3Ons moet God altyd vir julle dank, broers. En dit is ook reg, want julle geloof neem sterk toe, en sonder uitsondering word julle liefde vir mekaar altyd meer. 4Daarom praat ons met trots van julle in al die gemeentes van God en vertel ons van julle volharding en geloof onder al die vervolging en lyding wat julle moet verduur. 5Dit alles is ’n bewys van die regverdige oordeel van God, naamlik dat Hy julle geskik geag het vir sy koninkryk, waarvoor julle nou ook ly. 6God is tog regverdig: die mense onder wie julle nou so ly, sal Hy as straf ook laat ly; 7en aan julle lyding, en ons s’n, sal Hy ’n einde maak wanneer die Here Jesus met sy magtige engele 8in ’n vuurvlam uit die hemel verskyn. Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en dié wat die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie. 9Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van sy wonderbaarlike mag. 10Dit sal gebeur op die dag wanneer Hy kom om verheerlik te word deur dié wat aan Hom behoort, om eer te ontvang van almal wat glo. Julle sal ook daar wees, want julle het ons getuienis aan julle geglo. 11Daarom bid ons ook altyd vir julle: Mag ons God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het, en mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome maak. 12So sal die Naam van ons Here Jesus deur julle verheerlik word, en julle deur Hom, in ooreenstemming met die genade van ons God en van die Here Jesus Christus.

6 Wat hou die vuur van geloof brandend?
Terwyl dit gietende reëns moet trotseer? Terwyl die vyande van geloof dit wil blus. Terwyl die sosiale afkeur en weerstand van die samelewing teen geloof dit van alle kante probeer versmoor? Hoe kry die vuur van geloof dit reg om sterker te brand teen al die pogings om dit uit te doof? Dit is 'n vuur van liefde vir mekaar, vir die naaste en vir die vyand. Dit is 'n vuur van geloof in God wat die onsigbare God in Jesus Christus sien, liefhet, dien en gehoorsaam. Dit is 'n vuur van hoop wat God se toekoms sien, al kan niemand anders dit sien nie, en al maak die wêreld dit belaglik. Met soveel vyandige kragte daarteen, hoe bly geloof brandende?

7 Geloof wat sterk toeneem
Die apostel Paulus skryf tweeduisend jaar gelede aan die gemeente in Tessalonika presies oor so 'n geloofsvuur: Ons moet God altyd vir julle dank, broers en susters. En dit is ook reg, want julle geloof neem sterk toe, en sonder uitsondering word julle liefde vir mekaar altyd meer. Daarom praat ons met trots van julle in al die gemeentes van God en vertel ons van julle volharding en geloof onder al die vervolging en lyding wat julle moet verduur. (2 Tess 1:3-4) As mens die omstandighede waaronder die evangelie na Tessalonika gekom het, en die situasie waarbinne dit gegroei het, in ag neem, weet jy hier is 'n wonderwerk aan die gang: Hulle geloof neem sterk toe Hulle liefde vir mekaar word altyd meer Die gemeente volhard en bly glo, ten spyte van vervolging en lyding. Paulus kyk egter veel verder as bloot na die geloof van die gemeente in Tessalonika. Daar sit meer agter hulle geloof as bloot eie oortuiging, durf en toewyding. Hy bring aan God die dank. God het die vonk verskaf wat die geloofsvuur laat ontvlam het. God hou die vuur brandend, en laat dit toeneem. Die gemeente se oorspronge lê dieper as hulle eie keuses. Hulle is die vrug van Vader, Seun en Heilige Gees se bediening in Tessalonika.

8 Hoe is dié vuur aangesteek?
Tessalonika staan vandag as Salonika bekend. Dit is die tweede grootste stad in Griekeland. Paulus het Tessalonika, die bedrywige hoof- en hawestad in die Romeinse provinsie Masedonië, net ’n paar weke lank besoek ten tye van sy tweede sendingreis (Handelinge 17:1-9). Tessalonika was geleë aan die hoofweg (die Via Egnatia) wat die Ooste en Weste met mekaar verbind het. Die hoofstraat was in der waarheid deel van hierdie pad. Die stad was daarby as hawestad ’n verbindingskakel met al die vernaamste hawens van daardie tyd. Gevolglik kon die gemeente ’n invloed uitoefen deur hulle gasvryheid teenoor reisigers wat by hulle stad aangedoen het. Tessalonika was geweldig belangrik vir die uitbreiding van die evangelie. Ons lees in Handelinge 17:1-9 van Paulus se bediening in Tessalonika. Hy begin soos gewoonlik met ’n besoek aan die sinagoge en fokus 3 sabbatdae na mekaar op die boodskap van die lyding en opstanding van Jesus, wat bewys dat Hy die Christus, die Messias is. ’n Aantal Jode, onder andere Jason in wie se huis Paulus tuisgaan, sowel as ’n hele aantal godvresende Grieke en ’n aansienlike aantal vooraanstaande vroue kom tot bekering. Die bekerings stuit die meerderheid ander Jode teen die bors. Hulle kom in opstand hieroor en hits die stadsbestuur aan om teen Paulus-hulle op te tree, omdat hulle die "hele wêreld" in beroering sou bring. Hulle tree glo in stryd met die keiser se wette op deur te sê dat Jesus die Here is. Paulus-hulle vertrek inderhaas na Berea waar hulle die mense meer ontvanklik vir die evangelie vind, soos ons in Handelinge 17:10-15 lees. Die Joodse oproer teen sy bediening in Tessalonika het egter tog ook oorgespoel na Berea, sodat hy ook vandaar moes vlug na Atene, waar hy sy beroemde toespraak op die Areopagus gehou het. Die kern van ’n florerende gemeente in Tessalonika was egter in dié kort tydjie gevorm. Nog heidene kom tot bekering en sluit by die gemeente aan (vgl 1 Tes 1:9 "Die mense vertel self … hoe julle julle van die afgode tot God bekeer het"). En die verbintenis met Paulus bly staan, waarvan sy twee briewe aan hulle getuig. Aristargos en Sekundus reis ook later saam met Paulus (Hand 19:29; 20:4; 27:2; Kol 4:10; Filemon 24) en moontlik selfs ook Jason soos ’n mens uit Rom 16:21 aflei. Dié brief aan die Romeine is waarskynlik ook in Korinte geskryf op Paulus se tweede besoek daar tydens sy derde sendingreis.

9 Briewe aan die Tessalonisense
Ons teks vandag kom uit Paulus se tweede brief aan die gemeente in Tessalonika. Aangesien Paulus slegs na drie weke moes vlug, was daar baie onafgehandelde sake waaroor hy met die gemeente wou gesels. Die twee briewe is baie moontlik kort na mekaar geskryf. Die gemeente in Tessalonika was enkele maande oud toe hulle die tweede brief van Paulus uit Korinte ontvang het. Paulus herinner die gemeente dat hulle onder druk sal kom weens hulle geloof, maar dat die toekoms in God se hande is. Die twee briewe word dikwels Paulus se eskatologiese briewe genoem. Die woord "eskatologies" kom van "eskaton" wat "einde" of "laaste dinge" beteken. Dit dui op die einde van die tyd met Christus se wederkoms. Paulus verduidelik dat mens die lewe van elke dag, jou geloof, toewyding en volharding aan Christus in die lig van die einde – Jesus se wederkoms – moet verstaan. Dit gee jou die krag om God elke dag te dien, en in jou geloof te groei. Hiervoor gee God jou die krag. Waar die einde vir gelowiges troos inhou, sal dit oordeel oor die gemeente se vervolgers bring. Terwyl gelowiges nou die slagoffers van lyding en vervolging is, bring die wederkoms van Jesus 'n ingrypende omkeer mee: God is tog regverdig: die mense onder wie julle nou so ly, sal Hy as straf ook laat ly; en aan julle lyding, en ons s’n, sal Hy ’n einde maak wanneer die Here Jesus met sy magtige engele in ’n vuurvlam uit die hemel verskyn. Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en dié wat die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie. Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van sy wonderbaarlike mag. Dit sal gebeur op die dag wanneer Hy kom om verheerlik te word deur dié wat aan Hom behoort, om eer te ontvang van almal wat glo. Julle sal ook daar wees, want julle het ons getuienis aan julle geglo. (2 Tess 1:6-10)

10 Dankbaar Dankbaar Ons het reeds verwys na Paulus se dankbaarheid voor die Here oor die geloof en liefde van die gemeente in Tessalonika wat sterk toeneem. Die Griekse woord wat hier gebruik word vir toeneem kan vertaal word met supergroei. Hierdie supergroei geskied ten spyte van vervolging en lyding. Paulus is diep bemoedig deur berigte oor hulle geloof. Hy erken God as die Gewer van dié groei. En dan bemoedig hy die Tessalonisense om in hul geloof te volhard. Hy doen dit deur na twee eienskappe van God te verwys: • God se regverdigheid, en • God se betroubaarheid

11 Bemoedig deur God se regverdigheid
God is regverdig. Daarom sal God nie toelaat dat die lyding wat hulle verduur ongestraf verbygaan nie. Paulus gebruik sterk taal. Die mense wat hulle nou laat ly, sal gestraf word met die ewige verdoemenis. Let op hoe die verdoemenis geteken word as "altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here" (vers 9). God se regverdigheid bemoedig die gemeente, want dit maak hulle vry om te fokus op liefde en gehoorsaamheid. Gelowiges hoef nie self reg in eie hande te neem nie. God beskerm hulle. God tree namens hulle tot die stryd toe, versterk hulle, en dra hulle tot die einde. Hierdie bemoediging laat mens dink aan Dawid se gebed in Psalm 17: Luister tog, Here, na my regverdige saak, let op my hulpgeroep. Hoor tog die gebed wat ek in alle opregtheid bid. U sal uitspraak lewer in my guns: u oë sien immers self wat reg is. As U my sou toets, my selfs in my slaap sou ondersoek, my deeglik sou keur, sou U niks verkeerds vind nie. Oor die doen en late van mense het ek niks verkeerds gesê nie: ek het my aan u bevel gehou. Elke stap van my was vas op die koers wat U aangewys het. My voete het nie daarvan afgewyk nie. Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God! Luister tog na my en hoor wat ek sê. Toon u wonderlike trou, U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil. Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels vir die goddeloses wat my wil oorweldig, die doodsvyande wat my omsingel. Sonder enige meegevoel, met monde wat aanmatigende dinge sê, omsingel hulle my waar ek ook gaan. Hulle soek my ondergang. Hulle is soos leeus, oorgehaal om te verskeur, soos jong leeus wat iets voorlê. Kom tog, Here, staan hulle voor, dwing hulle op die knieë. Red my met u swaard uit die mag van die goddeloses, met u eie hand, Here, van hierdie mense. Die versoeking is altyd daar dat gelowiges die reg in eie hande wil neem. Paulus vestig die aandag op God wat die reg handhaaf, en gelowiges se toekoms waarborg.

12 Bemoedig deur God se betroubaarheid
God is getrou, en dra sy kinders tot op die dag van Jesus se wederkoms. God sal sorg dat God se kinders deel in die verheerliking: Dit sal gebeur op die dag wanneer Hy kom om verheerlik te word deur dié wat aan Hom behoort, om eer te ontvang van almal wat glo. Julle sal ook daar wees, want julle het ons getuienis aan julle geglo (vers 10). En: So sal die Naam van ons Here Jesus deur julle verheerlik word, en julle deur Hom, in ooreenstemming met die genade van ons God en van die Here Jesus Christus (vers 12). Die gelowiges se standvastige geloof verheerlik God, en God verheerlik die gelowiges weer op God se beurt.

13 Gebed en getuienis Gebed en getuienis
Hierdie gedeelte word omraam deur: • Paulus wat vertel hoe hy oral getuig van die gemeente in Tessalonika se volharding en geloof; en • Paulus se gebed vir die Tessalonisense dat God hulle waardig sal maak vir die lewe waartoe God hulle geroep het. Hy bid dat God hulle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome sal maak. Laat ons dit vir onsself, vir mekaar en vir ander bid. Laat ons vashou aan God en die doen van dit wat reg is. Laat ons onsself oopstel sodat God God se heerlike bedoelinge deur ons kan verwesenlik. Laat ons mekaar herinner wie God is, en hoe God werk, sodat ons bemoedig en geestelik versterk kan lewe.

14 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed
Gee geleentheid vir voorbidding. Of reël vooraf mense om vir spesifieke sake in jul omgewing voorbidding te doen. Getuienis Gee geleentheid vir ’n aantal kort getuienisse, om mekaar te “herinner wie God is, en hoe God werk, sodat ons bemoedig en geestelik versterk kan lewe.” Slotlied Lied 280 Here, Redder, groot en magtig of VONKK 38 Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan of Flam 253 Met my hele hart Seën (N.a.v. 2 Tess 1:11-12) Mag ons God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het, en mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome maak. So sal die Naam van ons Here Jesus deur julle verheerlik word, en julle deur Hom, in ooreenstemming met die genade van ons God en van die Here Jesus Christus. Respons Lied 280v2 refrein: “vas kan ek op U vertrou.” Of Vonkk 89 Amen of Flam 56 Oorwinnaars (RUBRIEK: Flam – Lof/Geloof en Vertroue) Teks en musiek: Rick Moser © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lied, vol 1) (Rom 8:37) Ons is oorwinnaars! Ons sal vasstaan op Sy Woord. Oorwinnaars, deur Sy kosbare bloed! Oorwinnaars! Ons sal altyd triomfeer deur Jesus Christus, ons Heer.

15 Volgende erediens: 2 Tessalonisense 2:1-17
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Posesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

16


Download ppt "2 Tessalonisense 1: PowerPoint agtergrond Die vuur van geloof…"

Similar presentations


Ads by Google