Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Psalm 87
2
Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God
3
Hoe welkom laat ons mense by ons voel?
Hoe welkom voel nuwe lidmate of besoekers hier in die erediens? Ons sê almal is welkom, maar wie sou nie vandag hier by ons welkom wees nie? God nooi die wêreld in Sy teenwoordigheid in. Ook dié wat hulleself as vyande van God beskou.
4
Ps 87:4 “Ek reken onder dié wat my ken ook die mense van Egipte en Babel, selfs dié van Filistea, Tirus en Kus. Hulle het almal kinders van Sion geword.”
5
Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
6
Sondag van Christus, die Koning
Koninkrykstyd 26 is nie net die laaste Sondag van die kerklike jaar nie, dit is ook die laaste Sondag voor Advent, die vier weke wat ons help om vir Kersfees voor te berei. Dié Sondag staan bekend as die “Sondag van Christus, die Koning” (Christus is die Koning-Sondag). In vergelyking met die res van die kerkjaar se spesiale dae, is dit ’n relatief nuwe dag – dit is eers ingestel in November Maar daardie tyd was dit ’n kragtige simboliese handeling.
7
Europa het ’n duistere toekoms in die gesig gestaar
Europa het ’n duistere toekoms in die gesig gestaar. Mussolini was al vir drie jaar die leier van Italië. En Hitler se Nazi Party was besig om in populariteit te groei. (Die foto is van Hitler en Mussolini). Verder het die ganse wêreld die groot depressie in die gesig gestaar. Dinge kon nie nog donkerder gelyk het nie. In hierdie tyd het Pous Pius XI die uitspraak gemaak dat ten spyte van al hierdie diktators en vals waardes wat die wêreld vir ons voorhou, Christus steeds die Koning van die heelal was. Christene wou dit op dié Sondag vir die wye wêreld bely. Christene het mos geweet, het die Pous verklaar, dat hulle lojaliteit nie by diktators of mags-manupileerders lê nie, maar by Christus. Hý was die ware Leier, ons ware Koning - alle aardse heersers se tyd sal verby gaan, maar Christus is daar vir altyd.
8
God het Sion lief! Hierdie Psalm is ’n Sionspsalm waarin die lof van Jerusalem en Jahwe besing word (vgl. met Psalms 46, 48, 76 en 122). In die besonder gaan dit oor Jahwe se teenwoordigheid in Sy stad tussen Sy mense. In die eerste twee verse word die besondere liefde wat God vir Sion het, beskryf. Daar is geen ander plek wat God só liefhet nie! God is ons Vader en Jerusalem ons moeder (Gal 4:26 – die "hemelse" is ’n interpretasie wat ín vertaal is.) Sion kan ons vir onsself met “die koninkryk – die plek waar God in beheer is, die plek wat God in stand hou” - vertaal. Sion is die geestelike “tuisdorp” van God. Jerusalem is die konkrete gemeenskap, met foute en al. (Dit is ‘n foto van die tempel op Sionsberg, vandag).
9
Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
10
God se liefde is 'n ruim liefde
Vooraf – almal kla dat hierdie ’n baie moeilike Psalm is om uit die Hebreeus te vertaal. Vgl. maar die OAV en die NAV met mekaar. Die meeste uitleggers sien die Psalm as post-ballingskap. God se liefde is ’n ruim liefde. Dit sluit ook mense in wat gewoonlik as Jerusalem en die Here se vyande getipeer word. Die groot moondhede Egipte en Babel en selfs die kleiner volke soos Filistea (suidwes van Jerusalem) en Tirus (noordwes van Jerusalem) en die verre vreemde volke soos Kus (suid van Egipte) sal deel van die gesin van God word (vgl. soortgelyke gedagtes in bv. Ps 86:9; Jes. 2:2; Miga 4:1). Dis ’n ongelooflike uitspraak. Dié lande is almal plekke waar die volk van die Here gely het en waar hulle tot afgodediens verlei is (9:11; 36:11; Dan. 11:32). Dié vyf lande verteenwoordig die hele wêreld. God en Israel se vyande gaan familie van mekaar word. Die hele wêreld gaan God s’n wees. Sou nogal daar wou gewees het toe die Koragiete hierdie lied die eerste keer gesing het! Die nasionalistiese Jode sou nie baie daarvan hou nie. Vandaar sommiges (soos bv. Kraus) se poging om die Psalm te verstaan asof dit slegs na die Jode in die diaspora, wat eendag weer sal terugkeer, verwys. Ander dink weer aan enkele proseliete. Ons verkies egter die uitleg wat die klem op ál die nasies plaas. Die woord ken (דְעָי van יָדַע - vers 4) dui hier op “toewyding”, “intieme kennis”, of soos in hierdie teks, ’n “besondere verhouding”. God het nie afskeep kinders nie. Hy skryf elke kind se naam in die "kind van Sion" tabel in Sy register boek. Dit maak nie saak waar jy gebore is nie, volgens die Here sal dit wees asof dit in Sion was; God reik net een tipe geboortesertifikaat uit. Dit het verreikende gevolge. Dit beteken dat hulle kinders van die stad Sion geword het (4b) en dus daar burgerreg het (Fil. 3:20). Die register waarin God dit opteken, hou verband met die boek van die lewe (vgl. bv. Ps 69:29; Dan 12:1; Op 3:5). Hy hou nie boek van die kwaad nie, maar van Sy kinders. Daarom sal elkeen van ons – selfs ritme-uitgedaagde predikante! - eendag voor God dans en sing. Die Bybel Verklaar waarsku egter “Met blyke van feesvreugde sal al die gelowiges hulle dankbaarheid toon vir wat Sion, as vooraf-beeld van die kerk, vir hulle beteken het. Dans (2 Sam. 6:14) was in die Antieke Tyd deel van godsdienstige feeste en moet nie met die moderne dans verwar word nie.” (Volgens die Bybel Verklaar sal ons dus klaarblyklik nie vas dans nie! :-). Die Psalm se droom sou mettertyd in die OT groter momentum kry (bv. Sag 2:11; 8:22) totdat dit in die Christelike kerk, en by name in die werk van Paulus, (vgl. bv. Gal 4:26) inderdaad oor nasies en volke strek.
11
Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons
12
Dorp van die Jaar Familie-oomblik
Hulle kies mos elke jaar die dorp van die Jaar in SA, maar as daar ’n Dorp van die Jaar in die wêreld sou wees, en God sou die beoordelaar wees, sou Sion sekerlik elke jaar met die prys weggestap het! Vra kinders watter dorp in SA hulle dink die lekkerste dorp is om in te bly. Waar sou hulle graag wou bly? Vra van die ouer lidmate om te vertel op watter dorp hulle gebore is of grootgeword het.
13
Die Allerhoogste hou Sion in stand
As die Here moes kies waar Hy op aarde kon bly, sou Hy verseker in Sion gebly het (vers 2). By Sion se stadspoort sou hulle skryf: “Die Allerhoogste hou Sion in stand” Dit sou die stad se leuse gewees het. Elke skool het ’n leuse wat op hulle wapen staan. Hierdie leuse sê iets van die skool. As die leuse iets is soos: “Harde werk bring sukses” dan sê dit dat dié skool van jou verwag om hard te werk. Party mense gee ook vir hulle huise name. Bv. Ebenhaéser wat beteken: “tot nou toe het die Here ons gehelp” Of ‘ in (komma in) en ‘ weer (komma weer) wat beteken “Hier is jy welkom!”. Sion se leuse sê “Die Here hou ons in stand”. Daarom hoef die mense van dié stad glad nie bang te wees nie. Maar die wonderlike is dat wat van Sion waar is, ook van jóú waar is. Die Here hou ook Sy kinders in stand en eintlik kan jy dit op jou kamerdeur plak en jou naam in die plek van Sion skryf. (Druk op papier uit: Die Here hou _________ in stand, daarom is almal in my kamer welkom (Deel dan vir elkeen so ’n sin uit en laat hulle dan hulle name daarin skryf)
14
Met ’n dorp se eeufeesviering is al die ou inwoners van die dorp gevra om te poseer vir ’n foto vir die eeufees blad. ’n Ou oom van 75 het ook na die fotosessie gekom, hy het immers al reeds 46 jaar lank op die dorp gebly. Groot dus was sy verbasing toe die voorsitter van die Eeufees komitee hom daarop wys dat die foto net van die “ware inwoners” van die dorp is – die wat daar gebore is. Al het hy reeds 46 jaar lank daar gebly, is hy nie deur die “ware inwoners” as een van hulle beskou nie. Hierdie gebeurtenis speel hom in talle dorpe en gemeentes af waar daar selfs gepraat word van “Inkommers” – die wat nie van die begin af daar was nie. Party van ons dink altyd aan onsself as die “in-crowd”, ons dink nie aan onsself as dié wat later eers ingekom het nie. Ander van ons sal altyd voel daar’s iewers ’n “in-crowd” waarin jy graag sou wou wees, maar waar jy nie kan inkom nie.
15
Vertel van ’n oomblik toe jy onwelkom op ’n plek gevoel het
Vertel van ’n oomblik toe jy onwelkom op ’n plek gevoel het. Of van ’n tyd toe jy graag deel wou wees van ‘n groep, maar jy altyd “uit” gevoel het. Vra mense om te vertel van ’n oomblik toe hulle onwelkom op ’n plek gevoel het. Of van ’n tyd toe jy graag deel wou wees van ’n groep, maar jy altyd “uit” gevoel het. In Sion sal jy meer as welkom wees. Jy sal daar gebore wees. Jy sal deel wees daarvan.
16
Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
17
Bono U2 In Februarie 2003 het die tydskrif Christianity Today ’n onderhoud met Bono, die hoofsanger van die rock-groep U2, geplaas waarin daar veral klem geplaas is op en sy pogings om die kerk meer betrokke te kry by die stryd teen Vigs. Bono het die beste voorbeeld van die “unchurched Christian” geword. Bono self was eens betrokke by ’n onafhanklike geloofsgemeenskap, maar woon nou selfde ’n erediens by. Hy bid nog. Hy vra die seën voordat hy eet. Hy het ’n gunsteling Bybelvertaling. Maar hy wil nie vasgedruk wees nie. “I just go where the life is, you know? Where I feel the Holy Spirit,” het Bono aan Christianity Today se verslaggewer, Cathleen Falsani, gesê. “If it's in the back of a Roman Catholic cathedral, in the quietness and the incense, which suggest the mystery of God, of God's presence, or in the bright lights of the revival tent, I just go where I find life. I don't see denomination. I generally think religion gets in the way of God.”
18
“I just go where the life is, you know. Where I feel the Holy Spirit
“I just go where the life is, you know? Where I feel the Holy Spirit. If it's in the back of a Roman Catholic cathedral, in the quietness and the incense, which suggest the mystery of God, of God's presence, or in the bright lights of the revival tent, I just go where I find life. I don't see denomination. I generally think religion gets in the way of God.”
19
Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
20
Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig
21
“I got all the glory” Toe Kevin Bacon, die ster van “Footloose” sy seuntjie geneem het om vir die eerste keer sy pa in dié rolprent te sien, vertel Bacon dat sy seun na die tyd baie gevra het: “Pa, dit was regtig cool toe Pa van die dak gespring het en aan die paal geswaai het. Hoe het Pa dit reggekry?” “Wel, seun,” het Bacon geantwoord, “Ek het nie eintlik daardie gedeelte self gedoen nie. ’n Waaghals (stunt man”) het.” “Wat's ’n waaghals?” het sy seun nuuskierig gevra. “Dis iemand wat soos ek aantrek” het Bacon verduidelik “en dinge doen wat ek nie kan doen nie. Dinge wat te gevaarlik is.” “O... Wat van daardie stuk waar jy rondswaai en op jou voete land. Hoe het jy dit gedoen ?” “Wel, seun,” het Bacon gesê, “dit was weer die waaghals, en nie ek nie. Hy is regtig goed met gimnastiek.” “O,” het sy seun gesê. Daar was ’n lang stilte, voordat hy weer gevra het: “Pa, wat het Pa nou eintlik in die fliek gedoen ?” Waarop Bacon geantwoord het, “I got all the glory.”
22
Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
23
As God ons Vader, jou jare lange vyande as Sy kinders reken, wat is die implikasies vir ons, vir hoe ons leef met mense wat ons nie vertrou nie, wat nie deel van ons is nie, wat jou ongemaklik maak, wat anders is as ons, wat ek selfs haat? As God ons Vader, Egipte, Babel, Filistea, Tirus en Kus (jou jare lange vyande) as Sy kinders reken, wat is die implikasies vir ons, vir hoe ons leef met mense wat ons nie vertrou nie, wat nie deel van ons is nie, wat jou ongemaklik maak, wat anders is as ons, wat ek selfs haat?
24
As Jerusalem (die kerk, foute en al) ons almal se moeder is, wie sit saam met ons aan by die feesmaal, wie nooi ons saam na die dansvloer en wie se liedere sing ons almal? As Jerusalem (die kerk, foute en al) ons almal se moeder is, wie sit saam met ons aan by die feesmaal, wie nooi ons saam na die dansvloer en wie se liedere sing ons almal?
25
Flam 18 Ek kyk op (U is heilig, Heer)
Ek kyk op, op, op, op, hoër as die berge en ek sien my God waar Hy sit op sy troon.
26
Ek buig laag, laag, laag, laag,
laer as gewoonlik en saam met die engele daar rondom sy troon,
27
sing ek: "Heilig, heilig, heilig is die Here. Heilig, heilig, heilig is die Heer."
28
Ek kyk ver, ver, ver. ver, tot in aller ewigheid en ek sien my God sit nog steeds op sy troon,
29
want Hy heers, vir ewig, oor sy hele skepping, in die nuwe hemel sing ons saam om sy troon:
30
Abba, Vader, Skepper van die heelal, ons aanbid U, U is heilig, Heer.
31
Jesus, Christus, Lam van God, Verlosser, ons aanbid U, U is heilig, Heer.
32
Gees van Waarheid, Trooster en ons Leidsman, U is heilig, ons aanbid U, Heer.
33
Flam 29 Kale knieë Ek hef my hande op na U, o Heer, en op my kale knieë kniel ek voor U neer. Met my gesig na die grond en met leë hande op na U, aanbid ek U Naam, Koning Jesus.
34
Halleluja, halleluja, U is heilig, U is almagtig. O, halleluja
35
Ek wil kom dankie sê, op my kale knieë en als wat ek wil hê, net vir eers laat lê, want om net so by U te wees - sonder voorbehoud en sonder vrees - is meer werd as goud, Koning Jesus
36
Halleluja, halleluja, U is heilig, U is almagtig. O, halleluja
37
Koning Jesus ek bring lof aan U. Heilige Trooster, ek vereer U
Flam 48 Hemelvader Hemelvader, ek aanbid U. Koning Jesus ek bring lof aan U. Heilige Trooster, ek vereer U Vir ewig wil ek U Naam verhoog.
38
ek buig neer voor U as ek sing aan die Koning van die eeue, amen
Halleluja, halleluja, ek buig neer voor U as ek sing aan die Koning van die eeue, amen
39
God praat – Leef Luisterryk
Eerste gedrukte media vir die Seisoen van Luister. Pakket met 10 boekies vir kleingroepe met 1 begeleiersgids – R49.95 Bestel by Bybel-Media
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.