Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Matteus 13:1-9, 18-23.

Similar presentations


Presentation on theme: "Matteus 13:1-9, 18-23."— Presentation transcript:

1 Matteus 13:1-9, 18-23

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
PowerPoint agtergrond Die Saaier deur Vincent van Gogh, in die publieke domein. Onthou dat dataprojektors en die lig in kerkgeboue verskil. Toets altyd jou skyfies vooraf. Indien nodig, kan jy die kleur van die teks-agtergrond verander. Of gebruik die foto deur Nick Thompson (creative commons lisensie) van ’n vroeg-Christelike graveerwerk, Terme di Diocleziano, Museo Nazionale Romano, Rome. God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Hierdie pragtige reeks werke, wat die verskillende grond uitbeeld, is deur madison.murphy by flickr.com onder creative commons lisensie. Al wat sy vra, is dat jy kommentaar lewer om vir haar te sê waar jy die werke gebruik het. (Regsklik telkens en kies die grootte wat jy wil aflaai.) Klippe: Groei: Voëls:

4

5 God nooi ons uit en ons kom tot rus

6 God praat met ons en ons luister

7 Familie-oomblik

8 'n Vrou droom een nag oor Jesus
'n Vrou droom een nag oor Jesus. In haar droom loop sy by 'n winkel in 'n groot sentrum in, en kry Jesus agter die toonbank. "Jy kan enigiets kry wat jou hart begeer," sê Jesus. Verstom, maar baie bly, vra die vrou vir vrede, vreugde, wysheid en om vry van vrees te wees. En sy voeg by: "Nie net vir my nie, maar vir die hele wêreld." Jesus glimlag in haar droom en sê: "Ek dink jy verstaan my verkeerd. Ons verkoop nie vrugte nie, net saad."

9 Ontvangs van die koninkryk Ontvangs van die koninkryk
Jesus praat in ons teks oor die koninkryk van God wat in die vorm van saad na mense kom. Saad moet reg ontvang word om te kan ontkiem, groei en vrug dra. Ons teks kom uit 'n gedeelte in Matteus – hoofstukke – waar dit gaan oor die gemengde ontvangs wat Jesus onder die Jode gehad het. Die gedeelte word afgesluit met die sogenaamde koninkryksrede van Jesus. Die koninkryksrede bestaan uit 'n reeks van agt gelykenisse, ingelei deur die toonaangewende gelykenis van die grond, waarskynlik beter bekend as die gelykenis van die Saaier (of die saad). Aangesien die gelykenis op die ontvangs van die koninkryk fokus, is dit waarskynlik beter om dit die gelykenis van die grond te noem. Dit maak veral sin omdat die res van die gelykenisse in die hoofstuk almal 'n kant van die koms en ontvangs van die koninkryk beklemtoon, met die een oor die onkruid tussen die koring wat ook besonder prominent is, en ook apart aan die dissipels verklaar word. Ontvangs van die koninkryk

10 Inhoud en omgewing Inhoud en omgewing
Jesus lewer dié gelykenis langs die See van Galilea vanuit 'n skuit op die see aan 'n skare wat op die strand bly staan het. Die detail van die gelykenis van die grond is vir ons baie bekend. Die saad word in vier kontekste, vier tipes grond, gesaai: Die voëls pik die saad langs die pad op. Die son verskroei die saad in rotsagtige plekke dat dit verdroog. Die dorings verstik die saad wat tussen hulle val. Die goeie grond lewer 'n goeie tot uitstekende opbrengs. Die effektiwiteit van die saad hang dus af van beide die werk van die Saaier, sowel as die ontvanklikheid van die grond. Jesus som dit op met sy woorde: "Wie ore het, moet luister." Daarmee beklemtoon hy die belang van selfondersoek. Indien die saad nie in jou lewe groei en opbrengs lewer nie, het dit dalk met jou te doen? Daarmee sê Jesus vir die Jode wat Hom as Messias betwyfel dat hulle hulself moet ondersoek. As Jesus nie sin maak nie, en nie herkenbaar is as Messias nie, lê die fout by Hom, of by die Jode wat Hom nie herken en erken nie? Inhoud en omgewing

11 Begin dinge nou reg loop? Begin dinge nou reg loop?
Die gesig van so 'n groot skare moes balsem vir die dissipels se onrustigheid gewees het. Immers moes hulle teen dié stadium meer as effens bekommerd gewees het. In die vorige hoofstukke het Matteus enkele voorvalle opgeteken wat vir hulle tot kommer moes stem - konflikte met die Fariseërs; sameswerings tot moord; verwerping deur onboetvaardige dorpe; twyfel by Johannes die Doper of Jesus werklik die Christus is; selfs beskuldigings dat Hy in diens van die duiwel is. Maar hier op die strand lyk dit nou asof Jesus se bediening uiteindelik begin stoom optel. 'n Groot skare is byeen - Hy moet van 'n bootjie 'n preekstoel maak. Ons kan amper die dissipels se kollektiewe sug van verligting hoor. Begin dinge nou reg loop?

12 Raaisels wat ontstig? Raaisels wat ontstig?
Feitlik dadelik kan 'n mens ook hoor hoedat hulle weer hulle asems intrek. Jesus besef skynbaar nie die grootheid van die oomblik nie en laat hierdie gulde geleentheid deur die vingers glip. Vanuit die boot kom daar 'n stroom raaisels, wat die skare eerder ontstig as stig. Daarom vra hulle hom: 'Hoekom gebruik U gelykenisse ... ' Hoekom nie prontuit sê wat U bedoel nie? Jesus antwoord dat sy gelykenisse 'n respons op die geestelike blindheid en doofheid van die mense is. En amper onheilspellend haal Hy Jesaja aan - daardie profeet aan wie die opdrag gegee is om 'n volk aan te spreek wat nie wil luister, verstaan of glo nie. As gelykenisse Jesus se respons tot die skare se botheid is, dan wonder 'n mens wat Hy daarmee wou bereik? Wat moet die gelykenisse vir, of dalk, aan die skare doen? Dalk moet ons die vraag ook vir onsself vra, ons 'ken ' mos die gelykenisse, veral die gelykenis van die Saaier. Ons 'ken ' die gelykenisse so goed, dat ons die gevaar loop dat hulle by ons verby kan gaan. Raaisels wat ontstig?

13 Treffende stories? Treffende stories?
Gebruik Jesus die gelykenisse as 'n kuur vir die skare se doofheid en blindheid? Miskien was die gelykenisse 'n besondere effektiewe manier om die eenvoudige mense met behulp van treffende stories en lewende beelde uit hulle alledaagse lewe te leer. Die probleem met hierdie oplossing is dat dit nie die dissipels se verwarring verklaar nie. As Jesus die gelykenisse gebruik het om die skare te leer, dan sou die dissipels nie na sy gebruik daarvan gevra het nie. Indien dit bedoel was om op 'n treffende wyse te leer, sou dit mos duidelik wees hoekom Jesus daarvan gebruik maak. Treffende stories?

14 Om te verblind? Om te verblind?
Gebruik Jesus dalk die gelykenisse om geestelike blindheid en doofheid te veroorsaak? Miskien kan Jesus se woorde 'Aan julle is dit gegee ... maar aan hulle is dit nie gegee nie ... ' (v. 11 ev.) op dié wyse interpreteer word. Die oomblik as ons dit sê dan stuit ons oor 'n paar vraagstukke. As God dan sy Seun gestuur het, nie om te oordeel nie, maar om te red, en as God nie die dood van die sondaar wil nie maar sy bekering tot Hom wil, hoe is dit moontlik dat die Seun van God opsetlik mense daarvan weerhou om tot kennis van die redding te kom? Ook dié oplossing deug nie. Om te verblind?

15 Ontmaskerend? Ontmaskerend?
Ons is nader aan die kol as ons sê dat Jesus gelykenisse gebruik om die skare op hulle botheid te wys, om hulle traagheid van begrip te ontmasker. Miskien sal dit help om ons in die skoene van iemand in die skare te stel. Gestel ek sou ver gereis het om na Jesus te kom luister want ek is ten minste half oortuig dat hierdie man die Messias is. Ek vind nou dat ek geen snars verstaan van wat Hy sê nie. Dit bring my voor 'n keuse. Óf daar is iets fout met Jesus as spreker óf daar is iets fout met my as luisteraar; ek het óf 'n fout gemaak deur hom as Messias te beskou, óf daar lê vir my ernstige selfondersoek voor oor hoekom ek Hom nie verstaan nie. Die wyse waarop ek hierdie dilemma gaan oplos, gaan aantoon Wie of wat die sentrum van my lewe is. Indien ek self die hoogste gesag in my lewe is, dan gaan ek hierdie Messias as 'n bedrieër beskou en teleurgesteld huiswaarts koers kies. Op hierdie manier word die een wat self die gesag in sy lewe is se bietjie geloof weggeneem. Indien geloof in Jesus - vertroue in Hom en sekerheid dat Hy die Messias is - die sentrum van my wese is, dan sal daardie oortuiging my optrede bepaal. Eerder as om my geloofsoortuiging in Jesus te laat vaar, sal ek eerder die probleem in myself soek. Op die manier sal aan dié wat het, gegee word. Ontmaskerend?

16 Hoe die gelykenis ons help Hoe die gelykenis ons help
As ons verstaan dat Jesus met gelykenisse ons wil laat sien waaraan ons ons harte opgehang het, dan kan die gelykenis van die saaier dalk opnuut vir ons iets beteken. Vir hulle wat besluit het dat die fout by hulleself lê, is die gelykenis 'n uitnodiging en 'n riglyn wat kan help in die proses van self ondersoek wat tot bekering en hernieude dissipelskap kan lei. Daarom moet ons vra na ons eie dissipelskap. In welke mate het beredeneerde kennis en abstrakte beginsels die persoonlike verbintenis aan die lewende Here uit die sentrum van ons lewe gestoot? Beteken dissipelskap net instemming met die regte leer? Beteken dissipelskap net om moreel-eties goed te leef? Is dit al vrug wat die woord in my lewe dra? En as die vrug ontbreek, waar lê die fout? Dalk moet ek aan die hand van die gelykenis begin vra na wat die struikelblokke is. Miskien kan Jesus se beelde die struikelblokke vir sy woord in my lewe ontmasker. Om waarlik te luister na die gelykenis vra dat ons ons daarin sal inleef, sal ontdek; vra dat ek sal ondersoek doen na die voëls wat die saad wegraap; dat ek die onkruid sal definieer; dat ek die diepte van my verbintenis sal ondersoek; dat ek die Bose nie sal toelaat nie. Voordat ek nie dit gedoen het nie, het ek nog nie die gelykenis gehoor nie. Op die manier kom die woord van die koninkryk in my lewe te lande. Op die manier val die saad op vrugbare grond. Op die manier dra dit vrug. Wie ore het, moet luister. Hoe die gelykenis ons help

17 morsige saaiers te word
En: uitgenooi om morsige saaiers te word Ons kan dié gelykenis ook hoor as 'n uitnodiging om soos Jesus die saad van die koninkryk te begin saai. Sou ons Jesus agter die toonbank van 'n groot saadwinkel kon herken (soos die vrou met haar droom in die inleiding hierbo), en van Hom die saad van die lewe ontvang, sou ons dit kon beginne saai. Ons word genooi om die goeie nuus oral te bring en in alle omstandighede. Ons kan ruim en amper morsig daarmee saai. Die voorbeeld van die saaier is om die saad oral te gooi, sodat alle soorte mense in alle soorte situasies die geleentheid kan kry om daarop te reageer. Dis duidelik die saaier maak nie sy arbeid afhanklik van die sukses daarvan nie. In soveel gemeentekontekste is dit maar 'n handjie vol mense wat getrou die goeie nuus verkondig en poog om dit uit te leef. Soms, te midde van ons beste pogings, is daar meer mislukking as goeie opbrengs. Dit is in die geval van die saaier juis ook die geval as drie groepe beskryf word wat nie enige oes lewer nie. Soms en vermoedelik teen ons verwagting in lewer die gesaaide saad 'n oorweldigende oes op. Die resultaat van die saaier se arbeid is onbekend as hy/sy die waagstuk onderneem om die saad te saai. Dit is dan juis hierdie waagstuk waartoe ons genooi word as ons morsig omgaan met liefde, genade, deernis en sorg. As ons sonder om terug te hou goedheid en liefde laat reën op hulle wat oor ons pad kom, of ons nou dink hulle verdien dit al dan nie. As ons so leef, met 'n ruim oop hart en hand, word die koninkryk van God sigbaar in die hier en nou en leef ons soos die ruim saaier van ouds in wie se voetspore ons volg. En: uitgenooi om morsige saaiers te word

18 God stuur ons om te leef

19 Volgende erediens: Matteus 13: 24-30, 36-43

20


Download ppt "Matteus 13:1-9, 18-23."

Similar presentations


Ads by Google