Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018.

Similar presentations


Presentation on theme: "BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018."— Presentation transcript:

1 BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018

2 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en ‘n pilaar in 1 Timotheus 3:15. Daar is verskeie Bybelse beelde van eenheid in die Nuwe Testament wat die integrale rol wat eenheid in die aard en missie van die kerk speel, demonstreer. Een volk Petrus 2:9 Een gebou en een huis. Efesiers 2:19-22 Een Tempel. 1 Korinthiers 3:16-17 Een liggaam Korinthiers 12:12-26 Een Herder en een kudde. Johannes 10:1-11

3 EEN VOLK “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.” (1 Petrus 2:9) Mense van elke nasie is deel van die kerk, maar God beskou die kerk as een volk. ‘n Heilige geslag van heilige manne en vroue met net een doel: om God se liefde en verlossing aan die wêreld te verkondig. Daar is niks wat ons kan doen om geskik te wees vir hierdie volk. God kies ons vandag soos Hy Israel gekies het. (Deuteronomium 7:6-8). Ons is geroep om Sy heilige karakter en liefde in ons lewens te weespieël deur Sy liefde en genade.

4 EEN GEBOU EN EEN WONING “gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is.” (Efesiërs 2:20) In hierdie metafoor, vergelyk Paulus die huis met sy stene met die woning binnekant dit. Ons is lewendige stene wat deel is van die gebou. Die Hoeksteen en Fondasie is Christus. (1 Petrus 2:4-5). Daar is geen geïsoleerde stene nie. Elke Christen ondersteun ander en word deur hulle ondersteun. Ons is deel van ‘n groot familie, nie deur bloedlyne: God is ons Vader. Ons is gebonde want ons het die wedergeboorte ondervind, ons deel een beginsel en een doel: om die Evangelie te preek.

5 “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?” (1 Korinthiers 3:16) EEN TEMPEL Die beeld van die Tempel was baie duidelik vir die vroeë Christene (beide Jode en Heidene): Dit was ‘n manjefieke gebou om te aanbid en God te vereer. Die gemeenskap van verenigde gelowiges is ‘n Tempel. En God lewe tussen hulle. Die Tempel is onder hewige risiko van inmekaar stort as daar skeuring in gemeente ontstaan (v. 17). Paulus het die belangrikheid om verenig te bly uitgewys, “in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.” (1 Korinthiers 1:10).

6 EEN LIGGAAM “Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.” (1 Korinthiers 12:12) Elke lidmaat is deel van die liggaam en het ‘n spesifieke doel. Al die lidmate moet in hulle diversiteit saam werk. Die liggaam kan nie funksioneer as die liggaam nie koördineer nie. Die kerk is die Liggaam van Christus. Hy is die Hoof en ons is die lede. As gevolg hiervan: Ons etiese, rasse, kulturele, opvoedkundige, en ouderdomsverskille moet nie toegelaat word om ons te verdeel in Christus nie. Aan die voet van die Kruis is ons gelyk. Die evangelie het ‘n versoenende en helende krag. As elke gelowige geestelik gekoppel is in Christus, word die hele liggaam deur dieselfde voedsame voedsel gevoed.

7 EEN HERDER EN EEN KUDDE “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.” (Johannes 10:11) Die Beeld van die Goeie Herder word ook in Psalm 23 gebruik. Die Kerk is die kudde. Ons is vindingryke en bang skape wat deur Jesus gelei word. Wanneer skape verlore raak (sonde) dan soek Jesus hulle en bring hulle terug na die kraal. Hy sorg aanhoudend vir ons (beide as individue en as kerk). Die belangrikste is dat die skape hulle Herder se stem ken. Hulle wat die stem van Jesus ken sal nie alleen wandel nie. Hulle sal verenig saam met die kudde beweeg. Werklik, die Eenheid en veiligheid van die volk van God is afhanklik van hulle nabyheid aan Hom en is direk verband aan hulle onderdanigheid en gehoorsaamheid aan Sy stem.

8 E.G.W. (Testimonies for the Church, vol. 7, cp. 32, p. 171)
“Onder die beeld van die wingerd met sy takke is die illustrasie van Christus en Sy volgelinge se verhouding die een tot die ander. Die takke is almal verwant aan mekaar tog het elkeen ‘n individualiteit, wat nie saamsmelt met die ander nie. Almal het ‘n verhouding met die wingerd en is afhanklik daarvan vir hulle lewe, groei en vrugbaarheid. Hulle kan mekaar nie ondersteun nie. Elkeen moet in die wingerd gesentreerd wees. En terwyl al die takke dieselfde lyk verteenwoordig hulle diversiteit. Hulle eenheid bestaan in hulle gemeenskaplike eenheid met die wingerd, en deur elkeen, alhoewel nie in dieselfde manier nie, is die lewe van die wingerd duidelik.”


Download ppt "BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018."

Similar presentations


Ads by Google