Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Efesiërs 1:15-23 Efesiërs 1:15-23 (Hemelvaart) Paulus se gebed

Similar presentations


Presentation on theme: "Efesiërs 1:15-23 Efesiërs 1:15-23 (Hemelvaart) Paulus se gebed"— Presentation transcript:

1 Efesiërs 1:15-23 Efesiërs 1:15-23 (Hemelvaart) Paulus se gebed
15Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges, 16hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, 17bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. 18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. 22Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Efesiërs 1 herinner ons aan alles wat ons het en Wie Jesus is...
’n Kategeet het besluit om een môre ’n moeilike vraag vir sy groep te vra: “As Jesus aan die regterkant van die Vader sit, wie sit aan Sy linkerhand?” Een kind het dadelik uitgeroep: “Ons, ons!” Efesiërs 1 herinner ons aan alles wat ons het en Wie Jesus is... Lees Efes 1:15-23

4 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

5 Familie Oomblik: Wat kan jy sien?
Kry by ’n winkel soos die Crazy Store van daardie goedkoop, plastiek brilletjies. Maak dan verskillende “lense” vir die brilletjie. Die lense kan doodeenvoudig ’n velletjie papier wees wat jy met vier skuifspelde aan die brilraam vassteek. Die lense moet verskillende goed simboliseer. Skryf byvoorbeeld op die een stel lense “sonde” en druk klein gaaitjies met ’n speld in die papier waardeur hulle dan moet kyk. Op die ander stel lense kan “bekommernisse” geskryf wees. Maak groter gaaitjies met ’n pons. Jy kan ook lense van “jaloesie” en “woede” en “kleingeloof” maak en elke keer besluit hoe klein of groot die gaatjies moet wees wat vir jou mindere of meerdere sig toelaat. As alternatief kan jy ook verskillende tipes materiaal gebruik, bv. meer deursigtige of minder deursigtige materiaal. Maak laastens ’n paar lense van ’n transparant vel en noem dit “vergifnis”. As jy nie self een het nie, leen by een van die jagters in jou gemeente ’n infra-rooi teleskoop. Maak die kerk so donker moontlik en laat van die kinders daardeur kyk. As alternatief kan jy ’n stukkie video wys waar die kamera infra-rooi gebruik bv. ’n diere-video op 50/50. Verduidelik dat dit iets sê van wat Paulus bedoel het met ‘om met geloofsoë te kyk’. Jy sien wat ander nie kan sien nie.

6 Jy kan ook hierdie prente gebruik: Links is ’n pelikaan, regs bo ’n pikkewyn en regs onder ’n trop zebra’s – gesien deur infra-rooi.

7 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

8 Efesiërs 1:15-23 Efesiërs 1:15-23 [1] Konteks
Die Efesiër-brief is nie geskryf om dwaalleer of verkeerde praktyke reg te stel, of selfs om op spesifieke vrae van die gemeente te antwoord nie. Dit is bloot ’n brief van bemoediging. In alle waarskynlikheid was dit bedoel om in die hele streek gelees te word. Daar is byvoorbeeld baie min persoonlike verwysings in die brief, wat vreemd is, aangesien Paulus lank in die stad gewoon het.[2] ’n Ander teorie is natuurlik dat Paulus nie die brief geskryf het nie. Die eerste twee hoofstukke van Efesiërs handel oor die verlossing deur Christus, waarop die eenheid van die kerk (3–4:16) en die nuwe lewe in Christus (4:17–6:24) aan die orde kom. In 1:15-23 skryf Paulus in een lang sin oor sy dank teenoor God vir die geloof van die gelowiges in die streek van Efese (1:15–16) en gee hy verslag van sy voorbidding vir hulle (1:17–21) voordat hy afsluit met ’n belydenis oor Christus se hoofskap van Sy kerk (1:22–23). Danksegging (1:15–16) Die gedeelte begin, soos wat antieke briewe dikwels gedoen het, met ’n danksegging oor die lesers daarvan. Wat hier belangrik is om raak te sien, is dat Paulus vir God dank vir die liefde en geloof van die gelowiges aan wie hy skryf. Hy spreek nie sy dank teenoor hulle uit nie. Dit is immers aan God te danke dat hulle só lewe. Dit is verder opvallend dat alhoewel Paulus beslis dinge van God gevra het in gebed, sy gebede soos hier veral gekenmerk word deur danksegging en lofprysing. Anders as Job het hy nie rugby gekyk nie[3]. Voorbidding vir die gelowiges (1:17–21). In dié gedeelte gee Paulus verslag oor waarvoor hy bid vir die gelowiges rondom Efese. Paulus se herkenning van God se genadige werksaamheid in gelowiges, laat hom naamlik bid dat God nóg méér in hulle sal doen. Spesifiek bid hy dat gelowiges veral drie aspekte van hulle verlossing sal beleef: (1) wysheid, (2) ’n openbaring van God sodat hulle Hom werklik kan ken, (3) en insig sodat hulle kan weet watter hoop hulle roeping inhou en watter rykdom daar in hulle erfenis is. - Wysheid dui hier op ’n praktiese verstaan van wat God in Jesus gedoen het. Wysheid het ook ’n etiese dimensie deurdat dit beteken om in die alledaagse lewe in die regte verhouding met God te lewe. Anders gestel - dit is die kuns om as gehoorsame gelowige te leef in die wêreld. Paulus vra hier dat die Heilige Gees – letterlik die Gees van wysheid – dit aan hulle sal skenk. - ’n Openbaring is nodig om God en Sy plan vir die wêreld werklik te leer ken soos wat dit in Jesus bekendgemaak is (1:17). Dit is die vrug van Goddelike verligting (2 Kor 4:6) en is ’n besondere gawe van die Heilige Gees (1 Kor 1:5; 12:8; 13:2, 8; 14:6; 2 Kor 8:7). Dit veronderstel ’n innige verhouding met God. Om die Here te ken, is ook om volgens Sy wil te lewe (Eks 33:13). - Dat God hulle geestesoë sal verhelder (vers 18). Letterlik moet die oë van hulle hart verhelder word (vandaar die song “Open the eyes of my heart Lord...”). Hulle oë moet oopgaan sodat hulle drie geestelike dinge moet kan raaksien en verstaan: (a) Die hoop wat God se roeping vir hulle inhou. (b) Die rykdom wat daar is in die heerlike erfenis wat God vir die gelowiges bestem het. (c) Die geweldige grootheid van God se krag wat Hy uitoefen in gelowiges. Vir Paulus is die opwekking van Jesus uit die dood, en Sy verheerliking, die beste illustrasie van God se krag. Beide is belangrik. Danksy Sy verheerliking, is Christus nou in beheer oor die hele kosmos. Hy regeer oor alle magte en kragte. Daar is letterlik niks in die hemel en op die aarde wat nie aan Hom onderwerp is nie (vers 21). Gelowiges kan dus leef soos vrygemaakte mense. Belydenis oor Christus as Hoof (1:22-23) In vers 20 tot 21 het Paulus begin om ’n geloofsbelydenis oor Christus te doen. In vers 22 tot 23 stel hy dit nou onomwonde: God het Jesus Christus hoof van Sy liggaam, die kerk, gemaak. Christus is die hoof van die liggaam en gelowiges is die liggaam daarvan. Waar Christus oor alles regeer (vers 21), beklee die kerk 'n spesiale plek. Net die kerk is Christus se liggaam. Die kerk is dus spesiaal omdat Christus dit op ’n besondere wyse met Sy teenwoordigheid vul (vers 23). Die liggaam-beeld kom ook in Rom 12:4–5; 1 Kor 12:12–27, Kol 3:15 en dwarsdeur die Efesiër-brief voor en beklemtoon die eenheid wat daar in die kerk bestaan. Let op die trinitariese karakter van Paulus se gebed. Paulus bid dat die Vader van Jesus Christus deur Sy Gees (letterlik “die gees van wysheid”) aan ons wysheid sal gee (vers 17). Let ook op hoedat geloof, hoop en liefde in die gedeelte funksioneer (vers 15 & 18). [1] Bronne Lincoln, A T Ephesians (WBC 42). Roberts, J J Die brief aan die Efesiërs. [2] In 53 nC, op pad terug Jerusalem toe na sy eerste sendingreis, het Paulus vir die eerste keer vinnig daar aangedoen (Hand 18:19–21). Hy het ’n jaar later tydens ’n volgende reis (ongeveer 53–57 nC) weer daar aangedoen en toe ’n volle drie jaar daar gewerk. Die oudste dokumente maak ook geen melding in vers 1 dat dit aan die gemeente in Efese gerig was nie. [3] Die grappie sal egter slegs deur Bulle, Cheetahs en Leeus-ondersteuners gebruik kan word.

9 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

10 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

11 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

12 Maak die oë van my hart oop…
Paulus gebruik ’n unieke term: maak die oë van ons harte oop… sodat ons op ’n unieke manier God se wonderlike geskenk aan ons as Sy familie kan snap en ons oë kan oophou vir Jesus se unieke manier van doen in die hier en nou as die Koning van die wêreld!

13 1. “Watter hoop Sy roeping inhou”

14 “Om goed en beter te voel, het vir ons baie belangriker geword as om God te ontmoet. Ons moet die vraag vra: “Lewe ons net, of wandel ons saam met God?” Larry Crabb “Om goed en beter te voel, het vir ons baie belangriker geword as om God te ontmoet. Ons moet die vraag vra: “Lewe ons net, of wandel ons saam met God?” (Larry Crabb).

15 As ons regtig God sien vir Wie Hy is, en onsself vir wie ons is en was, dan is dit nou rede om fees te vier! As ons regtig God sien vir Wie Hy is, en onsself vir wie ons is en was, dan is dit nou rede om fees te vier!

16 Hemelvaart is ons ‘red carpet’ uitnodiging na die lewe hier en nou
Fred Craddock vertel dat hulle arm was en dat sy tiener suster boonop ’n lelike vel gehad het. Toe kry sy ’n rooi tapyt (red carpet – agtergrond) uitnodiging van Cullen Lyle, die dorp se ryk meisie, na dié se oorslaappartytjie by haar spoghuis! Fred vertel dat dit sy suster se lewe verander het – sy het tot in haar sewentigs nog daarvan gepraat! Die lewe begin as die oë van jou hart oopgaan en jy besef dat God jou geroep het… op jou naam… dan begin jy jouself word en vir die eerste maal regtig lewe. Dit gee jou hoop nie net vir eendag nie, maar ook vir die hier en nou! Hemelvaart is ons red carpet uitnodiging na die lewe, na die lewe hier en nou.

17 Die soen wat ’n seun in ’n sendeling verander het
Robert Moffat, die sendeling, vertel dat sy passie vir God begin het by sy ma. Sy ma se soen was die oorsaak. Toe hy die huis verlaat het, het sy ma saam met hom ’n ent gestap. Einde ten laaste was dit groet-tyd en sy ma het na hom gedraai en gesê: “Robert, belowe my iets!” “Wat?” het hy gevra. “Belowe my” het sy weer herhaal. “Ma moet eers vir my vertel, voor ek kan belowe!” “Dis iets wat jy baie maklik kan doen.” het sy gesê:” Belowe jou ma.” Hy het in haar gesig gekyk en gesê: “Goed en wel, ma, ek sal enigiets doen wat ma wil hê.” Sy het sy gesig tussen haar hande vasgehou, sy gesig nader aan hare gebring en gesê: “Robert, jy gaan in ’n bose, slinkse wêreld in. Begin elke dag saam met God. Eindig elke dag saam met God.” Toe het sy hom gesoen. Robert Moffat sê daardie soen het hom ’n sendeling gemaak…

18 Jy is geroep om agter die Koning Jesus aan te loop...

19 2. ’n Heerlike Erfenis 2. ’n Heerlike Erfenis

20 Wanneer die oë van jou hart oopgaan, sien jy ook watter heerlike erfenis aan ons gegee is
Wanneer die oë van jou hart oopgaan, dan sien jy ook watter heerlike erfenis aan ons gegee is.

21 Die verlore skildery Daar word vertel dat William Randolph Hearst bekend was as ’n kuns-versamelaar. Hy het blykbaar ’n fortuin in kunsversameling gehad wat hy in verskillende pakhuise gehou het. Eendag het gelees van ’n ongelooflike waardevolle kunswerk en hy was vasberade om dit te besit en hy het sy agent laat soek daarvoor. Maande het verbygegaan voordat die agent dit kon opspoor. Toe Hearst vra waar die kunswerk te kry is, toe vertel die agent hom dat dit in William se eie pakhuis was. Hy het dit jare gelede self gekoop!

22 “Julle gelowiges het dit alles, as julle net weet julle het dit
én as julle net weet hoe om dit te vertel.” George MacLeod van die Iona Community, vertel van ’n keer toe hy ’n gesprek met ’n Marxis gehad het wat nog nooit ’n verduideliking van die Christendom gehoor het nie. Die man het met verwondering geluister na McLeod se verduideliking en toe bars hy uit: “Julle gelowiges het dit alles, as julle net weet julle het dit én as julle net weet hoe om dit te vertel.” Loop jou geloof deur jou erfenis 24/7 te vier en te leef.

23 3. Hoe geweldig groot Sy krag is wat Hy in ons uitoefen

24 “Ek is tot alles instaat deur Hom wat my krag gee.”
Fil 4:13 Dit is hoe Paulus hierdie groot krag op ’n ander plek verduidelik: “Ek is tot alles instaat deur Hom (Christus) wat my krag gee.” (Fil 4:13).

25 “The adventure has gone out of the Christian venture.”
Ons snap dit nie, daarom dat DH Lawrence al in 1924 skrywe: “The adventure has gone out of the Christian venture.”

26 Ons dink te klein oor God
Ons waag nie meer nie, want ons dink mos die bome laat die wind waai… nie andersom nie. Ons dink te klein oor God...

27 Op 29 Mei 1953 word Edmund Hillary die eerste man om Mount Everest uit te klim. Maar jy moet verstaan dat hy eers misluk het voordat hy sukses behaal het. Jy sien, in 1952 het hy probeer om Mount Everest te klim, maar hy het misluk! ’n Paar weke later moes hy ’n groep mense in Engeland toespreek. Toe hy op die verhoog verskyn, was daar ’n oorverdowende applous. Die mense het sy grootse poging erken, maar Edmund het homself egter as ’n mislukking gesien! Hy het by die mikrofoon gaan staan, gewys na die prent van ’n berg en met ’n harde stem gesê: “Mount Everest, you beat me the first time, but I'll beat you the next time because you've grown all you are going to grow... but I'm still growing!”

28 “Krag is die kapasiteit, vermoë en die gewilligheid om op te tree!”
Christene moet leer om hierdie krag te gebruik – een van die beste definisies daarvan, is dit: “Krag is die kapasiteit, vermoë en die gewilligheid om op te tree!”

29 As die oë van jou hart vir die drie dinge oopgaan, gebeur daar iets met jou… jy skuif van suksesvol na betekenisvol, want jy weet Wie Christus is en wie jy is. As die oë van jou hart vir die drie dinge oopgaan, gebeur daar iets met jou… skuif van suksesvol na betekenisvol, want weet Wie Christus is en wie jy is.

30 “Ek maak ’n verskil. Wat maak jy?”
’n Klomp gaste het rondom ’n tafel na ete gesit en die lewe bespreek. Een man, ’n groot kop in ’n groot maatskappy, het die probleem met die onderwys verduidelik. Hy het geredeneer: “Wat kan ’n kind leer by iemand wat besluit het sy beste opsie in die lewe is om ’n onderwyser te word?” Hy het die ander gaste herinner wat die definisie van onderwysers is: “Hulle wat kan, doen iets anders en maak ’n klomp geld! Hulle wat nie kan nie, gee onderwys.” Om sy punt nog duideliker te maak draai hy na een van die gaste: “Jy is ’n onderwyser, Susan. Be honest. Wat maak jy?” Susan, wat ’n reputasie gehad het vir eerlikheid en reguit wees en geen nonsens nie, het geantwoord: “Jy wil weet wat maak ek? Ek maak dat kinders harder werk as wat hulle gedroom het hulle kan! Jy wil weet wat ek maak? Ek maak dat kinders wonder. Ek maak dat hulle soms dinge bevraagteken. Ek maak dat hulle om verskoning vra en dit bedoel! Ek maak hulle skryf. Ek maak hulle lees, lees en lees! Ek maak dat hulle in hulleself glo. Ek maak hulle verstaan dat as jy jou verstand gebruik en jou hart volg en iemand oordeel jou op wat jy maak, moet jy geen aandag aan so iemand gee nie omdat hulle nog niks regtig geleer het nie!” Susan het vir oomblik stilgebly en toe aangegaan: “Jy wil weet wat ek maak? Ek maak ’n verskil! Wat maak jy?”

31 In Jesus se hemelvaart het ons alles gekry om nie net ’n verskil in die wêreld te maak nie, maar om daarvan ’n anderse wêreld te maak! In Jesus se hemelvaart het ons alles gekry om nie net ’n verskil in die wêreld te maak nie, maar om daarvan ’n anderse wêreld te maak!

32 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

33 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

34 Gebruik ook prentjie van lig wat op woordeboek skyn

35 Elna Mouton e.a. Moed om mens te wees Prys: R59.95
10 Bybelstudies oor ’n ongewone gesin – Marta, Maria en Lasarus Bestel by: Prys: R59.95


Download ppt "Efesiërs 1:15-23 Efesiërs 1:15-23 (Hemelvaart) Paulus se gebed"

Similar presentations


Ads by Google