Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Lied 159:1 God is hier teenwoordig; laat ons biddend nader, hier waar ons voor Hom vergader.

Similar presentations


Presentation on theme: "Lied 159:1 God is hier teenwoordig; laat ons biddend nader, hier waar ons voor Hom vergader."— Presentation transcript:

1

2 Lied 159:1 God is hier teenwoordig; laat ons biddend nader, hier waar ons voor Hom vergader.

3 L 159:1 (vervolg) God is hier teenwoordig. Heilig is die Here; buig in stilte, Hom ter ere! Wie Hom roem, wie Hom noem Heer en Hemelvader, kom nou almal nader

4 L 159:2 God is hier teenwoordig. Here, gee ons vrede, wees genadig, wil vergewe. Ons is swak en sondig, maar ons lied verkondig: U's die bron van alle lewe. U is Heer, U regeer. Lei ons al ons dae na U welbehae.

5

6 Lied 215:1 Besing die lof van Jesus saam, ook eng'le bring Hom eer. Juig hemel, aarde, roem sy Naam en dien Hom, volg Hom, loof Hom Christus is dié Heer!

7 Verdwaasde mens, aanvaar dit nou Dat Hy jou heil begeer;
Lied 215:3 Verdwaasde mens, aanvaar dit nou Dat Hy jou heil begeer; Bekeer jou, en sy Gees sal jou Laat loof en prys en jubel – Christus is diè Heer!

8 Lied 215:4 Wees, volkere, opreg en wys; besef dat Hy regeer; wil Hom bo alle vorste prys en eer Hom, daagliks, oral - Christus is dié Heer!

9 Lied 215:5 Hy wat as die oorwinnaar staan, kom op die wolke weer. Hef al wat leef jul loflied aan en dien Hom, volg Hom, loof Hom - Christus is dié Heer!

10 Psalm 150:1 Prys die Here, almal kom,
loof Hom in sy heiligdom. Prys Hom met die harp en lier hier op aarde, prys Hom hier. Prys sy dade sterk en kragtig; Sing jul loflied in 'n koor. Jubel so dat almal hoor: Hy is groot en Hy is magtig.

11 Psalm 150:2 Laat ons God se grootheid vier. Loof en prys Hom met die lier. Bring die tamboeryn en snaar en die horing bymekaar. Prys met musikale rykdom, harp en fluit en die simbaal Almal wat kan asemhaal: Halleluja! Loof en prys Hom!

12 Lied 207:1 Eer aan die Vader, wat alles gemaak het;
eer aan die Seun, ons Verlosser en Vriend; eer aan die Gees wat ons lei in die waarheid – aan God drie-enig ons lof en ons lied.

13 L 207:1(vervolg) Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees.

14 Lied 207:3 Wek in ons liefde, o Heer, vir u waarheid: Waarheid gee insig, versterk en maak vry. U is die Waarheid, die Weg en die Lewe: U woon in ons en laat ons in U bly.

15 L 207:3(vervolg) Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees.

16 Lied 207:4 Maak ons, o Heer, u getroue getuies dat ons met vreugde dit oral vertel: Christus, oorwinnaar oor dood en oor chaos. Hy ken ons nood, Hy kom red en herstel.

17 L 207:4(vervolg) Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees.

18 Offergawe onder die diens: Sarfat By die deure: GKSA Sustentasie

19 Ons Oorwinning is in ons Aanbidding!
Beleef die Oorwinning!

20 Ons aanbidding het aandag nodig!
“True worship doesn’t put on a show or make a fuss; true worship isn’t forced, isn’t half-hearted, doesn’t keep looking at its watch, doesn’t worry what the person in the next pew is doing. True worship is open to God, adoring God, waiting for God, trusting God even in the dark.” - N.T. Wright

21 2 Kron. 20:1-24 Later het die Moabiete en die Ammoniete, en saam met hulle ’n groep Meüniete, ’n veldtog teen Josafat begin.2Josafat het berig gekry: “’n Groot menigte van oorkant die Dooie See, van Edom af, het teen u opgetrek. Hulle is al by Gaseson-Tamar, dit is En-Gedi.”3Josafat was bang en het by die Here hulp gesoek. Hy het ’n vasdag in die hele Juda uitgeroep, 4en die Judeërs het bymekaargekom om die hulp van die Here te vra. Uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here se hulp te vra.

22 5Josafat het opgestaan in die gemeente van Juda en Jerusalem, in die tempel reg voor die nuwe voorhof, 6en gebid: “Here, God van ons voorvaders, U is God. U heers uit die hemel oor al die koninkryke van die nasies. Uit u hand kom die mag en die krag. Niemand kan teen U stand hou nie. 7Dit is U, ons God, wat die vroeëre inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdryf het en die land aan die nageslag van u vriend Abraham as ’n blywende besitting gegee het. 8Hulle het hulle hier gevestig en hier vir u Naam ’n heiligdom gebou en gesê:

23 9‘As U ’n ramp oor ons bring, of ’n oorlog om ons te straf, of pes, of hongersnood, sal ons voor hierdie tempel kom staan, voor U, want u Naam is in hierdie tempel, en ons sal na U om hulp roep uit ons nood. Hoor dan en help ons!’ 10“Nou het die mense van Ammom en Moab en die Seïrberge gekom. U het Israel met sy trek uit Egipte nie toegelaat om in hulle gebied te kom nie. Die Israeliete het daardie mense vermy en hulle nie uitgeroei nie. 11Maar nou vergoed hulle ons deur te kom en ons uit u besitting te wil verdryf wat U aan ons gegee het.

24 12Ons God, sal U hulle nie straf nie, want ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie. Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is op U gerig.” 13Die hele Juda en hulle afhanklikes, vrouens en kinders, het daar voor die Here gestaan. 14Toe kom die Gees van die Here daar in die gemeente oor die Leviet Jagasiël seun van Sagaria, seun van Benaja, seun van Jeïel, seun van Mattanja, uit die nageslag van Asaf, 15en sê: “Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat!

25 So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie ’n saak vir julle nie, maar vir God. 16Trek hulle môre tegemoet wanneer hulle in die Bloeiselpas opkom. Julle sal hulle aantref by die punt van die vallei wat in die Jeruelwoestyn uitloop. 17Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees.”

26 18Toe kniel Josafat, en al die mense van Juda en Jerusalem het voor die Here gebuig en Hom eer betoon. 19Daarna het die Leviete van die Kehat- en die Koraggroepe opgestaan en die Here die God van Israel uit volle bors geprys. 20Josafat-hulle is die volgende môre vroeg uit na die Tekoawoestyn toe. Terwyl die manne vertrek, het Josafat daar gestaan en hulle toegespreek: “Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Stel julle vertroue in die Here julle God, en julle sal vas staan. Stel julle vertroue in sy profete, en dit sal goed gaan met julle.”

27 21Josafat het met die volk oorleg gepleeg en toe sangers laat plek neem voor die gewapende manne. Hulle het vooruit geloop in hulle gewyde klere en die Here geloof met die woorde: “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie.” 22Juis toe, toe die sangers met die lofprysing en gebed begin, het die Here onverwagte aanvalle bewerk op die Ammoniete, die Moabiete en die mense van die Seïrberge wat teen Juda opgetrek het, en hulle het die een neerlaag na die ander gely.

28 23Toe val die Ammoniete en die Moabiete die inwoners van die Seïrberge aan en spaar niemand nie en roei hulle uit. En toe hulle klaar was met die inwoners van Seïr, het hulle mekaar begin uitdelg. 24Toe die Judeërs by die uitkykpos teenaan die woestyn kom en na die magtige vyand soek, lê daar net lyke op die grond. Daar was nie een oorlewende nie.

29 Waar begin aanbidding?

30 Wat is aanbidding?

31 Oor wie gaan aanbidding?

32 Van aanbidding tot oorwinning

33 LIED 203:1 Loof die Here, al wat lewe, wil Hom dank en hulde bring
Hy het al ons skuld vergewe; ons 'n nuwe lied laat sing.

34 Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom! Loof die Vader, God en Heer!
L 203:1 (vervolg) Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom! Loof die Vader, God en Heer!

35 L 203:2 Loof Hom wat in groot genade ons deur eeue heen behou; loof Hom vir sy reddingsdade - vas kan ons op Hom vertrou. Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom! Hy's genadig en getrou.

36 L 203:3 Soos 'n vader sorg vir kinders, sorg die Heer vir wie Hom vrees Hy vergewe hul oortredings en berei 'n vreugdefees Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom! Laat ons Hom gehoorsaam wees!

37 L 203:5 Loof die Here, maan en sterre, waar jul in die wydtes kring. Loof Hom, engele en mense, almal wat sy wil volbring! Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom - o my siel, bly Hom besing!

38 Seën

39 Amen Amen Amen


Download ppt "Lied 159:1 God is hier teenwoordig; laat ons biddend nader, hier waar ons voor Hom vergader."

Similar presentations


Ads by Google