Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

D.J. Opperman DJ Opperman debuteer in 1945 met Heilige beeste.Hy gebruik konkrete beelde in sy poësie. Sy werk is kompleks en van die hoogste gehalte.

Similar presentations


Presentation on theme: "D.J. Opperman DJ Opperman debuteer in 1945 met Heilige beeste.Hy gebruik konkrete beelde in sy poësie. Sy werk is kompleks en van die hoogste gehalte."— Presentation transcript:

1 D.J. Opperman DJ Opperman debuteer in 1945 met Heilige beeste.Hy gebruik konkrete beelde in sy poësie. Sy werk is kompleks en van die hoogste gehalte. Hy word beskou as een van die beste digters wat Suid Afrika nog gehad het. Hy was ook al die ontvanger van die gesogte Hertzogprys.

2 Stad in die mis – D.J. Opperman
1 Met gespanne spier 2 loop ek deur die mis 3 want om my sluip ‘n dier 4 onder wit duisternis; 5 ek hoor hom knor en in oop mote 6 waggel sy pilare-pote 7 en sy kantelende rug metaal; 8 op hoeke van die strate blink 9 sy oë bloedbelope, 10 en met sy hap sluit staal op staal

3 Stad in die mis Spreker is bang Stad is toe onder die mis (besoedeling) en kan nie gesien word nie. Stad word hier as ‘n ongevoelige dier uitgebeeld. Die gejaagdheid in die stad bedreig die mens se geluk. Die dier (stad) oorheers die mens (spreker) 1 Met gespanne spier 2 loop ek deur die mis 3 want om my sluip ‘n dier 4 onder wit duisternis; 5 ek hoor hom knor en in oop mote 6 waggel sy pilare-pote 7 en sy kantelende rug metaal; 8 op hoeke van die strate blink 9 sy oë bloedbelope, 10 en met sy hap sluit staal op staal Ek-spreker Paradoks: duisternis dui op digte mis / besoedeling Spreker ervaar die stad met sintuie: gevoel; gehoor en sig. (sien) alliterasie Dakke in die stad Stad as staalmonster Kan dui op verkeersligte Spreker hoor die geknor en sien die pilare-pote Tande is van staal gemaak Kort versreëls dui spanning en gejaagdheid in die stad aan. Progressie: aan die einde word die mens ingesluk deur die stad.

4 Woordverklarings Stad in die mis City in the mist sluip sneak
wit duisternis fog mote valleys knor growl waggel stagger kantelende rug tilted back bloedbelope oë bloodshot eyes hap bite staal steel spier muscle pilare pillars

5 Bespreking Die gedig kan in drie afdelings verdeel word. Afdeling 1(versreël 1 – 4) handel oor die voorstelling van die stad as dier wat rondsluip; in Afdeling 2 (versreël 5 – 7) hoor die spreker die geknor en hy sien hom ook op sy pilare pote in die strate. In die laaste afdeling (versreël 8 tot 10) word die stad as staalmonster verder beskryf: bloedbelope oë; kake soos ‘n meganiese skopgraaf wat sluit soos staal op staal. Daar vind dus duidelike progressie plaas. Die ondier bedreig die mens en dit sluk die mens in aan die einde.

6 Let daarop dat die mens “loop”, maar die dier “sluip” – ook tekenend van die ondier (die stad) wat ongemerk die mens se persoonlikheid kan verander en menslike geluk bedreig. Assonansie (“hoor”; “oop mote”) en alliterasie (“staal op staal”) kom ook voor. Titel Die enigste plek in die gedig waar van die stad gepraat word, is in die titel; dus is dit ‘n leidraad dat die gedig oor die stad handel. Die stad is toe onder die mis en kan nie duidelik gesien word nie. Tema Die stad word metafories uitgebeeld as ‘n ongevoelige dier wat in die mis rondsluip. Die klankbou ondersteun die ritme en inhoud van die gedig.

7 Vrae en antwoorde 1. Wat word eintlik in die gedig beskryf as jy na die titel kyk? ‘n Stad wat in die mis is. 2. Watter besoedeling is hier ter sprake? lugbesoedeling 3. Waarmee word die stad vergelyk? monster 4 Haal twee opeenvolgende woorde aan wat aandui dat die stedeling bang is. “gespanne spier” 5. Waarom is die persoon bang of gespanne? die mens voel bedreigd deur die monster, die stad.

8 6. Wie is die “ek”. Is dit ‘n stadmens of ‘n plaasmens
6. Wie is die “ek”? Is dit ‘n stadmens of ‘n plaasmens? ʼn plaasmens (hy voel onseker en bang in die stad; die stadsmens ken die gevare) 7. Is die “dier” regtig die stad? Gee ‘n rede vir jou antwoord. Nee, die stad word net met ʼn monster vergelyk . 8. Watter soort dier sluip in die donker rond? skelm/nagdier/donker dier 9. Haal die woorde aan wat die dier beskryf. “pilare-pote”; “kantelende rug metaal”; “oë bloedbelope”; “staal op staal” 10. Watter vier dinge doen die dier? Haal 4 aparte woorde aan. “sluip”; “knor”; “waggel”; “hap” 11. Watter geluid maak die dier? knor

9 12. Wat veroorsaak dat die stadsmens nie goed kan sien nie. mis 13
12. Wat veroorsaak dat die stadsmens nie goed kan sien nie? mis 13. Waarom is “wit duisternis” ‘n paradoks? duisternis kan nie wit wees nie 14. ‘n Stad is raserig en ons praat van die stad se gedreun. Watter woord verwys hierna? “knor” 15. Waarom lyk dit asof die pilare-pote beweeg? Dit lyk asof die dier waggelend aangestap kom. 16. In watter metafoor word die stad- en dierebeelde bymekaar gebring? “pilare-pote”

10 17. Waarmee sou die rug van die dier vergelyk kon word
17. Waarmee sou die rug van die dier vergelyk kon word? Dakke van geboue 18. Hoe word die verkeersligte/robotte beskryf? “bloedbelope” 19. Waarvan is die dier se tande gemaak? staal 20. Wat sou gebeur as die dier hap? Sou die mens insluk 21. Die hele gedig is ‘n uitgebreide metafoor waar die stad met ‘n ondier vergelyk word.

11 22. Wat is die tema van hierdie gedig
22. Wat is die tema van hierdie gedig? Die mens voel bedreigd deur die stad wat die mens se voortbestaan bedreig en die “menswees” wegneem van die mens. 23. Hoe word ‘n gejaagde atmosfeer geskep? Deur meestal eenlettergrepige woorde te gebruik en kort versreëls te gebruik. 24. Wat word in die gedig gebruik: eindrym of middelrym? eindrym 25. Die persoon is bewus van al die gevaar wat dreig. Hy span sy sintuie in. Verwys na die tas, gehoor en gesigsintuig. tas: metaal, staal; gehoor: knor; gesig: oë bloedlope 26. Dink jy die dier in die gedig oorheers die mens? ja – die dier sluk uiteindelik die mens in.

12 27. Wie is die ʺhomʺ in versreël 5 en die ʺsyʺ in versreëls 6, 7, 9 en 10? die stad 28. Pas die figuurlike betekenis in KOLOM B by die dinge in KOLOM A. Skryf net die letters neer D 28.2 E 28.3 F 28.4 A 28.5 B 28.6 C 29. Waarom praat die spreker van ‘n dier wat “sluip”? die mens is nie bewus van die dreigende gevaar nie. Die stad bedreig die mens sonder dat die mens daarvan bewus is. 30. Watter twee opeenvolgende woorde beskryf die digte mis? wit duisternis

13 31. Gee die denotiewe betekenis van die woord “duisternis”.
denotiewe betekenis van die woord “duisternis”: donkerte 32. Gee die konnotiewe betekenis van die woord”duisternis”. konnotiewe betekenis van die woord “duisternis”: gevaar 33. Onderstreep die korrekte woord:”wit duisternis” is ‘n voorbeeld van antitese/woordspeling/ironie. 34. Waarna verwys die “mote”? oop areas in die stad 35. Die “oop” in versreël 5 sê vir ons dat die D strate leeg is.

14 36. Wat, dink jy, is die dinge wat in die stad “knor”? Verkeer
37. Gee TWEE aparte woorde wat die dier se bewegings beskryf. sluip; waggel 38. Wat is die funksie van die herhaling van die s-klank? Beklemtoon die atmosfeer in die gedig. 39. Waarna kan “sluit staal op staal” moontlik verwys? Dink en noem twee moontlikhede. Die dier (monster) se kake is van staal gemaak. Dit is baie sterk en dit hap die mens in. 40. Pas die soort rym in KOLOM B by die voorbeeld in KOLOM A 40.1 C 40.2 B 40.3 D 40.4 E 40.4 A


Download ppt "D.J. Opperman DJ Opperman debuteer in 1945 met Heilige beeste.Hy gebruik konkrete beelde in sy poësie. Sy werk is kompleks en van die hoogste gehalte."

Similar presentations


Ads by Google