Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Oorsig Die fokus van hierdie tyd is die viering van God se openbaring aan ons in die verskyning (geboorte) van sy Seun Jesus Christus op aarde. Dit word.

Similar presentations


Presentation on theme: "Oorsig Die fokus van hierdie tyd is die viering van God se openbaring aan ons in die verskyning (geboorte) van sy Seun Jesus Christus op aarde. Dit word."— Presentation transcript:

1 Oorsig Die fokus van hierdie tyd is die viering van God se openbaring aan ons in die verskyning (geboorte) van sy Seun Jesus Christus op aarde. Dit word afgelei uit die Griekse begrippe epiphaneia en theophaneia wat wys op God se verskyning in Jesus Christus. Ons gaan dit hierdie jaar koppel aan die bekende lied van Laurika Rauch: "Kinders van die wind." (Om te beklemtoon dat ons maar almal soekers en swerwers is, wat vastigheid en sekerheid slegs in Jesus Christus kan kry.) PowerPoint agtergrond Agtergrond bekom met Google advanced search, geen kopiereg. Dit is beskikbaar by Matteus 2:1-12

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Inleiding oor Epifanie Epifanie beteken “verskyning”. Met Epifanie gedenk ons die verskyning van God in Jesus Christus het. Op hierdie feesdag speel óf die verhaal van die sterrekykers, óf Jesus se doop óf dieeerste wonderwerk ‘n sentrale rol. In hierdie drie gebeure word Jesus se godheid en koning-heerskappy sigbaar. Soos met Kersfees, speel lig ‘n belangrike rol. Jesus is die Lig vir wêreld en die duisternis kan dit nie uitdoof nie. Toetrede Lied 488 Helder skyn u lig vir die nasies of Lied 353 Die Heiland is gebore of VONKK 83 Siyahamba / Kom Ons Wandel In Die Lig Van God of Flam 393 Ons Is Die Herders Votum (Jesaja 60:1-6) 60 Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. 2Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. 3Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het. 4Kyk rondom jou, kyk, hulle kom almal bymekaar, hulle kom na jou toe: jou seuns kom van ver af, jou dogters word met liefde gebring. 5Jy sal dit sien en van vreugde straal, jy sal bewe van blydskap, want die rykdom van die see word joune, die skatte van die nasies kom in jou besit. 6Jou land sal vol kamele wees, jong kamele uit Midian en Efa. Almal wat uit Skeba kom, bring goud en wierook en verkondig die lof van die Here. OF Voorganger: Laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. Gemeente: Die duisternis is verdryf! V: Die hoop van God se lig oorspoel die aarde! G: God se lig kom na ons almal! V: Here, berei ons harte voor om na hierdie Lig te reis. G: Here, berei ons harte voor om hierdie Lig te ontvang! Respons VONKK 23 Jesus, U is die lig in ons lewe of Lied 347 Kyk, die goeie tyd is hier Seëngroet Liewe gemeente, genade en vrede van God die Vader wat op die eerste dag gesê het: “Laat daar lig wees.” Genade en vrede van Jesus die Seun wat as Lig mens op aarde geword het. En genade en vrede van die Heilige Gees wat ook ons hart en verstand verlig. Amen Lofsang Lied 340 Kom ons loof die Jesuskind of VONKK 256 Vol van vreugde wil ons jubel [“Herders op die ope velde”-melodie, bekend] Flam 113 Here Jesus, U Skyn Oor Almal [bekend] Verootmoediging Voorganger: Laat ons tot die Here bid Gemeente: Heer, wees ons genadig. V: Laat ons op grond van die geheimenis van die Woord wat mens geword het, tot die Here bid. V: Laat ons op grond van die nederige geboorte van die Koning van lig in die stal van Betlehem, tot die Here bid. V: Laat ons op grond van die heerlike verskyning van die Koning van heerlikheid aan die herders en sterrekykers tot die Here bid. V: Laat ons tot die Here bid vir die vrede en verlossing wat sy geboorte bring. V: Laat ons tot die Here bid vir liefde en vrede onder alle mense in wie hy ’n welbehae het. G: Sing Lied 247 Heer, wees ons genadig of VONKK 30 Al die donker is nooit net donker of Flam 195 Ons Roep Na U V: Help ons, red ons, troos ons, bewaar ons, Woord wat mens geword en onder ons kom woon het. G: Amen [Uit Handleiding vir die Erediens] Geloofsbelydenis God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Matteus 2:1-12 Familie-oomblik Preek God praat met ons en ons luister

4 Matteus 2:1-12 Fokusteks: Matteus 2:1-12 Besoek uit die ooste
2 Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom 2en gevra: "Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys." 3Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. 4Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. 5Hulle het hom geantwoord: "In Betlehem in Judea, want so is dit deur ’n profeet geskrywe: 6En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal ’n leier voortkom wat vir my volk Israel ’n herder sal wees." c 7Daarna het Herodes die sterrekykers in die geheim ontbied en noukeurig by hulle vasgestel wanneer die ster verskyn het. 8Hy het hulle na Betlehem toe gestuur met die woorde: "Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom kry, laat my weet, sodat ek ook aan Hom hulde kan gaan bewys." 9Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. 10Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. 11Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. 12En omdat God hulle in ’n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met ’n ander pad na hulle land toe teruggegaan. c Vgl. Miga 5:1 Matteus 2:1-12

5 Familie-oomblik Familie-oomblik
Soos met enige verhalende teks kan jy gewoon die Skriflesing dramaties doen. As die omstandighede gepas is, kan kinders dit ook opvoer terwyl iemand dit lees. Daar is ook pragtige stories wat jy kan vertel. The Camel Who Found Christmas deur Alexa Tewkesbury illustreer hoe niemand hoef bang te wees nie, want almal – selfs die kleinste kameeltjie – is welkom by God. As jy dit nie kan opspoor nie, kyk hier. The Fourth King deur Ted Sieger is ‘n pragtige storie oor die sterrekyker wat dit nooit gemaak het tot by die krip nie, want hy het oral langs die pad mense gehelp. Sy avonture kan dalk bietjie lank wees, maar jy sou dit kon verkort. Daar is selfs in 2005 ‘n fliek van die boek gemaak. As jy dit nie in die hande kan kry nie, kan jy oorweeg om dit hier te leen. Hier en hier is inkleurprente van die sterrekykers. Familie-oomblik

6 Soekverhaal… Preekriglyn
Ons teks is opvallend-genoeg 'n verhaal van soek – byna almal is naarstiglik aan die soek. Die geboorte van ’n Koningskind ontketen ’n soektog wat van ver af uit die ooste begin. Die sterrekenners het ’n aanduiding gekry, op grond van hulle wysheid en studie van die sterre, dat ’n koning van die Jode gebore is. Hulle aanvanklike soektog bring hulle by koning Herodes in Jerusalem uit. Die sterrekenners doen by Herodes navraag oor waar die koningskind gebore is (2). Herodes doen dieselfde en vra op sy beurt aan die skrifkenners en priesterleiers waar die Christus gebore sou word (4). Soekverhaal…

7 “Breaking news” "Breaking news"
Daar is hewige ontsteltenis en groot spanning in Jerusalem. Die "breaking news" van die geboorte van ’n nuwe koning is ’n bedreiging vir nasionale veiligheid. Daar word meteens ’n dringende soektog van stapel gestuur. Dit is asof daar een woord op almal se lippe en in almal se gedagtes is: "Waar is die koningskind?" Hierdie koningskind moet dringend gevind word! Die leidrade dui in die rigting van die mees onwaarskynlike plek vanuit menslike oogpunt beskou, naamlik Betlehem. Die ster bring die sterrekenners by die presiese plek waar die Jesus-kind gebore is. Die sterrekykers soek die Koningskind om Hom te aanbid en te eer as die Koning van die Jode. Herodes soek Hom ook, maar vir duistere redes. Dit sou later in die hoofstuk blyk dat hy die nuwe Koning as bedreiging beskou en Hom uit weg wou ruim. Matteus se boodskap met hierdie verse aan sy lesers is dat Jesus Christus die ware Koning van die Jode is. Hy sal volgens Miga 5 vir sy volk sorg soos ’n herder. “Breaking news”

8 Voortgaande soektog Voortgaande soektog
Jesus se Koningskap en heerskappy is soos in Herodes se tyd, nie oral duidelik sigbaar en herkenbaar nie. Ons voel dit nie sommer so aan ons lyf nie. Dit is nie voorbladnuus nie. Dit vereis meermale ’n soektog wat ons ook vandag laat vra: "Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is?" Waar is Hy? Waar vind/sien ons die koningskap van Jesus, sy heerskappy, God se koninkryk, te midde van die politieke ordes van ons tyd en dag. Waar is Hy wanneer die kerk, vlugtelinge, vreemdelinge, armes, verontregtes onderdruk en vervolg word? Hoe antwoord ons vandag die talle geloofsvrae van gelowiges wat in situasies van nood en beproewing soek na die vervulling van God se beloftes van nabyheid, hulp en hul smagting na uitkoms? Dit is nie vrae van mense met ’n heidense agtergrond soos die sterrekenners nie, maar gelowiges wat glo dat Jesus gebore is as Verlosser vir die wêreld en wat gekruisig is, gesterwe en opgestaan het. Waar en hoe is die Here God in my eie lewe teenwoordig? Hoe is God teenwoordig in die onrus by my huis, my straat, my woonbuurt, my werkplek, my skool, die land? Waar is die Here tydens my geliefde se siekbed? Waar is die Here in my stukkende verhoudingslewe? Waar is die Here terwyl ek worstel met ’n kind wat vasgevang is in dwelmverslawing en misdaadbedrywighede. Waar is die Here terwyl ek sukkel om elke dag ’n bestaan te maak? Voortgaande soektog

9 Na binne en buite Na binne en buite
Hierdie vrae plaas gelowiges op ’n soektog na binne, na hulle eie geloofslewe en verhouding met die Here en vrae na wat moontlik verkeerd kon gegaan het. Hierdie soektog beweeg veral ook na buite, na ’n ondersoek in die Skrif vir antwoorde. Gelowiges soek vanselfsprekend by die kerk vir antwoorde op vrae rakende die Here se teenwoordigheid. Sommige beweeg selfs verder buite die tradisionele kerkverband opsoek na alternatiewe antwoorde. Soms word die kompleksiteit van die lewe en diepte van hierdie geloofsvrae onderskat en moontlik ook ontduik met goedkoop, oppervlakkige antwoorde. Van hierdie oppervlakkige antwoorde sal gelowiges laat skuldig voel oor hulle vrae en soektog as sou hulle twyfelaars en kleingelowiges wees met ’n gebrek aan vertroue. Daar is gelowiges wat ten spyte van hulle geloof in die Here en hulle liefde vir Hom, ernstig worstel met lewenskrisisse en ’n gevoel van God wat afwesig is. Na binne en buite

10 God is by ons God is by ons
Die kort antwoord en belydenis op al hierdie tergende vrae is: "God is oral teenwoordig." Dit glo en bely ons. Sy teenwoordigheid is ’n geskenk. Dit is ’n belofte. Hy is nie net by een spesifieke, vaste adres nie. Hy is nie net ons Vader wat in die hemel woon nie. Hy het in Jesus mens geword. Hy is nie net in die kerkdiens van Sondag teenwoordig nie. Hy is ook nie net daar waar dit met my goed gaan nie. Hy is veral ook daar waar allerhande magte van onheil lyk of dit my lewe bepaal en regeer. Hy is ook daar waar dit oënskynlik lyk asof die Herodes van ons dag die septer swaai. Dit is die versekering en belofte waarmee Matteus sy evangelie afsluit in 28:20. "En kyk, Ek is by julle al die dae." God is inderdaad hier by jou en my vandag. God is by ons

11 Oë van geloof Oë van geloof
Dit vereis meer as die blote oog van ’n mens om God raak te sien en te herken. Dit vereis die "oë van geloof" wat dieper en verder kyk as dit wat ek voor my kan sien. Dit vra geestelike onderskeiding om te ontdek waar, hoe en wanneer God Homself bekendmaak. Daar is ook die element van genade daarby. Op soms misterieuse wyse voorsien God die middele waardeur ons na Hom getrek word sodat ons Hom beter kan herken. Dit is wat met die sterrekenners gebeur het. Ons het ook 'n verantwoordelikheid om mekaar te help om God raak te sien. Ons kan deelneem aan die openbaring of verskyning van die Here. Ons kan – met respek – 'n Jesus, 'n barmhartige Samaritaan, 'n genadige medemens vir mekaar wees sodat ons mekaar kan help om God traak te sien. Ons vind God soms op verrassende plekke waar ons Hom nie verwag nie. Geloof laat ons die Here herken in die soms klein dingetjies van die alledaagse lewe. In die glimlag van ’n vriendelike vreemdeling. In die woorde van bemoediging. In die onverwagse besoek toe jy iemand nodig gehad het, of hulp toe jy in materiële nood was. Volgens Matteus 25 ontdek jy die Here Jesus ook in mense: die persoon in die gevangenis, in die hospitaal, op straat sonder skuiling of basiese lewensmiddele om te oorleef. Ja, ons vind die Here op soms verrassende klein, onopvallende plekke en tye. Die Here is by ons, tussen ons, maar soms verborge in die kleine soos die kindjie in ’n klein dorpie. Oë van geloof

12 God se agenda God se agenda
Ons soeke na waar die Here God is tydens beproewing en aanvegtinge, kan nie losgemaak word van sy wil as Koning en Heer nie. Ons móét ook vra: Wie is hierdie Koning en wat is sy agenda? Wat behels sy heerskappy? Die skrifkenners en priesterleiers gee in hulle antwoord aan Herodes nie slegs ’n aanduiding van die plek waar die Koning gebore is nie, maar ook wie hierdie Koning is: "En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal ’n leier voortkom wat vir my volk Israel ’n herder sal wees" (aangehaal uit Miga 5:2). Hy sal as Koning sy volk versorg soos ’n skaapwagter. God is daar in die vorm van ’n klein kindjie, terwyl die magtige Herodes met brutaliteit sy mag in stand probeer hou. Maar dit is nie voor hom dat die sterrekenners buig nie. Hulle vereer nie vir Herodes nie. Hulle buig voor en aanbid die Koningskind, Jesus Christus. Hy is die ware Koning en Herder van Israel en al die nasies, al lyk dit op daardie tydstip nie so nie. Dit is die boodskap van Matteus aan sy lesers. Jesus is die Messias. Hy is Christus, die Heer. Hy is die ware Koning van Israel. Hy is hulle Verlosser. En dit is ook die boodskap en versekering vir ons vandag. Die Here Jesus is Heer en Koning, al lyk dit vir ons asof die magte en konings van ons tyd ons toekoms bepaal. Hy staan nie ver weg nie. Hy staan nie magteloos en toekyk wat met ons gebeur nie. Hy sal vir jou, vir ons toekoms, sorg. Hy is die ware Koning en Heer. God se agenda

13 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang Halleluja 40 “Betlehem Ster” of Lied 372 Hoe glansryk blink die môrester of VONKK 277 U is die lig wat deur die donker skyn [bekend] of Flam 70 Lig Vir Die Wêreld Seën Respons Lied 372 refrein: Christus Jesus , U wat lewe, hoor my lied en hoor my bede: o bestraal my pad met vrede! Of Vonkk 256 refrein of Vonkk 277 refrein God stuur ons om te leef

14 Volgende erediens: Jesaja 43:1-7
Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk Volgende erediens: Jesaja 43:1-7

15


Download ppt "Oorsig Die fokus van hierdie tyd is die viering van God se openbaring aan ons in die verskyning (geboorte) van sy Seun Jesus Christus op aarde. Dit word."

Similar presentations


Ads by Google