Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
‘n Model ….van die Werklikheid
2
Joh 3:11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie. Joh 3:12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel? Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
3
In die boubedryf Stadium 1 – Opstelling (inception)
Stadium 2 – Konsep en Lewensvatbaarheid Stadium 3 – Ontwerp en Ontwikkeling Stadium 4 – Dokumentasie en Tender Stadium 5 – Administrasie en Inspeksie Stadium 6 – Afsluiting en Oorhandiging Modellering Uitvoering
4
Van model tot gebou
5
Wat is ‘n model? Dit is ‘n afskynsel van die werklikheid, teen ‘n fraksie van die koste ‘n Betroubare weergawe van ‘n groter, meer komplekse projek ‘n Gereedskapstuk wat mens in staat stel om vrae te vra, en antwoorde te verkry – voor mens nog die voordeel van die ware gebou het. ‘n Model is ‘n veranderlike – dit ontwikkel in detail namate die inset informasie vermeerder - soos die behoefte (vrae) toeneem, so moet die detail van die model toeneem om dit te beantwoord ‘n Model is mobiel – mens kan dit rondneem en mense gaan wys wat andersins nie sou kon sien nie. As ‘n prentjie die werk van duisend woorde doen, dan kan ons sê ‘n model antwoord ‘n duisend vrae – en skep nuwe vrae wat antwoorde soek. ‘n Model word die aansporing wat die ingenieur dring tot meer detail, dieper insig – wek sy eie vrae op, en wek ook die nuuskierigheid op om dit beantwoord te kry. ‘n Model word gebou volgens die bloudruk van die argitek, maar die wat dit bou sien die gebou eers wanneer dit klaar aanmekaar gesit is.
6
Wat doen mens met ‘n model?
Jy vra hom vrae en kry die antwoorde van hom.
7
“Meneer die argitek, sê my bietjie...
...hoeveel verdiepings het die gebou?” ...hoe gaan die aansig, wat van die pad sigbaar is, lyk?” ...het jy al besluit wat jy met die dak gaan doen – plat of gewel?” ...sal die vertrekke baie warm wees in die somer?” ...waar sal die motors parkeer word?” ...gaan dit baie natuurlike lig hê binne, groot vensters?” “Hier, kyk, ek het ‘n model laat bou – jy kan self sien wat die antwoorde is op jou vrae. En as jy nog vrae kry, sal hul antwoorde ook reeds in die model bestaan. En as jou vrae nie uit die model beantwoord word nie, dan voeg ek detail by – tot dat die volle voorkoms van die finale resultaat, duidelik is vir jou.”
8
Ontwikkeling van ‘n model.
Stadium 1 Stadium 2 Stadium 3
9
Wat is noodsaaklik namate die model ontwikkel en antwoorde daaruit verkry word?
Dat die getrouheid van die model, en die akkuraatheid van die antwoorde, gereeld getoets en hertoets word aan bekende waardes! As die antwoorde wat uitgespuug word deur die simulasie van die model heel anders uitkom as wat die praktyk bewys het in soortgelyke projekte, is daar ‘n rooi lig wat aangaan oor die model, of die afleidings in die evaluasie – soek die fout, want die ander (onbekende) antwoorde kan ook nie verftrou word nie!
10
Nou wat het dit met my geloof en lewe te doen?
11
Ontmoet die Meester-modelbouer:
Mar 12:1 Toe begin Hy (Jahshua) deur gelykenisse vir hulle te sê:.... Mar 4:33 En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord tot hulle gespreek volgens wat hulle kon verstaan; Mar 4:34 en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê. Mat 13:34 Al hierdie dinge het Jahshua deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie; Mat 13:35 sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.
12
Gelykenisse = G par-ab-ol-ay‘ - From G3846; a similitude (“parable”), that is, (symbolically) fictitious narrative, apoth gm or adage: - comparison, figure, parable, proverb. Similitude is a concept applicable to the testing of engineering models. A model is said to have similitude with the real application if the two share geometric similarity, kinematic similarity and dynamic similarity. Similarity and similitude are interchangeable in this context. G par-ab-al'-lo - From G3844 and G906; to throw alongside, that is, (reflexively) to reach a place, or (figuratively) to liken: - arrive, compare. H dem-ooth‘ - From H1819; resemblance; concretely model, shape; adverbially like: - fashion, like (-ness, as), manner, similitude.
13
Waar begin die elementêre model van ons geloofsbegrip?
Mat 21:33 Luister na ‘n ander gelykenis: Daar was ‘n sekere huisheer wat ‘n wingerd geplant het; en hy het ‘n heining daarom gesit en ‘n parskuip daarin gegrawe en ‘n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan. Mat 21:34 En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang. Joh 4:35 Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. Dit is ‘n landbou (boerdery) model wat gebou word, en bevat die basiese elemente, naamlik: Grondeienaar (huisheer) Lande (grond) Plante (wingerd / graan) Oes (produk)
14
Interpretasie van die model:
Model element Moontlike Toepassing Grondeienaar / Huisheer Jahweh Lande Wêreld Plante Mense Oes Gelowiges
15
Antwoorde uit model: Die model is so eenvoudig, tot ‘n kind kan dit verstaan!
Mat 11:25 In daardie tyd het Jahshua gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Mat 11:26 Ja, Vader, want so was dit u welbehae. Mat 11:27 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar. Boer (Jahweh) wat plant, en oes, en ek is die oes wat hemel toe gaan – as ek gehoorsaam is.
16
Nuwe vrae uit model: Maar waar het ons begin en waar kom ons vandaan?
Gén 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. Gén 1:28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. Hoekom sou ‘n groot Skepper moeite doen om mense te maak? Mal 2:15 Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag (saad) van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.
17
Afgeleide: Daar blyk nou ‘n verwantskap tussen die Grondeienaar, en die “plante”, of die “oes” te wees. Die “plant” of “saad” is in enkelvoud geplant, maar opdrag gegee om te vermeerder? Man en vrou geskape – maar een mens? Daar is dus een saadlyn (kultivar), maar die land moet vol plante groei. Gees word in verwantskap met die menslike saad gebring.
18
Model ontwikkel vêrder – saad, grond, plante
1Pe 1:22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart; 1Pe 1:23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. 1Pe 1:24 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, 1Pe 1:25 maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is. Gén 3:19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy (adam) terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof (grond) is jy, en tot stof (grond) sal jy terugkeer. H121 - 'âdâm - The same as H120; Adam, the name of the first man, also of a place in Palestine: - Adam. H120 - 'âdâm - From H119; ruddy (rosy), that is, a human being (an individual or the species, mankind, etc.). H119 - 'âdam - To show blood (in the face), that is, flush or turn rosy: - be (dyed, made) red (ruddy). H127 - 'ădâmâh - From H119; soil (from its general redness): - country, earth, ground, husband [-man] (-ry), land.
19
Antwoorde uit model: Detail word toegevoeg tot eenvoudige model. Dit kan lei tot hersiening van sekere begrippe: Grondeienaar (huisheer) Lande (grond – adam se geslag) Plante (vleeslike liggaam – terug na stof) Oes (onsterflike siel - geslag van Jahweh) Boer (Jahweh) het die (rooierige) grond as land daar gestel, en die plante daarop groei uit die grond, en keer terug na die grond na die oes. Die oes self word deur die Boer verwyder na sy skure.
20
Interpretasie van die model:
Model element Moontlike Toepassing Grondeienaar / Huisheer Jahweh Lande adam (mense in die wêreld) Plante Vleeslike liggaam wat weer in die land geploeg word na die oes Oes van vrug Onsterflike deel van mens (siel??) Saad ??
21
Model ontwikkel nog vêrder – oor die plekke waar saad val
Mat 13:3 En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: ‘n Saaier het uitgegaan om te saai; Mat 13:4 en terwyl hy saai, val ‘n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet. Mat 13:5 En ‘n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie; Mat 13:6 maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog. Mat 13:7 En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik. Mat 13:8 En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer (oes) : die een honderd—, die ander sestig—, die ander dertigvoudig. Mat 13:9 Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! Mat 13:10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse? Mat 13:11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Mat 13:12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. Mat 13:13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. Mat 13:14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. Mat 13:15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
22
Model ontwikkel nog vêrder – vervolg oor die plekke waar saad val
Mat 13:16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor. Mat 13:17 Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie. Mat 13:18 Luister (kyk) julle dan na die gelykenis (model) van die saaier. Mat 13:19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan (sien) nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is. Mat 13:20 En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem (glo) ; Mat 13:21 maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. Mat 13:22 En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor (en verstaan) , maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word (was vrugbaar, maar word dan sonder vrug) onvrugbaar. Mat 13:23 En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig.
23
Antwoorde uit model: Heelwat nuwe detail:
Saaier (arbeider met saaisak, staan op slegte plek en saai, want van die saad val op pad en in klipgrond) Lande (goeie, rooierige grond) Klipperige grond (goeie grond met klip gemeng – saad behoort nie daar gesaai te word nie) Skouer van pad (net klip – saad behoort nie daar gesaai te word nie) Plante (uit grond gegroei, na ontkieming van die saad) Onkruid (in onversorgde goeie grond) Son (brand van bo die plant in klipgrond dood, maar saam met water noodsaaklik vir groei van plante in goeie grond) Oes (kom net tot volwassenheid in plant op goeie grond, en tot veelvoud in goeie grond wat versorg is sonder onkruid)
24
Interpretasie van die model:
Model element Moontlike Toepassing Grondeienaar / Huisheer Jahweh Lande sonder onkruid Adam (mense in die wêreld, maar losgemaak van die wêreldse afhanklikheid in hul gemoed) Lande met onkruid Adam (mense in die wêreld, maar onder beheer van en vertrouend op materialisme) Grond met klippe in Adam, maar gemeng met nie-grond (klippe) – saad kan oënskynlik ontkiem, maar nooit die toets van verdrukking deurstaan tot volwassenheid en vrug nie Klip (skouer van pad) Geen grond – geen vermoëe om die saad te laat ontkiem Plante Vleeslike liggaam wat weer in die land geploeg word na die oes. Oes van vrug Onsterflike deel van mens (siel??). Kom net van saad gesaai in grond – nooit van saad in grond/klip mengsel, of klip area nie. Saad Die Woord (bonatuurlike en geestelik wederbarende)
25
Model ontwikkel steeds vêrder – oor die saad self
Mat 13:24 ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het; Mat 13:25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan. Mat 13:26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook. Mat 13:27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan? Mat 13:28 En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?Mat 13:29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie. Mat 13:30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur. Mat 13:31 ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai; Mat 13:32 wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke. Mat 13:33 ‘n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is. Mat 13:34 Al hierdie dinge het Jahshua deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie; Mat 13:35 sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse (modelle) ; Ek sal uitspreek (aan julle modelleer) dinge wat verborge (nog nie in hierdie wêreld gesien is nie) was van die grondlegging van die wêreld af.
26
Model ontwikkel steeds vêrder – vervolg oor die saad
Mat 13:36 Nadat Hy die skare weggestuur het, het Jahshua huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand. Mat 13:37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, Mat 13:38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, Mat 13:39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. Mat 13:40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: Mat 13:41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, Mat 13:42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. G Sperma - From G4687; somethng sown, that is, seed (including the male “sperm”); by implication offspring; specifically a remnant (figuratively as if kept over for planting): - issue, seed.
27
Antwoorde uit model: Heelwat nuwe detail:
Twee sade (sperma), twee saaiers (Jahshua/Jahweh), en die duiwel. Twee nageslagte, een as oes vir die huisheer, die ander tot vernietiging Een land (rooi grond) Twee tipe plante lyk uiterlik baie eenders (onidentifiseerbaar sonder vrug), en groei uit die selfde grond. Die saad (sperma) is die manlike verwysing – soos stuifmeel. Die slegte saad word as onkruid (vals koring) genoem, en kompeteer met die goeie saad vir hulpbronne.
28
Interpretasie van die model:
Model element Moontlike Toepassing Grondeienaar / Huisheer Jahweh Lande sonder onkruid Adam (mense in die wêreld, maar losgemaak van die wêreldse afhanklikheid in hul gemoed) Lande met onkruid Adam (mense in die wêreld, maar onder beheer van en vertrouend op materialisme) Grond met klippe in Adam, maar gemeng met nie-grond (klippe) – saad kan oënskynlik ontkiem, maar nooit die toets van verdrukking deurstaan tot volwassenheid en vrug nie Klip (skouer van pad) Geen grond – geen vermoëe om die saad te laat ontkiem Plante Vleeslike liggaam wat weer in die land geploeg word na die oes. Oes van vrug Onsterflike deel van mens (siel??). Kom net van saad gesaai in grond – nooit van saad in grond/klip mengsel, of klip area nie. Saad Sperma geplant in die genepoel van adam / of Woord van God – of beide. Nageslag van uit die man (JHWH) se saad.
29
In eenvoud sou die model nou reeds so lyk:
Daar is ‘n Boer wat begeer het om ‘n oes te kry. Om dit te laat gebeur het Hy sy eie, goeie rooi grond tot landery bewerk en voorberei. Hy het dit met heining omspan om die wilde diere en vee uit te hou, en wagtorings gebou om op uitkyk te wees vir vuur en vyand. Die oes wat die Boer begeer is baie spesifiek, en dus het hy self die saad, van die regte kultivar bekom. Met die goeie-grond lande gereed, het hy arbeiders aangestel, en aan hul bevel gegee om die saad wat Hy self gekeur het, in hierdie goeie land te saai. Hierna het die Boer op ‘n lang reis gegaan. Nie al die arbeiders verstaan die waarde van die saad, of die aard van landbou nie, en ook is die planttyd amper verby, en die land so groot. So het dit gekom dat daar in haas, en soms moeilike omstandighede gesaai moes word. Die belangrikste was dat daar gesaai sou word, en alle goeie grond saad moes kry voor die planttyd verby is. Van die saad het dus selfs langs die pad, en ander op die klipgrond langs die rooilande geval – maar slegs die saad wat in die bestemde goeie-grond landery geval het, sal tot oes gebring kan word.
30
Vervolg: Daar was ander, meer ernstige probleme ook. Die Boer het vyande gehad, wat nie wou sien dat Hy ‘n bruikbare oes afhaal van sy eie land nie – wat hul redes was kan bespiegel word. Maar om sy oes te verongeluk het hul oor ‘n paar aande vals-koring in die lande kom saai. Niemand het dit besef totdat die eerste plantjies uit die grond opkom, en die geoefende oog van ervare arbeiders dit opgemerk het – daar is nou ook slegte saad geplant, en dit kan die hele oes besoedel! Berig is gestuur aan die huisheer, en sy opdrag was dat hul dit so moes los, en maar hul arbeid en water en sorg oor die hele land, goeie en slegte koring, moes verdeel. Geen pogings moes aangewend word om dit te skei tot die vrug nie eers begin vorm nie – want die voorkoms van die twee sade was identies, in pressies dieselfde land gesaai, en slegs die vrug van die twee het verskil. In die vrug tyd, wanneer die korrels begin vorm (voor die oes), sou dit maklik wees om te onderskei. Dan, net voor die koring geoes word, moes die vals-koring eers uitgetrek, en verbrand word elders. Die Boer sou dan steeds sy eie, goeie oes kon kry – soos Hy begeer het in die begin. Word vervolg……..die poging om die oes te steel, die teleurgestelde vrug, die wegvat van die heining en vertrapping van die koring deur wilde diere en vee, die probleme met arbeid en baie werk, min tyd. Die oesdag, en die uitwanning.
31
Die landbouer-model is omvattend
32
Daar is ander modelle met minder omvattende applikasie
Visserman model (Petrus) Kudde en Herder (ook deels Boerdery gerig) Finansiële model (talente) Maatskaplike model (verlore seun, barmhartige Samaritaan)
33
Die vloekwoord wat ‘n seënwoord vir ons geword het – Boer
Toeval of besturing? Ons volk aan die Suidpunt van Afrika, pelgrims vir hul geloof uit die wêreld uit geban Die vloekwoord wat ‘n seënwoord vir ons geword het – Boer Ons Petrus oomblik, verander van visser van visse, na visser van mense – van arbeiders in landbou na arbeiders op die Oesland – die Gelofte
34
Jou eie model, selfde bloudruk
35
Amen
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.